JOHANNES 17

Die gebed van Jesus vir sy dissipels.

1 DIT het Jesus gespreek, enHy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader,die uur het gekom;verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik —

2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aanalmal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enigewaaragtige God, en Jesus Christuswat U gestuur het.

4 Ek het U verheerlik op die aarde.Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.

5 En nou, Vader,verheerlik My by Uself met die heerlikheidwat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mensewat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, enhulle het u woord bewaar.

7 Nou weethulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.

8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

9 Ek bid vir hulle;Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdathulle aan U behoort.

10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.

11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het,sodat hulle een kan weesnet soos Ons.

12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; ennie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwedie seun van die verderf,sodat die Skrif vervul sou word.

13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hullemy blydskap volkome in hulle kan hê.

14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat,omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle vandie Bose bewaar.

16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

17 Heilig hullein u waarheid;u woord is die waarheid.

18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

19 En Ekheilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo —

21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dathulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

22 EnEk het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

23 Ek in hulle en U in My, sodathulle volkome een kan wees; endat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

24 Vader, Ek wil dat waar Ek is,hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodathulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad hetvoor die grondlegging van die wêreld.

25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.

26 EnEk het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefdewaarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 1 =