JOHANNES 10

Die gelykenis van die goeie herder.

1 VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower.

2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape.

3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.

5 Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel;maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.

7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.

8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.

9 Ek isdie deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan enweiding vind.

10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

11 Ek isdie goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

12 Maar die huurling en hy wat nie ’n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom enlaat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.

13 En die huurling vlug, omdat hy ’n huurling is enniks vir die skape omgee nie.

14 Ek is die goeie herder, enEk ken my eie en word deur my eie geken.

15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; enEk lê my lewe af vir die skape.

16 Ek hetnog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie.Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.

17 Daarom het die Vader My lief,omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.

18 Niemand neem dit van My af nie,maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê enEk het mag om dit weer te neem. Hierdiegebod het Ek van my Vader ontvang.

19 Daar hettoe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.

20 En baie van hulle het gesê:Hy is van die duiwel besete enis kranksinnig; wat luister julle na Hom?

21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ’n besetene nie; ’n duiwel kan tog niedie oë van blindes open nie.

Op die fees van die tempelwyding verklaar Jesus op ’n vraag van die Jode dat Hy die Messías, die Seun van God, is. Hulle wil Hom stenig. Hy gaan oor die Jordaan.

22 EN dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.

23 En Jesus het in die tempel gewandelin die pilaargang van Salomo.

24 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.

25 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie.Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.

26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.

27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

29 My vaderwat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

30 Ek en die Vader is een.

31 Die Jodehet toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32 Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My?

33 Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ’n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oorgodslastering, en omdat U wat ’n mens is,Uself God maak.

34 Jesus antwoord hulle: Is daar nie injulle wet geskrywe:Ek het gesê, julle is gode nie?

35 As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,

36 sê julle vir Hom wat die Vadergeheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik —omdat Ek gesê het: Ek isdie Seun van God?

37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;

38 maar as Ek dit doen,al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo datdie Vader in My is, en Ek in Hom.

39 Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.

40 En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plekwaar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.

41 En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maaralles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.

42 Enbaie het daar in Hom geglo.

JOHANNES 11

Die opwekking van Lasarus.

1 EN daar was ’n man siek, Lasarus vanBetánië, die dorp vanMaria en haar suster Martha.

2 Endit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was.

3 Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is siek.

4 En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie,maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.

5 En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.

6 En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef indie plek waar Hy was.

7 Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer na Judéa gaan.

8 Die dissipels sê vir Hom: Rabbi, dieJode het onlangs probeer om U te stenig, en gaan U weer daarnatoe?

9 Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie?As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.

10 Maaras iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom is nie.

11 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend,slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.

12 Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word.

13 Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek.

14 En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.

15 En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.

16 EnThomas, wat Dídimus genoem word, sê vir sy mededissipels: Laat ons ook gaan om saam met Hom te sterwe.

17 Toe Jesus dan gekom het, het Hy gevind dat hy al vierdae in die graf was.

18 En Betánië was naby Jerusalem, omtrent twee myl daarvandaan.

19 En baie van die Jode het al by Martha en Maria gekom om hulle oor hul broer te troos.

20 En toe Martha hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoetgegaan. Maar Maria het in die huis bly sit.

21 En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.

22 Maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God U sal gee.

23 Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.

24 Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaanin die opstanding in die laaste dag.

25 Jesus sê vir haar: Ek isdie opstanding endie lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

26 en elkeen wat lewe en in My glo,sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

27 Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo datU die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.

28 En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou.

29 Sy het, toe sy dit hoor, vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.

30 En Jesus het nog nie in die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Martha Hom tegemoetgegaan het.

31 En toe die Jode wat by haar in die huis was en haar getroos het, sien dat Maria vinnig opstaan en uitgaan, het hulle haar gevolg en gesê: Sy gaan na die graf om daar te ween.

32 En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.

33 Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel

34 en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk.

35 Jesus het geween.

36 Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!

37 En sommige van hulle sê: Kon Hywat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?

38 En Jesus het weer in Homself geweldig bewoë geword en by die graf gekom. En dit was ’n spelonk, en’n steen het daarteen gelê.

