LUKAS 19

Saggéüs.

1 EN Hy hetin Jérigo gekom en daar deurgegaan.

2 En daar was ’n man met die naam van Saggéüs, ’n hoof van die tollenaars en ’n ryk man.

3 En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.

4 En hy het vooruit gehardloop en in ’n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.

5 En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.

6 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.

7 En toe almal dit sien,het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by ’n sondige man tuisgegaan.

8 Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; enas ek van iemand iets afgepers het, gee ek ditvierdubbel terug.

9 Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesienhierdie man ook’n seun van Abraham is.

10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Gelykenis van die ponde.

11 EN terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ’n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was enhulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.

12 Hy het dan gesê: ’nMan van hoë geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom.

13 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.

14 Maar sy medeburgers het hom gehaat en ’n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.

15 En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.

16 En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.

17 En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minstegetrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.

18 En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.

19 En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.

20 En ’n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ’n doek weggesit het;

21 want ek was bang vir u, omdat u ’n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.

22 Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ’n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

23 Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.

24 En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het —

25 en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde —

26 want ek sê vir julle:Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.

27 Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

28 En toe Hy dit gesê het,gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.

Die intog van Jesus in Jerusalem.

29 ENtoe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur

30 en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle ’neselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

31 En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? — moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.

32 En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.

33 En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?

34 En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.

35 Toe bring hulle hom na Jesus toe,en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit.

36 En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad.

37 En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met ’n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,

38 terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here,vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!

39 En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!

40 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.

41 En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween

42 en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.

43 Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande’n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.

44 Enhulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; enhulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God joubesoek het, nie opgemerk het nie.

Reiniging van die tempel.

45 EN toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.

46 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is ’n huis van gebed. Maar julle het dit ’nrowerspelonk gemaak.

47 En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;

48 en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister.

LUKAS 20

Die doop van Johannes.

1 EN op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,

2 en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?

3 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra — sê vir My:

4 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?

5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

6 En as ons sê: Uit mense — sal die hele volk ons stenig,want hulle is daarvan oortuig dat Johannes ’n profeet is.

7 Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.

8 En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

Gelykenis van die landbouers.

9 TOE begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel:’n Sekere man het ’n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir ’n geruime tyd op reis gegaan.

10 En op die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.

11 En hy het weer ’n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.

12 En hy het weer ’n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.

13 Toe sê die eienaar van die wingerd: Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.

14 Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s’n kan wees.

15 En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?

16 Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!

17 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord:die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword?

18 Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

Die vraag oor die belasting.

19 TOEprobeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.

20 En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op ’n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van diegoewerneur.

21 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer —

22 is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

23 Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?

24 Wys My ’npenning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s’n.

25 Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

26 En hulle kon Hom nie voor die volk op ’n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.

Die Sadduseërs en die opstanding.

27 EN sommige van die Sadduseërs het gekom — hulle wat ontken dat daar ’n opstanding is — en Hom gevra

28 en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe:As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.

29 Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en kinderloos gesterwe.

30 En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.

31 En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.

32 En ten laaste het die vrou ook gesterwe.

33 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

34 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;

35 maar die watwaardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.

36 Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.

37 En dat die dode opgewek word, het Moses ook indie gedeelte oordie doringbos aangedui, waar hy die Here noem dieGod van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.

38 Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, wantalmal leef vir Hom.

39 En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.

40 En hulle het Hom niemeer iets durf vra nie.

Die Christus, die seun van Dawid.

41 TOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42 En Dawid self sê in die boek van die Psalms:Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand

43 totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

44 Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?

Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes.

45 EN terwyl die hele volk luister,sê Hy vir sy dissipels:

46 Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.

47 Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal ’n swaarder oordeel ontvang.

LUKAS 21

Die klein gawe van die arm weduwee.

1 EN toe Hy opkyk,sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.

2 En Hy het ook ’n arm weduwee daar tweegeldstukkies sien ingooi.

3 En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.

4 Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.

Die profetiese rede. Begin van die smarte.

5 EN toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy:

6 Hierdie dinge wat julle sien — daar sal dae kom wanneerdaar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.

7 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?

8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie;want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.

9 En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is niedadelik die einde nie.

10 Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.

11 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.

12 Maar voor al hierdie dingesal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges engevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.

13 Endit sal vir julle uitloop op ’n getuienis.

14 Neem julle dan in jul harte voor om nie voorafoor julle verdediging te dink nie.

15 Want Ek sal aan jullewoorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.

16 Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.

17 En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.

18 Engeen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.

19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.

Die profetiese rede. Die groot verdrukking.

