PSALMS 130

Uit die dieptes.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

# Uit die dieptes roep ek U aan, oHere!

2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3 As U,Here,die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here,wie salbestaan?

4 Maar by U isvergewing,dat U gevrees mag word.

5 Ek wag op dieHere; my siel wag, enek hoop op sy woord.

6 My sielwagop die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.

7 Wag op dieHere, o Israel! want by dieHereis die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8 enHy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

PSALMS 131

Berusting.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.Van Dawid.

# oHere,my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ookwandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie.

2 Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos ’n gespeende kind by sy moeder, soos ’n gespeende kind is my siel in my.

3 Wag op dieHere, o Israel, van nou af tot in ewigheid!

PSALMS 132

Gebed vir die huis van God en die huis van Dawid.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

oHere, dink aan Dawid, aan al sy moeite;

2 dat hy aan dieHeregesweer het,hierdiegelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:

3 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;

4 sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,

5 totdat ek ’n plek vind vir dieHere, ’n woning vir die Magtige van Jakob!

6 Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.

7 Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.

8 Staan op na u rusplek,Here, U en die ark van u sterkte!

9 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.

10 Wysu gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.

11 DieHerehet aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie):Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.

12 As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.

13 Want dieHerehet Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeeren gesê:

14 Dit is my rusplek vir ewig; hierwil Ek woon, want Ek het dit begeer.

15 Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;

16 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.

17 Daar sal Ek vir Dawid ’n horing laat uitspruit; Ek het virmy gesalfde ’n lamp toeberei.

18 Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.

PSALMS 133

Die broederlike liefde.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.Van Dawid.

# Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit datbroers ook saamwoon!

2 Dit is soosdie kosbare olieop die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.

3 Dit is soos die dou vanHermon wat neerdaal op dieberge van Sion; want daargebied dieHeredie seën, die lewe tot in ewigheid!

PSALMS 135

Lof aan die Here, die alleen-ware God.

1 HALLELUJA! Prys die Naam van dieHere! Prys, o knegte van dieHere,

2 watstaan in die huis van dieHere, in dievoorhowe van die huis van onse God!

3 Loof dieHere, want dieHereis goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!

4 Want dieHerehet Jakob vir Hom uitverkies, Israel as syeiendom.

5 Waarlik, ék weet datdieHeregroot en onse Here bo alle gode is.

6 Alles wat dieHerebehaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.

7 Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit syskatkamers laat uitgaan;

8 wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;

9 wattekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;

10 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11 Sihon, die koning van die Amoriete, enOg, die koning van Basan, enal die koninkryke van Kanaän,

12 en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.

13 oHere, u Naam is tot in ewigheid,u gedenknaam,Here, van geslag tot geslag!

14 Want dieHeresal aan sy volk reg doen enmedelyde hê met sy knegte.

15 Die afgode van die heidene is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

16 Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

17 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.

18 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

19 Huis van Israel, loof dieHere! Huis van Aäron, loof dieHere!

20 Huis van Levi, loof dieHere! Julle wat dieHerevrees, loof dieHere!

21 Geloofd sy dieHereuit Sion, Hywat in Jerusalem woon!Halleluja!

PSALMS 136

Die goedertierenheid van die Here duur tot in ewigheid.

1 LOOF dieHere, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

2 Loofdie God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

3 Loofdie Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid —

4 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

5 Wat die hemelemet verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

6 Watdie aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

7 Watdie groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

9 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

10 Watdie Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

11 EnIsrael onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

12 Met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

13 Watdie Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

14 En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

15 En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

16 Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

17 Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

18 En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

19 Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

20 En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

21 En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

22 As erfdeel aan Israel,sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

23 Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

24 En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

25 Watvoedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

26 Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

PSALMS 137

By die riviere van Babel.

1 BY die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.

2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ’n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde,deur te sê:Sing vir ons ’n Sionslied.

4 Hoe sou ons die lied van dieHerekan sing in ’n vreemde land?

5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand danhomselfvergeet!

6 Laat mytong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

7 Here, bring in herinnering virdie kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!

8 oDogter van Babel, jyverwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!

9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

PSALMS 138

Dank vir verlossing.

1 ’nPSALMvan Dawid.

# Ek sal U loof met my hele hart;in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.

2 Ek sal my neerbuigna u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.

3 Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.

4 Al die konings van die aarde sal U loof, oHere, as hulle gehoor het die woorde van u mond;

5 en hulle sal sing van die weë van dieHere, want die heerlikheid van dieHereis groot.

6 Want dieHereis verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, endie hoogmoedige ken Hy uit die verte.

7 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.

8 DieHeresaldit vir my voleindig! U goedertierenheid,Here, is tot in ewigheid: laat nie vaardie werke van u hande nie!

PSALMS 139

Die goddelike alwetendheid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

# Here,U deurgrond en ken my.

2 U kenmy sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

4 Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U,Here,U ken dit geheel en al.

5 Usluit my in van agter en van voor, en Ulê u hand op my.

6 Omdit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheenvlug van u aangesig?

8 Klim ek op na die hemel, U is daar; enmaak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

9 Neem ekdie vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

11 En as ek sê:Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,

12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

13 Want Ú hetmy niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae datallesbepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

19 oGod, as U tog maardie goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20 Hulle watarglistig teen U spreek,u Naamydellik verhef — u teëstanders!

21 Here,sou ek dié nie haat wat vir U haat, en’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

22 Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!

23 Deurgrond my, o God, en ken my hart;toets my en ken my gedagtes;

24 en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op dieewige weg!