JEREMIA 39

1 in die negende jaar van Sedekía, die koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, met sy hele leër na Jerusalem gekom en hulle het dit beleër;

2 in die elfde jaar van Sedekía, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek —

3 toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort,naamlikNergal-Saréser, Samgar-Nebo, Sársegim,die rábsaris, Nergal-Saréser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.

4 Entoe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.

5 Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadrésar, die koning van Babel, naRibla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.

6 En die koning van Babel hetdie seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.

7 Enhy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te bring.

8 En die Chaldeërs het die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand; en die mure van Jerusalem het hulle omgegooi.

9 En die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die deel van die volk wat nog oorgebly het, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babel toe.

10 Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.

11 Maar aangaande Jeremia het Nebukadrésar, die koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en gesê:

12 Neem hom en hou jou oë oor hom en doen hom geen kwaad nie; maar doen met hom soos hy jou sal sê.

13 Toe stuur Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en Nebusásban, die rábsaris, en Nergal-Saréser, die rabmag, en al die bevelhebbers van die koning van Babel — hulle het gestuur

14 en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aanGedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy danonder die volk gebly.

15 Ook het die woord van dieHeretot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik:

16 Gaan en spreek metEbed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in dié dag.

17 Maar Ek sal jou in dié dag red, spreek dieHere; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.

18 Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie;maar jou siel sal vir jou ’n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek dieHere.

JEREMIA 40

Jeremia gaan na Gedálja, by Mispa.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het,nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.

2 Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal envir hom gesê: DieHerejou God het hierdie onheil oor hierdie plek gespreek,

3 en dieHerehet dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen dieHereen nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.

4 Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan — kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.

5 En toe hy nog nie omgedraai het nie,sê hy:Gaan dan terug naGedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan,wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou oë om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en’n geskenk gegee, en hom laat gaan.

6 En Jeremia het by Gedálja, die seun van Ahíkam, inMispa gekom en by hom gewoon onder die volk wat in die land oorgebly het.

7 Toe al die owerstes van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manskappe, hoor dat die koning van Babel Gedálja, die seun van Ahíkam, oor die land aangestel het en dat hy aan hom manne en vroue en kinders toevertrou het, en van die arm mense van die land, van die wat nie in ballingskap weggevoer is na Babel nie,

8 het hulle na Gedálja gekom in Mispa, naamlikIsmael, die seun van Netánja, enJóhanan en Jónatan, die seuns van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesánja, die seun van die Maägatiet, hulle en hulle manskappe.

9 En Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: Wees nie bevrees om die Chaldeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit goed met julle gaan.

10 En ek self, kyk, ek woon in Mispa om voor die Chaldeërs te staan wat na ons sal kom. Samel julle dan wyn en somervrugte en olie in en gooi dit in julle bakke, en woon in julle stede wat julle in besit kan neem.

11 En ook al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom en wat in al die lande was, het gehoor dat die koning van Babel vir Juda ’n oorblyfsel nagelaat het; en dat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het;

12 daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.

13 Maar Jóhanan, die seun van Karéag,en al die owerstes van die leërs wat in die veld was, het na Gedálja gekom in Mispa

14 en vir hom gesê: Weet u wel datBáälis, die koning van die kinders van Ammon,Ismael, die seun van Netánja, gestuur het om u dood te slaan? Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het hulle nie geglo nie.

15 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, in die geheim met Gedálja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan en Ismael, die seun van Netánja, verslaan sonder dat iemand dit weet. Waarom sou hy u doodslaan en die hele Juda wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?

16 Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het vir Jóhanan, die seun van Karéag gesê: Doen hierdie ding nie, want jy spreek onwaarheid van Ismael.

JEREMIA 41

Ismael vermoor Gedálja en ander Jode en Chaldeërs.

1 MAAR in die sewende maand hetIsmael, die seun van Netánja, die seun van Elisáma, uit die koninklike geslag enuitdie owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Gedálja, die seun van Ahíkam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa.

