ESÉGIËL 32

1 EN in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, hef ’n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom:Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos ’n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.

3 So sê die HereHere: So sal Ek danmy net oor jou uitsprei deur ’n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.

4 Dansal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; enEk sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.

5 En Ek sal jou vlees weggeeop die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.

6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.

7 En as Ek jou uitblus, salEk die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.

8 Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die HereHere.

9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.

10 En Ek salmaak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; enhulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.

11 Want so sê die HereHere:Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.

12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde —die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.

13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.

14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die HereHere.

15 As Ek Egipteland ’n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dansal hulle weet dat Ek dieHereis.

16 ’n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing;die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oorsy hele menigte, spreek die HereHere.

17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal (hy met die dogters van geweldige nasies)in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.

19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê bydie onbesnedenes.

20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.

21 Die magtigste heldesal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar — die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.

22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;

23 wie se grafte gemaak is indie uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.

24 Daar isElam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes ennouhulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.

25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom ’n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.

26 Daar isMeseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.

27 Maarhulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.

28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.

29 Daar isEdom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.

30 Daar is die vorste vandie Noorde, hulle almal, en al dieSidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.

31 Farao sal hulle sien enhom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die HereHere.

32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard — Farao en sy hele menigte, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 33

Die brandwag.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, spreek metdie kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor ’n land bring, en die mense van die land neem ’n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan,

3 en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense —

4 as dan iemanddie geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg,dan is sy bloed op sy hoof.

5 Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.

6 As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ’n siel uit hulle weg — dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maarsy bloed sal Ek van die hand van die wag eis.

7 En jy, o mensekind, Ek het jouas wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.

8 As Ek aan die goddelose sê:oGoddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

9 Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.

10 En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg — hoe kan ons dan lewe?

11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HereHere, gewis,Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë!Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?

12 En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk:Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sygeregtigheidnie kan lewe op die dag as hy sondig nie.

13 As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.

14 Enas Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe —en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen —

15 gee die goddelosedie pand terug,vergoed hy wat geroof is, wandel hy indie insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie — dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

16 Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.

17 Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.

18 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.

19 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid en reg en geregtigheid doen, dan sal hy ten gevolge daarvan lewe.

20 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie.Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!

Die stad is ingeneem!

21 EN in die twaalfde jaarvan ons ballingskap, in die tiendemaandop die vyfde van die maand, het ’n vlugteling uit Jerusalem na my gekom met die woorde:Die stad is ingeneem!

22 Endie hand van dieHerewas op my in die aand, voordat die vlugteling gekom het; en Hy het my mond geopen teen die tyd dat hy in die môre na my gekom het. So is danmy mond geopen, en ek was nie meer stom nie.

23 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

24 Mensekind, die bewoners van daardiepuinhope in die land van Israel spreek en sê: Abraham was ’n eenling, en tog het hy die land as besitting ontvang; maar ons is baie; aan ons is die land as besitting gegee!

25 Daarom, sê vir hulle: So spreek die HereHere:Julle eetvleissaam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed — en sal julle die land as besitting ontvang?

26 Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen die vrou van sy naaste — en sal julle die land as besitting ontvang?

27 So moet jy vir hulle sê: So spreek die HereHere: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.

28 En Ek sal die land ’n wildernis en ’n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal ’n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan.

29 Dan sal hulle weet dat Ek dieHereis, as Ek die land ’n wildernis en ’n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle bedryf het.

30 En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise — hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van dieHereuitgaan.

31 En hulle kom na jou toe soos ’n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.

32 En kyk, jy is vir hulle soos ’n minnelied,soos eenskoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.

33 Maar as dit kom — kyk, dit kom! — dan sal hulle weet dat daar ’n profeet onder hulle gewees het.

ESÉGIËL 34

Die goeie herder en die slegtes.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die HereHere: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?

3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes,maardie skape laat julle nie wei nie;

4 julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.

