JESAJA 37

Jesaja tree op.

1 EN toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met ’n roukleed bedek en in die huis van dieHeregegaan.

2 Daarna stuur hy Éljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.

3 En hulle sê vir hom: So sê Hiskía:Vandag is ’n dag van benoudheid en straf en lastering;want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie.

4 Miskien sal dieHereu God die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat dieHereu God gehoor het; hef dan ’n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.

5 En toe die dienaars van koning Hiskía by Jesaja kom,

6 sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek dieHere: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.

7 Kyk, Ek sal ’n gees in hom gee,dat hy ’n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.

8 Daarop het die rábsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.

9 Entoe hy van Tirháka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen u te veg — toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hiskía met die opdrag:

10 So moet julle aan Hiskía, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

11 Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou ú gered word?

12 Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered — Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?

13 Waar isdie koning van Hamat endie koning van Arpad en die koning van die stad Sefarváim, van Hena en Iwa?

14 En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van dieHere; en Hiskía het dit uitgesprei voor die aangesig van dieHere,

15 En Hiskía het tot dieHeregebid en gesê:

16 oHerevan die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; Ú het die hemel en die aarde gemaak.

17 oHere,neig u oor en luister!Here, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!

18 Waarlik,Here, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes

19 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip — daarom kon hulle dié vernietig.

20 Hereonse God, verlos ons dan nou uit sy hand,sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U,Here, dit alleen is.

21 Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hiskía weet: So spreek dieHere, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande Sánherib, die koning van Assirië,het Ek gehoor.

22 Dit is die woord wat dieHereoor hom gespreek het: Die jonkvrou,die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.

23 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!

24 Deur jou dienaars het jy dieHeregesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos ’n tuin.

25 Ék het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog.

26 Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes.

27 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en ’n koringland voordat dit are skiet.

28 Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas.

29 Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.

30 En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom;maar in die derde jaar — saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.

31 Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe.

32 Want uit Jerusalemsal ’n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van dieHerevan die leërskare sal dit doen.

33 Daarom, so sê dieHereaangaande die koning van Assirië:Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval endaar geen wal teen opwerp nie.

34 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek dieHere.

35 EnEk sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.

36 Toe het die engel van dieHereuitgetrek en in die laer van Assirië honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame.

37 En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreeken weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.

38 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan. Maar hulle het ontvlug na die land Árarat; en sy seun Esar-Haddon het koning geword in sy plek.

JESAJA 38

Wondergenesing van Hiskía.

1 IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek dieHere: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.

2 Toe draai Hiskía sy gesig na die muur, en hy het tot dieHeregebid

3 en gesê: Ag,Here, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.

4 Toe het die woord van dieHeretot Jesaja gekom en gesê:

5 Gaan sê vir Hiskía: So spreek dieHere, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,

6 en Ek sal jou uit die hand van die koning van Assirië red enook hierdie stad; en Ek sal hierdie stad beskut.

7 En dit sal vir jou die teken wees van die kant van dieHere, dat dieHerehierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring:

8 Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agasse sonnewyser,laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.

Lied van Hiskía.

9 GESKRIF van Hiskía, die koning van Juda, toe hy siek was en van sy siekte gesond geword het.

10 Ek het gesê: In die bloei van my dae moet ek heengaan in die poorte van die doderyk; ek word beroof van my orige jare.

11 Ek het gesê: Ek sal dieHerenie sien nie, dieHere,in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.

12 My woning is opgebreek en van my af weggevoersoos ’n herderstent; ek het my lewe opgerolsoos ’n wewersy weefsel;Hy sny my van die wewersbalk af; van dag tot nag gee U my prys.

13 Bring ek myself tot bedaring tot die môre — soos ’n leeu só verbreek Hy al my beendere; van dag tot nag gee U my prys.

14 Soos ’n swaweltjieofkraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos ’n duif;my oë het dof gekyk na bo:Here, ek is benoud, wees U my Borg!

15 Wat sal ek spreek, aangesien Hy my dit beloof het en Hy self dit gedoen het?Ek sal soetjies voortgaan al my jare vanweë die bitterheid van my siel.

16 Here, by hierdie dinge leef ’n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!

17 Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitterlydemy geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.

18 Wantdie doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie;die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.

19 Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag;die vader maak aan die kinders u trou bekend.

20 DieHerestaan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van dieHere.

21 En Jesaja het gesê: Laat hulle ’n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word.

22 EnHiskía het gesê: Wat is die teken dat ek na die huis van dieHeresal opgaan?

JESAJA 39

Gesante van die koning van Babel in Jerusalem.

