II KONINGS 1

Siekte en dood van Ahásia, koning van Israel, volgens die voorspelling van Elía. 1 EN Moab het na die doodvan Agab van Israelafvallig geword. 2 En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god vanEkron, […]

II KONINGS 3

Wonderbare verlossing van die verbonde leërs van Juda, Israel en Edom. 1 EN Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer. 2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, maar […]

II KONINGS 5

Naäman, die Arameër, word genees van sy melaatsheid. Gehási word melaats. 1 EN Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was ’n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het dieHereaan die Arameërs ’n oorwinning gegee; en die man was ’n dapper held,maarmelaats. 2 En die Arameërs hetin bendes […]

II KONINGS 7

1 TOE sê Elísa: Hoor die woord van dieHere! So spreek dieHere:Môre omtrent sulke tyd sal ’n maat fynmeel ’n sikkel, en twee mate gars ’n sikkel kos in die poort van Samaría. 2 Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê:Al maak dieHereook vensters […]

II KONINGS 8

Die sewe jaar hongersnood. Die eiendom van die Sunamitiese vrou. 1 EN Elísa het met die vrou gespreekwie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef,want dieHerehet ’n hongersnood geroep — wat ook vir sewe jaar oor die […]

II KONINGS 9

Jehu word koning van Israel en begin met die uitroeiing van Agab se geslag. 1 TOE roep die profeet Elísa een vandie profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdiekruik met olie in jou hand en gaan naRamot in Gílead. 2 As jy daar kom, kyk dan waarJehu, die seun van Jósafat, […]