I KONINGS 15

Abía koning van Juda.

1 ENin die agttiende jaar van koning Jeróbeam, die seun van Nebat, het Abía oor Juda koning geword.

2 Hy het drie jaar in Jerusalem geregeer;en die naam van sy moeder was Máäga, die dogter van Abísalom.

3 En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met dieHeresy God soos die hart van sy vader Dawid nie.

4 Maar ter wille van Dawid het dieHeresy God vir hom ’n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou,

5 omdat Dawidgedoen het wat reg was in die oë van dieHere, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe,behalwe in die saak van Uría, die Hetiet.

6 En daar was oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam, al die dae van sy lewe.

7 En die verdere geskiedenis van Abía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?Daar was ook oorlog tussen Abía en Jeróbeam.

8 En Abía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Asa het in sy plek koning geword.

Asa koning van Juda.

9 IN die twintigste jaar dan van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asa koning van Juda geword.

10 En hy het een-en-veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, ’n dogter van Abísalom.

11 En Asa het gedoen wat reg was in die oë van dieHerenet soos sy vader Dawid:

12 hy het dieskandseuns uit die land laat wegtrek en al diedrekgode verwyder wat sy vaders gemaak het.

13 Ja, selfs sy moederMáäga het hy as gebiedster afgesit, omdat sy ’n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en in die dalKidronverbrand.

14 Die hoogtes is wel nie afgeskaf nie, maar Asa se hart was volkome met dieHereal sy dae.

15 En hy het die heilige gawes van sy vader en sy heilige gawes in die huis van dieHeregebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

16 En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van Israel, al hulle dae.

17 En Baésa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek enRama gebouom niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.

18 Toe neem Asa al die silwer en die goudwat oorgebly het in die skatkamers van die huis van dieHereen die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur naBénhadad, die seun van Tabrímmon, die seun van Hésjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

19 Daar is ’n verbond tussen my en u, tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur’n geskenk van silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek, weg van my af.

20 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte teen die stede van Israel gestuur, enIjon enDan enAbel-Bet-Máäga en die heleKínnerot met die hele land Náftali verwoes.

21 En net toe Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en inTirsa gebly.

22 Toe roep koning Asa die hele Juda op — niemand was vry nie — en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en daarmee het koning AsaGeba in Benjamin enMispa gebou.

23 En die res van die verdere geskiedenis van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely.

24 En Asa het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Jósafat het in sy plek koning geword.

Baésa roei die huis van Jeróbeam uit en regeer oor Israel.

25 EN Nadab, die seun van Jeróbeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer.

26 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sondewaarmee hy Israel laat sondig het.

27 Maar Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Íssaskar, het ’n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan byGíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om Gíbbeton te beleër.

28 So het Baésa hom dan gedood in die derde jaar van Asa, die koning van Juda, en koning geword in sy plek.

29 En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgensdie woord van dieHerewat Hy gespreek het deur die diens van sy knegAhía, die Siloniet —

30 vanweë diesondes van Jeróbeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy dieHere, die God van Israel, geterg het.

31 En die verdere geskiedenis van Nadab en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

32 En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van Israel, al hulle dae.

33 In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baésa, die seun van Ahía, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier-en-twintig jaar lank.

34 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHereengewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.

I KONINGS 16

1 TOE het die woord van dieHeregekom totJehu, die seun van Hanáni, teen Baésa, en gesê:

2 Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou as ’n vors oor my volk Israel aangestel het, maarjy in die weg van Jeróbeam gewandel en my volk Israel laat sondig het, om My te terg deur hulle sondes,

3 daarom sal Ek Baésa en sy huis skoon wegvee, en Ek sal jou huis maak soosdie huis van Jeróbeam, die seun van Nebat.

4 Die een wat van Baésa in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie van hom in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.

5 En die verdere geskiedenis van Baésa en wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

6 En Baésa het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe inTirsa; en sy seun Ela het in sy plek koning geword.

7 Ook het die woord van dieHeredeurdie diens van Jehu, die seun van Hanáni, die profeet, gekom teen Baésa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van dieHeregedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jeróbeam te wees nie, maar ook omdathy hom verslaan het.

Simri en Omri konings oor Israel.

8 IN die ses-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Baésa, oor Israel koning geword in Tirsa, twee jaar lank.