2 Toe het Ismael, die seun van Netánja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, met die swaard verslaan.So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.

3 Ook het Ismael al die Jode verslaan wat by hom, by Gedálja, in Mispa was, en die Chaldeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was.

4 En op die tweede dag, nadat hy Gedálja gedood het, sonder dat dit nog bekend was,

5 kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man,met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om ditna die huis van dieHerete bring.

6 Daarop gaan Ismael, die seun van Netánja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Gedálja, die seun van Ahíkam!

7 Maar toe hulle binne-in die stad kom, het Ismael, die seun van Netánja, hulle gedoodenin die putgegooi,hy en die manne wat by hom was.

8 Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie.

9 En die put waar Ismael al die lyke van die manne wat deur hom verslaan is, langs Gedálja ingegooi het, was dié wat koning Asa gemaak hettot verdedigingteen Baésa, die koning van Israel — dié het Ismael, die seun van Netánja, vol gemaak met die wat verslaan was.

10 En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer;die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het,wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, aan Gedálja, die seun van Ahíkam, toevertrou het — Ismael, die seun van Netánja, het hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na diekinders van Ammon.

11 ToeJóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, hoor al die onheil wat Ismael, die seun van Netánja, aangerig het,

12 het hulle al die manne geneem en weggetrek om teen Ismael, die seun van Netánja, te veg; en hulle het hom aangetref bydie groot water wat by Gíbeon is.

13 En toe die hele volk wat by Ismael was, Jóhanan, die seun van Karéag, sien en al die owerstes van die leërs saam met hom, was hulle bly;

14 en die hele volk wat Ismael uit Mispa as gevangenes weggevoer het, het omgedraai en weer oorgeloop na Jóhanan, die seun van Karéag.

15 Maar Ismael, die seun van Netánja, het van Jóhanan ontsnap saam met agt man en weggetrek na die kinders van Ammon.

16 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Netánja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het —naamlikmanne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van Gíbeon teruggebring het.

17 En hulle het weggetrek en vertoef inGerut-Kimham wat naby Betlehem lê, om verder na Egipte te trek,

18 vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Netánja, Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was.

JEREMIA 42

Jeremia waarsku die volk om nie na Egipte te gaan nie.

1 TOE het al die owerstes van die leërs aangekom, naamlikJóhanan, die seun van Karéag, en Asárja, die seun van Hosája, en die hele volk, klein en groot,

2 en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot dieHereu God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel — want ons het as ’n klein klompie uit baie oorgebly, soos u oë ons sien —

3 dat dieHereu God ons bekend mag maak die pad wat ons moet trek, en die saak wat ons moet doen.

4 En die profeet Jeremia het hulle geantwoord: Ek hoor; kyk, ek sal tot dieHerejulle God bid volgens julle woorde; en alles wat dieHerejulle antwoord, sal ek julle bekend maak; ek sal vir julle niks agterhou nie.

5 Toe sê hulle vir Jeremia:Laat dieHere’n waaragtigeen geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie stip handel ooreenkomstig elke woord waarmee dieHereu God u na ons sal stuur nie.

6 Laat dit goed of sleg wees — ons sal luister na die stem van dieHereonse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van dieHereonse God.

7 En aan die einde van tien dae het die woord van dieHeretot Jeremia gekom,

8 en hy het Jóhanan, die seun van Karéag, geroep en al die owerstes van die leërs wat by hom was, en die hele volk, klein en groot,

9 en aan hulle gesê: So spreek dieHere, die God van Israel, na wie julle my gestuur het om julle smeking eerbiediglik voor sy aangesig te bring:

10 As julle rustig in hierdie land bly,sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie;want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het.

11 Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek dieHere, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.

