I SAMUEL 9

Saul word as koning gesalf.

1 EN daar was ’n man van Benjamin met die naam vanKis, die seun van Abíël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Afíag, ’n Benjaminiet, ’n vermoënde man.

2 En hy het ’n seun gehad met die naam van Saul, ’n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie:van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.

3 En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.

4 Hy het toedie gebergte van Efraim deurgegaan en die landSalísa deurgegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die land Sáälim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die land Benjamin deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie.

5 Toe hulle in die land Suf kom, sê Saul aan die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels afen word oor ons besorg.

6 En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is’n man van God, en die man is geëerd:alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het.

7 Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan —wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en ’n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons?

8 En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog ’n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog.

9 Vroeër het die mense in Israel só gesêas hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeërsiener genoem.

10 En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.

11 Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hullemeisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?

12 En dié antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag ’n offer opdie hoogte het.

13 As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.

14 En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.

15 Want dieHerehet dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:

16 Môre sulke tyd sal Ek ’n man uit die land Benjamin na jou stuurwat jy moet salf as ’n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek hetmy volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.

17 Toe Samuel vir Saul sien, het dieHerehom geantwoord:Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.

18 En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?

19 Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.

20 En watdie esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het — bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?

21 En Saul antwoord en sê: Is ek nie ’n Benjaminiet, uiteen van die kleinste van die stamme van Israel, enmy geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?

22 Verder het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle in diekamer gebring en hulle ’n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.

23 En Samuel het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.

24 Die kok dra toedie boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. EnSamuelsê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met Samuel geëet.

25 Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreekop die dak.

26 En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan.

27 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan — en hy het verder gegaan — maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.

I SAMUEL 10

1 ENSamuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het dieHerejou nie gesalf as vors oorsy erfdeel nie?

2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by diegraf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar enis besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen?

3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboomvan Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, naBet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra ’n sak wyn.

4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem.

5 Daarna sal jy kom byGíbea van God waar diewagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy ’n groep profete ontmoet watvan die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe entamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer.

6 Endie Gees van dieHeresal oor jou vaardig word, sodatjy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word.

7 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.

8 En jy moet voor my uit na Gilgalafgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag;sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen.

9 En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.

10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het,ontmoet hom meteens ’n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.

11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis?Is Saul ook onder die profete?

12 En ’n man daarvandaan het geantwoord en gesê:Wie is tog hulle vader? Daarom het dit ’n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?

13 Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom.

14 Endie oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na Samuel gegaan.

15 En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat Samuel julle meegedeel het.

16 Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel datdie esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.

17 En Samuel het die volkna dieHereinMispa byeengeroep

18 en aan die kinders van Israel gesê: So spreek dieHere, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.

19 Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet ’n koning oor ons aanstel.Stel julle dan nou op voor die aangesig van dieHerevolgens julle stamme en volgens julle geslagte.

20 Toe Samuel danal die stamme van Israel laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;

21 en toe hy die stam van Benjamin volgens sy geslagte laat nader kom het, is die geslag van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

22 Enhulle het dieHereverder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En dieHeresê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.

23 Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring; en toe hy tussen die mense gaan staan,was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk.

24 En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle homwat dieHereuitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!

25 Daarna het Samueldie reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in ’n boek geskrywe en voor die aangesig van dieHereneergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan.

26 En Saul het ook na sy huis gegaanin Gíbea; en die helde wie se hart God geroer het, het met hom saamgegaan.

27 Maar diedeugniete het gesê: Hoe kan hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en homgeen geskenk gebring nie; maar hy het hom doof gehou.

I SAMUEL 11

Saul verslaan die Ammoniete en bevry die stad Jabes in Gílead.

1 EN Nahas, dieAmmoniet, het opgetrek enJabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons ’n verbond, dan sal ons u dien.

2 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ekdie verbondmet julle sluit, dat ek julle almaldie regteroog uitsteek en dit as ’n skande op die hele Israel kan lê.

3 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.

4 En die boodskappers het inGíbea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek.Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.

5 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.

6 Endie Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.

7 En hy het ’n paar beeste geneem en hullestukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê:Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie — so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van dieHereop die volk en hulle trek soos een man uit.