9 Maar sy dienaarSimri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het ’n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was,

10 het Simri ingekom en hom verslaan en hom gedood in die sewen-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het in sy plek koning geword.

11 En toe hy koning was, terwyl hy op die troon sit, het hy die hele huis van Baésa verwoes; hy het vir hom niemand laat oorbly wat manlik is nie, ook nie sy bloedwrekers en vriende nie.

12 So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die woord van dieHerewat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeetJehu,

13 vanweë al die sondes van Baésa en die sondes van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het, om dieHere, die God van Israel, te terg met hullenietige afgode.

14 En die verdere geskiedenis van Ela en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

15 In die sewen-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappeGíbbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het.

16 En toe die manskappe wat beleër, hoor sê: Simri het ’n sameswering gesmee en ook die koning doodgeslaan, het die hele Israel Omri, die leërowerste, koning gemaak oor Israel, dieselfde dag in die laer.

17 En Omri het opgetrek en die hele Israel saam met hom van Gíbbeton af en Tirsa beleër.

18 Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het,

19 vanweë sy sondes wat hy begaan het deur te doen wat verkeerd was in die oë van dieHere, deurte wandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig.

20 En die verdere geskiedenis van Simri en sysameswering wat hy gesmee het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

21 Toe is die volk van Israel verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg.

22 Maar die volk wat Omri gevolg het, was te sterk vir die volk wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het; en Tibni het gesterwe, en Omri het koning geword.

23 In die een-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword,twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning.

24 En hy het die berg Samaría van Semer gekoop vir twee talente silwer en die berg bebou en die stad wat hy gebou het, Samaría genoem na die naam van Semer, die eienaar van die berg.

25 EnOmri het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, en meer kwaad gedoen as al sy voorgangers.

26 Hy het naamlik gewandel in al die weë van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, om dieHere, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.

27 En die verdere geskiedenis van Omri, wat hy gedoen het, en sy magtige dade wat hy verrig het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

28 En Omri het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe; en sy seun Agab het in sy plek koning geword.

Verskriklike afgodery van Agab, die koning van Israel.

29 EN Agab, die seun van Omri, het oor Israel koning geword in die agt-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda; en Agab, die seun van Omri, het in Samaría oor Israel twee-en-twintig jaar geregeer.

30 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van dieHere,meer as al sy voorgangers.

31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het:hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van dieSidoniërs, as vrou geneem, enBaäl gaan dien en voor hom neergebuig,

32 en vir Baäl ’n altaar opgerig in diehuis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.

33 Ook het Agabdie heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om dieHere, die God van Israel, te tergas al die konings van Israel, sy voorgangers.

34 In sy dae het Hiël, van Bet-el,Jérigo opgebou; ten koste van Abíram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig,volgens die woord van dieHerewat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het.

I KONINGS 17

Die profeet Elía by die Krit en in Sarfat.

1 EN Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as dieHere, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan,daar sal geen dou of reën inhierdie jare wees nie, behalwe op my woord!

2 Toe kom die woord van dieHeretot hom en sê:

3 Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is;

4 en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.

5 En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van dieHere: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.

6 En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.

7 Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.

8 Toe kom die woord van dieHeretot hom en sê:

9 Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ’n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.

10 Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was ’n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my ’n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.

11 Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my ’n stukkie brood saam.

12 Maar sy antwoord: So waar as dieHereu God leef, ek het nie ’n broodkoek nie, net maar ’n handvol meel in die pot en ’n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou ’n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.

13 En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ’n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóú en jou seun iets klaarmaak.

14 Want so sê dieHere, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat dieHerereën op die aarde sal gee.

15 En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elía; en sy het geëet — sy en hy en haar gesin dae lank:

16 die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van dieHerewat Hy deur die diens van Elía gespreek het.

17 Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.

18 Toe sê sy vir Elía:Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekomom my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!

19 Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;

20 enhy het dieHereaangeroep en gesê:Heremy God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, ’n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?

21 Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en dieHereaangeroep en gesê:Heremy God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.

22 En dieHerehet Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hyweer lewendig geword het.

23 Daarop neem Elía die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elía sê: Kyk, jou seun lewe!

24 En die vrou sê vir Elía:Nou weet ek dit dat u ’n man van God is en dat die woord van dieHerein u mond waarheid is.

I KONINGS 18

Elía en die profete van Baäl.