5 So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.

6 My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemandna hullevra ofhullesoek.

7 Daarom, o herders, hoor die woord van dieHere:

8 So waar as Ek leef, spreek die HereHere, gewis, omdat my skape ’n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie —

9 daarom, o herders, hoor die woord van dieHere!

10 So sê die HereHere: Kyk, Ek het dit teen die herders! EnEk sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.

11 Want so sê die HereHere: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.

12 Soos ’n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag vanwolke endonkerheid.

13 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land.

14 Op ’n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees.Daar sal hulle lê op ’n goeie plek en wei in ’n geil weiveld op die berge van Israel.

15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die HereHere.

16 Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maardie vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppassoos dit reg is.

17 En wat julle aangaan, my skape, so sê die HereHere, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.

18 Is dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En moet julledie helder water drink, terwyl julledie wat oorbly, met jul pote troebel maak?

19 En moet my skape afwei wat met julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak is?

20 Daarom, so sê die HereHerevir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.

21 Omdat julle al die swakkes met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het,

22 daarom sal Ek my skape red, sodat hulle nie meer ’n prooi sal wees nie; en Ek sal oordeel tussen skape en skape.

23 En Ek saleen enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei,naamlikmy kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle ’n herder wees.

24 EnEk, dieHere, Ek sal vir hulle ’n God wees, en my kneg Dawid’n vors in hulle midde. Ek, dieHere, het dit gespreek.

25 En Ek sal’n verbond van vrede met hulle sluit endie wilde diere uit die land laat verdwyn; enhulle sal veilig bly in die woestyn en slaap in die bosse.

26 En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuweltot ’n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd;stortreëns van seën sal dit wees.

27 En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek dieHereis as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.

28 En hulle sal nie meer ’n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik.

29 En Ek sal vir hulleplante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie endie smaad van die nasies nie meer sal dra nie.

30 Maar hulle sal weet dat Ek, dieHerehulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die HereHere.

31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 35

Wraak oor Edom.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind,rig jou aangesig teendie berg Seïr enprofeteer teen hom.

3 En sê vir hom: So spreek die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o berg Seïr! En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou ’n wildernis en ’n woesteny maak.

4 Ek sal jou stede ’n puinhoop maak, en jy self sal ’n wildernis word; en jy sal weet dat Ek dieHereis.

5 Omdat jy ’n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening,

6 daarom, so waar as Ek leef, spreek die HereHere, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.

7 En Ek sal die berg Seïr ’n woesteny en wildernis maak, en uit hom uitroei die wat deurtrek en wat terugkom.

8 En Ek sal sy berge vol maak met die wat uit hom verslaan is; jou heuwels en jou dale en al jou klowe — die wat verslaan is deur die swaard, sal daarin val.

9 Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

10 Omdat jy sê: Die twee nasies daar en die twee lande sal myne wees, en ons sal dit in besit neem — terwyl tog dieHeredaar gewees het —

11 daarom, so waar as Ek leef, spreek die HereHere, Ek sal handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het; en Ek sal onder hulle bekend word as Ek jou oordeel.

12 En jy sal weet dat Ek, dieHere, al jou lasterlike woorde gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle lê woes, hulle is aan ons gegee tot spys.

13 So het julle dan jul groot gehou teen My met julle mond en julle woorde teen My opgehoop; Ek het dit gehoor.

14 So sê die HereHere: Tot vreugde van die hele aarde sal Ek jou ’n wildernis maak.

15 Soos jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak: jy sal ’n wildernis word, o berg Seïr en diehele Edom, almal saam. En hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 36

Die land van Israel word herstel.