20 EN wanneer julle Jerusalem deur leërsomsingeld sien, dan moet julle weet dat syverwoesting naby is.

21 Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan;en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.

22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alleswat geskrywe is, vervul kan word.

23 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal ’n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk.

24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem salvertrap word deur die nasiestotdat die tye van die nasies vervul is.

Die profetiese rede. Die koms van die Seun van die mens.

25 EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies inhulleradeloosheid, wanneer see en branders dreun,

26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid.

28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

29 Toe vertel Hy hulle ’n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.

30 Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.

31 So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.

32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.

33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Profetiese rede. Waaksaamheid.

34 MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag jullenie skielik oorval nie.

35 Want soos ’n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.

36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom,te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

Die loon van die verraad.

37 EN Hy was oordagin die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan envernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.

38 En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.

LUKAS 22

1 ENdie fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.

2 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.

3 En dieSatan het in Judas gevaar, wat Iskáriot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.

4 Toe het hy gegaan en met die owerpriesters enhoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.

5 En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.

6 En hy het toegestem en na ’n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.

Die laaste paasfees. Die heilige nagmaal.

7 EN die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.

8 Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.

9 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?

10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat ’n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.

11 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u — waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?

12 En hy sal julle ’n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.

13 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.

14 En toe die uur kom,het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.

15 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.

16 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eetvoordat dit indie koninkryk van God vervul is nie.

17 En toe Hy ’n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.

18 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.

19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word;doen dit tot my gedagtenis.

20 Net soneem Hyook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

21 Maar kyk,die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.

22 Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!

23 Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.

Die grootste sal die kleinste wees.

24 EN daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.

25 En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.

26 Maar so moet julle nie wees nie;maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ’n leier is,soos een wat dien.

27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.

28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het inmy versoekinge.

29 En Ek beskik vir julle ’nkoninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,

30 sodatjulle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk enop trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Petrus word gewaarsku.

31 EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, dieSatan het vurig begeer om julle soos koring te sif.

32 MaarEk het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendagbekeerd is,moet jy jou broeders versterk.

33 En hy het vir Hom gesê:Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis enin die dood te gaan.

34 Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.

Die twee swaarde.

35 EN Hy sê vir hulle:Toe Ek julle uitgestuur het sonderbeurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.

36 Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie ’n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ’n swaard koop.

37 Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word:En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My,kom daar ’n einde.

38 Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle: Dit is genoeg.

Jesus in Getsémané.

39 EN Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.

40 En toe Hyop die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.

41 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ’n mens met ’n klip kan gooi, en neergekniel en gebid

42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

43 En ’n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

44 En toe Hy in ’n sware stryd kom, het Hymet groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.

45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.

46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op enbid, dat julle nie in versoeking kom nie.

Jesus word gevange geneem.

47 EN terwyl Hy nog spreek, kom daar ’n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.

48 En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n kus?

49 En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons metdie swaard slaan?

50 En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.

51 Maar Jesus het geantwoord en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy ooraangeraak en hom gesond gemaak.

52 Toe sê Jesus vir die owerpriesters enhoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen ’n rower met swaarde en stokke?

53 Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie die hande teen My uitgesteek nie. Maar dit isjulle uur endie mag van die duisternis.

Petrus verloën Jesus.

54 EN hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester.En Petrus het van ver af gevolg.

55 En toe hulle ’n vuur in die middel vandie binneplaasvan die paleisgemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.

56 En ’n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.

57 Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.

58 En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.

59 En ná verloop van omtrent een uur het ’n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook ’n Galiléër.

60 Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.

61 En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het:Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.

62 En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

Jesus voor die Sánhedrin.

63 EN die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.

64 En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.

65 En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.

66 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk — die owerpriesters en skrifgeleerdes — vergader en Hom voor hulle Raad gebring

67 en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.

68 En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie.

69 Van nou af sal die Seun van die menssit aan die regterhand van die krag van God.

70 En hulle sê almal: Is U dandie Seun van God? En Hy antwoord hulle:U sê dat Ek dit is.

71 Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.

LUKAS 23

Jesus voor Pilatus en voor Herodes.

1 ENdie hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.

2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei enverbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sêdat Hy self Christus, die Koning, is.

3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.

4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare:Ek vind geen skuld in hierdie man nie.

5 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.

6 En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man ’n Galiléër is.

7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied vanHerodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.

8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.

9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.

10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.

11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het,werp hy Hom ’n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.

12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.

13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:

14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;

15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.

16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.

17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.

18 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!

19 Dié was oor ’n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor ’nmoord in die gevangenis gewerp.

20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;

21 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!

22 En virdie derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.

23 Maar hulle het aangehou met ’n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry.

24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.