12 En Ek sal julle barmhartigheid bewys,sodat hy hom oor julle sal ontferm en julle terugbring na julle land toe.

13 Maar as julle sê: Ons wil in hierdie land nie bly nie, sodat julle nie luister na die stem van dieHerejulle God nie,

14 en sê: Nee,maar ons sal na Egipteland trek waar ons geen oorlog sal sien of basuingeluid sal hoor of honger na brood sal hê nie, en daar wil ons woon —

15 daarom hoor dan nou die woord van dieHere, o oorblyfsel van Juda! So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: As julle werklik julle aangesig rig om na Egipte te trek en weggaan om daar as vreemdelinge te vertoef,

16 dan sal die swaard waar julle voor vrees, julle daar in Egipteland inhaal; en die honger waar julle voor bang is, sal daar in Egipte kort agter julle aankom, en julle sal daar sterwe.

17 Ja, al die manne wat hulle aangesig gerig het om na Egipte te trek om daar as vreemdelinge te vertoef, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood en die pes; en daar sal vir hulle niemand wees wat vryraak of ontvlug van die onheil wat Ek oor hulle bring nie.

18 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Soos my toorn en my grimmigheid uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my grimmigheid oor julle uitgestort word as julle na Egipte trek; en julle sal wees ’n voorwerp van verwensing, van verbasing, van vervloeking en van smaad, en julle sal hierdie plek nie meer sien nie.

19 DieHerehet oor julle gespreek, o oorblyfsel van Juda: Trek nie na Egipte nie! Weet verseker dat ek julle vandag waarsku.

20 Want julle het gedwaal ten koste van julle lewe, dat júlle my na dieHerejulle God gestuur het, met die woorde: Bid tot dieHereonse God vir ons; en net soos dieHereonse God sal sê, maak dit ons so bekend en ons sal dit doen.

21 So het ek julle dit dan vandag bekend gemaak, en julle het nie geluister na die stem van dieHerejulle God, naamlik na alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie.

22 Weet dan nou verseker dat julle deur die swaard, die hongersnood en die pes sal sterwe in die plek waarheen julle verkies om te trek om daar as vreemdelinge te vertoef.

JEREMIA 43

Jeremia word deur die volk saamgevoer na Egipte.

1 EN toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van dieHerehulle God, waarmee dieHerehulle God hom na hulle gestuur het,naamlikal hierdie woorde,

2 het Asárja, die seun vanHosája, enJóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; dieHereonse God het u nie gestuur om te sê:Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.

3 MaarBarug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.

4 So het Jóhanan, die seun van Karéag, enal die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van dieHereom in die land Juda te bly nie.

5 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,

6 die manne en die vroue en die kindersen die dogters van die koning en al die mense watNebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het — ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería —

7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van dieHerenie. En hulle het tot byTagpánhes gekom.

Profesie van die verwoesting van Egipteland deur Nebukadnésar.

8 TOE het die woord van dieHeretot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:

9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;

10 en sê vir hulle: So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laatmy kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.

11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!

12 En Ek sal ’n vuur aansteek in die huise vandie gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand enhulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos ’n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.

13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.

JEREMIA 44

Die Jode in Egipte word met straf bedreig.

1 DIE woord wat tot Jeremia gekom het aan al die Jode wat in Egipteland woonagtig was, wat inMigdol en inTagpánhes en inNof en in die land Patros gewoon het:

2 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Julle het self gesien al die onheil wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag ’n puinhoop, sonder dat daar iemand in woon;

3 weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstygenander gode te dien wat hulle nie geken het, hulle, julle en julle vaders nie.

4 EnEk het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike saak wat Ek haat, doen nie.

5 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen rook te laat opgaan nie.

6 Daarom is my grimmigheid en my toorn uitgestort en het dit gebrand in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, sodat hulle ’n puinhoop, ’n wildernis geword het soos dit vandag is.