1 IN dié tyd het Meródag Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, ’n brief en ’n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.

2 En Hiskía was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien,die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.

3 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskía en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hiskía antwoord:Uit ’n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.

4 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.

5 Toe sê Jesaja vir Hiskía: Hoor die woord van dieHerevan die leërskare:

6 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê dieHere.

7 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem,dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.

8 Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van dieHerewat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!

JESAJA 40

Die trooswoord van die God van Israel.

1 TROOS, troos my volk, sê julle God.

2 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van dieHeredubbel ontvang het vir al haar sondes.

3 ’n Stem van een wat roep:Berei in die woestyn die weg van dieHere; maak gelyk in die wildernis ’n grootpad vir onse God!

4 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ’n gelykte en die rotsagtige plekke ’n laagte word.

5 En die heerlikheid van dieHeresal geopenbaar word, enalle vlees tesame sal dit sien: want die mond van dieHerehet dit gespreek.

6 ’n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep?Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos ’n blom van die veld.

7 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van dieHeredaarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!

8 Die gras verdor, die blom verwelk;maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

9 oSion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ’n hoë berg!oJerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!

10 Kyk, die HereHeresal kom as ’n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.

11 Hy sal sy kudde laat wei soos ’n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

God alleen groot bo alle skepsele.

12 WIE het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ’n span die maat geneem, en in ’n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ’n weegtoestel en die heuwels met ’n weegskaal?

13 Wie het die Gees van dieHerebestier en as sy raadsman Hom onderrig?

14 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, enHom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?

15 Kyk, die nasies is soos ’n druppel aan die emmer, en soos ’n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ’n stoffie!

16 En die Líbanon is nie genoeg as brandhout en sy wild nie genoeg as brandoffer nie.

17 Al die nasies is voor Homsoos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.

18 By wie wil julle God dan vergelyk? Of watter gelykenis naas Hom stel?

19 Die ambagsman giet ’n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.

20 Wie te arm is vir so ’n offergawe, kies ’n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom ’n kunsvaardige ambagsman om ’n beeld op te rigwat nie wankel nie.

21 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?

22 Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane;Hy span die hemele uitsoos ’n dun doek en sprei dit uit soos ’n tent om in te woon.

23 Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;

24 skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos ’n stoppel.

25 By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.

26 Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal,Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.

Laat Israel nie moedeloos wees nie.

27 WAAROM sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir dieHereverborge,en my reg gaan by my God verby?

28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ’n Ewige God is dieHere, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie;daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

30 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;

31 maar die wat op dieHerewag,kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

JESAJA 41

Kores deur die Here verwek.

1 LUISTER in stilte na My, oeilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.

2 Wie hethom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom ooren laat hom konings vertrap, wie se swaardhullemaak soos stof, wie se booghullemaak soos ’n dwarrelende stoppel,

3 dat hy hulle agtervolg, ongehinderd verbytrek, die pad met sy voete nie betree nie?

4 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, dieHere,die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.

5 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.

6 Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!

7 En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers,dat dit nie wankel nie.

Laat Israel sy verlossing verwag!

8 MAAR jy, Israel, my kneg, Jakob,wat Ek uitverkies het,nageslag van Abraham, my vriend,

9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.

10 Wees nie bevrees nie,want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.

12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie — die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ’n nietige ding — die manne wat teen jou oorlog voer.

13 Want Ek, dieHerejou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.

14 Wees nie bevrees nie,wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek dieHere,en jou Losser is die Heilige van Israel.

15 Kyk, Ek maak jou tot ’n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf.

16 Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in dieHere, jou beroem op die Heilige van Israel.

17 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, dieHere, sal hulle verhoor;Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes;Ek sal die woestyn ’n waterplas maak en die dor land waterbronne.

19 Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal;

20 sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van dieHeredit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.

Die optrede van Kores alleen deur die Here aangekondig.

21 BRING julle regsaak voor, sê dieHere; bring julle bewysgronde aan, sê die Koning van Jakob.

22 Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!

23 Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja,doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.

24 Kyk, julle is niks, en julle werk is niks; ’n gruwel is hy wat julle uitkies.

25 Ek hetuit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos ’n pottebakker die klei trap.

26 Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.

27 As die Eerstesê Ekaan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek ’n verkondiger van goeie boodskap.

28 En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie.

29 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.

JESAJA 42

Die Kneg van die Here.

1 DAAR ismy Kneg wat Ek ondersteun,my Uitverkorene in wie my siel ’n welbehae het.Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.

2 Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie.

3 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.

4 Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie;en die eilande wag op sy leer.

