JEREMIA 29

Brief van Jeremia aan die Jode wat saam met Jegónja as ballinge na Babel weggevoer was.

1 EN dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het nadie nog lewende oudstes van die ballinge enna die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadnésar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe —

2 ná die uittog vandie koning Jegónja en die gebiedster en die hofdienaars,die vorste van Juda en Jerusalem, en die smede en die slotmakers, uit Jerusalem —

3 deur bemiddeling van Eleása, die seun vanSafan, en Gemárja, die seun vanHilkía, wat Sedekía, die koning van Juda, na Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel gestuur het, naamlik:

4 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:

5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;

6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;

7 en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het,en bid daarvoor tot dieHere; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

8 Want so spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Laat julle profeteen julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.

9 Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek dieHere.

10 Want so sê dieHere:As eers sewentig jaar vir Babel verby is,sal Ek op julle ag gee en aan jullemy goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.

11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek dieHere, gedagtes van vrede en nie van onheil nie,om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.

12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

14 EnEk sal My deur julle laat vind, spreek dieHere,en julle lot verander enjulle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek dieHere; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.

15 As julle sê: DieHerehet vir ons profete verwek in Babel —

16 nee, so sê dieHereaangaande die koningwat op die troon van Dawid sit, en aangaande die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap uitgetrek het nie,

17 so sê dieHerevan die leërskare: Kyk,Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soosbedorwe vye wat te sleg is om te eet.

18 En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; enEk sal hulle ’n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: ’n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaadonder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;

19 omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek dieHere, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek dieHere.

20 Luister dan na die woord van dieHere, al julle ballinge watEk uit Jerusalem na Babel weggestuur het!

21 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kolája, en aangaande Sedekía, die seun van Maäséja, wat vir julle in my Naamleuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle oë verslaan.

22 Enaan hulle sal’n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag dieHerejou maak soos Sedekía en soos Agab, watdie koning van Babel in die vuur gebraai het! —

23 omdat hulle ’n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en ’n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weeten getuie is, spreek dieHere.

24 En aan Semája, die Nehelamiet, moet jy dít sê:

25 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Omdat jý ’n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is,en na Sefánja, die seun vanMaäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:

26 DieHerehet jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daaropsigters kan wees in die huis van dieHereoor elkeenwat kranksinnig is enas profeet optree, dat jy hom in die bloken in die nekyster kan sit —

27 waarom het jy dan nouJeremia, die Anatotiet, nie gekeer nie, wat by julle as ’n profeet optree;

28 aangesien hy ons in Babel laat weet het: Dit sal lank duur;bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?

29 En Sefánja, die priester, het hierdie brief voor die ore van die profeet Jeremia gelees.

30 Toe het die woord van dieHeretot Jeremia gekom en gesê:

31 Laat al die ballinge weet: So sê dieHereaangaande Semája, die Nehelamiet: Omdat Semája vir julle geprofeteer hetsonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,

32 daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek doen besoeking oor Semája, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, enhy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek dieHere; want hy het teen dieHereafval verkondig.

JEREMIA 30

Profesie van die liggaamlike verlossing uit Babel en die geestelike verlossing.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het.

2 So spreek dieHere, die God van Israel:Skryf vir jou in ’n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;

3 want kyk,daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek die lot vanmy volk Israelen Juda sal verander, sê dieHere; enEk sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.

4 En dit is die woorde wat dieHeregespreek het oor Israel en Juda:

5 Want so sê dieHere: Ons het ’n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!

6 Vra tog, en kyk of ’n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, enis alle aangesigte in bleekheid verander?

7 Wee,want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ’n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

8 En op dié dag, spreek dieHerevan die leërskare,sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk;en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.

9 Maar hulle sal dieHerehulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.

10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek dieHere; en wees nie verskrik nie,o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.

11 Want Ek is met jou, spreek dieHere, om jou te verlos.Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het;maar aan jou sal Ek geen einde maak nie,maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

12 Want so sê dieHere: Jou verbreking isongeneeslik, jou wond is smartlik.

13 Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.

14 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaansoos ’n vyand slaan, met ’n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.

15 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.

