MATTHÉÜS 9

Die verlamde man in Kapérnaüm.

1 EN nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en insy eie stad gekom.

2 En hulle het ’n verlamde man wat op ’n bed lê, na Hom gebring.En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

3 En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.

4 En toe Jesusmerk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

5 Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?

6 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

7 En hy het opgestaan en huis toe gegaan.

8 En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ’n mag aan die mense gegee het.

Roeping van Matthéüs.

9 EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

10 En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daarbaie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.

11 En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saammet tollenaars en sondaars?

12 Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

13 Maar gaan leer wat dit beteken:Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Die wat vas, en die wat nie vas nie.

14 DAARNA kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waaromvas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?

15 En Jesus sê vir hulle:Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.

16 En niemand sit ’n nuwe stuk lap op ’n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ’n erger skeur.

17 ’n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders barsdie sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het. Die dogtertjie van Jaïrus.

18 TERWYL Hy vir hulle dit sê, kom daar ’n sekere owerste enval voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe.

19 En Jesus het opgestaan en hom gevolg, en ook sy dissipels.

20 En daar het ’n vrou wat twaalf jaar lank aanbloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.

21 Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.

22 En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jougeloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.

23 En toe Jesus in die huis van die owerste kom endie fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan,

24 sê Hy vir hulle: Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, maar syslaap. En hulle het Hom uitgelag.

25 En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie het opgestaan.

26 En die gerug hiervan het deur daardie hele land versprei.

Twee blindes en ’n stomme gesond gemaak.

27 EN toe Jesus daarvandaan verder gaan,het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig,Seun van Dawid!

28 En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.

29 Toeraak Hy hulle oë aan en sê:Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

30 En hulle oë het oopgegaan. En Jesus hethulle skerp aangespreek en gesê:Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.

31 Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.

32 En terwyl hulle weggaan, bring die mense ’n stom man wat vandie duiwel besete was, na Hom toe.

33 En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie!

34 Maar die Fariseërs het gesê:Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

Die oes en die arbeiders.

35 EN Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hullesinagoges geleer en dieevangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

36 Entoe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was,soos skape wat geen herder het nie.

37 Toe sê Hy vir sy dissipels:Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.

38 Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

MATTHÉÜS 10

Die twaalf apostels en hulle sending.

1 ENHy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

2 Endit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simonwat Petrus genoem word, enAndréas, sy broer;Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas enMatthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;

4 SimonKananítes en JudasIskáriot, die een wat Hom verraai het.

5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan oppad na die heidene nie, en moenie ingaan in ’n stad vandie Samaritane nie;

6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

7 En gaan preek en sê:Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

9 Moenie vir julle goud of silwerof koper in julle beurse aanskaf nie;

10 geenreissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ’n stok nie;want die arbeider is sy voedsel werd.

11 En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek.

12 En as julle die huis ingaan,groet dit;

13 en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.

14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit enskud die stof van julle voete af.

15 Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees danversigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.

17 Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aanregbanke, en inhulle sinagoges sal hulle julle gésel.

18 En ook voorgoewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ’n getuienis vir hulle en vir die heidene.

19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie,want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;

20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.

21 Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.

22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam.Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad,vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kryvoordat die Seun van die mens kom nie.

24 ’n Leerling is nie bo die meester nie en ’n dienskneg ook nie bo sy heer nie.

25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer.As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!

26 Vrees hulle dan nie;want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

27 Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.

28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in diehel.

29 Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.

30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.

31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

32 Elkeen dan watMy sal bely voor die mense,hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

33 Maar elkeen watMy verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.

34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader, en tussen ’n dogter en haar moeder, en ’n skoondogter en haar skoonmoeder.

36 En’n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.

38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

40 Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

41 Wie ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal die loon van ’n profeet ontvang; en wie ’n regverdige ontvang omdat hy ’n regverdige is, sal die loon van ’n regverdige ontvang.

42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ’n beker kou water laat drink, omdat hy ’n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

MATTHÉÜS 11

Johannes die Doper stuur twee dissipels na Jesus.

1 EN toe Jesus klaar was met bevele aan sy twaalf dissipels te gee, het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in hulle stede.

2 En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur

3 en vir Hom gesê: Is Udie Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

4 En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:

5 blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek enaan armes word die evangelie verkondig.