8 En hy het hulle gemonster inBesek:die kinders van Israel was driehonderdduisend en die manne van Juda dertigduisend.

9 En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in Gílead sê: Môre as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly.

10 En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.

11 Maar die volgende môre het Saul die manskappein drie afdelings opgestel, en hulle het metdie môrewag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.

12 Daarna sê die manskappe vir Samuel:Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.

13 Maar Saul antwoord:Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandaghet dieHere’n verlossing in Israel bewerk.

14 Toe sê Samuel aan die volk: Kom, laat ons naGilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.

15 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saulvoor die aangesig van dieHerein Gilgal koning gemaak; enhulle het daar dankoffers voor die aangesig van dieHeregeslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.

I SAMUEL 12

Samuel doen verslag van sy amptelike werk.

1 TOE sê Samuel aan die hele Israel: Kyk, ek hetna julle geluister in alles wat julle aan my gesê het,en ’n koning oor julle aangestel.

2 En kyk nou, die koning sal voor julle uit wandel,en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe.

3 Hier is ek; getuig teen my voor dieHereen voorsy gesalfde:wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem hetom my oë daarmee toe te maak — dan sal ek dit aan julle teruggee.

4 En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie.

5 Daarop sê hy vir hulle: DieHereis getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.

6 Verder het Samuel aan die volk gesê:Getuie isdieHerewat Moses en Aäron voortgebring en julle vaders uit Egipteland laat optrek het.

7 Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van dieHereoor al die regverdige dade van dieHerewat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.

8 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vadersdieHereaangeroep het, het dieHereMoses en Aäron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.

9 Maarhulle het dieHerehul God vergeet;daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand vandie Filistyne en in die hand van die koningvan Moab — wat teen hulle geveg het.

10 Toehet hulle dieHereaangeroep en gesê: Ons het gesondig, wantons het dieHereverlaat en die Baäls en Astártes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.

11 En dieHerehetJerúbbaäl en Bedan enJefta enSamuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het.

12 Maar toe julle sien datNahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom,het julle aan my gesê: Nee, maar ’n koning moet oor ons regeer, terwyldieHerejulle God tog jul koning is.

13 Hier is dan nou die koningwat julle uitgekies het, wat julle begeer het, en kyk, dieHerehet ’n koning oor julle aangestel.

14 As julle maar dieHerevrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van dieHerenie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, dieHerejulle God maar volg!

15 Maar as julle nie na die stem van dieHereluister nie en wederstrewig is teen die mond van dieHere, dan saldie hand van dieHereteen julle wees soos teen julle vaders.

16 Gaan dusstaan, en kyk na hierdie groot saak wat dieHerevoor julle oë gaan doen.

17 Is dit niekoringoestyd vandag nie? Ek sal dieHereaanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in datjulle kwaad groot is wat julle in die oë van dieHeregedoen het deur ’n koning vir julle te begeer.

18 Toe het Samuel dieHereaangeroep, en dieHerehet donderslae en reën op dié dag gegee, sodatdie hele volk baie bevrees geword het vir dieHereen vir Samuel.

19 Daarom het die hele volk vir Samuel gesê:Bid tot dieHereu God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur ’n koning vir ons te begeer.

20 Toe sê Samuel vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van dieHereaf nie, en dien dieHeremet julle hele hart.

21 En julle mag nie afwyk nie, want dangaan julleagter nietige afgode aan wat nie kanhelp of red nie, omdat hulle nietighede is.

22 WantdieHeresal sy volk ter wille vansy grote Naam nie verwerp nie, omdatdit dieHerebehaag het om van julle vir Hom ’n volk te maak.

23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen dieHeresou sondig, dat ek sou ophouom vir julle te bid; maarek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.

24 Vrees net dieHereen dien Hom getrou met julle hele hart; wantkyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.

25 Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom.

I SAMUEL 13

Inval van die Filistyne. Sonde van Saul.

1 SAUL het ’n jaar geregeer. En toe hy twee jaar oor Israel geregeer het,

2 het Saul vir hom drieduisend man uit Israel uitgesoek; en by Saul was tweeduisend inMigmas en op die gebergte van Bet-el, en duisend was by Jónatan inGíbea in Benjamin; maar die orige manskappe het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe.

3 En Jónatan het diewagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saulop die ramshoring laat blaas in die hele land om te sê: Laat die Hebreërs dit hoor!