7 So sê dan nou dieHere, die God van die leërskare, die God van Israel:Waarom berokken julle julself ’n groot onheil om onder julle man en vrou, kind en suigling uit Juda uit te roei, om vir julle niemand te laat oorbly nie,

8 deurdat julle My terg met die werke van julle hande, om vir ander gode rook te laat opgaan in Egipteland waar julle gekom het om as vreemdelinge te vertoef, sodat julle julself uitroei en ’n voorwerp van vervloeking en van smaad onder al die nasies van die aarde word?

9 Het julle vergeet die booshede van julle vaders en die booshede van die konings van Juda en die booshede vanhulle vroue en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle bedryf het in die land Juda en op die strate van Jerusalem?

10 Hulle is tot vandag toe nie verbryselvan hartnie, en hulle was nie bevrees en het nie gewandel in my wet en in my insettinge wat Ek julle en jul vaders voorgehou het nie.

11 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei.

12 En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem,wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe;en hulle sal ’n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word.

13 EnEk sal besoeking doen oor die wat in Egipteland woon, soos Ek besoeking gedoen het oor Jerusalem deur die swaard, die hongersnood en die pes;

14 sodat daar geeneen sal wees wat ontvlug of vryraak vir die oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef nie, dat hulle kan teruggaan in die land Juda waar hulle siel na verlang om terug te gaan, om daar te woon; want hulle sal nie teruggaan behalweenkelevlugtelinge nie.

15 En al die manne wat geweet het dat hulle vroue vir ander gode rook laat opgaan, en al die vroue wat daar staan, ’n groot menigte, en die hele volk wat in Egipteland, inPatros gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê:

16 Aangaande die woord wat u ons in die Naam van dieHereverkondig het — ons sal na u nie luister nie.

17 Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons mond uitgegaan het — om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; toe is ons met brood versadig en was gelukkig, en ons het geen onheil gesien nie.

18 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom.

19 En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet — is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?

20 Toe het Jeremia gespreek met die hele volk, met die manne en die vroue en die hele volk wat hom antwoord gegee het, en gesê:

21 Aan die offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, julle en julle vaders, julle konings en julle vorste en die volk van die land —het dieHeredaaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart opgekom nie? —

22 sodat dieHeredit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan ’n puinhoop geword en ’n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;

23 omdat julle rook laat opgaan het en teen dieHeregesondig en nie na die stem van dieHeregeluister het nie en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie;daarom het hierdie onheil oor julle gekom soos dit vandag is.

24 Verder het Jeremia aan die hele volk en al die vroue gesê: Hoor die woord van dieHere, ohele Juda wat in Egipteland is!

25 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet — bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes!

26 Daarom, hoor die woord van dieHere, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk,Ek sweer by my grote Naam, sê dieHere:Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die HereHereleef!

27 Kyk,Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is.

28 Maar die wat van die swaard vryraak, sal uit Egipteland terugkom in die land Juda, min in getal; so sal dan die hele oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef, weetwie se woord sal bestaan, myne of hulle s’n.

29 En dit sal vir julle die teken wees, spreek dieHere, dat Ek oor julle besoeking sal doen in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde sekerlik teen julle sal bestaan ten kwade —

30 so sê dieHere: Kyk,Ek gee Farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande enin die hand van die wat sy lewe soek, soos EkSedekía, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, sy vyand, wat ook sy lewe gesoek het.

JEREMIA 45

Barug word deur God by monde van die profeet berispe en getroos.

1 DIE woord wat die profeet Jeremia aanBarug, die seun van Nería, meegedeel hettoe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in ’n boek geskrywe het,in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:

2 So spreek dieHere, die God van Israel, aangaande jou, o Barug!

3 Jy sê: Wee my tog, want dieHerehet kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!

4 So moet jy vir hom sê: So spreek dieHere: Kyk,wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.

5 Ensou jý vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek dieHere;maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.

JEREMIA 46

Profesieë teen verskillende volke. Onderwerping van Egipteland.