1 EN jy, mensekind, profeteer totdie berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van dieHere!

2 So sê die HereHere: Omdatdie vyand ha, ha! oor julle roep; en:Die ewige hoogteshet vir ons ’n besitting geword! —

3 daarom profeteer en sê: So spreek die HereHere: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies ’n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is —

4 daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die HereHere. So spreek die HereHeretot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat ’n buit en’n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is —

5 daarom, so sê die HereHere: Waarlik,in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het — in volle vreugde van die hart, met diepste veragting — sodat die weiveld daarvan ’n buit sou wees.

6 Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die HereHere: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdatjulle die smaad van die nasies gedra het.

7 Daarom, so sê die HereHere, hef Ek my hand op:Waarlik, die nasies wat rondom julle is — hulle sal hul smaad dra.

8 Maar julle, o berge van Israel, sal jultakke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel;want hulle koms is naby.

9 Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.

10 En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; endie stede sal bewoon endie puinhope opgebou word.

11 Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoonsoos in jul voortyd en aanjulleweldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek dieHereis.

12 En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle ’n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie.

13 So spreek die HereHere: Omdat hulle vir julle sê: ’n Menseter is jy en een watsy eie nasie kinderloos maak —

14 daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die HereHere.

15 En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die HereHere.

16 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

17 Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het,het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesigsoos die besoedeling van diemaandelikseonreinheid.

18 Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweëdie bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.

19 En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge.

20 En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het,het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van dieHere, en hulle moes uit sy land uittrek.

21 Toe het dit My ter harte gegaanom my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.

22 Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die HereHere:Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maarter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.

23 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek dieHereis, spreek die HereHere,as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.

24 EnEk sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring.

25 Dan sal Ekskoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.

26 En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee;en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee.

27 EnEk sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

28 En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; enjulle sal vir My ’n volk en Ek sal vir julle ’n God wees.

29 En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.

30 En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie.

31 Dansal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; enjulle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels.

32 Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die HereHere; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.

33 So sê die HereHere: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word.

34 En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ’n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan.

35 En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soosdie tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.

36 Dansal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, dieHere, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, dieHere, het dit gespreek en sal dit doen.

37 So sê die HereHere:Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape.

38 Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 37

Israel word herstel.

1 DIE hand van dieHerewas op my, en Hy het my uitgebringdeur die Gees van dieHereen my neergesit indie laagte; en dit was vol bene.

2 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ’n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.

3 Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: HereHere,U weet dit.

4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van dieHere!

5 So spreek die HereHeretot hierdie bene: Kyk,Ek bringgees in julle in, sodat julle lewendig kan word.

6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek dieHereis.

7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ’n geruis, en kyk — ’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.

8 Toe kyk ek en — daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ’n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.

9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die HereHere: Kom aan uitdie vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.

10 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword enop hulle voete gaan staan — ’n ontsaglike groot leër!

11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê:Ons bene is verdor, enons verwagting is verlore;dit is klaar met ons!

12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die HereHere: Kyk,Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!En Ek sal julle bring in die land van Israel.

13 En julle sal weet dat Ek dieHereis as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!

14 EnEk sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, dieHere, dit gespreek en gedoen het, spreek dieHere.

15 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

16 En jy, mensekind,neem vir jou ’n stuk hout, en skrywe daarop: VirJuda en virdie kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ’n ander stuk hout en skrywe daarop: VirJosef (die hout vanEfraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote.

17 Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand.

18 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie?

19 sê dan vir hulle: So spreek die HereHere: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.

20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand weesvoor hulle oë;

21 en sê vir hulle: So spreek die HereHere: Kyk,Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.

22 EnEk sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; eneen Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.

23 En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Eksal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ’n volk wees, en Ek vir hulle ’n God wees.

24 Enmy kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.

25 Enhulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinderstot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors weesvir ewig.

26 En Ek sal’n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ’n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulledaarbring en hulle vermenigvuldig; enEk sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.

27 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle vir my ’n volk wees.

28 Endie nasies sal weet datEk dieHereis wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.

ESÉGIËL 38

Gog trek op teen Israel.