4 En die hele Israel het hoor sê: Saul het die wagpos van die Filistyne verslaan, en ook het Israel homself gehaat gemaak by die Filistyne. So is dan die manskappe opgeroep agter Saul aan na Gilgal toe.

5 En die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg: drieduisend strydwaens en sesduisend perderuiters en voetgangerssoos die sand wat op die seestrand is in menigte; en hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Migmas, oos vanBet-Awen.

6 Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is —want die volk was in die noute gedruk — het die volk weggekruip in diespelonke en in die doringbosse en in die rotse en in diegrotte en in die kuile.

7 En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het.

8 Enhy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat Samuel bepaal het; maar toe Samuel nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak,

9 het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en die dankoffers; en hy het die brandoffer geoffer.

10 En toe hy net gereed was om die brandoffer te bring, kom Samuel meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom te groet.

11 Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom,

12 het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van dieHerenie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.

13 Toe sê Samuel vir Saul:Jy het dwaas gehandel,jy het die gebod van dieHerejou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou dieHerejou koningskap oor Israel vir goed bevestig het.

14 Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie.DieHerehet vir Hom ’n man na sy hart gesoek; en dieHerehet hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat dieHerejou beveel het nie.

15 Toe het Samuel klaargemaak en opgegaan van Gilgal naGíbea in Benjamin, en Saul het die manskappe gemonster wat by hom aanwesig was,omtrent seshonderd man.

16 Terwyl Saul en sy seun Jónatan en die manskappe wat by hulle aanwesig was, in Geba in Benjamin bly en die Filistyne by Migmas laer opslaan,

17 het dieroofkommando uitgetrek uit die laer van die Filistyne in drie afdelings: een deel het weggedraai op pad naOfra, na die landSual toe;

18 en een deel het weggedraai op pad naBet-Horon, en een deel het weggedraai op pad na die grens wat oor die dalSebóim na die woestyn uitkyk.

19 Endaar was geen smid te vinde in die hele land van Israel nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs swaarde of spiese maak.

20 Daarom moes al die Israeliete na die Filistyne afgaan om elkeen sykluitbreker of sy pik of sy byl of sy ploegskaar skerp te maak —

21 so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietandvurke en byle; en om die osprikkels reg te maak.

22 So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en Jónatan was nie; maar by Saul en sy seun Jónatan was dit wel te vinde.

23 En ’n wagpos van die Filistyne het uitgetrek nadie pas van Migmas.

I SAMUEL 14

Oorwinning van Jónatan. Saul verbied die leër om voor die aand iets te eet.

1 EN op ’n dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.

2 En Saul het gesit op die grens vanGíbea onder diegranaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom wasomtrent seshonderd man.

3 En Ahía, die seun van Ahítub, die broer vanÍkabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van dieHereinSilo, het dieskouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jónatan weggegaan het nie.

4 Nou was daar tussen diepasse waar Jónatan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, ’n spits rots oorkant en ’n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.

5 Die een spits staan soos ’n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.

6 Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardieonbesnedenes; miskien sal dieHerevir ons optree, want by dieHereis daar geen verhinderingom deur baie of deur min te verlos nie.

7 Toe sê sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart.

8 Daarop sê Jónatan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon.

9 As hulle vir ons só sê: Staan stil totdat ons by julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie.

10 Maar as hulle só sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, wantdan het dieHerehulle in ons hand gegee; endit sal vir ons die teken wees.

11 Toe hulle twee hul aan die wagpos van die Filistyne vertoon, sê die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërsuit die gate uit waar hulle weggekruip het.

12 En die manne van die wagpos het Jónatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle ’n les leer! Daarop sê Jónatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want dieHerehet hulle in die hand van Israel gegee.

13 En Jónatan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor Jónatan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.

14 Hierdie eerste slag waarin Jónatan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die helfte van’n aanvoorsel van ’n stuk land.

15 Toe kom daar ’n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en dieroofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit ’n skrik van God geword het.

16 En toe die spioene van Saul in Gíbea in Benjamin sien dat die menigte daarverwardheenen weer golf,

17 sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog ’n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat Jónatan en sy wapendraer daar nie was nie.

18 Toe sê Saul vir Ahía: Bring die ark van God nader. Want die ark van God was in dié tyd by die kinders van Israel.

19 Enterwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug!

20 Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk,die swaard van die een was teen die ander — ’n baie grootverwarring.