1 DIE woord van dieHerewataangaande die volke tot die profeet Jeremia gekom het.

2 Oor Egipte. Oor die leër vanFarao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier byKárkemis was, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda —

3 Hou die klein en die groot skild klaar, en kom aan na die geveg!

4 Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan.

5 Waarom sien ek — hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek dieHere.

6 Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.

7 Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome?

8 Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.

9 Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Putéërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteerenspan.

10 Maar dié dag behoort aan die HereHerevan die leërskare, ’n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die HereHerevan die leërskarehet ’n slagofferin die Noordland, by die Eufraatrivier.

11 Gaan op na Gílead engaan haal balsem,o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.

12 Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.

13 Die woord wat dieHeretot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van Nebukadrésar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.

14 Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor inMigdol; ja, laat dit hoor inNof en inTagpánhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.

15 Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat dieHeredit omgestoot het.

16 Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.

17 Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer;hy het die bepaalde tyd laat verbygaan.

18 So waar as Ek leef,spreek die Koning, wie se Naam isHerevan die leërskare, daar sal sekerlik een kom soosTabor onder die berge en soos Karmel by die see.

19 Maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, o inwoner,dogter van Egipte; want Nof sal ’n woesteny word en dit sal verniel word, sonder inwoner wees.

20 Egipte is ’n pragtige vers; ’n steekvlieg kom,dit kom van die noorde af.

21 Ook ishaar huurtroepe daar by haar soos kalwers uit die stal; maar hulle het ook omgedraai, almal saam gevlug, hulle het nie bly staan nie; want die dag van hulle ondergang het oor hulle gekom, die tyd van hulle besoeking.

22 Haar geluid is soos van ’n slang wat wegseil; want met ’n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers.

23 Hulle kap haar bos om, spreek dieHere; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat ’n mens hulle nie kan tel nie.

24 Die dogter van Egipte staan beskaamd; sy is oorgegee in die hand van die volkuit die Noorde.

25 DieHerevan die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon vanNo en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;

26 en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars.Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek dieHere.

27 Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.

28 Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek dieHere, want Ek is met jou. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

JEREMIA 47

Profesie teen die Filistyne.

1 DIE woord van dieHerewataangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.

2 So sê dieHere: Kyk,die waters rys opuit die noorde en hulle sal ’n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,

3 weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie — so slap is die hande —

4 weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want dieHeremaak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eilandKaftor.

5 ’n Kaal plek het op Gasa gekom; Áskelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?

6 Wee, swaard van dieHere, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.

7 Hoe sou dit rus hê, terwyldieHeredaaraan bevel gegee het teen Áskelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.

JEREMIA 48

Profesie teen die Moabiete.

1 OOR Moab. So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.

2 Uit is dit met die roem van Moab; in Hesbon het hulle onheil teen hom bedinken gesê:Kom laat ons hom uitroei, dat hy geen nasie meer is nie. Ook jy, Madmen, sal verwoes word, die swaard sal jou agtervolg.

3 Hoor! Geskreeu uitHoronáim: verwoesting en ’n groot vernieling.

4 Moab is verbreek; sy kleintjies laat ’n geskreeu hoor.

5 Want die hoogte van Luhit gaan hulle op met geween by geween; want aan die hange van Horonáim het hulle angsgeskreeu van verbreking gehoor.

6 Vlug, red julle lewe, en word soos ’n kaal bos in die woestyn!

7 Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jý ook ingeneem word; enKamos sal uittrek in ballingskap,sy priesters en sy vorste almal saam.

8 En die verwoester sal kom oor elke stad, sodat geen stad sal vryraak nie; en die dal sal te gronde gaan, en die gelyk veld sal verwoes word, soos dieHeregesê het.

9 Gee vlerke aan Moab, want hy sal moet wegvlieg; en sy stede sal ’n woesteny word, sonder dat daar iemand in woon.

10 Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van dieHerete doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!

