JEREMIA 29

Brief van Jeremia aan die Jode wat saam met Jegónja as ballinge na Babel weggevoer was.

1 EN dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het nadie nog lewende oudstes van die ballinge enna die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadnésar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe —

2 ná die uittog vandie koning Jegónja en die gebiedster en die hofdienaars,die vorste van Juda en Jerusalem, en die smede en die slotmakers, uit Jerusalem —

3 deur bemiddeling van Eleása, die seun vanSafan, en Gemárja, die seun vanHilkía, wat Sedekía, die koning van Juda, na Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel gestuur het, naamlik:

4 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:

5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;

6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;

7 en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het,en bid daarvoor tot dieHere; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

8 Want so spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Laat julle profeteen julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.

9 Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek dieHere.

10 Want so sê dieHere:As eers sewentig jaar vir Babel verby is,sal Ek op julle ag gee en aan jullemy goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.

11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek dieHere, gedagtes van vrede en nie van onheil nie,om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.

12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

14 EnEk sal My deur julle laat vind, spreek dieHere,en julle lot verander enjulle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek dieHere; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.

15 As julle sê: DieHerehet vir ons profete verwek in Babel —

16 nee, so sê dieHereaangaande die koningwat op die troon van Dawid sit, en aangaande die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap uitgetrek het nie,

17 so sê dieHerevan die leërskare: Kyk,Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soosbedorwe vye wat te sleg is om te eet.

18 En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; enEk sal hulle ’n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: ’n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaadonder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;

19 omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek dieHere, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek dieHere.

20 Luister dan na die woord van dieHere, al julle ballinge watEk uit Jerusalem na Babel weggestuur het!

21 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kolája, en aangaande Sedekía, die seun van Maäséja, wat vir julle in my Naamleuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle oë verslaan.

22 Enaan hulle sal’n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag dieHerejou maak soos Sedekía en soos Agab, watdie koning van Babel in die vuur gebraai het! —

23 omdat hulle ’n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en ’n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weeten getuie is, spreek dieHere.

24 En aan Semája, die Nehelamiet, moet jy dít sê:

25 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Omdat jý ’n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is,en na Sefánja, die seun vanMaäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:

26 DieHerehet jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daaropsigters kan wees in die huis van dieHereoor elkeenwat kranksinnig is enas profeet optree, dat jy hom in die bloken in die nekyster kan sit —

27 waarom het jy dan nouJeremia, die Anatotiet, nie gekeer nie, wat by julle as ’n profeet optree;

28 aangesien hy ons in Babel laat weet het: Dit sal lank duur;bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?

29 En Sefánja, die priester, het hierdie brief voor die ore van die profeet Jeremia gelees.

30 Toe het die woord van dieHeretot Jeremia gekom en gesê:

31 Laat al die ballinge weet: So sê dieHereaangaande Semája, die Nehelamiet: Omdat Semája vir julle geprofeteer hetsonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,

32 daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek doen besoeking oor Semája, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, enhy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek dieHere; want hy het teen dieHereafval verkondig.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twelve + 20 =