16 Daarom, almal wat jou opeet,sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan;en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ’n buit.

17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek dieHere; omdat hulle jou noem:die verjaagde. Dit is Sion,sê hulle,niemand vra na haar nie.

18 So sê dieHere: Kyk,Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal Myoor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.

19 En uit hulle saldanksegging uitgaan en ’n stem van spelers;en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.

20 En sy seuns sal weessoos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.

21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek dieHere.

22 Enjulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees.

23 Kyk, ’n storm van dieHere, grimmigheid het uitgegaan, ’n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.

24 Die toorngloed van dieHeresal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart;aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

JEREMIA 31

1 IN dié tyd, spreek dieHere,sal Ek vir al die geslagte van Israel ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

2 So sê dieHere: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn,op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.

3 DieHerehet aan my verskyn uit die verte: Ja,Ek het jou liefgehad met’n ewige liefde;daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.

4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.

5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet.

6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep:Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na dieHereonse God.

7 Want so sê dieHere: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: oHere, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!

8 Kyk, Ek bring hulle aanuit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde;blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ’n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.

9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bringby waterstrome, op ’n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; wantEk is vir Israel ’n Vader,en Efraim ismy eersgeborene.

10 Hoor die woord van dieHere, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaaksoos ’n herder sy kudde.

11 Want dieHerehet Jakob losgekoop enhom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.

12 En hulle sal kom enop die hoogte van Sion jubel en toestroomna die seëninge van dieHere, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle sielsal wees soos ’n welbesproeide tuin,en hulle sal verder nie meer kwyn nie.

13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.

14 En Eksal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek dieHere.

15 So sê dieHere:’n Stem word gehoor inRama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.

16 So sê dieHere: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek dieHere;en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.

17 Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek dieHere;en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.

18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ’n ongeleerde kalf.Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is dieHeremy God.

19 Wantnadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad; en nadat ek tot insig gekom het,het ek op die heup geslaan; ek het beskaamd gestaan, ja, ook in die skande gekom, omdat ek die smaadvan my jeug dra.

20 Is Efraim vir My ’n dierbare seun of ’n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom;daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek dieHere.

21 Rig vir joumylpale op, maak vir jou padwysers,let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!

22 Hoe lank saljy bly aarsel, o afkerige dogter? Want dieHerehet iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou saldie man beskerm.

23 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander:Mag dieHerejou seën, o woning van geregtigheid,heilige berg!

24 En Juda en al sy stede sal daarin woon,almal saam; die landbouers en die wat met troppe vee rondtrek.

25 Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

26 (Hierop het ek wakker geword en opgekyk, en my slaap was vir my soet.)

27 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere,dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.

28 Ensoos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek dieHere.

29 In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.

30 Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.

31 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit;

32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dagtoe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie — my verbond wat húlle verbreek het,alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek dieHere.

33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek dieHere:Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart;en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken dieHere;want hulle sal My almal ken,klein en groot onder hulle, spreek dieHere;want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

35 So sê dieHerewat die son gee tot ’n lig oordag,die ordeninge van die maan en van die sterre tot ’n lig in die nag;wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis,Herevan die leërskare is sy Naam:

36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek dieHere, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ’n volk te wees voor my aangesig vir altyd.

37 So sê dieHere:As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek dieHere.

38 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat die stad vir dieHereherbou sal word,van die toring Hanáneël af totby die Hoekpoort.

39 En die meetsnoer sal verder reguit aanloop tot by die heuwelGareb en swaai naGoa toe.

40 Endie hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron,tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste,sal aan dieHereheilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.

JEREMIA 32

Belofte en onderpand van Israel se herstel en van geestelike seëninge.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom hetin die tiende jaar van Sedekía, die koning van Juda —hierdie jaar was die agttiende jaar van Nebukadrésar.