39 Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.

40 Jesus sê vir haar:Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jydie heerlikheid van God sien nie?

41 Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;

42 en Ek het geweet dat U My altyd verhoor,maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.

43 En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!

44 En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete metgrafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met ’n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.

Die Fariseërs hou raad om Jesus om te bring.

45 EN baie van die Jode wat na Maria gekom het enaanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.

46 Maar sommige van hulle het nadie Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.

47 Endie owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? — want hierdie man doen baie tekens.

48 As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem.

49 En een van hulle,Kájafas, watdaardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie

50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.

51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe.

52 Ennie alleen vir die volk nie,maar ook om die verstrooide kinders van God tot ’n eenheid saam te voeg.

53 Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring.

54 Daarom het Jesusnie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na ’n stad met die naam van Efraim. En daar het Hy vertoef met sy dissipels.

55 Endie pasga van die Jode was naby; en baie het uit dié landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasgaom hulle te reinig.

56 En hulle het Jesus gesoek; en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar: Wat dink julle, sal Hy nie na die fees kom nie?

57 En die owerpriesters en die Fariseërs het ook ’n bevel gegee dat as iemand wis waar Hy was, hy dit moes bekend maak, sodat hulle Hom gevange kon neem.

JOHANNES 12

Maria salf die voete van Jesus.

1 ENJesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waarLasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.

2 Hullehet toe vir Hom daar ’n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.

3 En Maria het’n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem endie voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.

4 Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot,die seun van Simon, wat Hom sou verraai:

5 Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop endie geldaan die armes gegee nie?

6 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was endie beurs gehad het en die bydraes geneem het.

7 Toe sê Jesus: Laat haar staan;sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.

8 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.

9 En ’n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien,wat Hy uit die dode opgewek het.

10 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,

11 omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.

Intog van Jesus in Jerusalem.

12 DIE volgende daghet ’n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,

13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.

14 En Jesus het ’n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:

15 Moenie vrees nie,dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ’n esel.

16 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadatJesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.

17 En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.

18 Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.

19 En die Fariseërs het vir mekaar gesê:Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.

Sommige Grieke wil Jesus sien. Hy spreek van sy verhoging. ’n Stem uit die hemel. Jesus die lig van die wêreld.

20 EN daar was sommigeGrieke onder diewat opgekom het om opdie fees te aanbid;

21 hulle het naFilippus gegaan wat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.

22 Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.

23 Maar Jesus antwoord hulle en sê:Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.

24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.

25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maarwie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.

26 As iemand My dien, laat hom My volg;en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.

28 Vader, verheerlik u Naam!Daar het toe ’n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.

29 En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ’n donderslag gewees het. Ander het gesê: ’n Engel het met Hom gespreek.

30 Jesus antwoord en sê:Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.

31 Nou isdit die oordeel van hierdie wêreld, nou saldie owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.

32 En Ek, as Ekvan die aarde verhoog word,sal almal na My toe trek.

33 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.

34 Die skare antwoord Hom: Ons het uitdie wet gehoordat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?

35 En Jesus sê vir hulle: Nog ’n klein tydjie isdie lig by julle.Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. Enwie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.

36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan enHom vir hulle verberg.

37 En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;

38 sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here,wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?

39 Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:

40 Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

41 Dit het Jesaja gesêtoe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.

42 Maar tog het selfs baie vandie owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie,om nie uit die sinagoge geban te word nie.

43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.

44 En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.

45 Enwie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

46 Ek het as ’n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie,Ek oordeel hom nie; wantEk het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.

48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel:die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeelin die laaste dag.

49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegeewat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.

50 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek — net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.

JOHANNES 13

Jesus was die voete van sy dissipels.

1 ENvoor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mensein die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.

2 En gedurende die maaltyd —die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai —

3 het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,

4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ’n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.

5 Daarna het Hy water in ’n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.

6 Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?

7 Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.

