PSALMS 70

Dawid bid God om hom gou te verlos.

1 VIR die musiekleier.’n Psalmvan Dawid,by die gedenkoffer.

2 o God, maak tog gou om my te red, oHere, om my te help!

3 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom.

4 Laat hulle wat sê: Ha, ha!teruggaan vanweë hul beskaming.

5 Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!

6 Maar ek is ellendig en behoeftig:oGod,kom tog gou na my! U is my hulp en my redder;Here, vertoef tog nie!

PSALMS 71

In die ouderdom — verlaat my nie!

1 BY U, oHere, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!

2 Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!

3 Wees vir my ’n rotsom in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

4 My God,red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.

5 Want U ismy verwagting, HereHere, my vertroue van my jeug af.

6 Op U het ek gesteun van die geboorte af,van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.

7 Ek was vir baie soos ’n wonder; maar U is my magtige toevlug.

8 My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.

9 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.

10 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad

11 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!

12 o God, wees nie ver van my af nie; my God,maak tog gou om my te help!

13 Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.

14 Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.

15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.

16 Ek sal kom met die magtige dade van die HereHere; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.

17 oGod, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.

18 En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan dievolgendegeslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.

19 Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; Uwat groot dinge gedoen het, o God,wie is soos U?

20 U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weerlewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.

21 Vermeerder my grootheid, en wend U omentroos my.

22 So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, oHeilige van Israel!

23 My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, enmy siel, wat U verlos het.

24 Ook salmy tong u geregtigheid die hele dag prys, wanthulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.

PSALMS 72

Kroningslied.

1 VAN Salomo.

# oGod, gee aan die koning u regte enu geregtigheid aan die seun van die koning.

2 Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.

3 Dieberge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deurgeregtigheid.

4 Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.

5 Hulle sal u vreessolank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.

6 Hy sal neerdaal soos reën opdie grasveld, soos buie — ’n swaar reën op die aarde.

7 In sy daesal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.

8 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot bydie eindes van die aarde.

9 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyandesal die stof lek.

10 Die konings vanTarsis en vandie eilande sal geskenke aanbied, die konings vanSkeba enSeba belasting aanbring.

11 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.

12 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.

13 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.

14 Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, enhulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.

15 Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!

16 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stadsoos die plante van die aarde!

17 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! Enmag al die nasies in hom geseën word,hom gelukkig prys!

18 Geloofd sy dieHereGod, die God van Israel, wat alleen wonders doen!

19 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam!En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word!Amen, ja amen.

20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Ísai.

PSALMS 73

Die groot raaisel.

1 ’nPSALM vanAsaf.

Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.

2 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.

3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ekdie voorspoed van die goddelose mense sien.

4 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.

5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam metandermense word hulle nie geplaag nie.

6 Daarom is die trots om hulle soos ’n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ’n gewaad.

7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.

8 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking;hulle spreek uit die hoogte.

9 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.

10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.

11 En hulle sê:Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?

12 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!

13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou enmy hande in onskuld gewas.

14 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!

16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan,maardit was moeite in my oë,

17 totdat ek indie heiligdomme van God ingegaanenophulle einde gelet het.

18 Waarlik, U stel hulle opgladde plekke; U laat hulle in puin val.

19 Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

20 Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U,as U opwaak, hulle beeld!

21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

22 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ’n dier by U.

23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.

24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheidopneem.

25 Wie het ekbuiten Uin die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

26 Al beswykmy vlees en my hart — God is die rots van my hart enmy deel tot in ewigheid.

27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.

28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die HereHerehet ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.

PSALMS 74

Die verwoeste heiligdom.

1 ’nONDERWYSING vanAsaf.

# oGod, waarom het Uvir altyd verstoot?Waaromrook u toorn teendie skape van u weide?

2 Dink aan u vergadering watU in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

3 Hef u voete op na die ewigepuinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

4 U teëstanders het binne-in uvergaderplek gebrul;hulle het hul tekens as tekens gestel.

5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in ’n digte plek bome.

