SPREUKE 2

Die waarde van wysheid.

1 MY seun, as jy my woorde aanneem enmy gebooie by jou bewaar,

2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

4 as jy daarna soeksoos na silwer en dit naspeur soosverborge skatte,

5 dan sal jy die vrees van dieHereverstaan en die kennis van God vind

6 (want dieHeregee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ’nskild vir die wat regskape wandel

8 deurdat Hy die paaie vandie reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

9 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan enregverdigheid — elke goeie pad.

10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

13 vandie wat die paaie van opregtheid verlaat omop weë van duisternis te wandel;

14 die wat hulle verheug in kwaaddoen, watjuig oor die valse streke van die slegte,

15 van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

16 om jou te red vandie vreemde vrou, vandie ontugtige wat met haar woorde vlei

17 (watdie vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;

18 wanthaar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;

19 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)

20 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

21 want die opregtessal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,

22 maar die goddelosesal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

20 + three =