2 (Die leër van die koning van Babel het toe Jerusalem beleër, en die profeet Jeremia was opgesluitin die voorhof van bewaking wat in die huis van die koning van Juda is;

3 waar Sedekía die koning van Juda, hom opgesluit het, met die woorde: Waarom profeteer jy en sê: So spreek dieHere:Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel,en hy sal dit inneem;

4 en Sedekía, die koning van Juda,sal uit die hand van die Chaldeërs nie ontvlug nie; maar hy sal sekerlik oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal mond tot mond met hom spreek en oog in oog hom sien;

5 en hy sal Sedekía na Babel bring, en daar sal hy wees totdat Ek op hom ag gee, spreek dieHereAlhoewel julle teen die Chaldeërs veg, sal julle tog geen voorspoed hê nie.)

6 En Jeremia het gesê: Die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

7 Kyk, Hanámeël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde: Koop vir jou my stuk grond wat in Ánatot lê,want jy het die reg van lossing om te koop.

8 En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van dieHerein die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Ánatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van dieHerewas.

9 Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Ánatot lê,en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.

10 En ek het dit in die brief geskrywe en dit verseël en getuies geneem en die geld afgeweeg op ’n weegskaal.

11 Toe het ek die koopbrief geneem,die verseëlde een —volgensvoorskrif en wetlike bepalinge — en die oop een,

12 en die koopbrief aanBarug, die seun van Nería, die seun van Magséja, gegee voor die oë van Hanámeël, die seun van my oom, en voor die oë van die getuies wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van al die Jode wat in die voorhof van bewaking gesit het;

13 en ek het aan Barug voor hulle oë bevel gegee en gesê:

14 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ’n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.

15 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise engronde en wingerde in hierdie land gekoop word.

16 Ennadat ek die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, gegee het, het ek tot dieHeregebid en gesê:

17 Ag, HereHere, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm;geen ding is vir U te wonderbaar nie.

18 U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote,die geweldige God,wie se Naam isHerevan die leërskare,

19 groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge;

20 wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in Israel sowel as onder die mense, en vir U ’n Naam gemaak het soos dit vandag is,

21 en u volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur ’n sterke hand en ’n uitgestrekte arm en deur’n groot verskrikking,

22 en aan hullevaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee,’n land wat oorloop van melk en heuning;

23 en hulle het gekom en dit in besit geneem,maar nie na u stem geluister en in u wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom.

24 Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien dit!

25 En tog het U, HereHere, self aan my gesê:Koop vir jou die stuk grond vir gelden neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is!

26 Toe het die woord van dieHeretot Jeremia gekom en gesê:

27 Kyk, Ek is dieHere,die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

28 Daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek gee hierdie stad oor in die hand van die Chaldeërs en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal dit inneem.

29 En die Chaldeërs wat teen hierdie stad veg, sal kom en hierdie stad aan die brand steek en dit verbrand, saam met die huiseop die dakke waarvan hulle vir Baäl rook laat opgaan het en vir ander gode drankoffers uitgegiet het om My te terg.

30 Want die kinders van Israel en die kinders van Juda hetvan hulle jeug af net gedoen wat verkeerd is in my oë; want die kinders van Israel het My deurdie werk van hulle hande net geterg, spreek dieHere.

31 Want ’n oorsaak vir my toorn en my grimmigheid was hierdie stad vir My van die dag af dat hulle dit gebou het tot vandag toe, sodat Ek dit van my aangesig moet verwyder,

32 weens al die boosheid van die kinders van Israel en van die kinders van Juda wat hulle gedoen het om My te terg,hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,

33 dat hulle My die rug toegekeer het en nie die aangesig nie, alhoewel Ek hulle geleer het,vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem.

34 Maarhulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig;

35 en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is,om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deurdie vuurte laat gaan — iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedryweom Juda te laat sondig.

36 Daarom, so spreek dan nou dieHere, die God van Israel, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: Dit is in die hand van die koning van Babel oorgegee deur die swaard en die hongersnood en die pes —

37 kyk,Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon.

38 Enhulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees.

39 EnEk sal hulle een hart en een weg geeom My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.

40 EnEk sal ’n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; enEk sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.

41 En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen;en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.

42 Want so sê dieHere: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile,so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.

43 Endaar sal grond gekoop word in hierdie landwaarvan julle sê: Dit is ’n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee.

