I KRONIEKE 15

Dawid bring die ark na Jerusalem oor en reël die openbare godsdiens.

1 EN hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en ’n plek reggemaak vir die ark van God endaarvoor ’n tent opgeslaan.

2 Toe sê Dawid: Niemand magdie ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want dieHerehet hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

3 En Dawidhet die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van dieHerete bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5 van die seuns vanKehat: Úriël, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig;

6 van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig;

7 van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig;

8 van die seuns vanElísafan: Semája, die owerste, en sy broers, tweehonderd;

9 van die seuns vanHebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10 van die seuns van Ússiël: Ammínadab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf.

11 En Dawid hetSadok enÁbjatar, die priesters, en die Leviete Úriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Ammínadab laat roep

12 en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van dieHere, die God van Israel, op nadie plekwat ek daarvoor reggemaak het.

13 Wantomdat julle in die begin nie by was nie, het dieHereonse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

14 Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van dieHere, die God van Israel, te gaan haal.

15 En die seuns van die Leviete het die ark van God,soos Moses volgens die woord van dieHerebeveel het, op hulle skouers gedra,met die draaghoute op hulle.

16 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

17 Die Leviete het toeHeman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broersAsaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers,Etan, die seun van Kusája;

18 en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jéhiël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

19 en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

20 en Sagaría en Ásiël en Semíramot en Jéhiël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe,met sopraanstemme;

21 en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.

22 En Kenánja, die owerste van die Leviete, wasaangesteloor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

23 En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.

24 En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser hetop die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

25 Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van dieHeremet vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

26 En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van dieHeredra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27 En Dawid het ’n mantel vanfyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het ’n linneskouerkleed aangehad.

28 En die hele Israel het die verbondsark van dieHeregaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

29 Toe die verbondsark van dieHereby die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − ten =