1 ENgeruime tyd daarna het die woord van dieHerein die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wilEk reën gee op die aarde.

2 En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría.

3 Toe laat Agab Obádja, wat oor die paleis was, roep. En Obádja het dieHerebaie gevrees.

4 Want toe Isébel die profete van dieHereuitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle vyftigby vyftigman in ’n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.

5 En Agab het vir Obádja gesê: Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.

6 En hulle het die land onder mekaar verdeel om dit deur te trek: Agab het afsonderlik met een pad getrek, en Obádja het afsonderlik met ’n ander pad getrek.

7 Terwyl Obádja op pad was, kom Elía hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer Elía?

8 En hy sê: Dit is ek; gaan sê aan jou heer: Elía is daar.

9 Maar hy vra: Wat het ek gesondig, dat u u dienaar oorgee in die hand van Agab om my om die lewe te bring?

10 So waar as dieHereu God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie — dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.

11 En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: Elía is daar!

12 As ek nou van u af weggaan endie Gees van dieHereu wegneem — ek weet nie waarheen nie — en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees dieHerevan sy jeug af.

13 Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van dieHeregedood het nie: dat ek van die profete van dieHerehonderd man, vyftig by vyftig, in ’n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?

14 En nou beveel u: Gaan sê aan jou heer: Elía is daar! dat hy my kan doodmaak!

15 Maar Elía sê:So waar as dieHerevan die leërskare leef, voor wie se aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!

16 En Obádja het Agab tegemoetgegaan en hom dit meegedeel; en Agab het Elía tegemoetgegaan.

17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom:Is dit jy,jou beroerder van Israel?

18 Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van dieHereverlaat het enagter die Baäls aan geloop het.

19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die bergKarmel,ook die vierhonderd-en-vyftig profete van Baäl en die vierhonderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.

20 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel endie profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.

21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes?As dieHereGod is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.

22 Toe sê Elía vir die volk:Ek het alleen oorgebly as profeet van dieHere,terwyl die profete van Baäl vierhonderd-en-vyftig is.

23 Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.

24 Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van dieHereaanroep; en die God watmet vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.

25 Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie.

26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê:oBaäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.

27 En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ’n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.

28 En hulle het hard geroep enhulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.

29 En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat diespysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.

30 Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van dieHereherstel wat afgebreek was.

31 Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders — tot wie die woord van dieHeregekom het om te sê:Israel sal jou naam wees —

32 en hy bou met die klippe ’n altaar in die Naam van dieHere. Daarna het hy ’n sloot gemaak rondom die altaar, ’n ruimte vir omtrent twee mate saad,

33 endie hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.

34 Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen,

35 sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak.

36 En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê:Here,God van Abraham, Isak en Israel,laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en datek al hierdie dinge op u woord gedoen het.

37 Antwoord my,Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U,Here, God is, en dat Ú hulle harttot Ulaat terugkeer.

38 Daarop hetdie vuur van dieHereneergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.

39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: DieHere, Hy is God, dieHere, Hy is God!

40 Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebringna die spruit Kison enhulle daar geslag.

41 Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!

42 En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grondneergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek.

43 Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer — sewe maal.

44 En die sewende maal roep hy: Daar gaan’n wolkie soos ’n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.

45 En in ’n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en ’n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël;

46 maardie hand van dieHerewas oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.

I KONINGS 19

Elía vlug vir Isébel en kom by die berg Horeb.

1 EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles — hoe hyal die profete met die swaard gedood het.

2 Daarop stuur Isébel ’n boodskapper na Elía om te sê:Mag die gode so doen en so daaraan toedoen — sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle.

3 Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy inBerséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly;

4 maar self het hy ’n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ’n besembos gaan sit engewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg,Here, want ek is nie beter as my vaders nie.

5 Daarop gaan hy lê en raak onder ’n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ’n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!

6 Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent ’n broodkoek, op warm klippe gebak, en ’n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.

7 En die engel van dieHerehet weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel.

8 Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedselveertig dae en veertig nagte lank geloop tot bydie berg van God, Horeb.

9 En hy het daar in ’n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van dieHerehet tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elía?

10 En hy antwoord:Ek het baie geywer vir dieHere, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat,u altare afgebreek enu profete met die swaard gedood,sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem.