44 Gronde sal hulle vir geld koop endie briewe onderteken en verseël en getuies neem,in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Gebergte en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland; want Ek sal hulle lot verander, spreek dieHere.

JEREMIA 33

1 VERDER het die woord van dieHerevir die tweede keer tot Jeremia gekom,terwyl hy nog opgesluit was in die voorhof van bewaking, en gesê:

2 So spreek dieHerewat dit doen, dieHerewat dit formeer om dit te bevestig,Hereis sy Naam:

3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

4 Want so sê dieHere, die God van Israel, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat omgegooi isas verdedigingteen die walle en die swaard —

5 hulle kom wel om te veg teen die Chaldeërs, maar dit is om diéhuisete vul met die lyke van mense wat Ek verslaan het in my toorn en in my grimmigheid en oor al die boosheidvan diegene om wie Ek my aangesig vir hierdie stad verberg het.

6 Kyk,Ek laat vir diestadgenesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar ’n oorvloed van duursame vrede.

7 EnEk sal die lot van Juda en die lot van Israel veranderen hulle bousoos tevore.

8 En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het.

9 Endiestadsal vir My wees ’n vreugdevolle roem, ’n lof en ’n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen;en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys.

10 So spreek dieHere: In hierdie plekwaarvan julle sê: Dit is woes, sonder mens en sonder dier — in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word

11 die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê:Loof dieHerevan die leërskare, want dieHereis goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! — vandie wat ’n lofoffer bring in die huis van dieHere; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê dieHere.

12 So spreek dieHerevan die leërskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer’n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus.

13 In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Judasal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê dieHere.

14 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda.

15 In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ’n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land.

16 In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

17 Want so sê dieHere: Daar sal vir Dawid nie ’n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie;

18 en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my aangesig ’n man ontbreek wat altyddeurbrandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.

19 En die woord van dieHerehet tot Jeremia gekom en gesê:

20 So spreek dieHere:As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie,

21 dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars.

22 Soosdie leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.

23 Verder het die woord van dieHeretot Jeremia gekom en gesê:

24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat dieHereuitverkies het,dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk,sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.

25 So sê dieHere: As Ek my verbond met dag en nag,die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,

26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.

JEREMIA 34

God laat Sedekía aansê wat oor Jerusalem en oor hom sal kom.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het —toe Nebukadnésar, die koning van Babel, en sy hele leëren al die koninkryke van die land van sy heerskappy en al die volke teen Jerusalem en al die stede daarvan oorlog gevoer het —

2 so sê dieHere, die God van Israel: Gaan en spreek met Sedekía, die koning van Juda, en sê vir hom: So spreek dieHere: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.

3 Enjý sal uit sy hand nie ontvlug nie, maar sekerlik gevang en in sy hand gegee word; en oog in oog sal jy die koning van Babel sien, en mond tot mond sal hy met jou spreek; en jy sal in Babel kom.

4 Maar luister na die woord van dieHere, o Sedekía, koning van Juda! So sê dieHereaangaande jou: Jy sal deur die swaard nie sterwe nie.

5 Jy sal in vrede sterwe,en net so ’nwierookbrand as vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou gewees het, sal hulle vir jou aansteeken jou beklaag met: Ag, heer! Want Ék het die woord gespreek, spreek dieHere.

6 En die profeet Jeremia het al hierdie woorde aan Sedekía, die koning van Juda, in Jerusalem meegedeel,

7 terwyl die leër van die koning van Babel oorlog voer teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en teen Aséka; wanthullehet as versterkte stede oorgebly onder die stede van Juda.

Bedreiginge toe die slawe eers vrygestel en toe weer diensbaar gemaak is.

8 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het nadat koning Sedekía ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was,om vir hulle ’n vrylating uit te roep,

9 dat elkeen sy slaaf en sy slavin, ’n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat weggaan,sodat niemand ’n Jood, sy broer, vir hom diensbaar sou maak nie.

10 En al die vorste en die hele volk wat die verbond aangegaan het, het gehoor gegee dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat weggaan, sodat dié nie meer aan hulle diensbaar sou wees nie; ja, hulle het gehoor gegee en hulle laat weggaan.