6 En salig is elkeen wataan My nie aanstoot neem nie.

7 En toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaanom in die woestyn te aanskou?’n Riet wat deur die wind beweeg word?

8 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.

9 Maar wat het julle uitgegaan om te sien?’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ’n profeet!

10 Want dit is hy van wie daar geskrywe is:Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

11 Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.

12 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.

13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.

14 En as julle dit wil aanneem: hy isElía wat sou kom.

15 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

16 Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep

17 en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.

18 Want Johannes het gekom en niegeëet ofgedrink nie, en hulle sê: Hy het ’n duiwel.

19 Die Seun van die mens het gekom — Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’nvriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheidis geregverdig deur sy kinders.

Die drie onboetvaardige stede.

20 TOE het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:

21 Wee jou, Górasin, wee jou,Betsáida! want as inTirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het.

22 Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.

23 En jy, Kapérnaüm,wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.

24 Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.

Die juk van Jesus.

25 IN daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg hetvir wyse en verstandige mense en ditaan kindertjies geopenbaar het.

26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie,behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, enjulle sal rus vind vir julle siele;

30 wantmy juk is sag en my las is lig.

MATTHÉÜS 12

Jesus is Here van die sabbat.

1 IN daardie tyd hetJesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en arebegin pluk en eet.

2 Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doenwat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.

3 Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie geleeswat Dawid gedoen het nie — toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het —

4 hoe hy in die huis van God gegaan en dietoonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie,maar net vir die priesters alleen?

5 Of het julle niein die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?

6 En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.

7 Maar as julle geweet hetwat dit beteken:Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;

8 want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.

Genesing van die man met die verdorde hand.

9 EN Hy het daarvandaan weggegaanen in hulle sinagoge gekom.

10 En daar was ’n man met ’n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê:Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? — sodat hulle Hom sou kan aanklae.

11 Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ’n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?

12 Hoeveel meer is ’n mens dan nie werd as ’n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen.

13 Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een.

14 Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

15 Toe Jesus dit bemerk,het Hy daarvandaan weggegaan,en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,

16 en hulle’n streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,

17 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:

18 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefdein wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.

19 Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

20 ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

21 En op sy Naam sal die heidene hoop.

Die godslastering van die Fariseërs.

22 TOE het hulle ’n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.

23 En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien dieseun van Dawid nie?

24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle:Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.

25 Maar Jesus het hullegedagtes gekenen vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

26 En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?

27 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.

28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

29 Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie?En dan sal hy sy huis beroof.

30 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.

31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.

32 En elkeen wat ’n woord spreekteen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

Bome en vrugte.

33 JULLE moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.

34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is?Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.

35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.

36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

37 Wantuit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

Die teken van Jona.

38 TOE spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê:Meester, ons wil graag ’n teken van U sien.

39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ’nSlegte enowerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

40 Wantsoos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

41 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; wanthulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier!

42 Diekoningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!

43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.

44 Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.

45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar;en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

Die familie van Jesus.

46 EN terwyl Hy nog met die skare spreek,staan sy moeder enbroers daarbuite en wou graag met Hom praat.

47 Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.

48 Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?

49 En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers.

50 Wantelkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

MATTHÉÜS 13

Gelykenis van die saaier.

1 EN op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan enby die see gaan sit.

2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ’n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.

3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ’n Saaier het uitgegaan om te saai;

4 en terwyl hy saai, val ’n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.

5 En ’n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;

6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.

7 En ’n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.

8 En ’n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: dieeen honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?

11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdatdit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.

14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê:Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.

17 Want, voorwaar Ek sê vir julle,baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.

19 As iemanddie woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is — dit is hy by wie langs die pad gesaai is.

20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en ditdadelikmet blydskap aanneem;

21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ’n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.

22 En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar diesorg van hierdie wêreld en die verleiding van dierykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

23 En by wie op die goeie grond gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

Gelykenis van die onkruid.

24 ’nANDERgelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ’n man wat goeie saad in sy land gesaai het;

25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.

26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.

27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?

28 En hy antwoord hulle: ’n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?

29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.

30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

Gelykenisse van die mosterdsaad en van die suurdeeg.

31 ’nANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê:Die koninkryk van die hemele is soos ’nmosterdsaad wat ’n man neem en in sy land saai;

32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ’n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.