21 Selfsdie Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jónatan was.

22 Toe al die manne van Israel wat opdie gebergte van Efraimweggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het dié hulle ook in die geveg agternagesit.

23 En dieHerehet Israel op dié dag verlos. Toe die geveg danby Bet-Awen verbygaan,

24 en die manne van Israel dié dagaangedryf word, het Saul die manskappebesweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie.

25 En al die mense het in ’n bos gekom, en daar washeuning op die veld.

26 Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed.

27 Maar Jónatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ’nheuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.

28 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat.

29 En Jónatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.

30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie.

31 Maar dié dag het hulle die Filistyne verslaan vanMigmas af naÁjalon toe, en die manskappe was baie afgemat.

32 En die manskappe hetop die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het ditmet bloed en al geëet.

33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen dieHeredeur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou ’n groot klip na my toe.

34 Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen dieHeredeur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.

35 En Saul het vir dieHere’naltaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir dieHeregebou het.

36 Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u oë.Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot God nader.

37 Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee?Maar Hy het hom dié dag nie geantwoord nie.

38 En Saul sê:Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is.

39 Wantso waar as dieHereleef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jónatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.

40 Daarop sê hy aan die hele Israel: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun Jónatan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë.

41 Toe sê Saul aan dieHere: God van Israel, gee tog die waarheid! EnJónatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.

42 En Saul sê: Werp die lot tussen my en my seun Jónatan. En Jónatan is aangewys.

43 Daarop vra Saul vir Jónatan:Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jónatan het hom te kenne gegee en gesê:Ek het net ’n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.

44 Toe sê Saul:Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen,jy moet sekerlik sterwe, Jónatan!

45 Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jónatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie!So waar as dieHereleef,geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jónatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.

46 Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.

Oorloë van Saul. Sy geslag.

47 SO het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders vanAmmon en teen Edom en teen die konings vanSoba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.

48 En hy het hom dapper gedra: hy hetÁmalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.

49 Endie seuns van Saul was Jónatan en Jiswi en Malkisúa, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste wasMerab, en die naam van die jongsteMigal.

50 En die naam van Saul se vrou was Ahínoam, ’n dogter van Ahímaäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner,die oom van Saul.

51 EnKis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Abíël.

52 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook ’n held of ’n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.

I SAMUEL 15

Saul en Ámalek. Sy sonde en straf.

1 TOE sê Samuel vir Saul:DieHerehet my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van dieHere.

2 So sê dieHerevan die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Ámalek Israel aangedoen het,dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.

3 Gaan nou en verslaan Ámalek, enjulle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.

4 Daarop het Saul die manskappe opgeroep en hulle gemonster in Teláim: tweehonderdduisend voetgangers en tienduisend man van Juda.

5 En toe Saul by die stad van Ámalek aankom en in die dal ’n hinderlaag opstel,

6 sê Saul virdie Keniete: Gaan weg, verwyder julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam wegruim nie;want julle het guns bewys aan al die kinders van Israel by hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder onder die Amalekiete uit.

7 En Saul het die Amalekiete verslaan vanHáwila af in die rigting vanSur wat oos van Egipte lê.

8 En Agag, die koning van Ámalek, het hy lewendig gevang, maardie hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref.

9 Maar Saul en die manskappehet Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en alles wat van waarde was — dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref.

10 En die woord van dieHerehet tot Samuel gekom en gesê:

11 Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur dieHereaangeroep.

12 Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het inKarmel aangekom, en kyk, hy het vir hom ’n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal.

13 Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom:Mag u geseënd wees deur dieHere: ek het die woord van dieHereuitgevoer.

14 Daarop vra Samuel: Maar wat vir ’n geblêr van kleinvee is dit in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?

15 En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring,want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan dieHereu God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref.

16 Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat dieHerevannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.

17 En Samuel sê: Is jy,hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En dieHerehet jou as koning oor Israel gesalf.

18 En dieHerehet jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is.

19 Waarom het jy dan nie na die stem van dieHeregeluister nieen op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van dieHere?

20 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het na die stem van dieHeregeluister en gegaan op die pad waar dieHeremy op gestuur het, en Agag, die koning van Ámalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref.