11 Maar daarna het hulle weer die slawe en slavinne laat terugkom wat hulle vry laat weggaan het, en hulle het dié as slawe en slavinne onderdanig gemaak.

12 Toe het van dieHeredie woord van dieHeretot Jeremia gekom en gesê:

13 So spreek dieHere, die God van Israel: Ek het ’n verbond gesluit met julle vaders op die dagtoe Ek hulle uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het, met die woorde:

14 Aandie einde vansewe jaar moet julle elkeen sy broer, die Hebreër wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, laat weggaan; jy moet hom as vryman van jou af laat weggaan. Maar julle vaders het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie.

15 En júlle het vandag tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in my oë, om ’n vrylating uit te roep, elkeen vir sy naaste;en julle het ’n verbond gesluit voor my aangesig, in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.

16 Maar julle het weer gedraai en my Naam ontheilig, en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vry laat weggaan hetvolgens hulle begeerte, laat terugkom; en julle het hulle onderdanig gemaak om julle slawe en slavinne te wees.

17 Daarom, so sê dieHere: Júlle het na My nie geluister om ’n vrylating uit te roep elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie; kyk,Ek roep ’n vrylating uit, spreek dieHere, om julleoor te geeaan die swaard, die pes en die hongersnood, en Ek sal julle ’n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde.

18 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soosdie kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het:

19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem,die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.

20 En Ek sal hulle gee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek;en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

21 En Sedekía, die koning van Juda, en sy vorste sal Ek oorgee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek, naamlik aan die leër van die koning van Babelwat van julle af opgetrek het.

22 Kyk, Ek gee bevel, spreek dieHere,en sal hulle na hierdie stad terugbring; en hulle sal daarteen oorlog voer en dit inneem en met vuur verbrand; en Ek sal die stede van Juda ’n wildernis maak, sonder inwoner.

JEREMIA 35

Die getrouheid van die Regabiete as voorbeeld vir Juda.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom hetin die dae van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:

2 Gaan na die huis van dieRegabiete en spreek met hulle en bring hulle in die huis van dieHere,in een van die kamers en gee hulle wyn om te drink.

3 Toe het ek Jaäsánja, die seun van Jeremia, die seun van Habassínja, geneem en sy broers en al sy seuns en die hele huis van die Regabiete;

4 en ek het hulle gebring in die huis van dieHere, in die kamer van die seuns van Hanan, die seun van Jigdálja,die man van God, wat langs die kamer van die vorste is, bo die kamer vanMaäséja, die seun van Sallum,die drumpelwagter.

5 En ek het voor die kinders van die huis van die Regabiete kanne vol wyn en bekers neergesit en aan hulle gesê: Drink wyn.

6 Maar hulle het geantwoord: Ons sal geen wyn drink nie, wantJónadab, die seun van Regab, ons vader, het ons beveel en gesê: Julle mag geen wyn drink, julle en julle kinders, tot in ewigheid nie.

7 Ook mag julle geen huis bou of saad saai of wingerd plant of dit besit nie; maar julle moet in tente woon al julle dae,sodat julle baie dae mag lewe in die land waar julle as vreemdelinge vertoef.

8 En ons het geluister na die stem van ons vader Jónadab, die seun van Regab, in alles wat hy ons beveel het, om geen wyn te drink al ons dae nie, ons, ons vroue, ons seuns en ons dogters;

9 en geen huise te bou om in te woon nie, en geen wingerd of landerye of saad te besit nie;

10 en ons het in tente gewoon en geluister en gedoen net soos ons vader Jónadab ons beveel het.

11 Maar toe Nebukadrésar, die koning van Babel, na die land opgetrek het, het ons gesê: Kom, laat ons na Jerusalem gaan vanweë die leër vandie Chaldeërs en die leër van die Arameërs.So het ons dan in Jerusalem gebly.

12 Toe kom die woord van dieHeretot Jeremia en sê:

13 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Gaan sê aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Wil julle hieruit geen lering trek om na my woorde te luister nie? spreek dieHere.