11 En Hy sê: Gaan uit enstaan op die berg voor die aangesig van dieHere. En kyk, dieHerehet verbygegaan, terwyl’n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor dieHereuit; in die wind was dieHerenie. En ná die wind ’n aardbewing; in die aardbewing was dieHerenie.

12 En ná die aardbewing ’n vuur; in die vuur was dieHerenie. En nádie vuur die gesuis van ’n sagte koelte.

13 En toe Elía dit hoor,het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ’n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?

14 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir dieHere, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.

15 Maar dieHeresê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn vanDamaskus, en gaan heen ensalf Hásael as koning oor Aram.

16 EnJehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uitAbel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek.

17 En die een wat van die swaard vanHásael vryraak, hom salJehu doodmaak; en wat van die swaard van Jehu vryraak, homsal Elísa doodmaak.

18 Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.

19 Hy het toe daarvandaan weggegaan en Elísa, die seun van Safat, aangetref terwyl hy aan ploeë was met twaalf paar osse voor hom en hy self by die twaalfde paar was; en Elía het by hom verbygegaanen sy mantel op hom gewerp.

20 Daarop het hy die osse verlaat en agter Elía aan geloop en gesê: Laat ek tog my vader en my moeder soen; daarna sal ek u volg. En hy antwoord hom: Gaan terug, want wat het ek aan jou gedoen?

21 Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag dit; enmet die osse se trekgoed het hy hulle vleis gekook en aan die mense gegee, en hulle het geëet; daarna het hy hom klaargemaak enElía gevolg enhom gedien.

I KONINGS 20

Oorlog tussen Agab en Bénhadad, die koning van Aram.

1 ENBénhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel — twee-en-dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens — en opgetrek enSamaría beleër en daarteen geveg.

2 Ook het hy boodskappers na Agab, die koning van Israel, gestuur in die stad

3 en hom laat weet: So sê Bénhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne.

4 Toe antwoord die koning van Israel en sê: Volgens u woord, my heer die koning, ek is uwe met alles wat ek het!

5 Daarop kom die boodskappers weer en sê: So spreek Bénhadad: Ek het u wel laat weet: U silwer en u goud en u vroue en u kinders moet u aan my gee.

6 Maar môre sulke tyd sal ek my dienaars na u stuur, dat hulle u huis en die huise van u dienaars deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand lê en wegneem.

7 Toeroep die koning van Israel al die oudstes van die land en sê:Let tog op en kyk hoe die man moeilikheid soek, want hy het na my gestuur om my vroue en my kinders en my silwer en my goudte laat haal,en ek het dit hom nie geweier nie.

8 Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie.

9 Daarom het hy aan die boodskappers van Bénhadad gesê: Sê aan my heer die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring.

10 Daarop laat Bénhadad hom weet:Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen — die puin van Samaría is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie!

11 Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sêvir hom:Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.

12 En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad.

13 Opeens kom daar ’n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek dieHere: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand,dat jy kan weet dat Ek dieHereis.

14 En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek dieHere: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.

15 Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was tweehonderd-twee-en-dertig; en ná hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: seweduisend.

16 En hulle het op die middag uitgetrek terwyl Bénhadad hom dronk gedrink het in die tente, hy en die konings, die twee-en-dertig konings wat sy bondgenote was.

17 En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar Bénhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samaría het manne uitgetrek.

18 En hy sê: As hulle vir vrede uitgetrek het, gryp hulle lewendig; en as hulle vir oorlog uitgetrek het, gryp hulle lewendig.

19 Daarop trek die jongmanne van die owerstes van die provinsies uit die stad uit en die leër agter hulle aan;

20 en hulle verslaan elkeen sy man, sodat die Arameërs gevlug en Israel hulle agtervolg het. Maar Bénhadad, die koning van Aram, het vrygekom op ’n perd met perderuiters saam.

21 En die koning van Israel het uitgetrek en perde en strydwaens verslaan, sodat hy ’n groot slag onder die Arameërs geslaan het.

22 Toe komdie profeet na die koning van Israel en sê vir hom: Gaan, wees sterk; en ondersoek en kyk wat u moet doen; wantná verloop van ’n jaar sal die koning van Aram teen u optrek.