6 En nou —die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

9 Ons sien nie ons tekens nie;daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

11 Waaromtrek U u hand, ja, u regterhand, terug?Trek dituit u boesem! Vernietig!

12 Nogtans isGod my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

13 Ú het deur u sterkte die see geklief;Ú het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

14 Ú het die koppe van dieLeviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ’n volk — vir woestyndiere.

15 Ú het fontein en stroom oopgeslaan;Ú het standhoudende riviere laat opdroog.

16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel.

17 Ú hetal die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.

18 Dink hieraan: Die vyand het dieHeregesmaad, en ’n dwase volk het u Naam verag.

19 Gee aan die wilde diere die siel vanu tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

20 Aanskoudie verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

21 Laatdie verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ’n dwaas.

23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie — die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

PSALMS 75

Die Wêreldregter met die toornbeker.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Moenie verwoes nie.” ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2 Ons loof U, o God, ons loof, ennaby is u Naam; hulle vertel u wonders.

3 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.

4 Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék hetsy pilare vasgestel. Sela.

5 Ek sê tot dieonsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

6 Verhef julle horing nie daarboenspreek nie mettrots uitgerektenek nie.

7 Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie …

8 maarGod is regter:Hy verneder die een en verhef die ander.

9 Wantin die hand van dieHereis’n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

10 Maar ék sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.

11 En ek sal aldie horings van die goddelose mense stukkend breek;die horings van die regverdige sal verhef word.

PSALMS 76

God die Regter en Redder.

1 VIR die musiekleier; metsnaarinstrumente. ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.

3 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.

4 Daarhet Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.

5 Glansryk is U, heerlik van dieroofberge af!

6 Geplunder is die sterkes van hart; hullehet hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.

7 Deur u dreiging, o God van Jakob, hetstrydwa en perd saam bedwelmd geraak.

8 U, vreeslik is U, en wie kanvoor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?

9 Uit die hemel het U ’n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,

10 toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.

11 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.

12 Doen geloftes en betaal dié aan dieHerejulle God! Laat almal wat rondom Hom is,geskenke bring aan die Vreeslike,

13 wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.

PSALMS 77

Inwendige stryd en troosryke herinneringe.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Jedútun.” ’n Psalm van Asaf.

2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.

3 Op die dag van my benoudheid soek ek dieHere; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my sielweier om getroos te word.

4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, danversmag my gees. Sela.

5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.

6 Ek dink oordie dae van die voortyd, oordie ou, ou jare.

7 Ek wil dink aan my snarespelin die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:

8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?

9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit metdie belofte gedaan van geslag tot geslag?

10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.

11 Toe het ek gesê: Dit ismy grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!

12 Ek dink aan die dade van dieHere; ja,ek wil dink aan u wonders uit die voortyd

13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.

14 oGod, u weg is inheiligheid.Wie is ’n groot God soos God?

15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.

16 U het u volk met ’n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en vanJosef. Sela.

17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien,hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.

18 Die wolke het water uitgegiet, die hemelehet donder laat hoor, ook hetu pyle rondgevlieg.

19 U rollende donder het weerklink;bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.

20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.

21 U het u volksoos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.

PSALMS 78

Lesse uit die geskiedenis.

1 ’nONDERWYSING van Asaf.

# My volk,luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.

2 Ek wil my mond open met ’n spreuk,raaisels uit die voortyd laat stroom.

3 Wat ons gehoor het en weet enons vaders ons vertel het,

4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maaraan die volgende geslag vertel die roemryke dade van dieHereen sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.

5 Hy tog het’n getuienis opgerig in Jakob en ’n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak,

6 sodatdie volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,

7 en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,

8 en nie word soos hulle vaders nie,’n koppige en wederstrewige geslag, ’n geslag met ’n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.

