PSALMS 40

Welgeluksalig is hy wat op die Here vertrou.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Ek het dieHerelank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;

3 en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.

4 En Hy het’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op dieHerevertrou.

5 Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in dieHerestel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.

6 Groot dinge het U gedoen,Heremy God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.

8 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in dieboekrol is dit myvoorgeskrywe.

9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.

10 Ek het ’n blye boodskap van geregtigheidin die groot vergadering verkondig; kyk,my lippe bedwing ek nie.Here, U weet dit.

11 U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.

12 U, oHere, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laatu goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.

13 Want onheile sonder getal hetmy omring;my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie;hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.

14 Laat dit U behaag,Here,om my te red;Here,maak tog gou om my te help!

15 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.

16 Laat hulle watvir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!

17 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heilaltyddeur sê:Groot is dieHere!

18 Alis ek ellendig en behoeftig —die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!

PSALMS 41

Gebed in krankheid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; dieHeresal homred in die dag van onheil.

3 DieHeresal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.

4 DieHeresal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.

5 Ék het gesê: oHere, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.

6 My vyande spreek kwaad van myen sê:Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?

7 En as iemand kom ommyte sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.

8 Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheilen sê:

9 Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.

10 Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het,wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.

11 Maar U, oHere, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!

12 Hieraan weet ek dat U ’n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.

13 My tog, in my opregtheidondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.

14 Geloofd sy dieHere, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid!Amen, ja amen.

PSALMS 42

Heimwee na God.

1 VIR die musiekleier. ’n Onderwysing vandie kinders van Korag.

2 Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!

3 My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan envoor die aangesig van God verskyn?

4 My trane is my spys dag en nag,omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

5 Hieraan wil ek dink enmy siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare,hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — ’n feesvierende menigte!

6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!

7 oMy God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan Uuit die land van die Jordaan en dieHermons, van die klein gebergte af.

8 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome;al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

9 MaardieHeresal oordagsy goedertierenheid gebied, enin die nag sal sy lied by my wees, ’n gebed tot die God van my lewe.

10 Ek wil spreek tot God:My rots, waarom vergeet U my?Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?

11 Met ’n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

12 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

PSALMS 43

Hoop op God!

1 DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ’n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!

2 Want U is die God van my toevlug; waaromverstoot U my dan?Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?

3 Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring nau heilige berg en nau woninge,

4 dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!

5 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!

PSALMS 44

Hulpgeroep van die martelaarsgemeente.

1 VIR die musiekleier. Vandie kinders van Korag. ’n Onderwysing.

2 oGod, met ons ore het ons dit gehoor,ons vaders het ons dit vertel: ’n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.

3 U self het met u handnasies verdrywe, maarhúlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.

4 Want hulle het die land niedeur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm endie lig van u aangesig,omdat U ’n welbehae in hulle gehad het.

5 U self is my Koning, o God!Gebied die oorwinninge van Jakob.

6 Deur U sal ons ons teëstandersomstoot; in u Naam sal ons hullevertrap wat teen ons opstaan.

7 Wantek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;

8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.

9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.

10 En tog het U onsverstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.

11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.

12 U gee ons oor soos slagvee, en U het onsonder die nasies verstrooi.

13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hullekoopprys nie.

14 U maak ons ’n smaad vir ons bure,’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

15 U maak ons’n spreekwoord onder die nasies, ’nhoofskudding onder die volke.

16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik vandie vyand en wraakgierige.

18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en niebedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange hetvan u pad nie afgebuig nie,

20 alhoewel U ons verbrysel het in ’n plek vanjakkalse en ons met’n doodskaduwee oordek.

21 As ons die Naam van onse God vergeet het enons hande uitgebrei het na’n vreemde god —

22 souGod dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23 Maarom U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.

27 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!

PSALMS 45

Bruilofslied vir die Messías.