14 Die woorde van Jónadab, die seun van Regab, wat hy sy kinders beveel het om geen wyn te drink nie, het hulle gehou; want hulle het geenwyngedrink tot vandag toe nie, maar het geluister na die gebod van hulle vader. En Ék het met julle gespreek, vroeg en laat, maar julle het na My nie geluister nie.

15 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê:Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het.Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.

16 Ja, die kinders van Jónadab, die seun van Regab, het die gebod van hulle vader gehou wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk luister nie na My nie.

17 Daarom, so sê dieHere, die God van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die onheil wat Ek teen hulle gespreek het; omdat Ek met hulle gespreek, maar hulle nie geluister en Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie.

18 En aan die huis van die Regabiete het Jeremia gesê: So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Omdat julle geluister het na die gebod van julle vader Jónadab en al sy gebooie gehou en gedoen het net soos hy julle beveel het,

19 daarom, so spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Daar sal vir Jónadab, die seun van Regab, nooit ’n man ontbreekwat altyd voor my aangesig sal staan nie.

JEREMIA 36

Die boek van die profesieë van Jeremia word in die tempel gelees en deur die koning verbrand.

1 EN in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het van dieHerehierdie woord tot Jeremia gekom:

2 Neem vir jou’n boekrol enskrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Judaen oor al die nasies,van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Josía af, tot vandag toe.

3 Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen,sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde wegen Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.

4 En Jeremia hetBarug, die seun van Nería, geroep;en Barug het op ’n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van dieHerewat Hy met hom gespreek het.

5 En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê:Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van dieHerenie.

6 Gaan jý dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van dieHerevoor die ore van die volk in die huis van dieHere, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.

7 Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van dieHerekom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat dieHereteen hierdie volk uitgespreek het.

8 En Barug, die seun van Nería, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van dieHere, in die huis van dieHere.

9 Want in die vyfde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, in die negende maand,het hulle ’n vasdag voor die aangesig van dieHereuitgeroep — die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.

10 En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van dieHere,in die kamer van Gemárja, die seun vanSafan, die skrywer, in die boonste voorhofby die ingang van die Nuwe Poort van die huis van dieHere, voor die ore van die hele volk.

11 En toe Migája, die seun van Gemárja, die seun van Safan, al die woorde van dieHereuit die boek hoor,

12 gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het:Elisáma, die skrywer, en Delája, die seun van Semája, enÉlnatan, die seun van Akbor, en Gemárja, die seun van Safan, en Sedekía, die seun van Hanánja, en al die vorste.

13 Daarop maak Migája aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.

14 Toe stuur al die vorste Jehúdi, die seun van Netánja, die seun van Selémja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Nería, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.

15 En hulle sê vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.

16 Toe hulle al die woorde hoor,het hulle mekaar verskrik aangekyk en vir Barug gesê: Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning bekend maak.

17 En hulle het Barug gevra: Vertel ons tog hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond opgeskrywe?

18 Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.

19 Daarop sê die vorste vir Barug: Gaan, verberg jou, jy en Jeremia, en laat geen mens weet waar julle is nie.

20 En hulle het na die koning in die voorhof gegaan — die rol het hulle weggesitin die kamer van Elisáma, die skrywer — en al die woorde voor die ore van die koning gemeld.

21 Toe stuur die koning Jehúdi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elisáma, die skrywer. En Jehúdi het dit gelees voor die ore van die koningen van al die vorstewat by die koning staan,

22 terwyl die koning gesit hetin die winterpaleis, in die negende maand, met die brandende vuurpan voor hom.

23 En elke keer het hy, as Jehúdi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van ’n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.

24 En hulle was nie verskrik nieen het hulle klere nie geskeur nie — die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;

25 alhoewel selfsÉlnatan en Delája en Gemárja by die koning daarop aangedring het om die rol nie te verbrand nie; maar hy het na hulle nie geluister nie.

26 Toe gee die koning bevel aan Jerágmeël, die seun van die koning, en Serája, die seun van Ásriël, en Selémja, die seun van Ábdeël,om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar dieHerehet hulle verberg.

27 Toe kom die woord van dieHeretot Jeremia — nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het — en sê:

28 Neem vir jou weer ’n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jójakim, die koning van Juda, verbrand het.

29 En aangaande Jójakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek dieHere: Jý het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê:Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?