1 VERDER het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesig teenGog, in die land Magog, die vors van Ros,Meseg en Tubal, en profeteer teen hom

3 en sê: So spreek die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!

4 En Ek sal jou weglok enhake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ’n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;

5 Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;

6 Gomer en al sy leërs, die huis vanTogárma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs — baie volke saam met jou.

7 Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ’n leidsman.

8 Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ’n land intrek wat van die swaard weer reggekom het,wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het — ja, dit is uit die volke uitgebring, enhulle woon almal in veiligheid.

9 Dan sal jy optreksoos ’n onweer wat aankom, jy sal weessoos ’n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.

10 So sê die HereHere: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n listige plan beraam

11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;

12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope watweerbewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

13 Skeba enDedan endie koopmans van Tarsis en alsy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om ’n groot buit te maak?

14 Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die HereHere: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie?

15 Dansal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ’n groot menigte en ’n magtige leër;

16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos ’n wolk om die land te oordek.Aan die einde van die dae sal dit wees — dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan kenas Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.

17 So sê die HereHere: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?

18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die HereHere,sal my grimmigheid in my neus opkom.

19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar’n groot aardbewing wees in die land van Israel,

20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.

21 EnEk sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die HereHere; die swaard van die een sal teen die ander wees.

22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op syleërs en op baie volke wat saam met hom is.

23 So sal Ek My dan as groot enas heilig laat ken enMyself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

ESÉGIËL 39

Gog word vernietig.

1 EN jy,mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die HereHere: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.

2 En Ek sal jou weglok en jou lei enjou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.

3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.

4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.

5 Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die HereHere.

6 En Ek sal ’n vuur slinger inMagog en onder hulle wat indie kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.

7 En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; endie nasies sal weet dat Ek dieHereis, die Heilige in Israel.

8 Kyk, dit kom en gebeur, spreek die HereHere. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.

9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan envuur maak enstook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;

10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; enhulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die HereHere.

11 En indié dag sal Ek aan Gog ’n plek gee waar ’n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte.

12 En die huis van Israel sal hulle begraweom die land te reinig, sewe maande lank.

13 En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die HereHere.

14 Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawewat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle ’n ondersoek instel,

15 en sien een van hulle wat deur die land trek, ’n mensebeen, dan rig hy daarby ’n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het indie dal van Gog se menigte.

16 En ook sal die naam van ’n stad wees Hamóna. So sal hulle dan die land reinig.

17 En jy, mensekind, so spreek die HereHere: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante bymy slagoffer wat Ek vir julle slag, ’n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!

18 Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink — ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaaktedierevanBasan almal saam —

19 vet sal julle eettotdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, vanmy slagoffer wat Ek vir julle geslag het.

20 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die HereHere.

21 En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het.

22 En die huis van Israel sal weet dat Ek dieHerehulle God is, van dié dag af en verder.

23 En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het,het Ek my aangesig vir hulle verberg enhulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.

24 Volgens hulle onreinheid en hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en my aangesig vir hulle verberg.

25 Daarom, so sê die HereHere: Nou sal Ekdie lot van Jakob verander en My ontferm oordie hele huis van Israel enywer vir my heilige Naam.

26 Enhulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.

27 As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.

28 En hulle sal weet dat Ek, dieHere, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulleweerversamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.

29 En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ekmy Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 40

Die nuwe tempel. Die voorhowe met die poorte.

1 IN die vyf-en-twintigste jaarvan ons ballingskap, in die begin van die jaar, op die tiende van dieeerstemaand,in die veertiende jaar nadat die stad ingeneem is, op daardie selfde dag,was die hand van dieHereop my, en Hy het my daarheen gebring.

2 In gesigte van God het Hy my in die land van Israel gebring en my neergesit op’n baie hoë berg, en daarop iets wat soos ’n stad gebou was, teen die suide.

3 En Hy het my daarheen gebring; en kyk, daar was ’n manwat in sy voorkoms soos koper gelyk het;en in sy hand was ’n linnetou en’n meetroede; en hy het by die poort gestaan.

