MATTHÉÜS 19

Die vraag oor die skeibrief.

1 ENtoe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galiléa vertrek enin die gebied van Judéa oorkant die Jordaan gekom.

2 En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle daar gesond gemaak.

3 Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ’n man geoorloof omoor allerhande redes van sy vrou te skei?

4 En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wathullegemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,

5 en gesê het:Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef,en hulle twee sal een vlees wees;

6 sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

7 Hulle sê vir Hom:Waarom het Moses dan beveel om ’n skeibrief te gee en van haar te skei?

8 Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.

9 Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

10 Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ’n man met ’n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.

11 Maar Hy sê vir hulle:Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wiedit gegee is.

12 Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, endaar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.

Jesus seën die kindertjies.

13 TOE bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf.

14 Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; wantaan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

15 En Hy het hulle die hande opgelê en daarvandaan vertrek.

Die ryk jongman.

16 EN daarkom een na Hom en sê vir Hom: GoeieMeester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?

17 En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maaras jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.

18 Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê —dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;

19 eer jou vader en moeder; en:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

20 Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort?

21 Jesus antwoord hom: Asjy volmaak wil wees,gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jysal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.

22 Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad.

23 En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.

24 Enverder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

25 Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word?

26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik,maar by God is alle dinge moontlik.

27 Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons hetalles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?

28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in diewedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit,julle ook optwaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.

29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.

30 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, enwat laaste is, eerste.

MATTHÉÜS 20

Gelykenis van arbeiders op verskillende ure gehuur.

1 WANT die koninkryk van die hemele is soos ’n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.

2 En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ’n penning op ’n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.

3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.

4 En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.

5 Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.

6 En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?

7 Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.

8 Entoe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.

9 En die wat omtrent die elfde uurbegin het,het gekom en elkeen ’n penning ontvang.

10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang.

11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer

12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.

13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie?

14 Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.

15 Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oogverkeerd, omdat ek goed is?

16 Sosal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste;want baie is geroep, maar min uitverkies.

Die vraag van die seuns van Sebedéüs.

17 EN toe Jesus opgaan na Jerusalem, het Hy die twaalf dissipels op die pad alleen geneem en vir hulle gesê:

18 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel

19 en Hom oorleweraan die heidene om Hom tebespot en te gésel en te kruisig; en opdie derde dag sal Hy opstaan.

20 Toe kom die moeder van die seuns vanSebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.

21 En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkrykmag sit, eenaan u regter- en een aan u linkerhand.

22 Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julledie beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word metdie doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.

23 En Hy sê vir hulle:Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maaris vir hullevir wie dit deur my Vader berei is.

24 En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.

25 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê:Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;

26 maar só moet dit onder julle nie wees nie; maarelkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

27 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie,maar om te dien ensy lewe te gee as ’n losprys virbaie.

Die twee blindes van Jérigo.

29 EN toe hulle uit Jérigo uitgaan, het ’n groot menigte Hom gevolg.

30 En daar hettwee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

31 En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

32 Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?

33 Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word.

34 En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel enhulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.

MATTHÉÜS 21

Intog van Jesus in Jerusalem.

1 ENtoe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:

2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maakhaarlos en bringhullevir My.

3 En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.

4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:

5 Sê vir die dogter van Sion:Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ’n esel, ja, ’n jong esel, die vul van ’n pakdier.

6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;

7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.

8 En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.

9 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid!Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

10 En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?

11 En die skare sê: Dit is Jesus,die profeet, vanNásaret in Galiléa.

Reiniging van die tempel.

12 EN Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.

13 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe:My huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit’n rowerspelonk gemaak.

14 En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15 En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig

16 en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees:Uit die mond vankinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?

17 En Hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan naBetánië en daar vernag.

Die verdroogde vyeboom.

18 EN vroeg in die môre toe Hy teruggaan na die stad, het Hy honger gehad;

19 en Hy sien ’n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ’n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog.

20 En toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en sê: Hoe het die vyeboom so onmiddellik verdroog?

21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle:Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het ennie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook virhierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.

22 Enalles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

Die doop van Johannes.

23 EN toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê:Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?

24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en as julle dit vir My sê, sal Ek julle ook vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.

25 Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

26 En as ons sê: Uit mense —dan moet ons oppas vir die menigte, want almal hou Johannes vir’n profeet.

27 Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

Gelykenis van die twee seuns.

28 MAAR wat dink julle? ’n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.

29 En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.

30 Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.

31 Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, dietollenaars en diehoere gaan julle voor in die koninkryk van God.

32 Want Johannes het na jullegekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar dietollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.

Gelykenis van die landbouers.

