JESAJA 47

Val van die trotse Babel.

1 KOM af en sit in die stof, jonkvrou,dogter van Babel! Sit op die grond sonder troon,dogter van die Chaldeërs! Want jy sal nie langer genoem word die vertroetelde en verwénde nie.

2 Neem die handmeul en maal meel; slaan jou sluier op, tel die kleed op,ontbloot die been, trek deur die riviere!

3 Laat jou skaamte ontbloot word, ja, jou skande gesien word!Ek sal wraak neem en geen mens verskoon nie.

4 Ons Verlosser — sy Naam isHerevan die leërskare, die Heilige van Israel.

5 Sit doodstil, en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs! want jy sal nie langer genoem wordgebiedster van die koninkryke nie.

6 Ek was toornig op my volk,Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie,op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk

7 en gesê: Ek sal in ewigheid wees,gebiedster vir altyd; jy het hierdie dinge nie ter harte geneem nie,aan die einde daarvan nie gedink nie.

8 Hoor dan nou dit, wellustige wat so veilig sit, wat in jou hart sê: Dit isek en niemand anders nie!Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie.

9 Hierdie twee dinge sal dan in ’n oomblik, op een dag, oor jou kom: kinderloosheid en weduweeskap; in volle maat sal hulle jou oorval,ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe.

10 En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!

11 Daarom oorval ’n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en ’n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou ’n verwoesting sonder dat jy dit weet.

12 Tree tog op met jou besweringe en met die menigte van jou towerye waarmee jy jou vermoei het van jou jeug af; miskien kan jy iets uitrig, miskien kan jy skrik aanjaag!

13 Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne;laat hulle tog optree en jou red — die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.

14 Kyk, hulle het gewordsoos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie — dit is geen kool om by warm te word nie, geen vuur om daarvoor te sit nie!

15 Dit het jy aan hulle —jou koopmans — met wie jy jou vermoei het van jou jeug af; elkeen dwaal sy eie koers; niemand is daar wat jou red nie.

JESAJA 48

Die bevryding deur Kores.

1 HOOR dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel enuit die waters van Juda voortgekom het,wat sweer by die Naam van dieHereendie God van Israel roem,maarnie in waarheid of in geregtigheid nie —

2 want hulle noem hul na die heilige stad ensteun op die God van Israel,Herevan die leërskare is sy Naam.

3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.

4 Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is,en jou nek ’n ystersening is, en jou voorhoof koper,

5 daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor,dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.

6 Jy het dit gehoor — aanskou dit alles! Sal júlle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.

7 Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie!

8 Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jyvan die moederskoot af ’n oortreder genoem is.

9 Om my Naam ontwilvertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.

10 Kyk,Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproefin die smeltkroes van ellende.

11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen — want ag,hoe ismy Naamontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.

12 Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het,dit is Ek;Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.

13 Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.

14 Kom bymekaar, julle almal, en luister!Wie onder hulle het dit verkondig?Hy vir wie dieHereliefhet,sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aandie Chaldeërs.

15 Ek, Ek het dit gespreek,ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.

16 Kom julle nader na My, hoor dit:Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou hetdie HereHeremy met sy Gees gestuur.

17 So sê dieHere,jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is dieHerejou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.

18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het,dan sou jou vrede gewees het soos ’n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;

19 dan sou jou nakomelinge gewees hetsoos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!

20 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê:DieHerehet sy kneg Jakob verlos;

21 enhulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei;Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.

22 Geen vrede, sê dieHere, vir die goddelose nie!

JESAJA 49

Die Kneg van die Here, die lig van die volke.

1 HOOR na My,eilande, en luister, volke wat ver is!DieHerehet My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.

2 En Hy het my mond gemaaksoos ’n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ’n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;

3 en Hy het vir My gesê:Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.

4 Maar Ék het gesê:Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer!Nogtans is my reg by dieHere, en my loon is by my God.

5 En nou sê dieHerewat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word —en Ek word geëer in die oë van dieHere, en my God is my sterkte —

6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel:Ek het U gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

7 So sê dieHere,die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat ’n afsku is by die volk, ’n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van dieHerewat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.

Die terugkeer uit Babel.

8 SO sê dieHere:In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U engee U as ’n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;

9 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.

10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie,en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei enhulle saggies aanbring na die fonteine van water.

11 EnEk sal al my berge tot ’n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.

12 Kyk,hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár komvan die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete.

13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want dieHerehet sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.

Besware van die kant van die volk.

14 MAARSion sê: DieHerehet my verlaat, en dieHerehet my vergeet!

15 Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet,nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!

16 Kyk,Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.

17 Jou seuns kom gou,maarjou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.

18 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe!So waar as Ek leef, spreek dieHere,sekerlik sal jy hulle almal aansit soos ’n versiersel, hulle ombind soos ’n bruid.