4 En die man het met my gespreek: Mensekind, kyk met jou oë en hoor met jou ore en gee ag op alles wat ek jou sal laat sien; want om jou dit te laat sien, is jy hierheen gebring. Verkondig aan die huis van Israel alles wat jy sien.

5 En kyk,daar was ’n muur aan die buitekant van die huis al rondom, en in die man se hand was die meetroede van ses el (elkeen was ’n el en ’n handbreedte); en hy hetdie dikte van die bouwerk gemeet: een roede, en die hoogte: een roede.

6 Toe het hy gekom by ’n poort waarvan die voorkant na die ooste lê, en hy het met sy trappe opgegaan en die drumpel van die poort gemeet: een roede die breedte, en die ander drumpel: een roede die breedte.

7 Enelkesykamer: een roede die lengte en een roede die breedte; en tussen die sykamers: vyf el; en die drumpel van die poort langs die voorportaal van die poort aan die binnekant: een roede.

8 Ook het hy die voorportaal van die poort aan die binnekant gemeet: een roede.

9 Toe het hy die voorportaal van die poort gemeet: agt el, en sy deurposte: twee el; die voorportaal van die poort was aan die binnekant.

10 En die sykamers van die poort na die ooste was drie aan die een en drie aan die ander kant; al drie het dieselfde afmeting gehad; ook het die deurposte aan weerskante dieselfde afmeting gehad.

11 Verder het hy die wydte van die poortingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.

12 En daar was ’n afskorting voor die sykamers van een elaan die een kant,en ’n afskorting van een el aan die ander kant; enelkekamer was ses el aan die een, en ses el aan die ander kant.

13 Toe het hy die poort gemeet van die dak van die een sykamer af na die dak van die ander toe: die breedte was vyf-en-twintig el, deur teenoor deur.

14 Ook het hy die deurposte gemaak; sestig el; en die voorhof, al rondom die poort, het gekom tot by die deurposte.

15 Envandie voorkant van die ingangspoort af tot by die voorkant van die voorportaal van die binneste poort: vyftig el.

16 En daar was vensters van latwerk in die sykamersingebouen in hulle deurposte, na binne toe in die poort al rondom; so ook in die voorportale; ja, vensters was al rondom na binne toe, en op die deurposte waspalmbome.

17 Verder het hy my indie buitenste voorhof gebring, en kyk,daar was kamers, en rondom die voorhof was ’n plaveisel gemaak; dertig kamers was op die plaveisel.

18 En die plaveisel was aan die sykant van die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte;dit wasdie onderste plaveisel.

19 Toe het hy die breedte gemeet van die voorkant van die onderste poort af tot by die buitenste voorkant van die binneste voorhof: honderd el, aan die ooste- en aan die noordekant.

20 Aangaande die poort wat na die noorde lê, by die buitenste voorhof — hy het sy lengte en sy breedte gemeet.

21 En sy sykamers was drie aan die een en drie aan die ander kant; en sy deurposte en sy voorportaal het dieselfde afmeting gehad as by die eerste poort: vyftig el sy lengte en die breedte vyf-en-twintig el.

22 En sy vensters en sy voorportaal en sy palmbome het dieselfde afmeting gehad as by die poort waarvan die voorkant na die ooste lê: en ’n mens kon daarin opklim met sewe trappe; en sy voorportaal was daarvoor.

23 En daar was ’n poort na die binneste voorhof teenoor die poort na die noorde en na die ooste;en hy het gemeet van poort tot poort: honderd el.

24 Daarop het hy my na die suide laat gaan; en kyk, daar was ’n poort na die suide; en hy het sy deurposte en sy voorportaal gemeet volgens die vorige afmetinge.

25 En dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom soos die vorige vensters; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el.