33 LUISTER na ’n ander gelykenis:Daar was ’n sekere huisheer wat ’n wingerd geplant het; en hy het ’n heining daarom gesit en ’nparskuip daarin gegrawe en ’n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.

35 Maar die landbouers het sy diensknegte geneem eneen geslaan en ’nander een doodgemaak en ’nander een gestenig.

36 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.

37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.

38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit isdie erfgenaam; komlaat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.

39 En hulle het hom geneem enbuitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.

40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?

41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense — hy sal hulle ’n slegte dood laat sterween die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.

42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie:Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?

43 Daarom sê Ek vir julle:Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ’n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

44 En hy watop hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.

46 Enhulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maarhulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir’n profeet gehou het.

MATTHÉÜS 22

Gelykenis van die bruilof.

1 EN Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:

2 Die koninkryk van die hemele is soos ’n koning wat’n bruilof vir sy seun berei het

3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.

4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.

5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ’n ander na sy handelsaak.

6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit niewerd nie.

9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het,slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemandwat nie ’n bruilofskleed aan het nie.

12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.

13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg enwerp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Die vraag oor die belasting.

15 TOE gaan die Fariseërs saam raad hou hoe om Hom in sy woord te verstrik.

16 En hulle stuur hul dissipels saam met dieHerodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie —

17 sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan diekeiser belasting te betaal of nie?

18 Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:

19 Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom ’n penning gebring.

20 En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?

21 Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle:Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

22 En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

Die Sadduseërs en die opstanding.

23 DIESELFDE dag kom daar na HomSadduseërs, hullewat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

24 en sê: Meester, Moses het gesê:As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.

25 Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.

26 So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.

27 En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28 In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees — want hulle almal het haar gehad?

29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal,omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar issoos engele van God in die hemel.

31 En wat die opstanding van die dode betref — het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:

32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.

33 En toe die skare dit hoor,was hulle verslae oor sy leer.

Die groot gebod.

34 EN toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.

35 En een van hulle,’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:

36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

37 En Jesus antwoord hom:Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38 Dit is die eerste en groot gebod.

39 En die tweede wat hiermee gelykstaan:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Die Christus, seun van Dawid.

41 EN toe die Fariseërs saamgekom het,vra Jesus hulle

42 en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom:Dawid s’n.

43 Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:

44 Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?

45 As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?

46 En niemand kon Hom ’n woord antwoord nie;ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

MATTHÉÜS 23

Jesus berispe die skrifgeleerdes en Fariseërs.

1 TOEhet Jesus die skare en sy dissipels toegespreek

2 en gesê:Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.

3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.

4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.

5 En hulle doen al hul werkeom deur die mense gesien te word, enhulle maak hul gedenkseëls breed endie some van hul klere groot.

6 En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges

7 en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!

8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julleleermeester: Christus, en julle is almal broeders.

9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie,want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.

11 Maardie grootste van julle moet juldienaar wees.

12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, wantjulle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

14 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes,want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ’n swaarder oordeel ontvang.

15 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self.

16 Wee julle, blinde leiers, julle wat sê:Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.

17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, ofdie tempel wat die goud heilig?

18 En: Elkeen wat sweer by die altaar — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.

19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, ofdie altaar wat die gawe heilig?

20 Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;

21 en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en byHom wat daarin woon;

22 en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van diewet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

24 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

25 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes,want julle maak die buitekant van diebeker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

27 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soosgewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene enallerhande onreinheid is.

28 So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete enversier die grafstene van die regverdiges;

30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.

31 Julle gee dus teen julself getuienisdat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.

32 Maak die maat van julle vaders dan vol!

33 Slange,addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig ensommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,

35 sodatoor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdigeAbel af tot op die bloed vanSagaría, die seun vanBerégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.

36 Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!

39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê:Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

MATTHÉÜS 24

Die profetiese rede. Die begin van die smarte.

1 ENJesus het uitgegaan envan die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle,daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op,moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.

7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.

8 Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte.

9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

11 En baievalse profete sal opstaan en baie mense mislei.

12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

14 En hierdieevangelie van die koninkryksal verkondig word indie hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Die profetiese rede (vervolg). Die groot verdrukking.

15 WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeetDaniël, sien staan in dieheiligdom — laat hy wat lees, oplet —

16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

17 wieop die dak is,moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;

18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.

20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille vandie uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

23 Asiemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! — moet dit nie glo nie.

24 Want daar sal valse christusse envalse profete opstaan, en hullesal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.

26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie.

27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, sosal ook die koms van die Seun van die mens wees.

28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

Die profetiese rede (vervolg.) Die koms van die Seun van die mens.

29 EN dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, endie sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.