33 ’n Ander gelykenis het Hy hulle vertel:Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;

35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet:Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

Verklaring van die gelykenis van die onkruid.

36 NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesushuis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons diegelykenis van die onkruid in die saailand.

37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,

38 en die saailand isdie wêreld. Die goeie saad — dit isdie kinders van die koninkryk, en die onkruid isdie kinders van die Bose,

39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel.Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees indie voleinding van hierdie wêreld:

41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

42 en sal hullein die vuuroond gooi.Daar sal geween wees en gekners van die tande.

43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son indie koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

Gelykenis van die verborge skat, van die pêrel en van die visnet.

44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos ’n skat wat verborge is in die saailand, wat ’n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy enverkoop alles wat hy het, enkoop daardie saailand.

45 Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n koopman wat mooi pêrels soek;

46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

47 Verder is die koninkryk van die hemelesoos ’n net wat in die see gegooi word en vanelke soort bymekaarbring;

48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.

49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en dieslegte mense onder die regverdiges uit afskei

50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

51 Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!

52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom iselke skrifgeleerde wat ’n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ’n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.

Jesus word in Násaret verag.

53 EN toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.

54 En Hy het insy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulleverslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?

55 Is Hy niedie seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié vansy broersJakobus en Joses en Simon en Judas nie?

56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?

57 En hulle hetaanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle:’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.

58 En Hy het daarvanweë hulle ongeloofnie baie kragtige dade gedoen nie.

MATTHÉÜS 14

Die onthoofding van Johannes die Doper.

1 EN in daardie tyd hetHerodes,die viervors, die gerug van Jesus gehoor

2 en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.

3 Want Herodeshet Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias,die vrou van Filippus, sy broer.

4 Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.

5 En hoewel hy hom wou doodmaak, hethy die skare gevrees, omdat hulle hom vir ’nprofeet gehou het.

6 Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.

7 Daarom het hy met ’n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.

8 Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ’n skottel die hoof van Johannes die Doper.

9 En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.

10 En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.

11 Sy hoof is toe op ’n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.

12 En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

13 En toe Jesus dit hoor,het Hy daarvandaan in ’n skuit vertrek na ’n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.

Eerste vermeerdering van die brode.

14 EN toe Jesus uitgaan, het Hy ’n groot skare gesien eninnig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.

15 En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, endit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.

16 Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.

17 Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.

18 En Hy sê: Bring dit hier vir My.

19 Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse,kyk op na die hemelen dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

20 En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalfmandjies vol.

21 En dit was omtrent vyfduisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.

Jesus loop op die see.

22 EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hyop die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.

24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teenhulle.

25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ’n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

27 Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek!Moenie vrees nie.

28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!

31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.

33 Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is dieSeun van God!

34 En hulle het oorgevaar en in die landGennésaret gekom.

35 En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;

36 en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maardie soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

MATTHÉÜS 15

Die oorlewering van die ou mense.

1 TOEkom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê:

2 Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.

3 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?

4 Want God het bevel gegee en gesê:Eer jou vader en moeder; en:Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

5 Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.

6 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.

7 Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:

8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

9 Maar tevergeefs vereer hulle Mydeur leringe te leer wat gebooie van mense is.

10 En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!

11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.

12 Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?

13 Maar Hy antwoord en sê:Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.

14 Laat hulle staan;hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.

15 EnPetrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis.

16 Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand?

17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?

18 Maardie dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.

19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.

20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar ommet ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.

Die Kananése vrou.

21 EN Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke vanTirus en Sidon vertrek.

22 En ’n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here,Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.

23 Maar Hy het haar nie ’n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê:Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.

24 Maar Hy antwoord en sê:Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

25 Daarop kom sy enval voor Hom neer en sê: Here, help my!

26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir diehondjies te gooi nie.

27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.

28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar:oVrou,groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.

Tweede vermeerdering van die brode.

29 TOE gaan Jesus daarvandaan weg en kom by die see van Galiléa; en Hy het op die berg geklim en daar gaan sit.

30 En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,

31 sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.

32 Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê:Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.

33 En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?

34 Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ’n paar vissies.