26 En sy trap het sewe trappies gehad, en sy voorportaal was daarvoor; en dit het palmbome gehad, een aan die een en een aan die ander kant, op sy deurposte.

27 Ook was daar ’n poort na die binneste voorhof na die suide; en hy het van poort tot poort gemeet, na die suide: honderd el.

28 Verder het hy my deur die suidpoort gebring nadie binneste voorhof; en hy het die suidpoort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.

29 En sy sykamers en sy deurposte en sy voorportaal was volgens dié mate; en dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el.

30 En daar was voorportale al rondom; die lengte was vyf-en-twintig el en die breedte vyf el.

31 En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte, en sy trap het agt trappies gehad.

32 Daarop het hy my na die binneste voorhof gebring, na die ooste; en hy het die poort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad.

33 Ook sy sykamers en sy deurposte en sy voorportaal volgens die vorige afmetinge; en dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el.

34 En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte aan weerskante; en sy trap het agt trappies gehad.

35 Daarop het hy my na die noordpoort gebring; en hy het gemeet volgens die vorige afmetinge:

36 sy sykamers, sy deurposte en sy voorportaal; ook het dit vensters gehad al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el.

37 En sy voorportaal was na die buitenste voorhof toe; ook was daar palmbome op sy deurposte aan weerskante; en sy trap het agt trappies gehad.

38 En ’n kamer met sy ingang was by die deurposte by die poorte; daar hethulledie brandoffer afgespoel.

39 En in die voorportaal van die poort was twee tafels aan die een en twee tafels aan die ander kant om daaropdie brandoffer endie sondoffer endie skuldoffer te slag.

40 En aan die buitenste symuur, noord van wie na die ingang van die poort opgaan, was twee tafels; en aan die ander symuur wat by die voorportaal van die poort was, twee tafels:

41 vier tafels aan die een en vier tafels aan die ander kant, by die symuur van die poort: agt tafels waar hulle op geslag het.

42 En daar was vier tafels vir die brandoffer, van gekapte klippe, die lengte anderhalf el, en die breedte anderhalf el, en die hoogte een el — daarop het hulle die gereedskap neergesit waarmee hulle die brandoffer en die slagoffer geslag het.

43 En die gaffelvormige hake van ’n handbreedte was aan die binnekant al rondom bevestig; en op die tafels was die offervleis.

44 En buitekant die binneste poort was twee kamers in die binneste voorhof, een aan die symuur van die noordpoort, met die voorkant na die suide toe; een was aan die symuur van die suidpoort, met die voorkant na die noorde toe.

45 En hy het vir my gesê: Hierdie kamer, waarvan die voorkant na die suide lê, is virdie priesters wat die diens van die huis waarneem.

46 En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is virdie priesters wat die diens van die altaar waarneem;dit isdie seuns van Sadokwat uit die kinders van Levi na dieHeremag nader kom om Hom te dien.

47 En hy het die voorhof gemeet: die lengte honderd el en die breedte honderd el, ’n vierkant; en die altaar was voor die huis.

48 Toe het hy my gebring in die voorportaal van die huis; en hy hetelkedeurpos van die voorportaal gemeet: vyf el aan die een en vyf el aan die ander kant; en die breedte van die poort: drie el aan die een, en drie el aan die ander kant.

49 Die lengte van die voorportaal was twintig el, en die breedte elf el, en dit by die trappe waarmee ’n mens daarheen opgaan; ook was daarpilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant.

ESÉGIËL 41

Die Heilige en die Allerheiligste.

1 VERDER het hy my in die hoofvertrek gebring; en hy het die deurposte gemeet: ses el die breedte aan die een en ses el die breedte aan die ander kant, die breedte van die tent.

2 En die breedte van die ingang: tien el, en die symure van die ingang: vyf el aan weerskante;ook het hy die lengte daarvan gemeet: veertig el,en die breedte: twintig el.

