RIGTERS 14

Huwelik van Simson. Die raaisel opgelos.

1 TOE Simson afgegaan hetna Timna, sien hy in Timna ’n vrou uit die dogters van die Filistyne;

2 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het ’n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien;neem haar dan nou as vrou vir my.

3 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters vanjou broers en onder my hele volk nie ’n vrou, dat jy heengaan om ’n vrou uit die Filistyne, dieonbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.

4 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat ditvan dieHerekom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik hetdie Filistyne oor Israel geheers.

5 En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar ’njong leeu brullende op hom af.

6 Maardie Gees van dieHerehet oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos ’n mens ’n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.

7 Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het Simson geval.

8 En ’n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar ’n swerm bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning.

9 En hy het dit uitgehaal in sy hande en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie.

10 Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en Simson het daar ’n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen.

11 En toe hulle hom sien, neem hulle dertig vriende om by hom te wees.

12 En Simson sê aan hulle: Laat my togvir julle ’n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurendedie sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertighemde en dertigstel klere gee;

13 maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan moet júlle my dertig hemde en dertigstel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee maar jou raaisel op, dat ons dit hoor.

14 En hy sê vir hulle: Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke. En drie dae lank kon hulle die raaisel nie uitlê nie.

15 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van Simson:Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê,anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe, of hoe?

16 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê:Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?

17 Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê;want sy het hom gepers en so die raaisel vir haar volksgenote uitgelê.

18 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as ’n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie.

19 En die Gees van dieHerehet oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af naÁskelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.

20 En syvriend wat as sy bruidsjonker gedien het,het die vrou van Simson gekry.

RIGTERS 15

Simson se oorwinnings op die Filistyne.

1 MAAR ’n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met ’nbokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.

2 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.

3 Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.

4 Toe gaan Simson weg en vang driehonderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit ’n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;

5 en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy hetdie miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.

6 Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat dié sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek enhaar en haar vader se huis met vuur verbrand.

7 Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.

8 En hy het hulle lendelam geslaan, ’n groot slag. En hy het afgegaan en geblyin die rotskloof van Etam.

9 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in Juda ensprei hulleself uit byLegi.

10 En die manne van Juda vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het.

11 Daarop trek drieduisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat dieFilistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.

12 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.

13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met tweenuwe toue en bring hom op uit die rots.

14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maardie Gees van dieHerehet oor hom vaardig geword, endie toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.

15 En hy het ’n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit geneem endaar duisend man mee verslaan.

16 En Simson het gesê: Met ’n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met ’n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.

17 En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte.

18 Daarop kry hy baie dors en roep dieHereaan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?

19 Toe kloof Goddie holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, ensy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.

20 En hy het Israel gerigin die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.

RIGTERS 16

Simson deur Delíla verraai. Sy dood.

1 EN Simson het naGasa gegaan en daar ’n hoer gesien en by haar ingegaan.

2 Toe die Gasietedie tyding kry:Simson het hier ingekom,omsingel hulle hom en lê hom die hele nag voor by die stadspoort, maar die hele nag het hulle hul stilgehou en gesê: Teen dagbreek sal ons hom doodmaak.

3 En Simson het gelê tot middernag; maar teen middernag het hy opgestaan en die deure van die stadspoort en die twee deurposte gegryp en dié met grendel en al uitgeruk en op sy skouers gesit en dit opgedra na die top van die berg wat teenoor Hebron lê.

4 Daarna het hy ’n vrou in die dal Sorek liefgekry, wie se naam Delíla was.

5 Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en sê vir haar:Haal hom oor en vind uit waardeur sy krag so groot is, en waardeur ons hom kan oorweldig en hom kan bind om hom te bedwing; dan sal ons jou elkeen elfhonderdsikkelssilwer gee.

6 Toe vra Delíla vir Simson: Vertel my tog waardeur jou krag so groot is, en waarmee jy gebind kan word om jou te bedwing.

7 En Simson sê vir haar: As hulle my bind met sewe vars lyne wat nie uitgedroog is nie, dan sal ek swak word en wees soos ’n ander mens.

8 Daarop het die vorste van die Filistyne vir haar sewe vars lyne gebring wat nie uitgedroog was nie, en sy het hom daarmee gebind.