25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.

Jesus op weg na Gólgota.

26 EN toe hulle Hom weglei, neem hulle ’n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

27 En ’n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.

28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;

29 want daar kom dae waarin hulle sal sê:Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.

30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!

31 Want as hulle dit doen aandie groen hout,wat sal met die droë gebeur!

32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.

Die kruisiging.

33 EN toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant.

34 En Jesus sê:Vader,vergeef hulle, wanthulle weet nie wat hulle doen nie. Enhulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.

35 Endie volk het dit staan en aanskou. Endie owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.

36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring

37 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.

38 En daar was ook ’n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters:HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.

39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.

40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —

41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.

42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in dieParadys wees.

44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;

45 endie son is verduister; endie voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.

46 En Jesus het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Vader,in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.

48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, hetop hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.

49 Enal sy bekendes het ver weg gestaan; ookdie vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.

Die begrafnis.

50 EN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man

51 — hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, ’n stad van die Jode,wat ook self die koninkryk van God verwag het.

52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra

53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was,waar nog nooit iemand in gelê het nie.

54 En dit was die dag vanvoorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.

55 Endie vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.

56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerusvolgens die gebod.

LUKAS 24

Die opstanding.

1 ENbaie vroeg in die môre,op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom endie speserye gebring wat deur hulle toeberei was.

2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.

3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.

4 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daartwee manne by hulle in blink klere.

5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê hettoe Hy nog in Galiléa was:

7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.

8 En hulle het sy woorde onthou.

9 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.

10 En dit was MariaMagdaléna enJohanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.

11 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, enhulle het hul nie geglo nie.

12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.

Die Émmaüsgangers.

13 ENtwee van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.

14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.

15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

16 Maarhulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

17 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?

18 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ’n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?

19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat ’n profeet was,kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;

20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.

21 En ons het gehoopdat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.

22 Maarsommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hullevroeg by die graf was;

23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook’n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.

24 Ensommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.

25 En Hy sê vir hulle:oOnverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!

26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

27 En Hy het begin vanMoses enal die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;

29 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

30 En toe Hy met hulle aan tafel was,neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

31 Toe ishulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

33 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terugen vind die elf endie wat saam met hulle bymekaar was,

34 wat sê: Die Here het waarlik opgestaan enhet aan Simon verskyn.

35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoeHy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.

Verskyning van Jesus aan die apostels.

36 EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword engemeen dat hulle ’n gees sien.

38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self.Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

40 En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.

41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle:Het julle hier iets om te eet?

42 Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n stuk heuningkoek.

43 En Hy het dit geneem envoor hulle oë geëet.

44 En Hy sê vir hulle: Ditis die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is indie wet van Moses en die profete endie psalms, vervul moet word.

45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, enso moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

47 en bekering envergewing van sondes in sy Naam verkondig word aanal die nasies,van Jerusalem af en verder.

48 Enjulle is getuies van hierdie dinge.

49 En kyk, Ek stuurdie belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem blytotdat julle toegerus ismet krag uit die hoogte.

Die hemelvaart.

50 EN Hy het hulle uitgeleitot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.

51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei enis in die hemel opgeneem.

52 Enhulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaanmet groot blydskap.

53 En hulle was gedurigin die tempel en het God geprys en gedank. Amen.

MARKUS 1

Johannes die Doper.

1 DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.

2 Soos geskrywe is in die Profete:Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak —

3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.

5 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.

6 En Johannes was gekleed met kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.

7 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.

8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

Doop en versoeking van Jesus.

9 EN in daardie dae het Jesus vanNásaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.

10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ’n duif op Hom neerdaal.

11 En daar het ’n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.

12 En dadelik het dieGees Hom uitgedryf in die woestyn.

13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.

Roeping van die eerste dissipels.

14 EN nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom endie evangelie van die koninkryk van God verkondig

15 en gesê:Die tyd is vervul endie koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

16 Enterwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

17 En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.

18 En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.

19 En toe Hy daarvandaan ’n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.

20 En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.

Genesing van ’n besetene in Kapérnaüm.

21 EN hulle het in Kapérnaüm gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

22 Enhulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

23 En daar was in hulle sinagoge ’n man met ’n onreine gees; en hy het uitgeskreeu

24 en gesê: Hou op!Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

25 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!

26 En die onreine gees het homstuiptrekkings laat kry en met ’n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.

27 En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

28 En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galiléa.

Genesing van die skoonmoeder van Petrus en ander siekes.

29 EN dadelik toe hulleuit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andréas.

30 En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.

31 Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.