3 Daarop het hy ingegaan na die binneste, en hy het die deurpos van die ingang gemeet: twee el, en die ingang: ses el, en die breedte by die ingang: sewe el.

4 Ook het hy die lengte daarvan gemeet: twintig el, en die breedte: twintig el na die kant van die hoofvertrek. En hy het vir my gesê: Dit isdie Allerheiligste.

5 En hy het die muur van die huis gemeet: ses el, en die breedte vandie aanbousel: vier el, aan alle kante rondom die huis.

6 En die sykamers het indrieverdiepingebo mekaar gelê, in rye van dertig; en daar was in die muur van die huis rondom inspringinge vir die sykamers, omdaaropte dra; maar hulle het nie gedra op die muur van die huis nie;

7 en die omgewende sykamers het op elke verdieping breër geword; die ombou van die huis het steeds hoër opgerys rondom die huis; so het die huis ’n verbreding na boontoe gekry; en so is uit die onderste na die boonste opgegaan deur die middelste.

8 En ek het gesien aan die huis rondom ’n verhoging as onderbou van die sykamers; dit was’n volle roede hoog: ses el, tot aan die verbinding.

9 Die breedte van die muur wat die sykamers buitentoe gehad het, was vyf el, en so ook wat oopgelaat is, die ruimte vir die sykamers wat by die huis behoort het.

10 En tussen die kamers was ’n breedte vantwintig el, aan alle kante rondom die huis.

11 En die deuropening van die sykamers was na die plek toe wat oopgelaat is: een deur na die noorde en een deur na die suide; en die breedte van die plek wat oopgelaat is: vyf el al rondom.

12 En die bouwerk wat teenoor die afgeslote ruimte na die westekant toe lê, was sewentig el breed, en die muur van die bouwerk vyf el breed al rondom, en die lengte daarvan negentig el.

13 Verder het hy die huis gemeet: die lengte honderd el; ook die afgeslote ruimte en die gebou en die mure daarvan:die lengte honderd el.

14 En die breedte van die voorkant van die huis en van die afgeslote ruimte na die ooste toe: honderd el.

15 So het hy dan gemeet die lengte van die gebou teenoor die afgeslote ruimte, wat aan die agterkant daarvan lê, en die galerye daarvan aan weerskante: honderd el, en die binneste van die tempel en die voorportale van die voorhof;

16 die drumpels en die vensters van latwerk en die galerye rondom al drie — teenoor die drumpel was geskaafde hout al rondom — en die grond tot by die vensters (die vensters was bedek),

17 die plekbokant die deur tot in die binneste huis sowel as buitekant, en op die hele muur al rondom, binnekant en buitekant —oralwas daarvastemate.

18 En aangebring isgérubs en palmbome, en daar was ’n palmboom tussen gérub en gérub; en elke gérub het twee aangesigte gehad:

19 die aangesig van ’n mens na die palmboom toe aan die een, en die aangesig van ’n jong leeu na die palmboom toe aan die ander kant; in die hele huis al rondom is dit aangebring;

20 van die grond af tot bokant die deur is die gérubs en die palmbome aangebring, en wel aan die muur van die hoofvertrek.

21 Die deurposte van die hoofvertrek was vierkantig; en die voorkant van die heiligdom het dieselfde voorkoms gehad.

22 Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê:Dit is die tafel wat voor die aangesig van dieHereis.

23 En die hoofvertrek en die heiligdom hetelkeentwee deure gehad.

24 En die deure het twee vleuels gehad, tweevleuels wat kon draai; twee vir die een deur en twee vleuels vir die ander een.

25 En daarop, op die deure van die hoofvertrek, is gérubs en palmbome aangebring soos daar op die mure aangebring is; en daar was’n afdak van hout vooraan die voorportaal buitekant.

26 En daar was vensters van latwerk en palmbome aan weerskante aan die symure van die voorportaal; enaandie sykamers van die huis en die afdakke.