11 Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelêop sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.

12 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan.

13 En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soosdie huis van Israel beskaamd gestaan het deurBet-el waar hulle op vertrou het.

14 Hoe kan julle sê: Ons is helde en manne bekwaam om te veg?

15 Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam isHerevan die leërskare.

16 Die ondergang van Moab is naby om te kom, en sy onheil is baie haastig.

17 Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê:Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!

18 Kom af uitjouheerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter vanDibon! Want die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes.

19 Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner vanÁroër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?

20 Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by dieArnon dat Moab verwoes is!

21 Ja, ’n oordeel het gekom oordie land van die gelykte, oor Holon en oor Jahas en oor Mefáät,

22 en oor Dibon en oor Nebo en oor Bet-Diblatáim,

23 en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,

24 en oorKérijot en oorBosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die wat naby is.

25 Die horing van Moab is afgekap en sy arm is verbreek, spreek dieHere.

26 Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen dieHere, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook ’n belagging word.

27 Want was Israel vir jou nie ’n bespotting nie?Of is hy onder die diewe betrap, dat jy die hoof geskud het so dikwels as jy van hom gespreek het?

28 Verlaat die stede engaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos ’n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.

29 Ons het van die trotsheid van Moab gehoor — hy is baie trots! — van sy hoogheid en sy trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.

30 Ek ken sy grimmigheid, spreek dieHere, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het hulle gehandel.

31 Daarom sal ek oor Moab huil, ja, oor die hele Moab dit uitskreeu;oor die manne vanKir-Heres sug hulle.

32 Bo die geween van Jaéser sal ek jou beween, o wingerdstok van Sibma! Jou ranke het gegaan oor die see, tot by die see van Jaéser het hulle gekom — die verwoester het jou somervrugte en jou druiwe-oes oorval.

33 Daarom isvreugde en gejuig weggeneem uit die land van tuine en uit die land Moab, en Ek het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn; hulle sal dit nie trap met vreugdegeroep nie; die vreugdegeroep sal geen vreugdegeroep wees nie.

34 Weens die geskreeu van Hesbon tot by Eleále, tot by Jahas het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horonáim, Eglat-Selísia; want ook die waters van Nimrim sal ’n woesteny word.

35 En Ek sal in Moab ’n einde maak, spreek dieHere, aan hom watopdie hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god.

36 Daarom klaag my hart oor Moab soos fluite, ja, my hart klaag oor die manne van Kir-Heres soos fluite; omdatdie oorwins wat hulle verwerf het, verlore gegaan het.

37 Wantal die hoofde iskaal en al die baarde is afgeskeer; op al die hande is snye en om die heupe is ’n roukleed.

38 Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreeksoos ’n ding waar ’n mens geen behae in het nie, spreek dieHere.

39 Hoe is hy verslae! Hulle huil. Hoe het Moab die rug gedraai met skaamte! So sal Moab dan vir almal wat rondom hom is, ’n belagging en ’n verskrikking word.

40 Want so sê dieHere: Kyk,hysal vlieg soos ’n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei.

41 Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van Moab sal in dié dag wees soos die hart van ’n vrou wat in nood is.

42 En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het teen dieHere.

43 Die skrik endie kuil en die strik oor jou, o inwoner van Moab, spreek dieHere.

44 Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bringdie jaar van hulle besoeking, spreek dieHere.

45 In die beskutting van Hesbon staan vlugtelinge sonder krag;want ’n vuur het uitgegaan uit Hesbon en ’n vlam uit die huis van Sihon, en het die slape vandie hoof van Moab en die skedel van die rumoermakers verteer.

46 Wee jou, Moab! Die volk van Kamos is verlore; want jou seuns is weggeneem as gevangenes en jou dogters in gevangenskap.

47 Maar aan die einde van die daesal Ek die lot van Moab verander, spreek dieHere.Tot sover die oordeel van Moab.