9 En terwyl haar spioene in die kamer klaar sit, sê sy vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! Toe verbreek hy die lyne soos ’n vlasdraad breek as dit vuur ruik; maar sy krag het nie bekend geword nie.

10 Toe sê Delíla vir Simson: Kyk, jy het my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my nou tog waarmee jy gebind kan word.

11 En hy antwoord haar: As hulle my stewig vasbind metnuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie,dan sal ek swak word en wees soos ’n ander mens.

12 Toe het Delíla nuwe toue geneem en hom daarmee gebind en vir hom gesê: Die Filistyne op jou, Simson! terwyl die spioene in die kamer klaarsit; maar hy het dit soos ’n draad van sy arms af verbreek.

13 En Delíla sê vir Simson: Tot nou toe het jy my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my waarmee jy gebind kan word. En hy antwoord haar: As jy die sewe haarvlegsels van my hoof met die weefsel saam invleg.

14 Sy druk dié toe vas met die pen en sê vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! En hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefsel uitgeruk.

15 Toe sê sy vir hom:Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie.

16 En omdat sy hom met haar woorde aldaegepers en by hom aangedring het, het hy so ongeduldig geword, dat hy kon sterf.

17 En hy het sy hele hart aan haar bekend gemaak en aan haar gesê:Daar het nooit ’n skeermes oor my hoof gekom nie, want ek is ’n nasireër van God van my moeder se skoot af: as ek geskeer sou word, sou my krag van my wyk en ek swak word en wees soos al die mense.

18 Toe Delíla sien dat hy sy hele hart aan haar bekend gemaak het, laat sy die vorste van die Filistyne roep en sê: Kom hierdie keer op, want hy het sy hele hart aan my bekend gemaak. Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en bring diegeld met hulle saam.

19 En sy het hom op haar skoot aan die slaap gemaak en ’n man geroep en die sewe haarvlegsels van sy hoof afgeskeer. En sy het begin om hom tebedwing, en sy krag het van hom gewyk.

20 Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat dieHerevan hom gewyk het nie.

21 Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa enmet koperkettings gebind; enhy moes maal in die gevangenis.

22 Maar die hare van sy hoof het weer begin groei sodra dit afgeskeer was.

23 En die vorste van die Filistyne het vergader om ’n groot offer te bring aan hulle godDagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee.

24 En toe die volk hom sien,prys hulle hul god; want hulle het gesê: Ons god het ons vyand en die rinneweerder van ons land, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee.

25 En toe hulle hartvrolik was, sê hulle: Roep Simson, dat hy vir ons speel; en hulle het Simson uit die gevangenis geroep; en hy het voor hulle gespeel, en hulle het hom tussen die pilare laat staan.

26 Daarop sê Simson aan die dienaar wat hom aan die hand hou: Laat my staan, en laat my die pilare betas waar die huis op rus, dat ek daarteen kan leun.

27 En die huis was vol manne en vroue, en al die vorste van die Filistyne was daar, en op die dak omtrent drieduisend manne en vroue wat kyk hoe Simson speel.

28 Toe roep Simson dieHereaan en sê: Here,Here, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!

29 En Simson slaan sy arms om die twee middelste pilare waar die huis op gerus het, die een met sy regter — en die ander met sy linkerhand, en leun teen hulle aan.

30 En Simson sê: Laat my sterwe saam met die Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het.

31 Sy broers en sy hele familie het toe afgekom en hom opgeneem en opwaarts gebring en hom begrawetussen Sórea en Estáol in die graf van sy vader Manóag.En hy het Israel twintig jaar lank gerig.

RIGTERS 17

Miga voer ’n afgodediens in sy huis in.

1 DAAR was ’n man van diegebergte van Efraim met die naam van Miga.

2 Dié het aan sy moeder gesê: Die elfhonderdsikkelssilwer wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het — hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder:Mag jy geseënd wees deur dieHere, my seun!

3 En hy het aan sy moeder die elfhonderdsikkelssilwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan dieHere; uit my hand is dit vir my seun om ’ngesnede en ’ngegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

4 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder tweehonderdsikkelssilwer en gee dit aan’n goudsmid; en hy het daar ’n gesnede en ’n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.