5 So sê God, dieHere, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:

6 Ek, dieHere, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed Uen gee U as ’n verbond van die volk,as ’n lig van die nasies,

7 om blinde oë te open;om gevangenes uit die kerker uit te lei,uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.

Die Here trek uit om sy volk te verlos.

8 EK is dieHere, dit is my Naam; enmy eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.

9 Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.

10 Sing tot eer van dieHere’n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af —julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is,eilande en bewoners daarvan.

11 Laat die woestyn en sy stede uitroep,die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu!

12 Laat hulle aan dieHeredie eer gee en sy lof in die eilande verkondig!

13 DieHeresal uittrek soos ’n held; Hy sal die ywer opwek soos ’n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.

14 Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd.

15 Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdroog; en Ek sal riviere tot eilande maak en waterplasse laat opdroog.

16 En Ek sal blindes lei op ’n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

17 Maardie wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode —dié sal agteruitwyk,diep beskaamd staan.

’n Sondige volk en ’n genadige God.

18 HOOR, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien.

19 Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroudevriend,en blind soosdie kneg van dieHere?

20 Jy het wel baie dinge gesien,maar daar geen ag op gegee nie;die ore oop gehad, maar jy hoor nie.

21 Dit het dieHerebehaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak.

22 En tog is dit ’n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ’n buit geword sonder dat iemand red, ’n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug!

23 Wie onder julle luister na hierdie dinge?Wiemerk op, hoor dit ook vir die toekoms?

24 Wie het Jakob oorgegee as ’n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie dieHereteen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie.

25 Daarom het Hy oor hulle uitgestort die gloed van sy toorn en die geweld van die oorlog;en dit het hulle rondom aan die brand gesteek,maar hulle het dit nie bemerk nie; en dit het hulle gebrand, maar hulle het dit nie ter harte geneem nie.

JESAJA 43

1 MAAR nou, so sê dieHere, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie,want Ek het jou verlos;Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

3 Want Ek is dieHere, jou God, die Heilige van Israel,jou Heiland;Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslagvan die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.

6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,

7 elkeenwat na my Naam genoem is enwat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.

8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.

Die enigste Verlosser sal nuwe dinge doen.

9 AL die nasies het saam vergader, en die volke is versamel.Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!

10 Júlle is my getuies, spreek dieHere,en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is —voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.

11 Ek, Ek is dieHere, en daar is geen Heiland buiten My nie.

12 Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar wasgeen andergodonder julle nie; en julle is my getuies, spreek dieHere, en Ek is God.

13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?

14 So sê dieHere,jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.

15 Ek is dieHere, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.

16 So sê dieHerewat in die see ’n weg en in die sterk waters ’n pad gemaak het,

17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos ’n lamppit uitgedoof.

18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.

19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ’n pad in die woestyn,riviere in die wildernis.

20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise;want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.

21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.

Onverdiende genade!

22 NOGTANS het jy Mý nie aangeroep, o Jakob,dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!

23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.

24 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes,jy het My vermoei met jou ongeregtighede.

25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelgom My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

26 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.

27 Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.

28 So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.

JESAJA 44

1 MAAR luister nou,my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!

2 So sê dieHere, jou Maker enjou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help:Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg,en Jesúrun wat Ek uitverkies het!

3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond;Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.

4 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.

5 Die een sal sê: Ek behoort aan dieHere; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe:Ek behoortaan dieHere,en hom met die erenaam Israel noem.

Nietigheid van die afgode.

6 SO sê dieHere, die Koning van Israel en sy Losser, dieHerevan die leërskare:Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, enbuiten My is daar geen God nie.

7 En wie roep soos Ek — laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê — vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het?En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.

8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie!Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie?En júlle is my getuies! Is daar ’n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.

9 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies —dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.

10 Wie maak ’n god en giet ’n beeldwat geen voordeel aanbring nie?

11 Kyk, al sy aanhangers sal beskaamd staan; en die ambagsmanne is uit die mense! Laat hulle almal bymekaarkom, gaan staan, verskrik wees, tesame beskaamd staan!

12 Die ystersmid het ’n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.

13 Die timmerman span ’n lyn; hy trek hom af met ’n potlood; hy bewerk hom met skawe en teken hom met ’n passer en maak hom na die beeltenis van ’n man, na die skoonheid van ’n mens, om in ’n huis te woon.

14 Een gaan sederbome afkap, en hy neem ’n steeneik of ’n eikeboom en laat een vir hom opgroei onder die bome van die bos. Hy het ’n pynboom geplant, en die reën het dit grootgemaak.

15 Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar ’n god van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar ’n gesnede beeld van enkniel daarvoor neer.

