MARKUS 5

Die besetene van Gádara.

1 EN hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land vandie Gadaréners.

2 En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ’nman met ’n onreine gees,

3 wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;

4 want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.

5 En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.

6 En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer

7 en skreeu met ’n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie.

8 Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!

9 En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê:Legio is my naam, want ons is baie.

10 Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.

11 En dáár teen die berge het ’n groot trop varke gewei,

12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.

13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop — daar was omtrent tweeduisend — het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.

14 En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; enhulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.

15 Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit,gekleed en by sy verstand — die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.

16 Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke.

17 En hulle het Hom begin smeek om weg te gaan uit hulle gebied.

18 En toe Hy in die skuit klim, hetdie man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.

19 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.

20 En hy het weggegaan en inDekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.

Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.

21 EN toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het ’n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.

22 En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer

23 en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.

24 En Hy het saam met hom gegaan. En ’n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.

25 En ’n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het

26 en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,

27 het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;

28 want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.

29 En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.

30 En dadelik toe Jesus in Homselfdie krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?

31 En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak?

32 Toe kyk Hy rond om haar te sien wat dit gedoen het.

33 Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid.

34 En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.

35 Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagogese huisen sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?

36 Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.

37 En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwePetrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.

38 En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien ’n rumoer: mense wat baie ween en huil.

39 En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.

40 En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder endie wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê.

41 Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar:Talíta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!

42 En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.

43 EnHy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie, en gesê dat daar vir haar iets te ete gegee moes word.

MARKUS 6

Jesus in Násaret verag.

1 EN Hy het daarvandaan weggegaan en in sy vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg.

2 En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?

3 Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.

4 En Jesus sê vir hulle: ’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.

5 EnHy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ’n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het.

6 En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.

Die sending van die twaalf.

7 EN Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste,

8 en hulle bevel gegeeom niks vir die pad saam te neem nie as net ’n stok alleen — geen reissak, geen brood, geen geld in die beurs nie,

9 maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie.

10 En Hy het vir hulle gesê: Waar julle ook al in ’n huis mag kom, bly dáár totdat julle daarvandaan vertrek.

11 En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot ’n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

12 En hulle het uitgegaan engepreek dat die mense hulle moes bekeer.

13 En hulle het baie duiwels uitgedryf enbaie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

Dood van Johannes die Doper.

14 TOE koning Herodes dit hoor — want sy naam het bekend geword — het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in Hom.

15 Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is ’n profeet of soos een van die profete.

16 Maar toe Herodes dit hoor, sê hy: Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode opgestaan.

17 Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.

18 Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.

19 En Heródias het ’n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.

20 Want Herodes was bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy ’n regverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen engraag na hom geluister.

21 En op die geskikte dag, toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy groot manne en die owerstes oor duisend en die vernaamstes vanGaliléa ’n maaltyd gegee het;

22 en toe die dogter van dieselfde Heródias inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee.

23 En hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk.

24 Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.

25 En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u myop die daad die hoof van Johannes die Doper op ’n skottel gee.

26 Toe word die koning baie bedroef, maar ter wille van die eed en die wat saam aan tafel was, wou hy haar nie afwys nie.

27 En die koning stuur dadelik een van sy lyfwag met die bevel om sy hoof te bring; en hy het gegaan en hom in die gevangenis onthoof

28 en sy hoof op ’n skottel gebring en dit aan die meisie gegee, en die meisie het dit aan haar moeder gegee.

29 En toe sy dissipels dit hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit in ’n graf neergelê.

Eerste vermeerdering van die brode.

30 EN die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.

31 En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na ’n verlate plek en rus ’n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, enhulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.

32 En hulle het met die skuit vertrek na ’n verlate plek in die eensaamheid.

33 En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.

34 En toe Jesus uitklim, sien Hy ’n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel,omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.

35 En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.

36 Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.

37 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir tweehonderd pennings brood koop en aan hulle gee om te eet?

38 En Hy sê vir hulle: Hoeveel brode het julle? Gaan kyk. En toe hulle dit te wete gekom het, sê hulle: Vyf, en twee visse.

39 En Hy het hulle beveel om almal klompies-klompies op die groen gras te laat sit.

40 En hulle het gaan sit in groepe van honderd en van vyftig.

41 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.

42 En almal het geëet en versadig geword;

43 en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.

44 En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyfduisend manne.

Jesus wandel op die see.

45 EN dadelik het Hy sy dissipels gedwing om indie skuit te gaan en vooruit te vaar na die oorkant, naBetsáida, onderwyl Hy die skare sou wegstuur.

46 En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaanom te bid.

47 En toe dit aand geword het, was die skuit in die middel van die see en Hy alleen op die land.

48 En Hy het gesien dat hulle swaar kry met roei, want die wind was teen hulle. En omtrent die vierde nagwaak het Hy na hulle gekom, al wandelende op die see. En Hy wou by hulle verbygaan.

49 En toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gemeen dat dit ’n spook was en hard uitgeskreeu;

50 want hulle het Hom almal gesien en was ontsteld. Toe spreek Hy dadelik met hulle en sê vir hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie.

51 En Hy het by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê; en hulle was by hulleself uitermate verbaas en verwonderd.

52 Want hullehet bydie wonder vandie brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart verhard was.

53 En nadat hulle oorgevaar het, het hulle by die land Gennésaret aangekom en daar aan wal gaan lê.

54 En toe hulle uit die skuit gaan, het die mense Hom dadelik herken,

55 en hulle het in daardie hele omtrek rondgeloop en die wat ongesteld was, op bedde begin ronddra na die plek waar hulle hoor dat Hy is.