5 Die man Miga het naamlik ’n godshuis gehad, en hy het ’nskouerkleed enhuisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.

6 Indié dae was daar geen koning in Israel nie:elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

7 En daar was ’n jongman vanBetlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was ’n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.

8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.

9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is ’n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.

10 En Miga sê vir hom: Bly by my,en wees vir my ’nvader en ’n priester, dan sal ek ujaarliks tiensikkelssilwer gee en ’n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,

11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.

12 En Miga het die Levietaangestel, sodat die jongmansy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.

13 Toe sê Miga: Nou weet ek dat dieHereaan my goed sal doen, omdat ek ’n Leviet as priester het.

RIGTERS 18

Die Daniete beroof Miga van sy afgode en beelde en verbrand die stad Lais.

1 INdié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae hetdie stam van die Daniete vir hom ’n erfdeel gesoek om in te woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van Israel geengenoegsameerfdeel aan hom toegeval nie.

2 En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man, dapper manne, uitSórea en Estáol gestuur om die land teverken en dit te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die land. En hulle hetdie gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar die nag oorgebly.

3 Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier?

4 Daarop sê hy vir hulle: So en so het Miga met my gedoen, en hy het mygehuur, en ek het sy priester geword.

5 Toe vra hulle hom:RaadpleegGod tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees.

6 En die priester sê vir hulle:Gaan in vrede; voor dieHerelê julle pad waar julle langs sal gaan.

7 Toe gaan die vyf manne weg en hulle kom by Lais; en hulle sien dat die volk wat daarin was, veilig woon volgens die gewoonte van die Sidoniërs,rustig en onbesorg; en daar was niemand wat in enigiets leed doen in die land deur vermoë in besit te neem nie; en hulle was ver van die Sidoniërs af, terwyl hulle met geen mens gemeenskap gehad het nie.

8 En toe hulle by hul broers kom inSórea en Estáol, sê hul broers vir hulle: Watsêjulle?

9 En hulle antwoord:Maak klaar, en laat ons teen hulle optrek! Want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed; en jullesit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die land in besit te neem nie.

10 As julle daar kom, sal julle by’n onbesorgde volk kom, en die land is alkante toe wyd; want God gee dit in julle hand,’n plek waar aan niks op aarde gebrek is nie.

11 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die geslag van die Daniete, uit Sórea en Estáol, seshonderd man, omgord met wapens.

12 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan byKirjat-Jeárim in Juda; daarom noem hulle dié plekDan-se-Laer tot vandag toe; dit lê daar agter Kirjat-Jeárim.

13 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van Miga.

14 Daarophet die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julledat in hierdie huise ’n skouerkleed en huisgode en ’n gesnede en ’n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen!

15 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra.

16 Onderwyl dieseshonderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,

17 hetdie vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom,die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die seshonderd man met wapens omgord.

18 Toe daardiemannedan die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle?

19 En hulle sê vir hom: Bly stil,sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, enwees vir ons ’n vader en ’n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir ’n stam en ’n geslag in Israel?

20 Toe word die priester sehart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in.

21 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt.

22 Nadat hulle ’n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg

23 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is?

24 En hy sê:My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou?

25 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met ’n bitter gemoed op julle aanval en jy jou eie lewe en die lewe van jou huis verloor nie.

26 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.

27 Maar hulle het saamgeneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais,’n rustige en onbesorgde volk,oorval en dié met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.

28 En daar was geen redder nie, want dit wasver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat byBet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin,

29 en noem die stadDan, na die naam van hulle vader Danwat vir Israel gebore is; maar tevore was die naam van die stadLais.

30 En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun vanGersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.

31 En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae datdie huis van God in Silo was.

RIGTERS 19

Gruwel deur die inwoners van Gíbea bedrywe.

1 EN in dié daewas daar geen koning in Israel nie. En ’n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter indie gebergte van Efraim; en hy het vir hom ’n vrou, ’n byvrou, geneem uitBetlehem-Juda.

2 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-Juda; en sy was daar vier maande lank.

3 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met ’n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.

4 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.

5 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met ’n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.

6 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.

7 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het sy skoonvaderby hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het.

8 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.

9 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.

10 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoorJebus — dit is Jerusalem — met ’n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.

11 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.

