PSALMS 80

Die wingerdstok van die Here.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Lelies.” ’n Getuienis. Van Asaf. ’n Psalm.

2 oHerder van Israel, hoor tog; U watJosefsoos skape lei, watbo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!

3 Wek u mag opvoor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!

4 oGod,herstel ons, enlaat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

5 oHere, God van die leërskare, hoe lank nog rooku toorn by die gebed van u volk?

6 U het hulletranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

7 U het ons ’n voorwerp van stryd gemaak virons bure, en ons vyande drywe die spot.

8 oGod van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

9 ’n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het dienasies uitgedrywe en hom geplant.

10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.

11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lotena die Rivier toe.

13 Waarom het Usy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

15 oGod van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

16 en wees ’n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

17 Hy ismet vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

18 Laat u hand wees oor die man vanu regterhand, oordie menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

20 oHere, God van die leërskare,herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

PSALMS 81

’n Feeslied en klaagsang.

1 VIR die musiekleier;op die Gittiet.’n Psalmvan Asaf.

2 Jubel tot eer van God, ons sterkte!Juig tot eer van die God van Jakob!

3 Hef aan ’n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.

4 Blaas diebasuinop nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.

5 Want dit is ’n insetting vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.

6 Hy het dit ingestel as getuienis inJosef toeHy uitgetrek het teen Egipteland.’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:

7 Ek het sy skouer bevry vandie las, sy hande het die mandjie gelos.

8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek hetjou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek hetjou getoets by die waters van Mériba. Sela.

9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

10 Daar mag by jou geenvreemde god wees nie, en voor ’n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.

11 Ek is dieHerejou God wat jou laat optrek het uit Egipteland;maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.

12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.

13 Toe hetEk hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.

14 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

15 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.

16 Die haters van dieHeresou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.

17 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en metheuning uit die rots sou Ek jou versadig.

PSALMS 82

Die hoogste Regter en die wêreld van onreg.

1 ’nPSALM van Asaf.

# Godstaan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.

2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel enpartydig wees virdie goddelose mense? Sela.

3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.

4 Red die swakke en behoeftige, bevryhulleuit die hand van die goddelose mense.

5 Hulle weet nie en verstaan nie;hulle loop rond in duisternis:al die fondamente van die aarde wankel.

6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste —

7 nogtanssal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.

8 Staan op, o God, oordeel die aarde!Want Ú het erfbesit van al die nasies.

PSALMS 83

Vyande rondom!

1 ’nLIED. ’n Psalm van Asaf.

2 oGod,hou U nie stil nie,swyg nie en rus nie, o God!

3 Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

4 Teen u volk smee hulle listig ’n plan en hou onder mekaar raad teenu verborgenes.

5 Hulle sê: Kom,laat ons hulle vernietig,dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

6 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ’n verbond:

7 die tente vanEdom en dieIsmaeliete, Moab en dieHagareners,

8 Gebal enAmmon, enÁmalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.

9 Ook hetAssur by hulle aangesluit; hulle is ’n arm virdie kinders van Lot. Sela.

10 Maak met hulle soos metMídian, soos metSísera, soos met Jabin by diespruit Kison:

11 hulle is verdelg by En-Dor, hulle hetmis geword vir die grond.

12 Maak hulle, hul edeles, soosOreb en Seëb, en al hulle vorste soosSeba en Sálmuna,

13 wat sê:Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!

14 My God, maak hullesoos strooi,soos stoppels voor die wind.

15 Soos vuur wat ’n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek —

16 vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.

17 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, oHere!

18 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;

19 sodat hullekan weet dat U,wie se NaamHereis, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

PSALMS 84

Hoe lieflik is u woninge!

1 VIR die musiekleier;op die Gittiet. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2 Hoe lieflik isu woninge, oHerevan die leërskare!

3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van dieHere; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.

4 Selfs vind diemossie ’n huis en die swaweltjie ’n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare,Herevan die leërskare, my Koning en my God!

5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulleprys U gedurig. Sela.

6 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

7 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.

8 Hulle gaan van krag tot krag; elkeenvan hullesalverskyn voor God in Sion.

9 Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

10 oGod, ons skild, kyk en aanskou die aangesig vanu gesalfde.

11 Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

12 Want dieHereGod is’n son en skild; dieHeresal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.

13 Herevan die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!

PSALMS 85

Die heil is naby!

1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2 U het, oHere, ’n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.

3 U het die ongeregtigheid van u volkweggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.

4 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toornafgewend.

5 Herstel ons, o God van ons heil, enmaak tot niet u grimmigheid teen ons!

6 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?

7 Sal Ú ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?

8 Laat ons u goedertierenheid sien, oHere, en gee ons u heil!

9 Ek wil hoor wat God dieHerespreek. Ja,Hy spreek vrede vir sy volk en virsy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!

10 Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodatheerlikheid in ons land kan woon.

11 Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar;geregtigheid envrede kus mekaar.

12 Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.

13 Ookgee dieHeredie goeie, enons land lewer sy opbrings.

14 Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.