30 En dan saldie teken van die Seun van die mens in die hemelverskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

31 EnHy sal sy engele uitstuur met hardetrompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.

34 Voorwaar Ek sê vir julle,hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Die profetiese rede (vervolg). Vermaning om waaksaam te wees.

36 MAAR vandié dag en dié uurweet niemand nie, ook die engele van die hemele nie,maar net my Vader alleen.

37 Ennet soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

38 Wantnet soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaakdie dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.

44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.

Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die twee diensknegte.

45 WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?

46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.

47 Voorwaar Ek sê vir julle,hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom —

49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,

50 dan sal die heer van dié dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur dat hy dit nie weet nie;

51 en sal hom pynig en hom ’ndeelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

MATTHÉÜS 25

Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die vyf verstandige en die vyf onverstandige maagde.

1 DAN sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het omdie bruidegom te ontmoet.

2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan dieslaap geraak.

6 En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. Endie wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, endie deur is gesluit.

11 Later kom toe die ander maagde ook en sê:Meneer, Meneer, maak vir ons oop!

12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle,ek ken julle nie.

13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Die profetiese rede (vervolg). Gelykenis van die talente.

14 WANTdit issoos ’n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.

15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een,aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.

16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.

17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.

18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.

19 En ná ’n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.

20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.

21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oorweinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in indie vreugde van jou heer.

22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.

23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ’n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;

25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.

26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.

27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.

28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;

29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

30 Enwerp dienuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.

Die profetiese rede (slot). Die ewige lewe en die ewige straf.

31 EN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al dieheilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;

32 envoor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;

33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.

34 Dan saldie Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader,beërfdie koninkryk wat vir julle berei isvan die grondlegging van die wêreld af.

35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;

36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het Mybesoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.

37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?

39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?

40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle,vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes,in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel ensy engele.

42 Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.

43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.

44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?

45 Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

46 En hulle sal weggaan in dieewige straf, maar die regverdiges in dieewige lewe.

MATTHÉÜS 26

Die owerstes van die Jode hou saam raad.

1 EN toe Jesus al hierdie woorde geëindig het, sê Hy vir sy dissipels:

2 Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.

3 Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in diepaleis van die hoëpriester watKájafas genoem word,

4 en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.

5 Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie.

Die maaltyd in Betánië.

6 EN toe Jesus inBetánië was in die huis van Simon, die melaatse,

7 kom ’n vrou na Hom met ’n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was.

8 En toesy dissipels dit sien, was hulle verontwaardig en sê: Waarvoor is hierdie verkwisting?

9 Want hierdie salf konduur verkoop endie geldaan die armes gegee geword het.

10 Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het ’n goeie werk aan My gedoen.

11 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.

12 Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op mybegrafnis.

13 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar.

Die loon van die verraad.

14 TOE gaan een van die twaalf, met die naam vanJudas Iskáriot, na die owerpriesters

15 en sê:Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir homdertig silwerstukke afgeweeg.

16 En van toe af het hy ’n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

Die laaste pasga. Die heilige nagmaal.

17 ENop die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?

18 En Hy antwoord: Gaan na die stadna ’n sekere iemand en sê vir hom:Die Meester laat weet:My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels.

19 Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei.

20 Entoe dit aand geword het,was Hy met die twaalf aan tafel.

21 En terwyl hulle eet, sê Hy:Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?

23 Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam metMy sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.

24 Die Seun van die mens gaan wel heensoos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word!Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.

25 En Judas, wat Hom sou verraai,antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.

26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.

28 Want dit is mybloed, die bloed van die nuwe testament, wat virbaie uitgestort wordtot vergifnis van sondes.

29 MaarEk sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drinkin die koninkryk van my Vader.

30 En nadat hulle die lofsang gesing het,het hulle uitgegaan na die Olyfberg.

Petrus gewaarsku.

31 TOE sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nagaanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek saldie herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.

32 Maar nadat Ek opgestaan het,sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.

33 Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem,ek sal nooit aanstoot neem nie.

34 Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag,voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.

35 Petrus sê vir Hom:Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! So het ook al die dissipels gesê.

Jesus in Getsémané.

36 TOE kom Jesus met hulle in ’n plek met die naam vanGetsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.

37 En Hy neem Petrus endie twee seuns van Sebedéüs saam en begin bedroef en benoud word.

38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.

39 En Hy het ’n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval engebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.

40 En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?

41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.

43 Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar.

44 En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.

45 Daarop kom Hy by sy dissipels en sê vir hulle: Slaap maar voort en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars.

46 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.

Jesus word gevange geneem.

47 EN terwyl Hy nog spreek, daar komJudas, een van die twaalf, en saam met hom ’n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk.