16 Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand: by die een helfte eet hy vleis, hy maak braaivleis klaar en word versadig; ook maak hy hom warm en sê: Ha, ek het warm geword, ek het vuur gesien!

17 En van wat oor is, maak hy ’n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom enaanbid dit en sê: Red my, want u is my god!

18 Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;

19 en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan ’n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor ’n stuk hout?

20 Hy wat hom besig hou met as,’n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geenleuen in my regterhand nie?

21 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel!Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.

22 Ekdelg jou oortredinge uit soos ’n newel en jou sondes soos ’n wolk; keer terug na My, wantEk het jou verlos.

23 Jubel, o hemele, want dieHerehet dit gedoen. Juig,dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want dieHerehet Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.

Kores die gesalfde van die Here.

24 SO sê die Here,jou Verlosser, enHy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is dieHerewat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My? —

25 wat die tekens van die leuenprofete vernietig endie waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyken hulle kennis domheid maak;

26 wat die woordvan sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;

27 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;

28 wat vanKores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy vanJerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.

JESAJA 45

1 SO sê dieHereaansy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat hetom nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:

2 Ek self sal voor jou uit gaanen hoogtes gelykmaak;koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.

3 En Ek sal joudie skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek dieHereiswat jou by jou naam roep,die God van Israel;

4 ter wille vanJakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep;Ek het jou ’n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.

5 Ek is dieHere, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,

6 sodat hulle kan weet vandie opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is dieHere, en daar is geen ander nie;

7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerken die onheil skep: Ek, dieHere, is dit wat al hierdie dinge doen.

8 Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, dieHere, het dit geskape.

Vrymag van die Here in die sending van Kores.

9 WEE hom wat met sy Formeerder twis — ’n potskerf by erdepotskerwe!Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

10 Wee hom wat vir die vader sê: Waarom verwek u? en vir die vrou: Waarom het u weë?

11 So sê dieHere, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertroumy seuns endie werk van my hande aan My toe!

12 Ek het die aarde gemaak endie mens daarop geskape; Ek — my hande het die hemel uitgespan, enEk het aan sy ganse leërskare bevel gegee.

13 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak;hý sal my stad bou en my ballinge loslaatsonder koopprys en sonder geskenk, sê dieHerevan die leërskare.

14 So sê dieHere:Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop;in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeeken sê:Waarlik, God is in jou; enanders is daar geen, geen God meer nie!

15 Waarlik, U is ’n God watU verborge hou, die God van Israel, die Heiland.

16 Hulle het beskaamd gestaan en ook in die skande gekom, hulle almal; hulle het tesame met skande heengegaan — die wat afgode maak.

Laat julle red, eindes van die aarde!

17 ISRAEL word verlos deur dieHeremet ’n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.

18 Want so sê dieHere, wat die hemele geskape het — Hy is God! — wat die aarde geformeer en dit gemaak het — Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie,maardit geformeer om bewoon te word — Ek is dieHere, en daar is geen ander nie.

19 Ek het in die geheim nie gespreek nie — op ’n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie.Ek is dieHerewat geregtigheid spreek,wat regte dinge verkondig.

20 Versamel julle en kom, kom almal nader,julle wat uit die nasies ontvlug het!Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld draen ’n god aanbid wat nie kan verlos nie.

21 Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, dieHere, nie?En buiten My is daar geen ander God nie: ’n regverdigeen reddende God is daar buiten My nie.

22 Wend julle tot My enlaat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.

23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ’n woord wat nie herroep word nie:dat voor My elke knie sal neerbuig, by Myelke tong sal sweer.

24 Hulle sal van My sê: Alleen in dieHereis volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.

25 In dieHeresal geregverdig word en hulle beroem die hele geslag van Israel.

JESAJA 46

Die gode van Babel en die God van Israel.

1 BEL het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, ’n vrag vir die vermoeidediere.

2 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.

3 Luister na My, o huis van Jakoben die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle watdeur Mygedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;

4 en tot die ouderdom toeis Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ekjulledra; Ék het dit gedoen, en Ék saljulleopneem, en Ék sal dra en red.

5 By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?

6 Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid, en hy maak daar ’n god van;hulle kniel neer, ook buig hulle.

7 Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom,hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.

8 Dink hieraanen wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!

9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, datEk God is, en daar is geen ander nie;Ek isGod, en daar is niemand soos Ek nie;

10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê:My raad sal bestaan, enal wat my behaag, sal Ek doen;

11 wat ’n roofvoël roepuit die Ooste, die man van my raad uit ’n ver land; soosEk dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.

12 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!

13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heilsal nie vertoef nie; enEk gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.