8 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom:As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

9 Simon Petrus sê vir Hom:Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.

10 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.

11 WantHy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.

12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?

13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

14 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het,is julle ook verplig om mekaar se voete te was.

15 Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om,net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.

16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’ndienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.

17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.

18 Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word:Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

19 Van nou afsê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo datdit Ek is.

20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Jesus voorspel dat Judas Hom sal verraai.

21 TOE Jesus dit gesê het,het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesê:Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

22 En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê.

23 En een van sy dissipels, hy virwie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.

24 Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.

25 En hy val op die bors van Jesus en sê vir Hom: Here, wie is dit?

26 Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het,gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon.

27 En nadathydie stukkiegeneem het,hetdie Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.

28 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.

29 Want sommige het gedink, terwylJudas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig hetvir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.

30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

Laaste onderwys van Jesus aan sy dissipels. Waarom Hy weggaan. Belofte van die Trooster.

31 EN toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mensverheerlik, enGod is in Hom verheerlik.

32 As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ookin Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.

33 My kinders, nog ’n klein tydjie is Ek by julle Julle sal My soek,en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie — so sê Ek nou ook vir julle.

34 ’n Nuwe gebod gee Ek julle,dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

36 Simon Petrus sê vir Hom: Here,waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maarlater sal jy My volg.

37 Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.

38 Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou,die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy Mydrie maal verloën het nie.

JOHANNES 14

1 LAATjulle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het,kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.

5 Thomas sê vir Hom: Here,ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?

6 Jesus antwoord hom: Ek isdie weg endie waarheid endie lewe; niemand kom na die Vaderbehalwe deur My nie.

7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.

9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus?Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

10 Glo jy nie datEk in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek,spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My;of anders, glo My ter wille van die werke self.

12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

13 En wat julle ook alin my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n anderTrooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

17 dieGees van die waarheidwat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek komweerna julle toe.

19 Nog ’n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar jullesien My,omdat Ek lewe en julle sal lewe.

20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.

21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?

23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.

25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;

26 maardie Trooster, die Heilige Gees, watdie Vader in my Naam sal stuur,Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

27 Vrede laat Ek vir julle na,my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek komweerna julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het:Ek gaan na my Vader, omdatmy Vader groter is as Ek.

29 En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.

30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; wantdie owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.

31 Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos dieVader My beveel het — staan op, laat ons hiervandaan weggaan.

JOHANNES 15

Laaste onderwys aan die dissipels (vervolg). Innige vereniging van Jesus en sy dissipels.

1 EK isdie ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

5 Ek is die wynstok,julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog,en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

7 As julle in My bly en my woorde in julle,sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.

10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

11 Dit het Ek vir julle gesê, datmy blydskap in julle kan bly enjulle blydskap volkome kan word.

12 Dít is my gebod,dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

13 Groter liefde het niemand as dit nie,dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het,aan julle bekend gemaak het.

16 Julle het My nie uitverkies nie, maarEk het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodatwat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

18 Asdie wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê.Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.

20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het:’n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.

21 Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doenter wille van my Naam,omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.

22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie,sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.

23 Wie my haat, haat ook my Vader.

24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen hetwat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.

25 Maar die woord wat inhulle wet geskrywe is, moet vervul word:Hulle het My sonder oorsaak gehaat.

26 Maar asdie Trooster gekom hetwat Ek vir julle van die Vader sal stuur,die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

27 En julle getuig ook, omdat jullevan die begin af met My is.

JOHANNES 16

Laaste onderwys aan die dissipels (slot). Van die Trooster en van Jesus se wederkoms.

1 HIERDIE dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie magstruikel nie.

2 Hulle saljulle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ’n uurdat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ’n diens aan God bewys.

3 En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.

4 Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.

5 En nougaan Ek na Hom wat My gestuur het; enniemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?

6 Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, hetdroefheid julle hart vervul.

7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, saldie Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan,sal Ek Hom na julle stuur;

8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;

10 envan geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;

11 en van oordeel, omdatdie owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê,maar julle kan dit nou nie dra nie.