1 VIR die musiekleier;opdie wysie van:„Lelies.” Van die kinders van Korag. ’n Onderwysing. ’n Lied van die liefde.

2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ’n Koning; my tong is die pen van’n vaardige skrywer.

3 U is veel skoner as die mensekinders;genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.

4 Gord u swaard aan die heup, o held, umajesteit en u heerlikheid;

5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoedengeregtigheid; en laat u regterhand Uvreeslike dinge leer!

6 Upyle is skerp (volke val onder U!);hulle trefin die hart van die Koning se vyande.

7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer.

8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, oGod, u God U gesalf metvreugde-olie bo u metgeselle.

9 Al u klere ismirre en aleweeenkassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.

10 Dogters van konings is onderu staatsdogters;die koningin staan aan u regterhand ingoud van Ofir.

11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, envergeet u volk en die huis van u vader;

12 en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer.

13 En, o dogter van Tirus — metgeskenke sal hulle u guns soek,ja,die rykstes van die mense.

14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.

15 In veelkleurige gewadeword sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.

16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.

17 In die plek van u vaders sal u seuns wees;U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.

18 U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.

PSALMS 46

God is ’n toevlug.

1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag.Met sopraanstemme.’n Lied.

2 God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

3 Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.

4 Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.

5 Die stroompies van’n rivier maakdie Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.

6 God isdaar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.

7 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.

8 DieHerevan die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Sela.

9 Kom, aanskou die dade van dieHere, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,

10 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.

11 Laat staan en weet dat Ek God is;Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

12 DieHerevan die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Sela.

PSALMS 47

God vaar op met gejuig.

1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2 Alle volke,klap met die hande; juig tot eer van God met ’n stem van gejubel!

3 Want dieHere, die Allerhoogste, isgedug, ’n groot Koning oor die hele aarde.

4 Hybring volke onder ons en nasies onder ons voete.

5 Hy kies onserfdeel vir ons uit, dietrots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.

6 God vaar op met gejuig, dieHeremet basuingeklank.

7 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!

8 Want God isKoning van die hele aarde; psalmsing met ’n onderwysing.

9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.

10 Die edeles van die volke het vergader — ’n volk van die God van Abraham; wantaan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!

PSALMS 48

Sion die stad van die groot Koning.

1 ’nLIED. ’n Psalm van die kinders van Korag.

2 DieHereis groot en baie lofwaardig indie stad van onse God,sy heilige berg!

3 Skoon deur sy verhewenheid,die vreugde van die hele aarde is die berg Sion,aan die noordekant,die stad van die groot Koning!

4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ’n rotsvesting.

5 Want kyk,die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.

6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword,in angs weggevlug.

7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.

8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van dieHerevan die leërskare, indie stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.

10 oGod, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.

11 Soosu Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.

12 Laat die berg Sion bly wees, laatdie dogters van Juda juig oor u oordele.

13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen,tel sy torings;

14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle ditaan die volgende geslag kan vertel,

15 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons leitot die dood toe.

PSALMS 49

Die mag van die dood.

1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

4 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

5 Ek sal my oor neig tot’n spreuk; ek salmy raaisel verklaar by die siter.

6 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring —

7 die watvertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

8 Niemandkan ooit ’n broer loskoop nie;hy kan aan God sy losprys nie gee nie

9 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

10 dat hy vir ewig sou voortlewe,die vernietiging nie sou sien nie.

11 Want hy sien:wyse manne sterwe, die dwaas en dieonverstandige kom tesame om enlaat hulle vermoë aan ander na.

12 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hullenoem die lande na hul name.

13 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

14 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ’n behae het. Sela.

15 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtesheers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

16 Maar Godsal my siel loskoop van die mag van die doderyk, wantHy sal my opneem. Sela.

17 Wees nie bevrees as ’n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;

18 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

19 Alag hy homself gelukkig in sy lewe — en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen —

20 tog gaan sysielna die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulledie lig nie sien nie.

21 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.