I KRONIEKE 16

1 NADAT hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.

2 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van dieHeregeseën.

3 En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen ’n broodjie en ’n stuk vleis en ’n rosynekoek uitgedeel.

4 En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van dieHere, en dit om dieHere, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:

5 Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jéhiël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,

6 en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.

Dawid se psalm.

7 OP dieselfde dag,toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om „loof dieHere”te sing.

8 Loof dieHere, roep sy Naam aan,maak onder die volke sy dade bekend!

9 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

10 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat dieHeresoek, bly wees.

11 Vra na dieHereen sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

12 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,

13 o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!

14 Hy, dieHereis onse God;oor die ganse aarde is sy oordele.

15 Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte —

16 die verbondwat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

17 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ’n ewige verbond,

18 met die woorde:Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel.

19 Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin,

20 en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk,

21 het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestrafen gesê:

22 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

23 Sing tot eer van dieHere, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.

24 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.

25 Want dieHereis groot en baie lofwaardig, en Hy is gedugbo al die gode.

26 Want al die gode van die volke is afgode, maar dieHerehet die hemele gemaak.

27 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.

28 Gee aan dieHere, o geslagte van die volke, gee aan dieHereeer en sterkte.

29 Gee aan dieHeredie eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid dieHerein heilige gewaad.

30 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

31 Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: DieHereis Koning!

32 Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.

33 Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van dieHere; want Hy kom om die aarde te oordeel.

34 Loof dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;

35 en sê:Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

36 Geloofd sy dieHere, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid!En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys dieHere!

Die ou tabernakel bly in Gíbeon.

37 EN hy het daarvoor die verbondsark van dieHereAsaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag;

38 en ook Obed-Edom met hulle broers, agt-en-sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters;

39 maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van dieHere,op die hoogte wat in Gíbeon is,

40 omgedurigdeur smôrens en saans op diebrandofferaltaar brandoffers aan dieHerete bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van dieHerewat Hy Israel beveel het;

41 en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om dieHerete loofdat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;

42 en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.

43 En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen + fourteen =