23 Want die dienaars van die koning van Aram het vir hom gesê: Hulle gode is berggode; daarom was hulle vir ons te sterk; maar as ons met hulle op die vlakte veg, sal ons sekerlik sterker wees as hulle.

24 Daarom, doen hierdie ding: Verwyder die konings, elkeen uit sy plek, en stel goewerneurs aan in hulle plek.

25 En werf self vir u ’n leër soos die leër wat u verloor het, en perde soos dié perde, en strydwaens soos dié waens; en laat ons teen hulle in die vlakte veg; dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle. En hy het na hulle geluister en so gedoen.

26 En ná verloop van ’n jaar het Bénhadad die Arameërs gemonster en opgetrek naAfek om teen Israel te veg.

27 Die kinders van Israel is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoetgetrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die land vol Arameërs was.

28 Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek dieHere: Omdat die Arameërs gesê het:DieHereis ’n god van die berge, en Hy is nie ’n god van die laagtes nie — daaromsal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek dieHereis.

29 En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderdduisend voetgangers op een dag verslaan.

30 En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewen-en-twintigduisend man geval wat oor was. Bénhadad, watookdie stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug.

31 Toe sê sy dienaars vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel genadige konings is; laat ons togrouklere om ons heupe bind en bande om ons hoofde en uitgaan na die koning van Israel; moontlik sal hy u in die lewe behou.

32 Toe het hulle rouklere om hul heupe vasgegord en bande om hul hoofde en na die koning van Israel gekom en gesê: U dienaar Bénhadad sê: Laat my tog lewe! En hy antwoord: Lewe hy dan nog? Hy is my broer.

33 En die manne het hulle dit dadelik toegeëien as ’n gunstige voorteken van sy kant en gesê: Bénhadad is u broer! Daarop sê hy: Gaan haal hom. En Bénhadad het uitgekom na hom, en hy het hom op die wa laat klim.

34 EnBénhadadsê vir hom:Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u winkelstrate aanlê inDamaskus soos my vader in Samaría aangelê het. En ek,sê Agab,sal u ophierdieverbond laat gaan.Hy het toe ’n verbond met hom gesluit en hom laat gaan.

35 Daarna het ’n sekere man uitdie profete-seunsdeur die woord van dieHereaan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.

36 Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van dieHeregeluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal ’n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan,het ’n leeu hom gekry en hom gedood.

37 Daarna het hy ’n ander man gekry en gesê: Slaan my tog! En die man het hom so geslaan, dat hy hom gewond het.

38 Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met ’n verband oor sy oë.

39 En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring ’n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of jy sal ’n talent silwer moet betaal.

40 Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van Israel vir hom: So is jou vonnis: jy het dit self bepaal.

41 Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was.

42 En hy sê vir hom: So spreek dieHere: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees.

43 En die koning van Israel het na sy huis getrek, verbitterd en toornig, en hy het in Samaría aangekom.

I KONINGS 21

Nabot word op bevel van Isébel gedood. Elía kondig as straf daarvoor die uitroeiing van Agab se geslag aan.

1 EN ná hierdie dinge het dít gebeur: Nabot, ’n Jisreëliet, het inJísreël ’n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samaría, was.

2 En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan ’n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee.

3 Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag dieHeremy daarvoor bewaardat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!

4 Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.

5 Daarop kom sy vrou Isébel by hom en sê vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie?

6 En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou ’n wingerd in die plek daarvan gee — maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.

7 Toe sê sy vrou Isébel vir hom: Oefen jý nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.

8 Daarop het sy briewein die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die brief gestuur aandie oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.

9 En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep ’n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk;

10 en sit twee manne,deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê:Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe.

11 Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Isébel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.

12 Hulle het ’n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit.

13 Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en diekoning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.

14 Daarna laat hulle Isébel weet: Nabot is gestenig en is dood.

15 Net toe Isébel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sê Isébel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, in besit wat hy geweier het om vir geld aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood.

16 Net toe Agab hoor dat Nabot dood was, het Agab opgestaan om na die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, af te gaan om dit in besit te neem.

17 Maar die woord van dieHerehet tot Elía,die Tisbiet, gekom en gesê:

18 Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van Israel, wat inSamaría is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.

19 En jy moet met hom spreek en sê: So sê dieHere: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek dieHere:Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.

20 Daarop sê Agab vir Elía: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat uuself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van dieHere!