13 Maar wanneer Hy gekom het,die Gees van die waarheid, salHy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

14 Hy sal My verheerlik, omdatHy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

15 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

16 ’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein tydjie, enjulle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.

17 Sommigevan sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: ’n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?

18 Hulle het dan gevra: Wat is dit wat Hy sê: ’n Klein tydjie? Ons weet nie wat Hy sê nie.

19 En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien?

20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maarjulle droefheid sal in blydskap verander.

21 ’nVrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ’n mens in die wêreld gebore is.

22 Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.

23 Enin daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang,sodat julle blydskap volkome kan wees.

25 Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom ’n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julleopenlik van die Vader sal vertel.

26 In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;

27 wantdie Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad engeglo het dat Ek van God uitgegaan het.

28 Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld engaan na my Vader.

29 Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie.

30 Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.

31 Jesus antwoord hulle: Glo julle nou?

32 Kyk, die uur kom en het nou gekom datjulle uitmekaar gejaag sal word,elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat;tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.

33 Dit het Ek vir julle gesê, datjulle in My vrede kan hê. In die wêreldsal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed,Ek het die wêreld oorwin.

JOHANNES 17

Die gebed van Jesus vir sy dissipels.

1 DIT het Jesus gespreek, enHy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader,die uur het gekom;verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik —

2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aanalmal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enigewaaragtige God, en Jesus Christuswat U gestuur het.

4 Ek het U verheerlik op die aarde.Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.

5 En nou, Vader,verheerlik My by Uself met die heerlikheidwat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mensewat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, enhulle het u woord bewaar.

7 Nou weethulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.

8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

9 Ek bid vir hulle;Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdathulle aan U behoort.

10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.

11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het,sodat hulle een kan weesnet soos Ons.

12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; ennie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwedie seun van die verderf,sodat die Skrif vervul sou word.

13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hullemy blydskap volkome in hulle kan hê.

14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat,omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle vandie Bose bewaar.

16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

17 Heilig hullein u waarheid;u woord is die waarheid.

18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

19 En Ekheilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo —

21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dathulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

22 EnEk het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

23 Ek in hulle en U in My, sodathulle volkome een kan wees; endat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

24 Vader, Ek wil dat waar Ek is,hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodathulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad hetvoor die grondlegging van die wêreld.

25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.

26 EnEk het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefdewaarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

JOHANNES 18

Jesus word gevange geneem.

1 NADAT Jesus dit gesê het,het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar ’n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.

2 En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken,omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.

3 En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens.

4 En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uitdie tuingegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?

5 Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.

6 Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.

7 Hy vra hulle toe weer: Wie soek julle? En hulle sê: Jesus, die Nasaréner.

8 Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan —

9 sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het:Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.

10 En Simon Petrus wat ’n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.

11 Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede.Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?

Jesus voor die Joodse Raad. Petrus verloën Hom.

12 EN die afdeling en die owerste oor duisend en die dienaars van die Jode het Jesus gevange geneem en Hom geboei;

13 enhulle het Hom weggelei, eers naAnnas; want Hy was die skoonvader vanKájafas watdaardie jaar hoëpriester was.

14 En dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee hetdat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.

15 En Simon Petrus en ’n ander dissipel het Jesus gevolg; en daardie dissipel was met die hoëpriester bekend en het saam met Jesus ingegaan in die binneplaas van die hoëpriester se paleis.

16 Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.

17 Toe sê die diensmeisie, die deurwagster, vir Petrus: Jy is tog nie ook een van die dissipels van hierdie mens nie? Hy sê: Ek is nie.

18 En die diensknegte en die dienaars het by ’n koolvuur gestaan wat hulle gemaak het — want dit was koud — en hulle het hul warm gemaak. En Petrus het by hulle gestaan en hom warm gemaak.

