DANIËL 4

Bevelskrif van Nebukadnésar. Sy droom van die groot boom. Sy kranksinnigheid.

1 KONING Nebukadnésaraan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon:Mag julle vrede groot wees!

2 Dit behaag my om die tekens en wonders watdie allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig.

3 Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders!Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!

4 Ek, Nebukadnésar, het rustig in my huis gelewe en was voorspoedig in my paleis.

5 Ek het ’n droomgesig gesien wat my verskrik het —droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus.

6 Daarop is deur my bevel gegee om aldie wyse manne van Babel voor my te bring, dat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak.

7 Toe het die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle het sy uitlegging my nie bekend gemaak nie;

8 totdat eindelik Daniël voor my ingekom het,wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god, enin wie die gees van die heilige gode is; en ek het hom die droom vertel:

9 Béltsasar,owerste van die geleerdes, van wie ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen enkele geheim jou kwel nie, vertel my die droomgesigte wat ek gesien het, naamlik die uitlegging daarvan.

10 Wat nou die gesigte van my hoof op my bed betref — ek het gesien, en kyk,daar was ’n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was groot.

11 Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was.

12 Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom hetdie diere van die veld skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed.

13 Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk,’n bode, naamlik’n heilige, het uit die hemel neergedaal;

14 hy het hardop geroep en só gesê:Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke.

15 Maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ’n band van yster en koper in die groen gras van die veld; en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en saam met die diere deel hê aan die plante van die aarde.

16 Laat sy hart anders word as dié van ’n mens en ’n dierehart aan hom gegee word, enlaat sewe tydperke oor hom heengaan.

17 Op ’n besluit vandie bodes berus die bevel, en ’n woord van die heiliges is die saak, met die bedoelingdat die lewendes kan erken datdie Allerhoogstemag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.

18 Dit is die droomgesig wat ek, koning Nebukadnésar, gehad het; en jy, Béltsasar, sê my die uitlegging,omdat al die wyse manne van my koninkryk my die uitlegging nie kon bekend maak nie; maar jy is daartoe in staat, want die gees van die heilige gode is in jou.

19 Toe het Daniël, wie se naam Béltsasar was, ’n oomblik verstom gestaan en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning het daarop gespreek en gesê: Béltsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie verskrik nie. Béltsasar het geantwoord en gesê: My heer,mag die droom u haters en sy uitlegging u teëstanders oorkom.

20 Die boom wat u gesien het — wat groot en sterk geword het, en waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele aarde sigbaar was,

21 en waarvan die blare mooi en die vrugte baie gewees het, en waar voedsel vir alles aan was, waaronder die diere van die veld gehou en in die takke waarvan die voëls van die hemel gewoon het —

22 dit is u, o koning, wat groot en sterk geword het, wie se grootheid toegeneem het en reik tot aan die hemel enu heerskappy tot aan die einde van die aarde.

23 En dat die koning ’n bode, naamlik ’n heilige, uit die hemel sien neerdaal het met die woorde: Kap die boom om en verwoes hom, maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ’n band van yster en koper in die groen gras van die veld, en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en sy lot saam met die diere van die veld wees totdat sewe tydperke oor hom heengegaan het —

24 dit is die uitlegging, o koning, en dit is die besluit van die Allerhoogste wat oor my heer die koning kom:

25 Hulle sal u uit die mensdom verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees, en hulle sal usoos die beeste plante laat eet; en u sal deur die dou van die hemel natgemaak word, en sewe tydperke sal oor u heengaan totdat u erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.

26 En dat hulle bevel gegee het om die penwortel van die boom te laat staan — u koningskap sal vir u bestendig wees vandat u erken het dat die hemel heers.

27 Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.

28 Dit alles het oor koning Nebukadnésar gekom.

29 Aan die einde van twaalf maande terwyl hy op die koninklike paleis van Babel rondwandel,

30 het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot’n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?

31 Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, val daar ’n stem uit die hemel: Koning Nebukadnésar, jou word aangesê — die koningskap word jou ontneem;

32 enhulle sal jou uit die mensdom verstoot, en jou woning sal saam met die diere van die veld wees; hulle sal jou plante laat eet soos die beeste, en sewe tydperke sal oor jou heengaan, totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.

33 Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadnésar — hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, endeur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos dieverevan arende, en sy naels soos dié van voëls.

34 En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Homwat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ’n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.

35 En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, endaar is niemand wat sy hand kan afslaanen vir Hom kan sê: Wat doen U nie?

36 In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref — my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg.

