PSALMS 60

Gebed en vertroue ná ’n neerlaag.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Die Lelie van die Getuienis.” ’n Gedig van Dawid,om te onderrig.

2 Toe hyoorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalfduisend.

3 oGod, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!

4 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

5 U het u volk harde dinge laat sien; U het onsbedwelmende wyn laat drink.

6 U het aan die wat u vrees,’n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

7 Sodatu bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8 God het gespreekin sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wilSigem verdeel en die dal vanSukkot afmeet.

9 Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda ismy veldheerstaf.

10 Moab is my waskom; opEdom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!

11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

12 Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

13 Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.

14 In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

PSALMS 61

Die vlugteling-koning.

1 VIR die musiekleier; metsnaarinstrumente.’n Psalmvan Dawid.

2 oGod, hoor my smeking, luister na my gebed!

3 Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ’n rots wat vir my te hoog is.

4 Want U het ’n toevlug vir my geword,’n sterk toring teen die vyand.

5 Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.

6 Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

7 Mag U dae bydie koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.

8 Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskikgoedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.

9 Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om mygeloftes te betaal, dag ná dag.

PSALMS 62

Stil tot God!

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Jedútun.” ’n Psalm van Dawid.

2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.

3 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting;ek sal nie grootliks wankel nie.

4 Hoe lank sal julle aanstorm op ’n man, julle almalhomverbryselsoos ’n muur wat oorhang, ’n omgestote klipmuur?

5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

7 Sekerlik,Hy is my rots en my heil, my rotsvesting;ek sal nie wankel nie.

8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

9 Vertrou op Hom altyd, o volk!Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ’n toevlug vir ons. Sela.

10 Ja, nietigheid is die mensekinders,leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie;as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!

12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,

13 en aan U, o Here, behoortdie goedertierenheid; wantU vergeld elkeen na sy werk.

PSALMS 63

Dawid se verlange na God.

1 ’nPSALM van Dawid,toe hy in die woestyn van Juda was.

2 oGod, U is my God,U soek ek;my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.

3 Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.

4 Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.

5 Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naammy hande ophef.

6 Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe

7 asek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

8 Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.

9 My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.

10 Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom indie onderste plekke van die aarde.

11 Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.

12 Maardie koning sal bly wees in God; elkeen watby Hom sweer, sal hom beroem; wantdie mond van die leuensprekers sal gestop word.

PSALMS 64

Strafgerig oor vyande van die opregtes.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.

3 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;

4 wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard,hulle pyl rig — bitter woorde! —

5 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.

6 ’n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span;hulle sê: Wie sal dit sien?

7 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! ’n Fyn uitgedinkte plan! Ja, ’n man se binneste en onpeilbare hart!

8 Maar God tref hulle met ’n pyl, skielik is hulle wonde daar.

9 En hulle tong laat hulle oorhulself struikel; almal wat hulle aansien,skud die hoof.

10 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen.

11 Die regverdige sal bly wees in dieHereen by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.

PSALMS 65

Loflied op die goedheid van God.

1 VIR die musiekleier.’n Psalm van Dawid. ’n Lied.

2 Aan U kom ’n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

3 oHoorder van die gebed, tot Umoet alle vlees kom!

4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad,maarU versoen ons oortredinge.

5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dathy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!

7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,

8 watdie gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;

9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.

10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks;die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U dieland.

11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.

12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.

13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.

14 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.

PSALMS 66

Loflied ná lyde.

1 VIR die musiekleier.’n Lied. ’n Psalm.

# Juig tot eer van God, o ganse aarde!

2 Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!

3 Sê tot God: Hoevreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.

4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.

5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.

6 Hy het die see verander in droë land;hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.

7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laatdie wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.

8 Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem —

9 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.

10 Want U hetons getoets, o God, U hetons gelouter soos ’n mens silwer louter.

11 U het ons in die net gebring, ’n swaar las op ons heupe gelê.

12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur enin die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.