32 En toe dit aand geword heten die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.

33 En die hele stad het by die deur saamgekom.

34 Enbaie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf endie duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

35 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan enna ’n eensame plek vertrek en daar gebid.

36 En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg.

37 En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U.

38 En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; wantdaarvoor het Ek uitgegaan.

39 EnHy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.

Genesing van ’n melaatse.

40 EN daar kom ’n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.

41 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!

42 En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.

43 En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg

44 en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot ’n getuienis vir hulle.

45 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hynie meer openlik in ’n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke,en hulle het van alle kante na Hom gekom.

MARKUS 2

Die verlamde man in Kapérnaüm.

1 EN ná ’n paar dae het Hy weerin Kapérnaüm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was.

2 En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle die woord te verkondig.

3 En daar kom mense na Hom met ’n verlamde man wat deur vier gedra word.

4 En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie,maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak.

5 En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondesis jou vergewe!

6 En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:

7 Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?

8 En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?

9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?

10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man:

11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!

Roeping van Levi.

13 EN Hy het weer uitgegaan langs die see, endie hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.

14 En toe Hy verbygaan, sien HyLevi, die seun van Alféüs, by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

15 En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.

16 En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?

17 En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Wat dit beteken om te vas.

18 EN die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?

19 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.

20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

21 En niemand werk ’n nuwe stuk lap op ’n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom ’n erger skeur.

22 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.

Die leer van Jesus oor die sabbat.

23 EN terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.

24 Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?

25 En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het —

26 hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd vanÁbjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?

27 En Hy sê vir hulle:Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

28 Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

MARKUS 3

Die man met die verdorde hand.

1 ENHy het weer indie sinagoge gegaan, en dáár was ’n man met ’n verdorde hand.

2 En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.

3 En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.

4 Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, ’n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.

5 En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

6 Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad metdie Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

7 En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe,en ’n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa

8 en Jerusalem enIduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat omTirus en Sidon gewoon het, ’n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9 En Hy het aan sy dissipels gesê dat ’n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.

10 Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.

11 En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!

12 EnHy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.

Roeping van die twaalf apostels.

13 EN Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.

14 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek

15 en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.

16 En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;

17 en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus — aan hulle het Hy die bynaamBoanérges gegee, dit is, seuns van die donder —

18 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,

19 en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.

Godslastering van die skrifgeleerdes.

20 EN hulle het in ’n huis gegaan, en ’n skare het weer saamgekom,sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.

21 Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry;want hulle het gesê:Hy is buite sy sinne.

22 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê:Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

23 En Hy het hulle na Hom geroepen vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?

24 En as ’n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;

25 en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;

26 en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot ’n einde.

27 Niemand kan in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.

28 Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;

29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel —

30 omdat hulle gesê het: Hy het ’n onreine gees.

Die familie van Jesus.

31 SY broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.

32 En ’n skare het rondom Hom gesit Hulle sê toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite.

33 En Hy antwoord hulle en sê: Wie is my moeder of my broers?

34 En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en sê: Dáár is my moeder en my broers!

35 Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.

MARKUS 4

Gelykenis van die saaier.

1 ENHy het nog ’n maal by die see begin leer; en ’n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy indie skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.

2 En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:

3 Luister! ’n Saaier het uitgegaan om te saai.

4 En terwyl hy saai, het ’n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.

5 En ’n ander deel het op ’n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.

6 En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.

7 En ’n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.

8 En ’n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

9 En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

10 En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.

11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken,maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,

12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

13 En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?

14 Die saaier saai die woord.

15 En dit is hulle wat langs die pad is — waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.

16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word — wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,

17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.

18 En hulle by wie in die dorings gesaai word — dit is hulle wat die woord hoor,

19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.

20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is — hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

Gelykenis van die lamp.

21 EN Hy het vir hulle gesê:Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?

22 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.

23 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.

24 En Hy het vir hulle gesê:Pas op wat julle hoor;met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

25 Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

Gelykenis van die saad.

26 EN Hy het gesê:So is die koninkryk van God, soos wanneer ’n mens die saad in die grond gooi;

27 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot — hoe, weet hy self nie.

28 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.

29 En wanneer die vrug dit toelaat, steek hydie sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Gelykenis van die mosterdsaad.

30 EN Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?

31 Dit is soos ’n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;

32 en wanneer dit gesaai is, kom dit op en wordgroter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.

33 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgenswat hulle kon verstaan;

34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie;maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.

Jesus maak die storm stil.

35 EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.

36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.

37 En ’n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.

38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?

39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ’n groot stilte gekom.

40 Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?

41 En ’n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!