30 Daarom, so spreek dieHereaangaande Jójakim, die koning van Juda:Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie,en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.

31 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.

32 Toe het Jeremia ’n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Nería, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jójakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.

JEREMIA 37

Jeremia in die gevangenis.

1 ENSedekía, die seun van Josía,wat Nebukadrésar, die koning van Babel, koning gemaak het in die land Juda, het as koning geregeer in die plek vanGonja, die seun van Jójakim.

2 Maar hy het nie geluister, hy en sy dienaars en die volk van die land, na die woorde van dieHerewat Hy deur die diens van die profeet Jeremia gespreek het nie.

3 Nogtans het koning Sedekía metJugal, die seun van Selémja, enSefánja, die seun van Maäséja, die priester, die profeet Jeremia laat weet: Bid tog tot dieHereonse God vir ons.

4 Toe het Jeremia nogin- en uitgegaan onder die volk,en hulle het hom nog nie in die gevangenis gesit nie.

5 Ook het die leër van Farao uit Egipte uitgetrek; en toe die Chaldeërs wat besig was om Jerusalem te beleër, die tyding aangaande hulle hoor,het hulle van Jerusalem af opgetrek.

6 Daarop kom die woord van dieHeretot die profeet Jeremia en sê:

7 So spreek dieHere, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Judawat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;

8 en dieChaldeërs sal terugkom en teen hierdie stad oorlog voer en dit inneem en dit met vuur verbrand.

9 So spreek dieHere: Bedrieg julleself nie deur te sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af wegtrek — want hulle sal nie wegtrek nie.

10 Want al sou julle die hele leër van die Chaldeërs wat teen julle oorlog voer, verslaan, sodat daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, dan sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.

11 En toe die leër van die Chaldeërs van Jerusalem af opgetrek het vanweë die leër van Farao,

12 wou Jeremia Jerusalem verlaat omin die land Benjamin te gaan, om daar te midde van die volk ’n erfdeel in ontvangs te neem.

13 Toe hy in dieBenjaminspoort kom, was daar ’n voorman van die wag met die naam Jiría, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde:Jy wil na die Chaldeërs oorloop!

14 Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en Jiría het Jeremia gevang en hom bydie vorste gebring.

15 En die vorste het vir Jeremia baie kwaad geword en hom geslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van die skrywer Jónatan; want hulle het daar ’n gevangenis van gemaak.

16 Toe Jeremia in die kerker en in die gewelwe kom en Jeremia daar baie dae gebly het,

17 het koning Sedekía gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huisin die geheim gevra en gesê: Is daar ’n woord van dieHere? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word.

18 Verder het Jeremia aan die koning Sedekía gesê: Wat het ek teen u of teen u dienaars of teen hierdie volk gesondig, dat julle my in die gevangenis gesit het?

19 En waar is julle profete wat vir julle geprofeteer het met die woorde: Die koning van Babel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie?

20 Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom enlaat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jónatan, dat ek daar nie sterwe nie.

21 Toe gee koning Sedekía bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet houin die voorhof van bewaking en aan hom daagliks ’n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee,totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.

JEREMIA 38

Jeremia word in ’n diep modderput gegooi.

1 TOE Sefátja, die seun van Mattan, en Gedálja, die seun van Pashur, enJugal, die seun van Selémja, enPashur, die seun van Malkía, die woorde hoor waarmee Jeremia die hele volk bly toespreek het, naamlik:

2 So spreek dieHere:Wie in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood of die pes, maar wie na die Chaldeërs uitgaan, sal lewe, en sy siel sal vir hom ’n buit wees, en hy sal lewe.

3 So spreek dieHere:Hierdie stad sal sekerlik oorgegee word in die mag van die leër van die koning van Babel, en hy sal dit inneem.

4 Toe het die vorste aan die koning gesê:Laat hierdie man tog gedood word, want so maak hy die hande van die krygsmanne slap wat in hierdie stad nog oor is en die hande van die hele volk deur sulke woorde tot hulle te spreek; want dié man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar die onheil.