PSALMS 86

Geroep om hulp.

1 ’nGEBED van Dawid.

# Here, neig u oor, verhoor my, wantek is ellendig en behoeftig.

2 Bewaar my siel, want ’n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.

3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.

4 Verbly die siel van u kneg, wanttot U, o Here, hef ek my siel op.

5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind engroot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

6 Here,luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

8 Daar isniemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.

9 Al die nasies wat U gemaak het,sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

10 want U is groot en doen wonders,U alleen is God.

11 Leer my,Here, u weg:ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U hetmy siel uit die doderyk diep daaronder gered.

14 oGod,vermeteles het teen my opgestaan, en ’n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

15 Maar U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.

16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aanu kneg en verlos die seun van u diensmaagd.

17 Doen aan my ’n tekenten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, oHere, my gehelp en getroos het.

PSALMS 87

Sion die moederstad van volke.

1 VAN die kinders van Korag. ’n Psalm. ’n Lied.

# Sygrondvesting is opheilige berge.

2 DieHerehet die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

3 Heerlike dinge word van u gesê, ostad van God! Sela.

4 Ek wilRahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.

5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6 DieHeresal tel as Hy dievolke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is,sê:Al my fonteine is in jou!

PSALMS 88

In groot donkerheid!

1 ’nLIED. ’n Psalm van die kinders van Korag. Vir die musiekleier; opdie wysie van:„Máhalat leannot.” ’n Onderwysing vanHeman, dieEsrahiet.

2 Here, God van my heil,bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

4 Want my siel is sat van teëspoede, enmy lewe raak aan die doderyk.

5 Ek word gerekenby die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ’n man sonder krag,

6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie Unie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

7 U het my gesit in die kuil diep daaronder,in duisternisse, indieptes.

8 U grimmigheid rus op my, en U drukmyneer met al u golwe. Sela.

9 U hetmy bekendes ver van my verwyder, myiets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

10 My oog vergaan van ellende.Here, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

11 Kan U aan die dooies ’n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou indie plek van vertering?

13 Kan u wondermag indie duisternis bekend word en u geregtigheid in die land vanvergetelheid?

14 Maar ék,Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15 Here, waarom verstoot U my siel,verberg U u aangesig vir my?

16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

19 U hetvriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.

PSALMS 89

Die gewisse weldade aan Dawid toegesê.

1 ’nONDERWYSING vanEtan, dieEsrahiet.

2 Diegoedertierenhede van dieHerewil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.

3 Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele — daar bevestig U u trou.

4 Ek het ’n verbond gesluit met my uitverkorene,met ’n eed aan Dawid, my kneg, belowe:

5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig enjou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.

6 Endie hemele loof u wondermag, oHere, ook u trou in die vergadering vandie heiliges.

7 Want wie kan in die hemel met dieHerevergelyk word?Wieis soos dieHereonderdie hemelinge,

8 ’n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

9 oHere, God van die leërskare,wie is soos U? Grootmagtig is U, oHere, en u trou is rondom U!

10 Ú heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef,bring Ú hulle tot bedaring.

11 Ú het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.

12 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid — Ú het ditgegrond.

13 Die noorde en die suide — Ú het dit geskape;Tabor enHermon jubel in u Naam.

14 U het ’n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.

15 Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon;goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.

16 Welgeluksalig is die volk wat diegeklank ken; oHere, hulle wandel in die lig van u aangesig.

17 In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.

18 Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae wordons horing verhef.

19 Want aan dieHerebehoort ons skild, en ons koning aandie Heilige van Israel.

20 Toe het U in ’n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek hethulp verleen aan ’nheld, ’n uitverkorene uit die volk verhef.

21 Ek het Dawid, my kneg, gevind,met my heilige olie hom gesalf,

22 met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.

23 Die vyand sal hom nie oorval endie kwaaddoener hom nie verdruk nie;

24 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.

25 En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naamsal sy horing verhef word.

26 En Ek sal sy hand lê opdie see en sy regterhand op die riviere.

27 Hy is dit wat My sal noem: U ismy Vader, my God en die rots van my heil!

28 Ja, Ék sal hom ’neersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.

30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troonsoos die dae van die hemel.

31 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;

32 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,

33 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.

34 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.

35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

36 Een maal het Ek gesweerby my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

37 Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troonsoos die son voor My.

38 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en diegetuie in die hemel is getrou. Sela.

39 Maar U het selfverstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40 U het die verbond van u kneg tot niet gemaak,U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.

42 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof;vir sy bure het hy ’n smaad geword.

43 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45 U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46 U hetdie dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

47 Hoe lank sal U, oHere, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ’n vuur?

48 Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.

50 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat Uaan Dawid met ’n eed beloof het in u trou?

51 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ekin my boesem dradie smaad vanal die baie volke,

52 waarmee u vyande, oHere, smaad, waarmee hulle dievoetstappe van u gesalfde smaad.

53 Geloofd sy dieHerevir ewig! Amen, ja amen.