PSALMS 120

Gebed om beskerming teen lastertonge.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

Ek roep dieHereaan in my benoudheid, en Hy verhoor my.

2 oHere, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!

3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?

4 Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse.

5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef inMeseg, dat ek by die tente vanKedar woon!

6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.

7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

PSALMS 121

Op pad.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

# Ek slaan my oë op nadie berge: waar sal my hulp vandaan kom?

2 My hulp is van dieHerewat hemel en aarde gemaak het.

3 Hy kanjou voet nie laat wankel nie; jouBewaarder kan nie sluimer nie.

4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

5 DieHereis jou Bewaarder; dieHereis jouskaduwee aan jou regterhand.

6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.

7 DieHeresal jou bewaar vir elke onheil;jou siel sal Hy bewaar.

8 DieHeresaljou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

PSALMS 122

’n Groet aan Jerusalem.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.Van Dawid.

# Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat onsna die huis van dieHeregaan!

2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!

3 Jerusalem watgebou is soos ’n stad wat goed saamgevoeg is,

4 waarheen die stamme optrek, die stamme van dieHere—’n voorskrif vir Israel! — om die Naam van dieHerete loof.

5 Wantdaar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.

6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!

8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek:Vrede in jou!

9 Ter wille van die huis van dieHereonse God wil ekdie goeie vir jou soek.

PSALMS 123

Die oog na bowe!

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

# Ek slaan my oë op tot U watin die hemel troon.

2 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op dieHereonse God, totdat Hy ons genadig is.

3 Wees ons genadig, oHere, wees ons genadig, want meer as versadig is ons vanveragting;

4 meer as versadig is ons siel van diespot vandie oormoediges, van die veragting van die trotsaards!

PSALMS 124

#Geloofd sy die Redder van Israel.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.Van Dawid.

# As dieHerenie vir ons was nie —laat Israel dit sê —

2 as dieHerenie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,

3 dan het hulle onslewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;

4 dan hetdie waters ons oorstroom, ’n stroom het oor ons siel gegaan;

5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.

6 Geloofd sy dieHerewat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!

7 Ons siel het vrygeraak soos ’n voëluit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.

8 Ons hulp is in die Naam van dieHerewat hemel en aarde gemaak het.

PSALMS 125

Israel se beskerming.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

Die wat op dieHerevertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie,maarbly tot in ewigheid.

2 Rondom Jerusalem is berge; so is dieHererondom sy volk van nou af tot in ewigheid.

3 Wantdie septer van goddeloosheid sal nie rus op dieerfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.

4 Here, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.

5 Maar die wat langskrom paaie wegdraai, sal dieHerelaat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid.Vrede oor Israel!

PSALMS 126

’n Oes van vreugde uit die tranesaad.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

# Toe dieHeredie lot van Sion verander het,was ons soos die wat droom.

2 Toeis ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê:DieHerehet groot dinge aan hierdie mense gedoen.

3 DieHerehet groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!

4 oHere, verander ons lot soos waterstrome indie Suidland.

5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.

6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

PSALMS 127

Sonder die Here — alles tevergeefs!

1 ’nBEDEVAARTSLIED. Van Salomo.

# As dieHeredie huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; asdieHeredie stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly,brood van smarte eet — net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!

3 Kyk,seuns is ’n erfdeel van dieHere; die vrug van die moederskoot is ’n beloning.

4 Soos pyle in die hand van ’n held, so is die seuns van die jeug.

5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande indie poort spreek nie.

PSALMS 128

Seën in die huisgesin.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

# Welgeluksalig is elkeen wat dieHerevrees, wat in sy weë wandel!

2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!

3 Jou vrou issoos ’n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinderssoos olyfboompies rondom jou tafel.

4 Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat dieHerevrees.

5 Mag dieHerejou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!

6 En dat jyjou kindskinders mag aanskou!Vrede oor Israel!

PSALMS 129

Die einde van Israel se vyande.

1 ’nBEDEVAARTSLIED.

# Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel vanmy jeug af —laat Israel dit sê —

2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af;tog het hulle my nie oorwin nie.

3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.

4 DieHereis regverdig: Hy het dietoue van die goddelose afgekap.

5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.

6 Laat hulle wordsoos gras op die dakke wat verdor voordat ’n mens dit uittrek,

7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.

8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie:Die seën van dieHereoor julle!Ons seën julle in die Naam van dieHere.