MATTHÉÜS 16

Die suurdeeg van die Fariseërs.

1 ENdie Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ’n teken uit die hemel te laat sien.

2 Maar Hy antwoord en sê vir hulle:In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.

3 En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tyeonderskeinie?

4 ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet. En Hy het hulle verlaat en weggegaan.

5 En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem.

6 Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir diesuurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.

7 En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie.

8 Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie?

9 Begryp julle nog nie, en onthou julle niedie vyf brode van die vyfduisend, en hoeveelmandjiesvol julle opgetel het nie?

10 Ofdie sewe brode van die vierduisend, en hoeveelmandjiesvol julle opgetel het nie?

11 Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?

12 Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.

Die belydenis van Petrus.

13 EN toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filíppi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?

14 En hulle antwoord: SommigeJohannes die Doper, en sommigeElía, en ander Jeremia of een van die profete.

15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?

16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus,die Seun vandie lewende God.

17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy,Simon Bar-Jona, wantvlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

18 En Ek sê ook vir jou: Jy isPetrus, enop hierdie rots sal Ek my gemeente bou, endie poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

19 En Ek sal joudie sleutels van die koninkryk van die hemele gee; enwat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

20 Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.

21 Van toe af het Jesus beginom sy dissipels te toon datHy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood enop die derde dag opgewek word.

22 Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!

23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.

Die opneem van die kruis.

24 TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën ensy kruis opneem en My volg.

25 Wantelkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

26 Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel?

27 Wantdie Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

28 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat diedood sekerlik nie sal smaakvoordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

thirteen + 15 =