19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land — sekerlik, nou sal jyte nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!

20 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my;maak vir my plek, dat ek kan woon!

21 Dan sal jy in jou hart sê:Wie het vir my hierdiekindersgebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdiekinders— waar was húlle?

22 So sê die HereHere: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies enmy banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;

23 enkonings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders;hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toeen die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek dieHereis,dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.

24 Sal van ’n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van ’n regverdige ontvlug?

25 Waarlik, so sê dieHere: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestrydersal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos.

26 EnEk sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet,en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vleesgewaar word dat Ek, dieHere, jou Heiland is, enjou Verlosserdie Magtige van Jakob.

JESAJA 50

1 SO sê dieHere:Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wieEk julle verkoop het? Kyk,weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.

2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie,het Ek geroep en niemand geantwoord nie?Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreigingmaak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ’n woestyn, sodathulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.

3 Ek beklee die hemel met swartheiden bedek dit met ’n roukleed.

Die Kneg van die Here.

4 DIE HereHerehet My’n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wekelke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.

5 Die HereHerehet my oor geopen, enEk was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.

6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan,en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede enbespuwing nie.

7 Maar die HereHerehelp My; daarom komEk nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ’n keisteen,en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

8 Hy is naby wat My reg verskaf.Wie wil met My ’n regsaak begin? — laat ons saam optree! Wie is my teëparty? — laat hom nader kom na My toe!

9 Kyk, die HereHerehelp My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk,hulle sal almal verslyt soos ’n kleed;die mot sal hulle eet.

10 Wie is daar onder julle wat dieHerevrees, wat na die stem van sy Kneg luister,wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? — laat hy vertrou op die Naam van dieHereen steun op sy God!

11 Kyk, julle almal wat ’n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord — wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het!Van my hand het dit julle oorgekom;in smart sal julle neerlê.

JESAJA 51

Herstelling en geluk van Israel.

1 LUISTER na My,julle wat die geregtigheid najaag, wat dieHeresoek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.

2 Aanskou Abraham, julle vader, enSara, wat julle gebaar het;want as eenling het Ek hom geroep enhom geseën en hom vermenigvuldig.

3 Want dieHerevertroos Sion; Hy vertroosal sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernissoos die tuin van dieHere; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.

4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie!Want ’n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as’n lig van die volke.

5 My oorwinning is naby, my heil trek uit enmy arms sal die volke oordeel;op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.

6 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder;want die hemel sal soos rook verdwyn endie aarde soos ’n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.

7 Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is!Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;

8 want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.

9 Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte,arm van dieHere! Ontwaak soosin die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u watRahab neergekap,wat die seemonster deurboor het nie?

10 Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak hetvir die deurtog van die verlostes nie?

11 So sal dan die losgekooptes van dieHereteruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.

12 Ek is dit wat julle troos! Wie is jy,dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee wordsoos gras? —

13 dat jy vergeet dieHerewat jou gemaak het,wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?

14 Diein boeiegekromde word gou losgelaat ensal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie.

15 Maar Ek is dieHerejou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis;Herevan die leërskare is sy Naam!

16 EnEk het my woorde in jou mond gelê enin die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê:My volk is jy!

Wekroep aan Jerusalem.

17 ONTWAAK, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van dieHeredie beker van sy grimmigheid gedrink het;die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.

18 Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.

19 Hierdie twee dinge het jou oorgekom — wie het medelyde met jou? — verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard.Hoe sou ek jou kan troos?

20 Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos ’n eland in ’n vangkuil, vol van die grimmigheid van dieHere, van die dreiging van jou God.

21 Daarom, hoor tog dit, ellendige,en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!

22 So sê jou Here, dieHere, en jou Godwat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.

23 MaarEk sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen,wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos ’n straat vir die wat daaroor gaan.

JESAJA 52

1 ONTWAAK, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem,heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene ofonreine meer kom nie.

2 Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem!Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!

3 Want so sê dieHere:Vir niksis julle verkoop,julle sal ook sonder geld gelos word.

4 Want so sê die HereHere:In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.

5 Maar nou, wat vind Ek hier? spreek dieHere; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek dieHere, enmy Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.

6 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daaromsal hulle weetop dié dagdat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

Die terugkeer.

7 HOE lieflik is op die bergedie voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor,wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê:Jou God is Koning!

8 Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe dieHereterugkeer na Sion.

9 Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem!Want dieHerehet sy volk getroos,Jerusalem verlos.

10 DieHerehetsy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies,en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.

11 Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle,draers van dieheiligevoorwerpe van dieHere!

