PSALMS 90

Verganklikheid van die mens.

1 ’nGEBEDvan Moses, die man van God.

# Here,U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag.

2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

3 Ulaat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!

4 Wantduisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, ensoos’n nagwaak.

5 Weggespoel het U hulle;hulle word ’n slaap; in die môreis hullesoos die gras wat weer uitspruit:

6 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ’n mens dit af, en dit verdor.

7 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.

8 U stel ons ongeregtighede voor U,ons verborgesondesin die lig van u aangesig.

9 Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ’n gedagte.

10 Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

11 Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?

12 Leeronsom ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom!

13 Keer terug,Here! Tot hoe lank? Enontferm U oor u knegte.

14 Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.

15 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.

16 Laatu werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.

17 En laatdie lieflikheid van dieHereonse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

PSALMS 91

In die beskerming van die Allerhoogste.

1 HY wat indie skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernagin die skaduwee van die Almagtige.

2 Ek sal tot dieHeresê: My toevlug en my bergvesting, my Godop wie ek vertrou.

3 Want Hy is dit wat jou sal red uitdie net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

4 Hy sal jou dek met sy vlerke, enonder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’nskild en pantser.

5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

6 vir die pes wat in die donker wandel, vir diesiekte wat op die middag verwoes nie!

7 Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.

8 Net met jou oë sal jy dit aanskou endie vergelding van die goddelose sien.

9 Want U,Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;

11 want Hy salsy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.

13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slangvertrap.

14 Omdat hy My liefhet,sê God,daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred eneer aan hom gee.

16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

PSALMS 92

’n Lied vir die sabbatdag.

1 ’nPSALM. ’n Lied vir die sabbatdag.

2 Dit is goed om dieHerete loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,

3 om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;

4 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.

5 Want U het my bly gemaak,Here, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.

6 Hoe groot is u werke, oHere; baiediep is u gedagtes!

7 ’nDom mens weet nie, en ’n dwaas verstaan dit nie:

8 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei,is ditom hulle vir ewig te verdelg.

9 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid,Here!

10 Want kyk,u vyande, oHere, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.

11 Maar Uverhoog my horing soos van’n buffel; ek ismet vars olie gesalf.

12 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.

13 Die regverdige sal groei soos ’n palmboom; hy sal opgroei soos’n seder op die Líbanon.

14 Geplant in die huis van dieHere, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.

15 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,

16 om te verkondig dat dieHerereg is, my rots, enin Hom is geen onreg nie.

PSALMS 93

Die Koningstroon bo die volkesee.

1 DIEHereis Koning;Hy is met hoogheid bekleed. DieHereis bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.

3 Die riviere, oHere, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!

4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is dieHeregeweldig in die hoogte!

5 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis,Here, tot in lengte van dae!

PSALMS 94

Triomf van die reg.

1 GOD van wraak, oHere, Godvan wraak, verskyn in ligglans!

2 Verhef U, oregter van die aarde, vergeld die trotsaardshulledade!

3 Hoe lank sal die goddelose, oHere, hoe lank sal die goddelose jubel?

4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd — al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.

5 oHere, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.

6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese

7 en sê: DieHeresien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.

8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?

9 SouHy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?

10 Sou Hy watdie nasies tugtig, nie straf nie —Hy wat die mens kennis leer?

11 DieHereken die gedagtes van die mense — dat hulle nietigheid is.

12 Welgeluksalig is die man, oHere, wat Uonderrig en wat U leer uit u wet,

13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdatdie kuil vir die goddelose gegrawe word.

14 WantdieHeresal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;

15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.

16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?

17 As dieHerevir my nie ’n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.

18 As ek dink:My voet wankel — dan ondersteun u goedertierenheid my, oHere!

19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.

20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versinteen die insettinge in?

21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige enveroordeel onskuldige bloed.

22 Maar dieHereis ’n rotsvesting vir my, en my Goddie rots van my toevlug.

23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; dieHereonse God verdelg hulle.

PSALMS 95

Opwekking om God te loof en Hom gehoorsaam te wees.

1 KOM, laat ons jubel tot eer van dieHere,laat ons juig terere van die rots van ons heil!

2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

3 Want dieHereis ’n grote God, ja, ’n groot Koningbo al die gode.

4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor dieHerewat ons gemaak het.

7 Want Hy is onse God, en ons isdie volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as jullevandag maarna sy stem wou luister!

8 Verhard julle hart niesoos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9 waar julle vadersMy versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

10 Veertig jaar het Ek ’n afkeer gehad vanhierdiegeslag en gesê: Hulle is ’n volk met ’n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

11 sodat Ekin my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in myrus nie ingaan nie!

PSALMS 96

Die Regter kom!

1 SING tot eer van dieHere’n nuwe lied; sing voor dieHere, o ganse aarde!

2 Sing tot eer van dieHere, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.

3 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.

4 Want dieHereis groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.

5 Want al die gode van die volke is afgode, maar dieHerehet die hemele gemaak.

6 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig,sterkte en sieraad in sy heiligdom.

7 Gee aan dieHere, ogeslagte van die volke, gee aan dieHereeer en sterkte.

8 Gee aan dieHeredie eer van sy Naam, bringoffers en kom insy voorhowe.

9 Aanbid dieHerein heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!

10 Sê onder die volke: DieHereis Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.

11 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.

12 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel

13 voor die aangesig van dieHere; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.

PSALMS 97

Die Here regeer!

1 DIEHereis Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!

2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.

3 ’n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.

4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.

5 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van dieHere, voor die aangesig van dieHerevan die hele aarde.

6 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.

7 Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die godebuig hulle voor Hom neer.

8 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, oHere!

9 Want U,Here, isdie Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.

10 oLiefhebbers van dieHere,haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,Hy red hulle uit die hand van die goddelose.

11 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.

12 oRegverdiges, wees bly in dieHere,en loof sy heilige gedenknaam!

PSALMS 98

Die Verlosser van Israel en Regter van die wêreld.

1 ’nPSALM.

# Sing tot eer van dieHere’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen;sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.

2 DieHerehet sy heil bekend gemaak,sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.

3 Hy hetgedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

4 Juig voor dieHere, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

5 Psalmsing tot eer van dieHeremet die siter, met die siter en die stem van gesang,

6 mettrompette enbasuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, dieHere!

7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.

8 Laat die rivierein die hande klap, die berge tesame jubel

9 voor die aangesig van dieHere;want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

PSALMS 99

’n Psalm tot eer van die driemaal-Heilige.

1 DIEHereis Koning; laat die volke bewe!Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!

2 DieHereis groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.

3 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof!Heilig is Hy!

4 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. Ú het bevestig wat regverdig is; Ú het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.

5 Verhef dieHereonse God, en buig julle neer voordie voetbank van sy voete. Heilig is Hy!

6 Moses en Aäron was onder sy priesters, enSamuel onder die aanroepers van sy Naam. Hullehet dieHereaangeroep, en Hý het hulle verhoor.

7 In diewolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.

8 oHereonse God, Ú het hulle verhoor, U was vir hulle ’n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.

9 Verhef dieHereonse God, en buig julle neer voorsy heilige berg. Want heilig is dieHereonse God.