PSALMS 50

Die ware godsdiens.

1 ’nPSALM van Asaf.

# Die God van die gode, dieHere, spreek en roep die aarde,van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.

2 Uit Sion,die volkomenheid van skoonheid,verskyn God in ligglans.

3 Onse God kom en kan nie swyg nie.Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.

4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:

5 Versamelmy gunsgenote vir My,hulle wat my verbond by die offer sluit!

6 En —die hemele verkondig sy geregtigheid, wantGod staan gereed om te oordeel! Sela.

7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp:Ek is God, jou God!

8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.

9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;

10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.

11 Ek ken al die voëls van die berge, enwat roer op die veld, is van My.

12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie;want die wêreld is myne en sy volheid.

13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?

14 Offer dank aan God, enbetaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

15 enroep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —

17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?

18 As jy ’n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.

19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.

20 Jy sit enpraat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.

21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf enjou dit ordelik voor oë stel.

22 Verstaan dit tog, oGodvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.

23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat opsyweg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

PSALMS 51

’n Boetelied van Dawid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid,

2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.

3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.

4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.

5 Wanték ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.

6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë,sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

7 Kyk,in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

8 Kyk, U het ’n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, datek witter kan wees as sneeu.

10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laatdie gebeente juig wat U verbrysel het.

11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

12 Skep vir my ’n rein hart, o God, engee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.

13 Verwerp my nievan u aangesig nie en neemu Heilige Gees nie van my weg nie.

14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’ngewillige gees.

15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulletot U kan bekeer.

16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.

17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.

18 Want Uhet geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.

19 Die offers van God is ’n gebroke gees; ’ngebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

20 Doen goed aan Sion na u welbehae;bou die mure van Jerusalem op.

21 Dan sal U ’n welbehae hê indie offers van geregtigheid, in brandoffer envoloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.

PSALMS 52

Wee oor die bedrieglike tong.

1 VIR die musiekleier.’n Onderwysing van Dawid,

2 toeDoëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan.

3 Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!

4 Jou tong beraam onheil,soos ’n geslypte skeermes, o werker van bedrog!

5 Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.

6 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

7 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tentuitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uitdie land van die lewendes. Sela.

8 En die regverdiges sal ditsien en vrees; en hullesal oor hom lagen sê:

9 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maarvertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!

10 Maar ek sal wees soos’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.

11 Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag,want dié is goed, in teenwoordigheid vanu gunsgenote.

PSALMS 53

Goddeloosheid van die mens.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Máhalat.”’n Onderwysing van Dawid.

2 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel enhulonreg afskuwelik gemaak;daar is niemand wat goed doen nie.

3 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daariemand verstandig is, wat na God vra.

4 Hulle het almalafgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.

5 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeetasofhulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.

6 Dáár het skrik hulle oorweldigsonder dat daar skrik was; want God hetdie beendereverstrooi van hom wat jou beleër het; jy hethullebeskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.

7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

PSALMS 54

Teenoor grimmige vyande.

1 VIR die musiekleier;met snaarinstrumente.’n Onderwysing van Dawid,

2 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?

3 oGod, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!

4 oGod, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!

5 Wantvreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.

6 Kyk,God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.

7 Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!

8 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, oHere, loof,want dié is goed;

9 want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalleop my vyande neergesien.

PSALMS 55

Weg na die woestyn!

1 VIR die musiekleier;met snaarinstrumente.’n Onderwysing van Dawid.

2 oGod,hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.

3 Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,

4 weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; wanthulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.

5 My hart krimp inmekaar in my binneste, enverskrikkinge van die dood het op my geval.

6 Vrees en bewing kom oor my, enangs oordek my.

7 Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg enwegbly!

8 Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.

9 Gou sou ek vir my ’n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.

10 Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.

11 Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.

12 Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.

13 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;

14 maar jy, ’n man soos ek, myvriend en my vertroude!

15 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.

16 Laat die dood hulle oorval, laat hullelewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.

17 Maar ek, ek roep God aan, en dieHeresal my verlos.

18 Saans en smôrens ensmiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

19 Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, wantmet menigtes is hulle teen my.

20 God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.

21 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.

22 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog;sy woorde is sagter as olie,maar hulle is ontblote swaarde.

23 Werp jou sorg op dieHere, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

24 Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.

PSALMS 56

Troos van ’n vlugteling.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Die Duif van die ver Terebinte.” Van Dawid. ’n Gedig, toe dieFilistyne hom gevang het in Gat.

2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.

3 My vyande vertrapmydie hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.

4 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God,ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

7 Hulle val aan,lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulleop my lewe geloer het.

8 Ondankshulongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!

9 Ú het my omswerwinge getel;hou my trane in u kruik; is hulle nie inu boek nie?

10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.

11 Deur God sal ek die woord prys; deur dieHeresal ek die woord prys.

12 Ek vertrou op God,ek vrees nie; wat kan ’n mens my doen?

13 Op my, o God,rusgeloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;

14 wantU het my siel gered van die dood — ja, my voete van struikeling — om te wandel voor die aangesig van God indie lig van die lewe.

PSALMS 57

My hart is gerus!

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig,toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.

2 Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, enin die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.

3 Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.

4 Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap,mysmaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.

5 Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, enwie se tong ’n skerp swaard is.

6 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

7 Hulle het’n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig;hulle het ’n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.

8 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.

9 Waak op,my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!

10 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

11 Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.

12 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

PSALMS 58

Wraak oor die onregverdige regters.

1 VIR die musiekleier; opdie wysie van:„Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig.

2 Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?

3 Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.

4 Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.

5 Hulle het gif soos die gif van ’n slang; soos ’n dowe adder wat sy oor toestop,

6 wat nie luister na die stem vandie besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.

7 oGod,verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, oHere!

8 Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.

9 Laat hulle weessoos ’n slak wat wegsmelt so ver as hy loop,soos’n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.

10 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy ditwegstorm, die rouvleissowel as die vuurgloed.

11 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy salsy voete was in die bloed van die goddelose.

12 En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis,daar is ’n God wat op die aarde oordeel!

PSALMS 59

Hulp teenoor vermetele rowers.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig,toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.

2 Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

3 Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

4 Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, oHere!

5 Buitenmyskuld hardloop hulle en maak hulle klaar.Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

6 Ja U,Here, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

7 Elke aand kom hulle terug;hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

8 Kyk, hulle smaal met hul mond;swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor?

9 Maar U, oHere,lag oor hulle; U spot met al die heidene.

10 My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

11 My genadige God sal mytegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.

12 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

13 Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

14 Vernietighullein grimmigheid, vernietighulle,sodat hulle daar nie meer is nie; enlaat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

15 Enelke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

16 Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.

17 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was.

18 My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.