48 En sy verraaier het vir hulle ’n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!

49 En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, Rabbi! en hy het Hom gesoen.

50 Maar Jesus sê vir hom: Vriend, waarvoor is jy hier? Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom.

51 Eneen van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek ensy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.

52 Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almalwat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?

54 Hoe soudie Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?

55 In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: Het julle soos teen ’n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie.

56 Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe hetal die dissipels Hom verlaat en gevlug.

Jesus voor die Joodse Raad.

57 EN die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei naKájafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het.

58 En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.

59 En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie.

60 En alhoewel daar baievalse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.

61 Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê:Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.

62 Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?

63 MaarJesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom:Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus,die Seun van God, is?

64 Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir ualmal:Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die kragvan Goden kom op die wolke van die hemel.

65 Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!

66 Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy isdie dood skuldig.

67 Toe het hullein sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,

68 en ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?

Jesus deur Petrus verloën.

69 EN Petrus het buitekant gesitin die binneplaasvan die paleis,en ’n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus,die Galiléër!

70 Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.

71 En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien ’n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasaréner.

72 En met ’n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.

73 Maar ’n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ookjou spraak maak jou bekend.

74 Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.

75 En dadelik het die haan gekraai, en Petrushet die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het:Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

MATTHÉÜS 27

Die selfmoord van Judas.

1 EN toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.

2 En hulle het Hom geboei enweggelei en Hom oorgelewer aanPontius Pilatus, die goewerneur.

3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge

4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!

5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop enhomself gaan ophang.

6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in dieskatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.

7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ’n begraafplaas vir vreemdelinge.

8 Daarom is dié stuk grond genoemBloedgrond,tot vandag toe.

9 Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het:En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;

10 en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.

Jesus voor Pilatus.

11 EN Jesus het voor die goewerneur gestaan,en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.

12 En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, hetHy niks geantwoord nie.

13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?

14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.

15 En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.

16 En in daardie tyd het hulle ’n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.

17 Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?

18 Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.

19 En terwyl hy opdie regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely om sy ontwil.

20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaaldat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.

21 Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas!

22 Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!

23 En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!

24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ’n oproer kom, het hywater geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!

25 En die hele volk antwoord en sê:Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

26 Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maarJesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.

27 Daaropneem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis enbring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.

28 Toe trek hulle sy klere uit en werp’n rooi mantel om Hom;

29 en hulle vleg ’n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ’n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!

30 En hullespuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.

31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.

Die kruisiging.

32 ENtoe hulle uitgaan, kry hulle ’n man van Ciréne,met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.

33 En hulle het gekom op ’n plek wat Gólgota genoem word —dit beteken: Plek van die Hoofskedel —

34 en vir Homasyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.

35 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is:Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.

36 En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.

37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel:DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.

38 Toe word daar saammet Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.

39 Endie verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud

40 en sê:U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself!As U die Seun van God is, kom af van die kruis!

41 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:

42 Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.

43 Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.

44 En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.

45 Envan die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;

46 en omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is:My God, my God, waarom het U My verlaat?

47 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep Elía.

48 Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem ’n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op’n riet en laat Hom drink.

49 Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.

50 Daarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep endie gees gegee.

51 En kyk, dievoorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, endie aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.

53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.

54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê:Waarlik, Hy was die Seun van God.

55 Endaar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het,wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het.

56 Onder hulle was daar MariaMagdaléna en Maria,die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedéüs.

Die begrafnis van Jesus.

57 EN toe dit aand geword het, het daar ’n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook ’n dissipel van Jesus was.

58 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toebeveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.

59 En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai

60 en ditin sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ’n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.

61 En Maria Magdaléna was daar endie ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.

62 Die volgende dag — dit is die dag ná dievoorbereiding — kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam

63 en sê: My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het:Oor drie dae staan ek op.

64 Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.

65 Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal’n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.

66 En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.

MATTHÉÜS 28

Die opstanding.

1 EN laat ná die sabbattoe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna endie ander Maria om na die graf te gaan kyk.

2 En daar kom ’n groot aardbewing, want ’nengel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.

4 En uit vrees vir hom hetdie wagte gebewe en soos dooies geword.

5 Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.

6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaansoos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;

7 en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode engaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.

8 En hulle het haastig weggegaan van die graf metvrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.

9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteensteë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

10 En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertelmy broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.

Die verhaal wat onder die Jode versprei is.

11 EN terwyl hulle op weg was, kom daar sommige vandie wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.

12 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee

13 en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.

14 En as dit by diegoewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.

15 Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode,tot vandag toe.

Die verskyning van Jesus in Galiléa.

16 EN die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die bergwaar Jesus hulle bestel het.

17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.

18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegeealle mag in die hemel en op aarde.

19 Gaan dan heen,maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

20 En kyk,Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.