35 En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.

36 Toe neem Hy die sewe brode en die visse, ennadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.

37 En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

38 En die wat geëet het, was vierduisend manne buiten die vroue en kinders.

39 En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied vanMágdala gekom.

MATTHÉÜS 16

Die suurdeeg van die Fariseërs.

1 ENdie Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ’n teken uit die hemel te laat sien.

2 Maar Hy antwoord en sê vir hulle:In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.

3 En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tyeonderskeinie?

4 ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan.

5 En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.

6 Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir diesuurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.

7 En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie.

8 Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?

9 Begryp julle nog nie, en onthou julle niedie vyf brode van die vyfduisend, en hoeveelmandjiesvol julle opgetel het nie?

10 Ofdie sewe brode van die vierduisend, en hoeveelmandjiesvol julle opgetel het nie?

11 Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?

12 Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.

Die belydenis van Petrus.

13 EN toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filíppi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?

14 En hulle antwoord: SommigeJohannes die Doper, en sommigeElía, en ander Jeremia of een van die profete.

15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?

16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus,die Seun vandie lewende God.

17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy,Simon Bar-Jona, wantvlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

18 En Ek sê ook vir jou: Jy isPetrus, enop hierdie rots sal Ek my gemeente bou, endie poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

19 En Ek sal joudie sleutels van die koninkryk van die hemele gee; enwat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

20 Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.

21 Van toe af het Jesus beginom sy dissipels te toon datHy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood enop die derde dag opgewek word.

22 Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!

23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.

Die opneem van die kruis.

24 TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën ensy kruis opneem en My volg.

25 Wantelkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

26 Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel?

27 Wantdie Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

28 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat diedood sekerlik nie sal smaakvoordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

MATTHÉÜS 17

Verheerliking van Jesus op die berg.

1 ENná ses dae het Jesus virPetrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ’n hoë berg in die eensaamheid gebring.

2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.

3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.

4 Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.

5 Terwyl hy nog spreek,oordek ’n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ’n stem uit die wolk:Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het. Luister na Hom!

6 En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.

7 En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op enmoenie vrees nie.

8 Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

9 En onderwyl hulle van die berg afklim,het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

10 En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan datElía eers moet kom?

11 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en salalles herstel;

12 maar Ek sê vir julle datElía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maaraan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.

13 Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.

’n Maansieke kind gesond gemaak.

14 EN toe hulle by die skare kom, gaan daar ’n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê:

15 Here, ontferm U oor my seun, want hy ismaansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.

16 En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.

17 Toe antwoord Jesus en sê:oOngelowige enverdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.

18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.

19 Toe kom die dissipels na Jesusafsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?

20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof;want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’nmosterdsaad sal julle virhierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

21 Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deurgebed envas nie.

22 En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê:Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense;

23 en hulle sal Hom doodmaak, enop die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.

Jesus betaal die tempelbelasting.

24 EN toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê:Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?

25 Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom,was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aardetol ofbelasting — van hulle seuns of van die vreemdelinge?

26 Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.

27 Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ’n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ’n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.

MATTHÉÜS 18

Die vernaamste in die koninkryk van die hemele.

1 INdaardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?

2 Toe roep Jesus ’n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan

3 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as jullenie verander ensoos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.

5 Enelkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;

6 maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo,laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.

7 Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.

8 En asjou hand of jou voetjou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word.

9 En asjou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word.

10 Pas op dat julle nie een vanhierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dathulle engele in die hemele altyd dieaangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

11 Want die Seun van die mens het gekom om te redwat verlore is.

12 Wat dink julle?As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die negen-en-negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?

13 En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig wat nie verdwaal het nie.

14 So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.

Die vergifnis. Gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser.

15 ENas jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan hetjy jou broeder gewin;

16 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodatin die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.

17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aandie gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie,laat hom vir jou wees soos die heiden en dietollenaar.

18 Voorwaar Ek sê vir julle,alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

19 Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra,dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

21 Toe kom Petrus na Hom en sê: Here,hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe?Tot sewe maal toe?

22 Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie,maar tot sewentig maal sewe toe.

23 Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ’n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.

24 En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tienduisend talente skuldig was.

25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hyverkoop moet word, en sy vrou ensy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.

26 Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.

27 En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.

28 Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.

29 Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal joualles betaal.

30 En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.

31 En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.

32 Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;

33 moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?

34 En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

35 So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.