12 Wantjulle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want dieHeretrek voor julle uit,en die God van Israel is julle agterhoede.

Die Kneg van die Here word verneder en verhoog.

13 KYK,my Kneg sal voorspoedig wees,Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.

14 Soos baie hulle oor U verstom het — somisvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ’n mensekind nie —

15 so sal Hy baie nasies laat opspring,konings sal hulle mond oor Hom toehou;want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar.

JESAJA 53

1 WIE het geglo wat aan ons verkondig is?En aan wie is die arm van dieHeregeopenbaar?

2 Hy tog het soos ’n loot voor sy aangesig opgespruit ensoos ’n wortel uit droë grond.Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.

3 Hy was verag en deur die mense verlaat,’n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ’n mens sy gelaat verberg; Hy was verag enons het Hom nie geag nie.

4 Nogtanshet Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

5 MaarHy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, endeur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop;maar dieHerehet die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was,en Hy het sy mond nie oopgemaak nie;soos ’n lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders — ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem;en onder sy tydgenote — wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

9 En hulle hetHomsy graf by die goddelose gegee;en by ’n ryke was Hy in sy dood, omdatHy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.

10 Maar dit het dieHerebehaag om Hom te verbrysel; Hy hetHomkrank gemaak; as sy siel ’n skuldoffer aangebied het,sal Hy ’n nakroos sien;Hy sal die dae verleng, en die welbehae van dieHeresal deur sy hand voorspoedig wees.

11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sienenversadig word;deur sy kennis salmy Kneg, die Regverdige,baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.

12 Daarom sal Ek Hom ’n deel gee onder die grotes,en met magtiges sal Hy buit verdeel;omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedraen vir die oortreders gebid het.

JESAJA 54

Die toekoms van Sion.

1 JUBEL, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders vandie getroude, sê dieHere.

2 Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.

3 Want jy sal regs en links uitbreek, enjou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.

4 Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.

5 Want jou Makeris jou Man;Herevan die leërskare is sy Naam; endie Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.

6 Want soos ’n verlate vrou en ’n bedroefde van gees het dieHerejou geroep,en soos ’n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.

7 Vir ’n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.

8 In ’n uitstorting van toorn het Ek vir ’n oomblik my aangesig vir jou verberg,maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê dieHere, jou Verlosser.

9 Soos in die dae van Noag is dit vir My:soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.

10 Want berge mag wyk en heuwelswankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyken my vredeverbond nie wankel nie, sê dieHere, jou Ontfermer.

11 Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei,en Ek grondves jou in saffiere;

12 en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.

13 En al jou kinders sal deur dieHeregeleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.

14 Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.

15 As hulle ook die aanval begin —dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.

16 Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ’n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.

17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; enelke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van dieHereenhulle geregtigheid wat uit My is, spreek dieHere.

JESAJA 55

Die dringende uitnodiging.

1 oALMAL wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koopsonder geld en sonder prys, wyn en melk!

2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.

3 Neig julle oor enkom na My toe, luister, en julle siel sal lewe;Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit:die bestendige genadebewyse van Dawid.

4 Kyk, Ek het hom tot’n getuie van die volke gemaak, tot ’n vors en ’n gebieder van die nasies.

5 Kyk,nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van dieHerejou God en van die Heilige van Israel,omdat Hy jou verheerlik het.

6 Soek dieHereterwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.

7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot dieHerebekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek dieHere.

9 Wantsoos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

10 Wantsoos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit ensaad gee aan die saaier en brood aan die eter;

11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

12 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, enal die bome van die veld in die hande klap.

13 Vir ’n doringboom sal ’n sipres opgaan; vir ’n distel sal ’n mirteboom opgaan; en dit sal vir dieHereweestot ’n naam, tot ’n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.

JESAJA 56

Beloftes vir die wat die sabbat hou.

1 SO sê dieHere: Bewaar die reg en doen geregtigheid; wantmy heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.

2 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou;wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.

3 En laatdie uitlander wat hom by dieHereaangesluit het, nie spreek en sê: DieHeresal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is’n droë boom nie.

4 Want so sê dieHereaan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:

5 Ek sal aan hulle inmy huis en binnekant my mure ’n gedenkteken en’n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ’n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.

6 En die uitlanders wat hulle by dieHereaangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van dieHerelief te hê deur sy knegte te wees — elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,

7 hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed;hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar;want my huis sal ’n huis van gebed genoem wordvir al die volke.

8 Die HereHerewat versameldiegene wat van Israel verdryf is, spreek:Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.

Sondes van Israel, van voormanne en volk.

9 AL julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!

10 Hullewagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stomhonde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.

11 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; enherders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad,elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.

12 Kom,sê hulle,laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, endie dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!