DANIËL 12

Die laaste woorde. Die verseëlde woorde.

1 EN in dié tyd salMígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ’n tyd van benoudheid weessoos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen watin die boek opgeskrywe staan.

2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak,sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

3 En die verstandigessal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim enverseël die boek totdie tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.

6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê:Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?

7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef engesweer by die Ewig-Lewende:’n Tyd, tye en ’n halwetyd,en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?

9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, wantdie woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maardie goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

11 En van die tyd af datdie voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop.

12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik.

13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × 5 =