19 Die hoëpriester ondervra Jesus toe oor sy dissipels en oor sy leer.

20 Jesus antwoord hom: Ek het ronduit tot die wêreld gespreek; Ek het altydin die sinagoge geleer enin die tempel waar die Jode van alle kante vergader; en in die geheim het Ek niks gespreek nie.

21 Wat ondervra u My? Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek tot hulle gespreek het; hulle weet tog wat Ek gesê het.

22 En toe Hy dit sê, het een van die dienaars wat daar staan, Jesus in die aangesig geslaan en gesê:Antwoord U die hoëpriester so?

23 Jesus antwoord hom: As Ek verkeerd gespreek het, getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het, waarom slaan jy My?

24 En Annas het Hom geboeid na Kájafas, die hoëpriester, gestuur.

25 En Simon Petrus het hom staan en warm maak.En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie.

26 Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was vandie man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie?

27 En Petrus het dit weer ontken; en dadelik hetdie haan gekraai.

Jesus voor Pilatus.

28 TOE neem hulle Jesus van Kájafas na die goewerneur se paleis. En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie,dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maardat hulle die pasga kon eet.

29 En Pilatus het na hulle uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?

30 Hulle antwoord en sê vir hom: As Hy geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het nie.

31 En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie —

32 sodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy gesê hetom aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.

33 Pilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode?

34 Jesus antwoord hom: Sê u dit uit uself, of het ander u dit van My gesê?

35 Pilatus antwoord: Is ek dan ’n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?

36 Jesus antwoord:My koninkryk is nievan hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jodeoorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.

37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ’n koning? Jesus antwoord:U sê dat Ek ’n koning is.Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om virdie waarheid te getuig.Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.

38 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het,gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.

39 Maar julle het ’n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?

40 Toe skreeu hulle almal weer en sê: Nie vir Hom nie, maar Barábbas! En Barábbas was ’n rower.

JOHANNES 19

1 TOE neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel.

2 Endie soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en’n purper kleed om Hom gewerp

3 en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.

4 Pilatus gaan toeweer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ekin Hom geen skuld vind nie.

5 En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. EnPilatussê vir hulle: Dáár is die mens!

6 En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisigHom!Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.

7 Die Jode antwoord hom:Ons het ’n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.

8 En toe Pilatus hierdie woord hoor, hethy nog meer bevrees geword

9 en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? MaarJesus het hom geen antwoord gegee nie.

10 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?

11 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as ditu nie van bo gegee was nie. Daaromhet hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.

12 Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie.Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.

13 En toe Pilatus hierdie woord hoor,het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus Gábbata.

14 En dit wasdie voorbereiding vir die pasga en omtrentdie sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!

15 Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.

16 Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. Enhulle het Jesus geneem en Hom weggelei.

Die kruisiging.

17 EN Hy hetsy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,

18 waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.

19 En Pilatus het ook ’n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe:JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.

20 Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.

21 En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.

22 Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, het ek geskrywe.

23 En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat ’n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed wassonder naat, van bo af in een stuk gewewe.

24 En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees — sodat die Skrif vervul sou word wat sê:Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.

25 En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaléna.

26 En toe Jesus sy moeder sien en die dissipelwat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder:Vrou, dáár is u seun!

27 Daarop sê Hy vir die dissipel: Dáár is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.

28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was — sodatdie Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors!

29 En daar het ’n kan vol asyn gestaan; enhulle het ’n spons met asyn gevul en op ’n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.

30 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy:Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

31 Endat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie,aangesien dit die voorbereiding was — want die dag vandaardie sabbat was groot — het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.

32 Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was;

33 maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.

34 Maar een van die soldate het met ’n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daarbloed en water uitgekom.

35 En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; enhy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.

36 Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word:Geen been van Hom sal gebreek word nie.

37 En weer sê ’n ander Skrif:Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.

Die begrafnis van Jesus.

38 EN ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat ’n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.

39 EnNikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ’n mengsel vanmirre en alewee van omtrent honderdpond gewig.

40 En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.

41 En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, ’n tuin, en in die tuin ’n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.

42 Daar het hulle Jesus toe neergelê weens dievoorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.