37 Nouprys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel:al sy werke is waarheid ensy paaie is reg, enHy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

DANIËL 5

Fees van koning Bélsasar. Die hand teen die muur.

1 KONING Bélsasar het ’n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.

2 By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee omdie goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.

3 Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink.

4 Hulle het wyn gedrink endie gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys.

5 Op dieselfde oomblik het daar vingers van ’n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.

6 Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, endie gewrigte vansy heupe het losgeraak, ensy knieë het teen mekaar geslaan.

7 Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aandie wyse manne van Babel gesê:Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en ’n goue ketting sal om sy hals wees, enas derde in rang sal hy in die koninkryk heers.

8 Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie in staat om die skrif te lees en sy uitlegging aan die koning bekend te maak nie.

9 Toe het koning Bélsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring.

10 Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie.

11 Daar is ’n man in u koninkrykin wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom asowerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel — u vader, o koning! —

12 omdat in hom ’n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak — in Daniëlaan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.

13 Toe is Daniël voor die koning gebring; die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Is jý Daniël wat bydie Joodse ballinge behoort, wat die koning, my vader, uit Juda gebring het?

14 Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.

15 Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie.

16 Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak;as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en ’n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers.

17 Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê:U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan ’n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak.

18 Wat u betref, o koning, die allerhoogste Godhet aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee.

19 En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en talegebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder.

20 Maarnet toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem.

21 En hy isuit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, endeur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.

22 Maar u, Bélsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet;

23 maar u het u verhef teendie Here van die hemel, endie voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; enu het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie.

24 Toeis deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.

25 En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín.

26 Dit is die uitleg van die woord: Mené — God het u koningskap getel en daar ’n einde aan gemaak;

27 tekél —u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;

28 perés — u koninkryk is verdeel en aandie Meders enPerse gegee.

29 Toe het Bélsasar bevel gegee, enhulle het Daniël met purper beklee, met ’n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.

30 In dieselfde nag is Bélsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood.

DANIËL 6

Daniël in die leeukuil.

1 ENDaríus, die Meder, was twee-en-sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het.

2 Dit het Daríus behaag om oor die koninkrykhonderd-en-twintig landvoogde aan te stel wat in die hele koninkryk sou wees;

3 en oor hulledrie ministers, van wie Daniël een was, aan wie dié landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie.

4 Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt,omdat ’n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van planom hom oor die hele koninkryk aan te stel.

5 Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om ’n grond vir ’n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir ’n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie.

6 Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ’n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens.

7 Toe het hierdie ministers en landvoogde die koning bestorm en só vir hom gesê:Mag koning Daríus vir ewig lewe!

8 Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne endie goewerneurs het beraadslaag dat die koning ’n verordening moet uitvaardig en ’n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae ’n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word.

9 Stel nou ’n verbod vas, o koning, en laat ’n bevelskrif skrywe wat volgens dieonveranderlike wet van Meders en Perse onherroeplik is.

10 Hierom het koning Daríus die bevelskrif en die verbod geskrywe.

11 En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop wasin die rigting van Jerusalem,en hy het drie maal op ’n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.

12 Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid en voor sy God om genade smeek.

13 Hulle het toe nader gekom en voor die koning oor die koninklike verbod gespreek: Het u nie ’n verbod geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae ’n versoek doen aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Meders en Perse.

14 Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: Daniël,een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op ’n dag doen hy sy gebed.

15 Toe die koning die woord hoor, het dit hom baie mishaag, en hy het planne beraam om Daniël te verlos, ja, tot sonsondergang toe het hy moeite gedoen om hom te red.

16 Daarop het daardie manne die koning bestorm en aan die koning gesê: Weet, o koning, dat dit ’n wet van Meders en Perse is dat elke verbod of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie.

17 Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. Die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos!

18 En’n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê, endie koning het dit met sy ring en met die ring van sy maghebbers verseël, sodat niks anders met Daniël sou gebeur nie.

19 Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug.

20 Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.

21 En toe hy nader kom na die kuil, het hy met ’n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg vandie lewende God,was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?

22 Toe het Daniël met die koning gespreek:Mag die koning vir ewig lewe!

23 My God het sy engel gestuur endie bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie,omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.

24 Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ’n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

25 En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangeklaag het, en hulle,hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel.

26 Toe het koning Daríusaan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees!

27 Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, wantHy isdie lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.

28 Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.

29 En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering vanKores, die Pers.

DANIËL 7

Daniël sien in ’n gesig vier diere wat uit die see opkom.