5 En koning Sedekía het gesê: Kyk, hy is in julle mag,want die koning kan niks teen julle doen nie.

6 Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malkía, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.

7 En toeEbed-Meleg, die Kusiet,’n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het — die koning het toein die Benjaminspoort gesit —

8 het Ebed-Meleg uit die paleis van die koning gegaan en met die koning gespreek en gesê:

9 My heer die koning, hierdie manne het verkeerd gehandel in alles wat hulle die profeet Jeremia aangedoen het, wat hulle in die put gegooi het; hy sal tog sterwe van honger op die plek waar hy is;want daar is geen brood meer in die stad nie.

10 Toe gee die koning aan Ebed-Meleg, die Kusiet, bevel en sê: Neem hiervandaan dertig manne met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die put op voordat hy sterwe.

11 Daarop het Ebed-Meleg die manne met hom saamgeneem en ingegaan in die paleis van die koning onder die voorraadkamer en daarvandaan verslyte en geskeurde lappe geneem wat hy na Jeremia in die put met toue laat afsak het.

12 En Ebed-Meleg, die Kusiet, het vir Jeremia gesê: Sit tog die verslyte en geskeurde lappe onder jou armholtes onder die toue; en Jeremia het so gedoen.

13 En hulle het Jeremiaaan die toue opgetrek en hom uit die put uitgehaal. En Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly.

14 Toe stuur koning Sedekía en hy laat die profeet Jeremia na hom bring in die derde ingang wat by die huis van dieHerewas; en die koning het vir Jeremia gesê: Ek wil jou iets vra; steek vir my niks weg nie.

15 Maar Jeremia het Sedekía geantwoord: As ek u dit te kenne gee, sal u my nie sekerlik doodmaak nie? En as ek u raad gee, sal u na my nie luister nie.

16 Toe sweer koning Sedekía vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as dieHereleefwat aan ons hierdie lewe verleen het — ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!

17 Daarop sê Jeremia vir Sedekía: So spreek dieHere, die God van die leërskare, die God van Israel: As u vrywillig uitgaan na die vorste van die koning van Babel, sal u siel lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie; en u sal lewe, u en u huis.

18 Maar as u nie uitgaan na die vorste van die koning van Babel nie, sal hierdie stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee word, en hulle sal dit met vuur verbrand;en u self sal uit hulle hand nie vryraak nie.

19 Toe sê koning Sedekía vir Jeremia: Ek is bevrees dat hulle my in die hand van die Jode wat na die Chaldeërs oorgeloop het, sal oorgee en dat dié met my die spot sal drywe.

20 Maar Jeremia antwoord: Hulle sal u nie oorgee nie. Luister tog na die stem van dieHerein wat ek aan u sê; dan sal dit goed met u gaan en u siel sal lewe.

21 Maar as u weier om uit te gaan — dit is die woord wat dieHeremy laat sien het:

22 Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk.

23 Hulle sal dan al u vroue enu kinders na die Chaldeërs uitlei; ook sal u self uit hulle hand nie vryraak nie; maar u sal deur die hand van die koning van Babel gevang word, en hierdie stad sal met vuur verbrand word.

24 Toe sê Sedekía vir Jeremia: Laat niemand van hierdie woorde weet nie, dat jy nie sterwe nie.

25 En as die vorste hoor dat ek met jou gespreek het en by jou kom en aan jou sê: Vertel ons tog wat jy met die koning gespreek het; steek dit nie vir ons weg nie, en ons sal jou nie doodmaak nie; en wat het die koning met jou gespreek? —

26 dan moet jy hulle antwoord:Ek het my smeking eerbiedig voor die koning gebring, dathy my nie moet laat terugbring in die huis van Jónatan, om daar te sterwe nie.

27 Toe het al die vorste by Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het aan hulle mededeling gedoen volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het. Toe het hulle hom met rus gelaat; want die saak het nie bekend geword nie.

Inneming van Jerusalem en verlossing van Jeremia.

28 EN Jeremia hetin die voorhof van bewaking gebly tot op die dag dat Jerusalem ingeneem is. En toe Jerusalem ingeneem is —