21 Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan dieHereu God in Gilgal te offer.

22 Daarop sê Samuel:Het dieHerebehae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van dieHere? Kyk,om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

23 Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van dieHereverwerp het,het Hy jou as koning verwerp.

24 Toe sê Saul vir Samuel:Ek het gesondig, omdat ek die bevel van dieHereen u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.

25 Vergeef dan nou tog my sonde en kom met my saam terug, dat ek dieHerekan aanbid.

26 Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie,omdat jy die woord van dieHereverwerp het, en nou het dieHerejou verwerp om koning oor Israel te wees.

27 Toe Samuel hom omdraai om weg te gaan,gryp hy die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur.

28 En Samuel sê vir hom:Vandag het dieHeredie koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy.

29 En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.

30 En hy sê: Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor Israel, enkom saam met my terug, dat ek dieHereu God kan aanbid.

31 Samuel het toe teruggegaan agter Saul aan, en Saul het dieHereaanbid.

32 Daarop sê Samuel: Bring Agag, die koning van Ámalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk.

33 Maar Samuel het gesê:Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarophet Samuel Agag in stukke gekap voor die aangesig van dieHereinGilgal.

34 Daarna gaan Samuel naRama, en Saul het opgegaan na sy huis, naGíbea van Saul.

35 En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want Samuelhet getreur oor Saul; en dieHerehet berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel.

I SAMUEL 16

Samuel salf Dawid as koning.

1 DAARNA sê dieHereaan Samuel:Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwylEk hom verwerp het om koning te wees oor Israel?Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Ísai, die Betlehemiet, wantEk het onder sy seuns vir My ’n koning uitgesoek.

2 Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê dieHere: Neem ’n jong koei met jou saam en sê:Ek kom om aan dieHerete offer.

3 Nooi Ísai dan na die offermaaltyd,en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, enjy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem.

4 En Samuel het gedoen wat dieHeregespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra:Is u koms vrede?

5 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan dieHerete offer;heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Ísai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.

6 Toe hulle inkom en hy Elíab sien, dink hy: Gewis, hier staan voor dieHeresy gesalfde!

7 Maar dieHeresê vir Samuel: Kyk nie nasy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien,sien Godnie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar dieHeresien diehart aan.

8 Toe roep ÍsaiAbinádab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het dieHereook nie uitgekies nie.

9 Verder het Ísai Samma laat verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het dieHereook nie uitgekies nie.

10 So het Ísai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Ísai gesê: DieHerehet hulle nie uitgekies nie.

11 Verder het Samuel aan Ísai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Ísai:Stuur en laat hom haal, want ons mag nie omdie tafelgaan sit voordat hy hier kom nie.

12 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy wasrooierig, met mooi oë en ’n mooi voorkoms. EndieHeresê: Staan op, salf hom, want dit is hy.

13 Samuel neem toedie horing met olie en salf hom te midde van sy broers,en die Gees van dieHerehet van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en naRama gegaan.

Dawid in Saul se diens.

14 MAARdie Gees van dieHerehet van Saul gewyk, en’n bose gees, deur dieHeregestuur, het hom verskrik.

15 Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ’n bose gees van God verskrik u:

16 laat ons heer net sê,enu dienaars wat voor u staan, sal ’n man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet hyspeel met sy hand, dan sal dit beter met u word.

17 Daarop sê Saul aan sy dienaars: Kyk tog vir my uit na ’n man wat goed kan speel, en bring hom na my.

18 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het ’n seun van Ísai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is’n dapper held en ’n krygsman en wel ter tale en mooi gebou,en dieHereis met hom.

19 Toe het Saul boodskappers na Ísai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawidwat by die skape is, na my.

20 Ísaineem toe ’n esel, brood en ’n leersak met wyn en ’n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.

21 So het Dawid dan by Saul gekom envoor hom gestaan; en dié het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het.

22 Daarna het Saul na Ísai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.

23 En net wanneerdaar ’n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.

I SAMUEL 17

Dawid verslaan die reus Góliat.

1 EN die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog en bymekaargekom by Sogo wat aan Juda behoort, en laer opgeslaan tussen Sogo enAséka in Efes-Dammim.

2 Maar Saul en die manne van Israel het byeengekom en laer opgeslaan indie dal van die terpentynboom en hulle in slagorde teenoor die Filistyne opgestel.