21 Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jouskoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.

22 En Ek sal jou huis maak soosdie huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soosdie huis van Baésa, die seun van Ahía; weens die geterg waarmee jyMygeterg het, en dat jyIsrael laat sondig het.

23 En ook oor Isébel het dieHeregespreek en gesê:Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jísreël.

24 Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.

25 Waarlik,daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van dieHerenie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.

26 En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loopnet soos die Amoriete gedoen het wat dieHerevoor die kinders van Israel uit verdrywe het.

27 En toe Agab hierdie woorde hoor, hethy sy klere geskeur en’n roukleed om sy lyf gebind engevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop.

28 Toe kom die woord van dieHeretot Elía, die Tisbiet, en sê:

29 Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie;in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.

I KONINGS 22

Agab sluit ’n verbond met Jósafat, die koning van Juda. Hy verwerp die raad van Miga en kom om in die oorlog.

1 HULLE het toe drie jaar lank stil gesit, dat daar geen oorlog was tussen Aram en Israel nie.

2 Maar in die derde jaar hetJósafat, die koning van Juda, afgekom nadie koning van Israel.

3 En die koning van Israel vra sy dienaars: Weet julle datRamot in Gílead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem!

4 Daarna sê hy vir Jósafat: Sal u saam met my in die oorlog trek na Ramot in Gílead? En Jósafat antwoord die koning van Israel:Ek is soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.

5 Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van dieHere.

6 Toe laat die koning van Israeldie profete bymekaarkom, omtrent vierhonderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gílead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en dieHeresal dit in die hand van die koning gee.

7 MaarJósafat sê: Is hier nie nog ’n profeet van dieHere, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?

8 En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom dieHerete raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!

9 Daarop roep die koning van Israel ’n hofdienaar en sê: Gaan haal Miga gou, die seun van Jimla.

10 Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed metkoninklikeklere, op ’n dorsvloer by die ingang van die poort vanSamaría, en al die profete voor hulle profeteer,

11 het Sedekía, die seun van Kenáäna, vir homysterhorings gemaak en gesê: So spreek dieHere: Hiermeesal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.

12 En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en dieHeresal dit in die hand van die koning gee.

13 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.

14 Maar Miga sê:So waar as dieHereleef,voorwaar, wat dieHerevir my sê, dit sal ek spreek!

15 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en dieHeresal dit in die hand van die koning gee.

16 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van dieHeretot my moet spreek nie?

17 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die bergesoos skape wat geen wagter het nie. En dieHerehet gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.

18 Toe sê die koning van Israel vir Jósafat:Het ek u nie gesê nie — hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

19 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van dieHere:Ek het dieHeresien sit op sy troon terwylal die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter- en aan sy linkerhand.

20 En dieHerehet gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.

21 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van dieHerestaan en sê: Ek sal hom oorhaal. En dieHerevra hom: Waarmee?

22 En hy sê: Ek sal uitgaan en’n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.

23 En nou, kyk, dieHerehet ’n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en dieHerehet onheil oor u gespreek.

24 Daarop kom Sedekía, die seun van Kenáäna, nader enhy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van dieHerevan my af weggegaan om met jou te spreek?

25 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.

26 Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.

27 En jy moet sê: So spreek die koning:Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukkingtotdat ek behoue tuiskom.

28 Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom,dan het dieHerenie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!

29 En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead.

30 En die koning van Israel het vir Jósafat gesê:Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek ú maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan.

31 En die koning van Aram het aan dieowerstes van sy twee-en-dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.

32 En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel! En hullehet weggeswaai om teen hom te veg; maar Jósafat het geskreeu.

33 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.

34 Toe het ’n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.

35 En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei.

36 En teen sonsondergang gaan ’n geskreeu deur die leër: Elkeen na sy stad en elkeen na sy land toe!

37 En die koning het dood in Samaría aangekom, en die koning is in Samaría begrawe.

38 En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaría, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was),volgens die woord van dieHerewat Hy gespreek het.

39 En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, endie ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

40 En Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

Jósafat koning van Juda en Ahásia koning van Israel.

41 EN Jósafat, die seun van Asa, het koning geword oor Juda in die vierde jaar van Agab, die koning van Israel.

42 Jósafat was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.

43 En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel — daarvan het hy nie afgewyk nie — deur te doen wat reg was in die oë van dieHere.