12 Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na ’n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot byGíbea.

13 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek, laat ons nader kom by een van die plekke en in Gíbea ofRama vernag.

14 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son het vir hulle ondergegaan by Gíbea wat aan Benjamin behoort.

15 Toe draai hulle daar uit om in Gíbea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wathulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.

16 Maar kyk, in die aand kom daar ’n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was vandie gebergte van Efraim afkomstig en het in Gíbea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek wasBenjaminiete.

17 En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?

18 En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan nadie huis van dieHere; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,

19 alhoewelons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar isaan geen ding gebrek nie.

20 Toe sê die ou man:Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening;u moet net nie op die plein vernag nie.

21 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; ennadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.

22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad,slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê:Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.

23 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle:Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het;moet nie hierdie skanddaad begaan nie.

24 Hier is my dogter wat ’n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring,onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so ’n skanddaad nie begaan nie.

25 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.

26 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was.

27 En toe haar heer die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit — kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.

28 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek.

29 Maar toe hy in sy huis kom, het hy ’n mes geneem en sy byvrou gegryp enhaar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur.

30 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte,gee raad en spreek!

RIGTERS 20

Die stam van Benjamin word byna uitgeroei.

1 TOE hetal die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, vanDan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by dieHereinMispa;

2 en diehoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan — vierhonderdduisend man te voetwat die swaard uittrek.

3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.

4 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê:Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.

5 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.

6 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle ’n gruwel en ’n skanddaad in Israel begaan het.

7 Hier is julle, kinders van Israel, nou almal:gee julle hier woord en raad!

8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;

9 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Op teen homvolgens die lot!

10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tienduisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.

11 Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.

12 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir ’n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?

13 Lewer dan noudie slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring endie kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;

14 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.

15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getelses-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is: sewehonderd uitgesoekte manne.

16 Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne watlinks was; hulle almal het met ’n klip op ’n haar geslinger sonder om te mis.

17 En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel:vierhonderdduisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.

18 En hulle het klaargemaak enopgetrek na Bet-el enGod geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê dieHere:Juda eerste.

19 Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.

20 En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe.

21 Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee-en-twintigduisend man teen die grond vernietig.

22 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.

23 En die kinders van Israelhet opgetrek en geween voor die aangesig van dieHeretot die aand toe en dieHeregeraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En dieHeresê: Trek teen hom op!

24 En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,

25 het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttienduisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.

26 Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van dieHereen dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van dieHeregebring.

27 En die kinders van Israel het dieHeregeraadpleeg —want die verbondsark van God was in dié dae daar,

28 enPínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié daevoor Hom gedien — en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê dieHere: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.

29 En Israel het rondom teen Gíbeahinderlae opgestel.

30 En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere.

31 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet — hulle is van die stad afgesny — en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na Gíbea — omtrent dertig man in Israel.

32 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaansoos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.

33 En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.

34 En tienduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maarBenjaminhet nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.

35 Toe het dieHereBenjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf-en-twintigduisend-eenhonderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.

36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.

37 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm — en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.

38 En die manne van Israel het ’n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.

39 Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.

40 Intussen hetdie wolk begin optrek uit die stad, ’n rookpilaar; en toe Benjaminagter hom omkyk, trek die hele stad alin rookna die hemel op!

41 Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;

42 en hulle het voor die manne van Israel omgedraaiop pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:

43 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.

44 En daar het van Benjamin agttienduisend man geval, en dit almal dapper manne.

45 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rotsRimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyfduisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en tweeduisend man van hulle verslaan.

46 En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag wasvyf-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne.

47 Maar seshonderd man het omgedraai en gevlugna die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.

48 Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.

RIGTERS 21

Herstelling van die stam van Benjamin.

1 MAAR die manne van Israel het al inMispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan ’n Benjaminiet as vrou gee nie.

2 En toe die manskappein Bet-el kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met ’n groot geween

3 en gesê: Waarom, oHere, God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?

4 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak endaar ’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring.

5 En die kinders van Israel het gesê: Wie is daar van al die stamme van Israelwat nie opgegaan het na die vergadering, na dieHeretoe nie? Want daar was ’n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na dieHerein Mispa nie — hy moet sekerlik gedood word.

