LUKAS 24

Die opstanding.

1 ENbaie vroeg in die môre,op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom endie speserye gebring wat deur hulle toeberei was.

2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.

3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.

4 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daartwee manne by hulle in blink klere.

5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê hettoe Hy nog in Galiléa was:

7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.

8 En hulle het sy woorde onthou.

9 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.

10 En dit was MariaMagdaléna enJohanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.

11 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, enhulle het hul nie geglo nie.

12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.

Die Émmaüsgangers.

13 ENtwee van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.

14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.

15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

16 Maarhulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

17 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?

18 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ’n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?

19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat ’n profeet was,kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;

20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.

21 En ons het gehoopdat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.

22 Maarsommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hullevroeg by die graf was;

23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook’n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.

24 Ensommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.

25 En Hy sê vir hulle:oOnverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!

26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?

27 En Hy het begin vanMoses enal die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.

28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;

29 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

30 En toe Hy met hulle aan tafel was,neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

31 Toe ishulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

33 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terugen vind die elf endie wat saam met hulle bymekaar was,

34 wat sê: Die Here het waarlik opgestaan enhet aan Simon verskyn.

35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoeHy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.

Verskyning van Jesus aan die apostels.

36 EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword engemeen dat hulle ’n gees sien.

38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self.Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

40 En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.

41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle:Het julle hier iets om te eet?

42 Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n stuk heuningkoek.

43 En Hy het dit geneem envoor hulle oë geëet.

44 En Hy sê vir hulle: Ditis die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is indie wet van Moses en die profete endie psalms, vervul moet word.

45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, enso moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

47 en bekering envergewing van sondes in sy Naam verkondig word aanal die nasies,van Jerusalem af en verder.

48 Enjulle is getuies van hierdie dinge.

49 En kyk, Ek stuurdie belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem blytotdat julle toegerus ismet krag uit die hoogte.

Die hemelvaart.

50 EN Hy het hulle uitgeleitot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.

51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei enis in die hemel opgeneem.

52 Enhulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaanmet groot blydskap.

53 En hulle was gedurigin die tempel en het God geprys en gedank. Amen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen + seven =