1 IN die eerste jaar vanBélsasar, die koning van Babel, het Daniël ’n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.

2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk,die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;

3 en vier groot dierehet uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.

4 Die eerste wassoos ’n leeu, en hy hetvlerke van ’n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ’n mens op twee voete neergesit is en daaraan ’n mensehart gegee is.

5 En kyk,’n ander dier, ’n tweede, het gelyk soos ’n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: Staan op, eet baie vleis.

6 Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ’n ander een soos ’n luiperd, en dit het vier vlerke van ’n voël op sy rug gehad; ook het die diervier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee.

7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was’n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het grootystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit hettien horings gehad.

8 Terwyl ek op die horings ag gee,kom daar ’n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soosmens-oë, en’n mond wat groot dinge spreek.

9 Ek het bly kyk totdattrone reggesit is en’n Oue van dae gaan sit het;sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme,die wiele daarvan ’n brandende vuur;

10 ’n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan;duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan;die gereg het gaan sit, endie boeke is geopen.

11 Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdatdie dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.

12 Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur.

13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soosdie Seun van ’n mens, en Hy het gekom tot bydie Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.

14 Enaan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap;en al die volke en nasies en tale het Hom vereer;sy heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

15 Die gees van my, Daniël, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik.

16 Ek het nader gekom naeen van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:

17 Hierdie groot diere wat vier is — vier konings sal uit die aarde opstaan;

18 en die heiliges van die Allerhoogstesal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.

19 Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koperkloue, wat verslind, vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het,

20 en oor die tien horings wat op sy kop was, endie ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat oë en ’n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander.

21 Ek het gesien dat hierdie horingoorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,

22 totdatdie Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.

23 Só het hy gesê: Die vierde dier — die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.

24 En die tien horings — uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ’n ander een sal ná hulle opstaan, en hý sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp.

25 Enhy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeerom tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee wordgedurende ’n tyd en tye en die helfte van ’n tyd.

26 Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.

27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste;hulle koninkryk is ’n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

28 Hier is die einde van die saak.Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar.

DANIËL 8

Gesig van die skaap- en die bokram.

1 IN die derde jaar van die regering van koningBélsasar het aan my, Daniël, ’n gesig verskyn ná dié een watdie vorige keer aan my verskyn het.

2 Ek het naamlik in die gesig gesien — terwyl ek kyk, was ek in die vestingSusan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.

3 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan ’n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom.

4 Ek het die ram sienstoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hyhet gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.

5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar ’n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het ’n aansienlike horing tussen sy oë gehad.

6 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.

7 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom enop hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.

8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, envier aansienlikehoringshet in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.

9 En uit een van dié het’n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.

10 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en hetsommigevan die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.

11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodatdie voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.

12 En ’n leër is aandie horingoorgelewer in goddeloosheid saam metdie voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.

13 Toe hoor ek’n heilige spreek; en ’n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur — van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid — sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?

14 En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.

15 En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos ’n man gelyk het.

16 En ek het ’n mensestem gehoor uitdie Ulai wat geroep en gesê het:Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!

17 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.

18 En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig

19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.

20 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.

21 Endie harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit isdie eerste koning.

22 En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het — vier koninkryke sal uitsyvolk ontstaan, maar nie met sy krag nie.

23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ’n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.

24 En sy krag sal sterk word,maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.

25 Enop grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy salsonder toedoen vanmensehand verbreek word.

26 En die gesigvan die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jý,hou die gesig geheim, want dit sien op ’n verre toekoms.

27 En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan endie werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.

DANIËL 9

Gebed van Daniël. Die sewentig sewetalle. Die Messías.

1 IN die eerste jaar vanDaríus, die seun van Ahasvéros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chaldeërs,

2 in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van dieHeretotdie profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was.

3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig ommet vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.

4 En ekhet tot dieHeremy God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.

6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.

7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel,die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.

8 Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het.

9 By die Here onse God is barmhartigheid envergewing, want ons het teen Hom opgestaan

10 en na die stem van dieHereonse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.

11 Maardie hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestortwat geskrywe is in die wet van Moses,die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.

12 En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oorons rigters wat ons bestuur het,deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie;

13 soos in die wet van Moses geskrywe is — al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van dieHereonse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.

14 Daarom was dieHerewakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want dieHereonse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.

15 Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met ’n sterke hand uitgelei en vir U ’n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.

16 oHere,laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem,u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil isJerusalem en u volk ’n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.

17 Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, enlaat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.

18 Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid.

19 Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit,vertoef tog nie,om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.