3 En die Filistyne het duskant teen die berg en die Israeliete oorkant teen die berg gestaan, sodat die dal tussen hulle in was.

4 Toe kom daar ’n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Góliat, uitGat; sy hoogte was ses el en ’n span.

5 Daar was ’n koperhelm op sy hoof, en hy het ’n pantser van skubbe aangehad — die gewig van die pantser was vyfduisend sikkels koper —

6 en skeenplate van koper was aan sy bene en ’n koperlans tussen sy skouers.

7 Die steel van sy spies was soos ’n wewersbalk, en die lem van sy spies was van seshonderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop.

8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julledienaars van Saul nie? Kies vir julle ’n man uit, dat hy na my toe afkom.

9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien.

10 Verder sê die Filistyn: Ekdaag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ’n man, dat ons saam kan veg.

11 Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.

12 En Dawid wasdie seun van diéEfratiet, uit Betlehem-Juda, met die naam van Ísai; hy hetagt seuns gehad, en die man was in Saul se dae oud,op jaregekom onder die manne.

13 Maar die drie oudste seuns van Ísai het Saul al in die oorlog gevolg; en diename van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan het, was: Elíab, die oudste, en sy tweede, Abinádab, en die derde, Samma.

14 Dawid was die jongste, terwyl die drie oudstes Saul gevolg het.

15 En Dawid het heen en weer gegaan van Saulom die kleinvee van sy vader in Betlehem op te pas.

16 En die Filistyn het smôrens vroeg en saans nader gekom en gaan staan, veertig dae lank.

17 Toe het Ísai aan sy seun Dawid gesê: Neem tog vir jou broers’n efa van hierdie gebraaide koring en hierdie tien brode, en bring dit gou vir jou broers na die laer toe.

18 Maar hierdie tien skywe kaas moet jy bring na die owerste oor duisend, enjy moet ondersoek doen na die welstand van jou broers en van hulle ’n pand saambring.

19 En Saul en hulle en al die manne van Israel was besig om te veg teen die Filistyne in die dal van die terpentynboom.

20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos Ísai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan.

21 Israel sowel as die Filistyne het slagorde teenoor slagorde opgestel.

22 Daarop gee Dawid sy pakgoed af onder bewaring van die oppasser van die pakgoed, en hy hardloop na die vegterrein. Toe hy daar aankom, vra hy sy broers na die welstand.

23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juisdie baasvegter — Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat — uit die slagordes van die Filistyne op en spreekdaardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor.

24 Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang.

25 En die manne van Israel sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om Israel uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom;ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting.

26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan endie smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdieonbesnede Filistyn, dat hy die slagordes vandie lewende God durf uitdaag?

27 En die manskappe gee hom dieselfde antwoord:Só sal met die man gebeur wat hom verslaan.

28 Toe sy oudste broer Elíab hom met die manne hoor spreek, het Elíab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien.

29 En Dawid sê: Wat het ek nou gedoen? Ek vra maar net.

30 En hy het by hom weggedraai na iemand andersen dieselfde woorde gespreek, en die manskappe het hom geantwoord volgens die eerste woorde.

31 Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het dié hom laat haal.

32 En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie.U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.

33 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ’n seun, en hy is ’n krygsman van sy jeug af.

34 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar ’n leeu of ’n beer kom en ’n stuk kleinvee uit die trop wegdra,

35 dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood.

36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdieonbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.

37 Verder sê Dawid:DieHerewat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, enmag dieHeremet jou wees!

38 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en ’n koperhelm op sy hoof gesit en hom ’n pantser laat aantrek.

39 En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit probeer nie. En Dawid het dit uitgetrek.

40 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.

41 Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, endie skilddraer voor hom uit.

42 Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ’n seun was —rooierig, met ’n mooi voorkoms.

43 En die Filistyn vra vir Dawid:Is ek ’n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.

44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.

45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ’n swaard en met ’n spies en met’n lans, maar ek kom na jou in die Naam van dieHerevan die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jyuitgedaag het.

46 Vandag sal dieHerejou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee,sodat die hele aarde kan weet dat Israel ’n God het.

47 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat dieHerenie deur swaard en deur spies verlos nie; wantdie stryd behoort aan dieHere, en Hy sal julle in ons hand gee.