9 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.

10 Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.

11 En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.

12 Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte,die veld van Soan.

13 Hyhet die see geklief en hulle laat deurgaan endie waters laat staan soos ’n wal.

14 En Hy het hullebedags gelei met ’n wolk en die hele nag met ’n lig van vuur.

15 Hy het rotse gekloof in die woestyn enhulleoorvloedig laat drink soos uit watervloede.

16 En Hy het strome laat uitgaan uitdie rots en die waters laat afloop soos riviere.

17 Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, omwederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.

18 Enhulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.

19 En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê:Sou God ’n tafel kan dek in die woestyn?

20 Kyk,Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het — sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?

21 Daarom het dieHeregehoor en toornig geword, en’n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;

22 omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.

23 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;

24 en Hy hetmanna op hulle laat reën om te eet enkoring van die hemel aan hulle gegee.

25 Mense het diebrood van die engele geëet; Hy het hullevolop padkos gestuur.

26 Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;

27 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;

28 en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.

29 Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hullebegeerte het Hy bevredig.

30 Hulle was nie weg van hulbegeerte nie — hulle voedsel was nog in hulle mond —

31 toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy ’n slagting onder hullekragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.

32 Ondanks dit alles het hulleverder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.

33 So het Hy danhulle dae laat vergaan innietigheid en hulle jare in verskrikking.

34 Elke keer as Hy hulle gedood het,het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;

35 en hulle het daaraan gedink datGod hul rots was en God, die Allerhoogste,hul verlosser.

36 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;

37 maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.

38 Maar Hy isbarmhartig, Hyversoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.

39 EnHy het daaraan gedink dat hullevlees was, ’n wind wat weggaan en nie terugkom nie.

40 Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, hethulle Hom gegrief in die wildernis;

41 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.

42 Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;

43 toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders indie veld van Soan.

44 En Hy hethulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.

45 Hy het onder hullesteekvlieë gestuur wat hulle verteer het,en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.

46 En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aandie treksprinkaan.

47 Hyhet hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.

48 Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.

49 Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, ’n uitsending van ongeluksbodes.

50 Hy het ’n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.

51 En Hy hetal die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge vanhulkrag in die tente vanGam.

52 Maar Hy het sy volk laat wegtreksoos skape en hulle gelei soos ’n kudde in die woestyn.

53 Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maardie see het hulle vyande oordek.

54 En Hy het hulle gebring na syheilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.

55 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en diéaan hulleas afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in húlle tente laat woon.

56 Maar hulle hetHomversoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.

57 En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraaisoos ’n bedrieglike boog.

58 En hulle het Hom geterg deur hulhoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.

59 God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.

60 En Hy het die tabernakel inSilo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.

61 En Hy hetsy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.

62 En Hy het sy volk oorgeleweraan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.

63 Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.

64 Hulle priesters het deur die swaard geval, enhulle weduwees het nie geween nie.

65 Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap,soos ’n held wat oorweldig is deur die wyn;

66 en Hy het sy teëstanders van agtergeslaan, Hy het hulle ’n ewige smaadheid aangedoen.

67 En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,

68 maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sionwat Hy liefhet.

69 En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.

70 En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.

71 Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk,op te pas en Israel, sy erfdeel.

72 En hy het hulleopgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.

PSALMS 79

Die vertrapte volk van God.

1 ’nPSALM van Asaf.

# oGod,heidene het gekom inu erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig,Jerusalem tot puinhope gemaak.

2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.

3 Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegietsonder dat iemand hulle begrawe.

4 Ons het vir ons bure’n smaad geword, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

5 Hoe lank,Here, sal U vir ewig toornig wees, sal uywer brand soos ’n vuur?

6 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat Unie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.

7 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.

8 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.

9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondester wille van u Naam.

10 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.

11 Laatdie gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.

12 En vergeld ons buresewevoudigin hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.

13 En ons, u volk en dieskape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.