20 Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van dieHeremy God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God,

21 terwyl ek nog spreek in die gebed, het die manGabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ’n vorige keer in die gesig gesien het,na my gekomomtrent die tyd van die aandspysoffer.

22 En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee.

23 By die begin van jou smekinge het ’n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel,want jy is ’n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.

24 Sewentigsewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen enom ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en omwat hoogheilig is, te salf.

25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op’n Gesalfde, ’n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote,maar in tye van benoudheid.

26 En ná die twee-en-sestig sewetallesal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ’n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ’n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

27 En hy sal een week lank met baie ’n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel vangruwels sal daar ’n verwoester wees, enwel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

DANIËL 10

Daar verskyn ’n engel aan Daniël om hom in te lig oor die toekoms van die Joodse volk.

1 IN die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is ’n woord geopenbaar aan Daniëlwat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.

2 In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.

3 Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie;en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.

4 En op die vier-en-twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit isdie Hiddékel,

5 het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ’n manmet linne bekleed,en sy heupe was omgord met goud van Ufas.

6 En sy liggaam wassoos chrisoliet, en sy aangesigsoos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en diegeluid van sy woorde soos die gedruis van ’n menigte.

7 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ’n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.

8 Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.

9 En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde,geval.

10 En kyk, ’n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan.

11 En hy het vir my gesê: Daniël, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan.

12 Toe sê hy vir my:Wees nie bevrees nie, Daniël; wantvan die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;

13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk,Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volkaan die einde van die dae te beurt sal val,want die gesig sien nog op die verre toekoms.

15 En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword.

16 En kyk,een wat soos ’n mens gelyk het,het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, gesê: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie.

17 En hoe kan so ’ngeringekneg van my heer met so ’n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie.

18 Toe het die een wat soos ’n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk

19 en gesê:Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou,wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk.

20 Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg metdie vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors vanGriekeland.

21 Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek vandie waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwejulle vors Mígael.

DANIËL 11

1 EN ek,in die eerste jaar van Daríus, die Meder, het ek opgetree as ’n versterking en beskutting vir hóm.

Voorspellinge in verband met Griekeland.

2 EN nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland.

3 Dansal ’n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil.

4 En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie — want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander.

5 En die koning van die Suide sal sterk word, maar een van sy owerstes sal sterker word as hy en heers; sy heerskappy sal ’n groot heerskappy wees.

6 En ná verloop van jare sal hulle ’n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om vrede te sluit; maar sy sal die krag van die arm nie behou nie — hy en sy mag sal nie standhou nie, en sy self sal prysgegee word saam met die wat haar gebring het, sowel as hy wat haar verwek het en haar in dié tyd verwerf het.

7 Dan sal een uit die spruite van haar wortels in sy plek oprys en teen die leër optrek, en hy sal in die vesting van die koning van die Noorde indring en teen hulle optree en magtig wees;

8 ja, ook hulle gode en hulle gegote beelde saam met hulle kosbare voorwerpe, silwer en goud, in gevangenskap na Egipte bring, en hy sal jare lank die koning van die Noorde met rus laat.

9 Dan sal dié in die koninkryk van die koning van die Suide intrek, maar hy sal na sy land terugtrek.

10 En sy seuns sal hulle in die oorlog begewe en ’n menigte groot leërs versamel; en hy sal sekerlik aankom en instroom en oorloop, en weer terugkom, en hulle sal oorlog voer tot by sy vesting.

11 Dan sal die koning van die Suide verbitterd word en uittrek en teen hom, die koning van die Noorde, veg, watook’n groot menigte op die been sal bring, maar hierdie menigte sal in sy hand oorgegee word.

12 As die menigte vernietig is, sal sy hart hom verhef; en hy sal tienduisende neerslaan, maar nie sterk bly nie.

13 Dan sal die koning van die Noorde weer ’n groter menigte op die been bring as die eerste, en ná verloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met ’n groot leër en ’n groot gevolg.

14 En in dié tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhefom ’n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom.

15 So sal dan die koning van die Noorde kom en ’n wal opwerp en ’n versterkte stad inneem; en die leërs van die Suide sal nie standhou nie, selfs sy uitgesoekte manskappe nie, sodat daar geen krag sal wees om stand te hou nie.

16 En hy watuit die Noordeteen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die Pragtige Land, terwyl daar verdelging in sy hand is.

17 En hy sal sy aangesig daarop rig om met die sterkte van sy hele koninkryk te kom, maar hy sal met hom vrede sluit; en hy sal vir hom ’n jongedogter gee om dielandte gronde te rig. Maar dit sal nie tot stand kom nie, en daar sal niks vir hom wees nie.