13 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,

14 wat my lippe geuit en my mond uitgespreek hettoe ek benoud was.

15 Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.

16 Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.

17 Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.

18 As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart,sou die Here nie gehoor het nie.

19 Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.

20 Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nieonttrek hetnie!

PSALMS 67

Danklied by die oes.

1 VIR die musiekleier; metsnaarinstrumente.’n Psalm. ’n Lied.

2 Mag God ons genadig wees en ons seën;mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

3 Sodat die mense op aarde u weg kan ken,onder al die nasies u heil.

4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

6 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

8 God sal ons seën, enal die eindes van die aarde sal Hom vrees.

PSALMS 68

Die oorwinning van die God van Israel.

1 VIR die musiekleier. Van Dawid.’n Psalm. ’n Lied.

2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

3 Soos rook verdryf word, verdryf Uhulle;soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

4 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:Hereis sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

6 ’nVader van die wese en ’n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

7 Godlaat dieeensames woon in ’n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewigeswoon in ’n dor land.

8 oGod,toe U uitgetrek het voor u volk,toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

9 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdieSinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

10 Met ’n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het Ú dit versterk.

11 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

12 Die Here het die woord laat hoor — die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ’n groot skare:

13 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; ensy wat tuis gebly het, verdeel die buit.

14 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu opSalmon.

16 ’n Berg van God is die berg Basan, ’n berg met toppe is die berg Basan.

17 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, nadie berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, dieHeresaldaarwoon tot in ewigheid.

18 Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle;dit isSinai in heiligheid.

19 U het opgeklim na die hoogte,U het gevangenes weggevoer,U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges omdaarte woon, oHereGod!

20 Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

21 God is vir ons ’n God van verlossinge, endieHereHere het uitkomste teen die dood.

22 Gewis,God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

23 Die Here het gesê: Ek salterugbring uit Basan, Ek sal terugbringuit die dieptes van die see;

24 sodat jy jou voet kan steek in bloed,die tong van jou honde van die vyande sy deelkan hê.

25 oGod, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

26 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies inwat die tamboeryn slaan.

27 Loof God, die Here, in die vergaderinge,julle wat isuitdie fontein van Israel!

28 Daar isBenjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

29 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

30 Ter wille van u tempel in Jerusalemsal die koningsaan U geskenke bring.

31 Dreig die wilde gedierte van die riet — die trop stiere saam met die kalwers van die volke — die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

32 Edeles saluit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

33 oKoninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

34 Van Hom watry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ’n magtige stem.

35 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

36 Vreeslik is God uit jou heiligdomme,o Israel!Die God van Israel — Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

PSALMS 69

Die martelaar.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Lelies.”’n PsalmvanDawid.

2 Verlos my, o God, wantdie waters hettot by die siel gekom.

3 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.

4 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.

5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig;wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.

6 oGod, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.

7 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here,Herevan die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!

8 Wantom U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.

9 Vreemd het ek vir my broers geword en ’n onbekende vir die seuns van my moeder.

10 Wantdie ywer vir u huis het my verteer, endie smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.

11 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.

12 Ek het ook ’n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle ’n spreekwoord geword.

13 Die wat in die poort sit, praat van my — ook die spotlied van die wat sterk drank drink.

14 Maar ek — my gebed is tot U, oHere:in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!

15 Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uitwaterdieptes.

16 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laatdie put sy mond bo my nie toesluit nie!

17 Verhoor my, oHere, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.

18 En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!

19 Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.

20 Ú ken my smaad enmy beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.

21 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.

22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, envir my dors het hulle my asyn laat drink.

23 Laat hul tafel voor hulle ’n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, ’n strik.

24 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.

25 Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.

26 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.

27 Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.

28 Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.

29 Laat hulle uitgedelg word uitdie boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.

30 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!

31 Ek wil die Naam van God prys met ’n lied en Hom groot maak met danksegging;

32 en dit sal dieHerewelgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.

33 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!

34 Want dieHereluister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.

35 Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.

36 Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.

37 En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.