48 Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;

49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem ’n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ’n slinger en ’n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan ensy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak,en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.

52 Toe het die manne van Israel en van Juda hulle klaargemaak en gejuig en die Filistyne agtervolg tot by die ingang na Gat en tot by die poorte vanEkron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne gelê het op die pad vanSaäráim en tot byGat en tot by Ekron.

53 Daarna het die kinders van Israel teruggekeer van die hewige agtervolging van die Filistyne en hulle laer geplunder.

54 En Dawid het die hoof van die Filistyn geneem en dit naJerusalem gebring, maar sy wapens in sy tent neergesit.

55 Net toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn te ontmoet, sê hy virAbner, die leërowerste:Wie se seun is die jongman tog, Abner? En Abner antwoord:So waar as u siel leef, koning, ek weet dit nie!

56 En die koning sê: Vra jy wie se seun diejongman tog is.

57 En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring,met die hoof van die Filistyn in sy hand.

58 En Saul vra hom: Wie se seun is jy, jongman? En Dawid sê: Die seun van u dienaar Ísai, die Betlehemiet.

I SAMUEL 18

Vriendskapsverbond tussen Jónatan en Dawid. Saul begin om Dawid te haat.

1 EN nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het,het die siel van Jónatan verkleef geraak aan die siel van Dawid,en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel.

2 En Saul het hom dié dag geneemen hom nie na sy familie laat teruggaan nie.

3 Toe sluit Jónatan met Dawid ’n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.

4 Daarby trek Jónatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.

5 En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die dienaars van Saul.

6 En toe hulle tuis kom, en ook Dawid terug was nadat hy die Filistyn verslaan het, hetdie vroue uitgegaan uit al die stede van Israel met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met triangels koning Saul tegemoet.

7 En die vroue wat vrolik was,het gesing en gesê:Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!

8 En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog netdie koningskap kry!

9 En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad.

10 Die volgende dag hetdie bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawidsoos elke dag met sy hand speel,en Saul ’n spies in sy hand hou.

11 Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee.

12 En Saul was bevrees vir Dawid, omdatdieHeremet hom was envan Saul gewyk het.

13 Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodathy voor die manskappe uit- en ingegaan het.

Dawid word die skoonseun van die koning.

14 EN Dawid was voorspoedig in al sy weë, want dieHerewas met hom.

15 Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword.

16 Maardie hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit- en ingegaan.

17 Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogterMerab,haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my ’n dapper man envoer die oorloë van dieHere. Want Saul het gedink:Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.

18 Maar Dawid het vir Saul gesê:Wie is ek, en wat is my familie, die geslag van my vader in Israel, dat ek ’n skoonseun van die koning sou word?

19 Maar teen die tyd dat Merab, die dogter van Saul, aan Dawid moes gegee word, is sy aanÁdriël, die Meholatiet, as vrou gegee.

20 MaarMigal, die dogter van Saul, het Dawid liefgekry; en toe hulle dit aan Saul meedeel, was die saak in sy oë reg.

21 Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom ’n strik kan wees en datdie hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my skoonseun word!

22 En Saul het sy dienaars bevel gegee: Spreek met Dawid in die geheim en sê: Kyk, die koning hou van jou, en al sy dienaars het jou lief: word nou maar die koning se skoonseun.

23 Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra:Is dit ’n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek ’n arm en geringe man is?

24 En die dienaars van Saul het hom dit meegedeel: Sulke woorde het Dawid gespreek.

25 Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die koning het behae in geen anderbruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne nie, as wraakneming op die vyande van die koning.Saul het naamlik daarop gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne.

26 Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te word. Envoordat die dae verstreke was,

27 het Dawid hom klaargemaak enmet sy manne uitgetrek, en hulle het tweehonderd man onder die Filistyne doodgeslaan; enDawid het hulle voorhuide gebring en dit is voltallig aan die koning afgegee, sodat hy die koning se skoonseun kon word. Daarop het Saul aan hom sy dogter Migal as vrou gegee.

28 Toe Saul sien en merkdat dieHeremet Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet,

29 het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae.

30 En die vorste van die Filistyne het uitgetrek; en so dikwels as hulle uittrek, het Dawid meer voorspoed gehad as al die dienaars van Saul, sodat sy naam hooggeëerd was.