18 Daarna sal hy sy aangesig wend na die kuslande en baie daarvan verower; maar ’n aanvoerder sal aan sy gesmaad ’n einde maak, ja, hy sal sy gesmaad op homself laat terugval.

19 Dan sal hy sy aangesig wend na die vestings van sy land, maar hy sal struikel en val en nie meer gevind word nie.

20 En in sy plek sal iemand optree wat ’n geldinsamelaar deur die pragtigste deel van die koninkryk sal laat deurtrek, maar binne enkele dae sal hy verbreek word, maar nie deur toorn of deur oorlog nie.

21 Daarna sal ’n veragtelike in sy plek optree op wie geen koninklike waardigheid gelê was nie, maar hy sal onverwags kom en met liste die koninkryk bemagtig.

22 En die leërs van die instromende mag sal voor hom weggespoel en verbreek word, en ook die vors van die verbond.

23 Want sodra ’n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom en met min manskappe sterk word.

24 Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir ’n tyd.

25 En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die Suide met ’n groot leër; en die koning van die Suide sal hom in die oorlog begewe met ’n groot en baie sterk leër, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam.

26 En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy leër sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes lê.

27 En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees.

28 En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan.

29 Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die Suide kom, maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie.

30 Want skepe van die Kittiërs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word; dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het.

31 En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, enhulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.

32 En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.

33 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.

34 En terwyl hulle struikel, sal hulle met ’n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit.

35 En van die verstandiges sal sommige struikel,om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde — want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd.

36 En die koning sal doen net wat hy wil enhomself verhef en hom groot hou bo enige god, en teendie God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.

37 En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.

38 Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer.

39 So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ’n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.

40 Maarin die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde salop hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.

41 Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdievolkesal uit sy hand vryraak:Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.

42 En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie.

43 En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.

44 Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.

45 En hy sal sy paleistente opslaan tussendie see endie berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.

DANIËL 12

Die laaste woorde. Die verseëlde woorde.

1 EN in dié tyd salMígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid weessoos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen watin die boek opgeskrywe staan.

2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak,sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

3 En die verstandigessal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim enverseël die boek totdie tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.

6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê:Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?

7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef engesweer by die Ewig-Lewende:’n Tyd, tye en ’n halwetyd,en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?

9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, wantdie woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maardie goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

11 En van die tyd af datdie voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop.

12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik.

13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

ESÉGIËL 1

Eerste gesig van die gérubs.

1 IN die dertigste jaar, in die vierdemaand,op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was,is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.

2 Op die vyfde van die maand — dit was die vyfde jaarvan die ballingskap van koning Jójagin —

3 het die woord van dieHereuitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi,die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier;en die hand van dieHerewas daar op hom.

4 Toe het ek gekyk —en daar het ’n stormwinduit die noorde gekom, ’n groot wolk met onophoudelike vuur; en ’n glans was rondom diewolk,en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.

5 En daaruit het die gestaltevan vier wesens gekom, en dít was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ’n mens gehad;

6 en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;

7 en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van ’n kalfspoot; en hulle het geglinstersoos blink geskuurde koper;

8 en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,

9 hulle vlerke was aanmekaar verbind.Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.

10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ’n mens; en al vier het die gesig van ’n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ’n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ’n arend gehad.

11 En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was,en twee wat hulle liggame bedek het.

12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan;waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.

13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soosgloeiende vuurkole, soos die voorkomsvan fakkels; dievuurhet heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het ’n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.

14 En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos’n bliksemstraal.

15 Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.

16 Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos dié van ’n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maakselasof daar ’n wiel binne-in ’n wiel was.

17 Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.

18 En hulle vellings — dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.

19 En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.

20 Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.

21 As dié gaan, gaan hulle; en as dié bly staan, staan hulle; en as dié hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.

22 En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van’n uitspansel wat blink soos die wonderbarekristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei.

23 En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het.

24 En as hulle gaan,het ek die geruis van hulle vlerke gehoorsoos die geruis van baie waters,soos die stemvan die Almagtige — ’n gedruis soos die gedreun van ’n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.

25 En daar het ’n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.

26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets watsoos saffiersteen gelyk het,in die gestalte van ’n troon; en op die troongestalte ’n gestalte wat soos ’n mens gelyk het.

27 Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in ’n omhulsel gevat; envan wat soos sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met ’n glans daaromheen.

28 Soos die gedaante van die boogwat in die wolk is op ’n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning vandie heerlikheid van dieHeregelyk.En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.