44 Netdie hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

45 EnJósafat het vrede gesluit met die koning van Israel.

46 En die verdere geskiedenis van Jósafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywein die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

47 Ookdie skandseuns wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die land uitgeroei.

48 Daar was toe nie ’n koning in Edom nie; ’n plaasvervanger was regeerder.

49 Jósafat hetTarsis-skepe gebou om inOfir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het inÉseon-Geber skipbreuk gely.

50 Toe sê Ahásia, die seun van Agab, vir Jósafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Jósafat wou nie.

51 EnJósafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het koning geword in sy plek.

52 Ahásia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die sewentiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.

53 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere—hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jeróbeam, die seun van Nebat,wat Israel laat sondig het.

54 En hy het Baäl gedien en voor hom neergebuig en dieHere, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het.

II SAMUEL 1

Dawid ontvang berig van die dood van Saul.

1 EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was vandie verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,

2 kom daar op die derde dag ’n man uit die leër, van Saul af,met geskeurde klere engrond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.

3 En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.

4 Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.

5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jónatan dood is?

6 Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk,Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;

7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.

8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is ’n Amalekiet.

9 Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat ’n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.

10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.

11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.

12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van dieHereen oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.

13 Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van ’n vreemde man, ’n Amalekiet.

14 En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was niebevrees omjou hand uit te steek omdie gesalfde van dieHereom te bring nie?

15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.

16 En Dawid het vir hom gesê:Jou bloed is op jou hoof,want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van dieHeregedood.

Klaaglied van Dawid oor Saul en Jónatan.

17 TOE het Dawid hierdieklaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jónatan,

18 en hy het beveel om die kinders van Juda die Boogliedte leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.

19 Die sieraad, o Israel — op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!

20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Áskelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nieverheug, die dogters van dieonbesnedenes nie jubel nie!

21 Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat ditmet olie gesalf is.

22 Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde hetdie boog van Jónatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.

23 Saul en Jónatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie.Vinniger as arende was hulle,sterker as leeus.

24 Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.

25 Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jónatan lê verslaan op jou hoogtes.

26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jónatan! Jy was vir my baie lieflik;jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.

27 Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!

II SAMUEL 2

Dawid word koning oor Juda, en Isbóset koning oor Israel.

1 EN daarna het DawiddieHeregeraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En dieHerehet hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.

2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sytwee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.

3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon.

4 Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne vanJabes in Gílead wat Saul begrawe het,

5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê:Mag julle geseënd wees deur dieHere, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.

6 Mag dieHerejulle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.

7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.

8 MaarAbner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring naMahanáim

9 en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor Jísreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.

10 Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.

11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.

Burgeroorlog. Slag by Gíbeon.

12 EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim naGíbeon.

13 Joab, die seun van Serúja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet bydie dam van Gíbeon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam.

14 En Abner sê vir Joab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En Joab sê: Laat hulle regmaak.

15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isbóset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid.

16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp, en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle dié plek Veld van Swaardskerptes, wat by Gíbeon is.

17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van Israel is verslaan voor die dienaars van Dawid.

18 En daar wasdrie seuns van Serúja: Joab en Abísai en Ásahel; en Ásahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.

19 En Ásahel het Abner agternagejaag sonder om in sy koers regs of links agter Abner weg te draai.

20 Toe kyk Abner agter hom om en sê: Is dit jy, Ásahel? En hy antwoord: Dit is ek.

21 En Abner sê vir hom: Draai uit na jou regter- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar Ásahel wou nie agter hom wegdraai nie.

22 En Abner sê nog ’n keer vir Ásahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab?

23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spiesin die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar Ásahel geval en gesterwe het.

24 Maar Joab en Abísai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lê, aan die pad na die woestyn van Gíbeon.

25 En die kinders van Benjamin het agter Abner byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van ’n sekere heuwel.

26 Toe roep Abner na Joab en sê: Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe sê dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie?

27 En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik,as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.

28 Toe blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en Israel nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie.

29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en inMahanáim aangekom.

30 En Joab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en Ásahel vermis.

31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan — driehonderd-en-sestig man het gesterwe.

32 En hulle het Ásahel opgetel en hom in die graf van sy vader, wat in Betlehem was, begrawe; en Joab en sy manne het die hele nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het.