6 Toe het die kinders van Israel hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit Israel afgesny.

7 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by dieHeregesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.

8 Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van Israel nie opgegaan het na dieHerein Mispa nie? En kyk, niemand het uitJabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie.

9 En die volk is getel, en daar was niemand van die inwoners van Jabes in Gílead nie.

10 Toe stuur die vergadering daarheen twaalfduisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê:Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders.

11 En dit is die ding wat julle moet doen:Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref.

12 En hulle het onder die inwoners van Jabes in Gílead vierhonderd meisies aangetref, jongmeisies wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, en dié het hulle na die laer gebring inSilo wat in die land Kanaän lê.

13 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjaminwat by die rots Rimmon was, en bied hulle die vrede aan.

14 Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar só was daar vir hulle nie genoeg nie.

15 En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat dieHere’n skeuring gemaak het onder die stamme van Israel.

16 Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.

17 Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.

18 Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie;want die kinders van Israel het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat ’n vrou aan Benjamin gee.

19 Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar ’n fees van dieHerein Silo wat noord vanBet-el lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en suid van Lebóna.

20 En hulle het die kinders van Benjamin bevel gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde.

21 En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hullekoordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die land Benjamin gaan.

22 En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons ’n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan óns, want ons het nievirelkeen ’n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self hethullemos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig gewees het.

23 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle geroof het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle hetdie stede opgebou en daarin gewoon.

24 En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.

25 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

JOSUA 1

Josua volg Moses op en beveel die volk om hulle klaar te maak om deur die Jordaan te trek.

1 EN ná die dood van Moses, die kneg van dieHere, het dieHeremet Josua, die seun van Nun,die dienaar van Moses, gespreek en gesê:

2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.

3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.

4 Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.

5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie;soos Ek met Moses gewees het,sal Ek met jou wees;Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.

6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het;wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maarbepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed,wees nie bevrees of verskrik nie; want dieHerejou God is met jou, oral waar jy heengaan.

10 Toe het Josua aandie opsigters van die volk bevel gegee en gesê:

11 Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; wantoor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat dieHerejulle God aan julle gee, om dit in besit te neem.

12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Josua dit gesê:

13 Dink aan die saak watMoses, die kneg van dieHere, julle beveel het toe hy gesê het: DieHerejulle God verskaf ’n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.

14 Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die land wat Moses julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al die dapper helde, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help,

15 totdat dieHereaan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat dieHerejulle God aan hulle sal gee;dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van dieHere, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.

16 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.

17 Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag dieHereu God netmet u wees soos Hy met Moses gewees het.

18 Elke man watteen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.

JOSUA 2

Josua stuur twee manne uit om Kanaän en Jérigo te verken.

1 DAAROP het Josua, die seun van Nun,uit Sittim in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bekyk die land en Jérigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van ’nhoer, met die naam vanRagab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.

2 En toe daar aan die koning van Jérigo gesê is: Kyk, manne uit die kinders van Israel het vannag hierheen gekom om die land te verken,

3 stuur die koning van Jérigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele land te verken.

4 Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.

5 En toe die poort met donker gesluit moes word, het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal.

6 Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.

7 Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die poort het hulle gesluit nadat hulle vervolgers uitgegaan het.

8 En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe

9 en aan die manne gesê: Ek weet dat dieHeredie land aan julle gegee het en datdie skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;

10 want ons het gehoor dat dieHeredie water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het enwat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.

11 Toe ons dit hoor,het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; wantdieHerejulle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.

12 Sweer dan nou tog vir my by dieHeredat, terwyl ek aan julle ’n guns bewys het, julle ook aan my familie ’n guns sal bewys; en gee my ’n betroubare teken

13 dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood.

14 Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as dieHereons die land gee, aan jou guns en trou bewys.

15 Daarophet sy hulle met ’n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het;

16 en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.

17 Toe sê die manne vir haar:Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het —

18 kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind,en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.

19 Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees,dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval ’n hand teen hom is.

20 Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het.

21 Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.

22 Hulle het toe weggegaan en in die gebergte gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want die vervolgers het op die hele pad gesoek maar niks gekry nie.

23 Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en deurgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle ondervind het.

24 Verder het hulle vir Josua gesê:Sekerlik gee dieHeredie hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.