56 En waar Hy ook al ingegaan het in dorpe of stede of buitewyke, het hulle die wat ongesteld was, op die markpleine neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die soom van sy kleed, aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.

MARKUS 7

Die oorlewering van die ou mense.

1 ENdie Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom;

2 en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit ismet ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur.

3 Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.

4 En wanneerhullevan die markkom,eet hulle nie as hulle nie gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers en kanne en kopergoed en bedde.

5 Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande?

6 En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is:Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

7 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

8 Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

9 En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.

10 Want Moses het gesê:Eer jou vader en jou moeder; en:Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

11 Maar julle sê: As ’n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, iskorban, dit is ’n offergawe —

12 dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.

13 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

14 En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.

15 Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak.

16 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!

17 En toe Hy van die skare af in ’n huis gekom het, vrasy dissipels Hom oor die gelykenis.

18 En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,

19 omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?

20 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.

21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,

22 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.

23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Die Siro-Feniciese vrou.

24 EN Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.

25 Want ’n vrou wie se dogtertjie ’n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.

26 En sy was ’n Griekse vrou, ’nSiro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.

27 Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie.

28 En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.

29 En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.

30 En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê.

Genesing van ’n doofstomme in Dekápolis.

31 EN Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galiléa gegaan, deur die gebied vanDekápolis.

32 Toe bring hulle na Hom ’n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê.

33 En Hyneem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, enspuug en raak sy tong aan;

34 en nadat Hyopgekyk het na die hemel,sug Hy en sê aan hom:Éffata, dit is: Gaan oop!

35 En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.

36 En Hyhet hulle beveel om dit aan niemand te sê nie;maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.

37 En hullewas uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.

MARKUS 8

Tweede vermeerdering van die brode.

1 IN dié daetoe daar ’n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:

2 Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.

3 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.

4 En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal ’n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?

5 Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.

6 En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.

7 Hulle het ook ’n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.

8 En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

9 En die wat geëet het, was omtrent vierduisend. En Hy het hulle weggestuur.

Die suurdeeg van die Fariseërs.

10 EN dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke vanDalmanúta gekom.

11 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom ’n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.

12 Toesug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag ’n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.

13 En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.

14 En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.

15 En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg vanHerodes.

16 Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.

17 En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nogjul verharde hart?

18 Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?

19 En onthou julle nie toe Ekdie vyf brode vir die vyfduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.

20 En diesewe vir die vierduisend — hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.

21 Toe sê Hy vir hulle: Hoe verstaan julle dan nie!

Genesing van die blinde man in Betsáida.

22 EN Hy het in Betsáida gekom, en hulle het ’n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.

23 Hyneem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hyin sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.

24 En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.

25 Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.

26 En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.

Belydenis van Petrus.

27 EN Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van Cesaréa-Filíppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?

28 En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander: Een van die profete.

29 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.

30 En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.

31 Toehet Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan.

32 En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.

33 Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.

Om die kruis op te neem.

34 EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

36 Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

37 Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel?

38 Want elkeenwat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader metdie heilige engele.

MARKUS 9

1 EN Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van Godmet krag sien kom het nie.

Die verheerliking op die berg.

2 EN ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op ’n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,

3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.

4 En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jesus.

5 Toe spreek Petrus en sê vir Jesus: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía een.

6 Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal verskrik.

7 En daar kom ’n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ’n stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

8 En meteens kyk hulle rond en sien niemand meer by hulle nie, behalwe Jesus alleen.

9 En onderwyl hulle van die berg afklim, gee Hy aan hulle bevel om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

10 En hulle het die woord vir hulleself gehou en onder mekaar gevra wat dit beteken om uit die dode op te staan.

11 En hulle vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elía eers moet kom?

12 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers om alles te herstel; en tog,hoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word?

13 Maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.

Die seun wat maansiek was.

14 EN toe Hy by die dissipels kom, sien Hy ’n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle redetwis.

15 En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.

16 Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?

17 En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring;

18 en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.

19 Toe antwoord Hy hom en sê:oOngelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.

20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelikstuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.

21 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;

22 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.

23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here,kom my ongeloof te hulp!

25 En toe Jesus sien dat ’n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.

26 En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. Endie seunhet soos ’n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.

27 Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.

28 En toe Hyin die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?

29 En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.

Die grootste in die koninkryk van die hemele.

30 EN hulle het daarvandaan weggegaanen verbygetrek deur Galiléa; en Hy wou nie hê dat iemand dit moes weet nie.

31 Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.

32 En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.

33 En Hy het in Kapérnaüm gekom; en toe Hy in die huis was, vra Hy hulle: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?

34 Maar hulle het stilgebly; want hulle het op die padmet mekaar gepraat oor wie die grootste is.

35 En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle:As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

36 EnHy neem ’n kindjie en laat hom in hul midde staan en slaan sy arms om hom en sê vir hulle:

37 Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. Enelkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.

„Wie nie teen ons is nie, is vír ons.”

38 TOE antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.

39 Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ’n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;

40 want wie nie teen ons is nie, is vír ons.

41 Wantelkeen wat vir julle in my Naam ’n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

Die struikelblokke.

42 ENelkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

43 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,

44 waarhulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

45 Enas jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,

46 waarhulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,

48 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

49 Want elkeen sal metvuur gesout word enelke offerande sal met sout gesout word.

50 Die sout is goed,maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak?Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.

MARKUS 10

Oor die egskeiding.

1 ENHy het opgestaan en daarvandaan deur die oorkant van die Jordaan na die gebied van Judéa gegaan; en weer het ’n skare by Hom vergader; en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer geleer.

2 Toe kom die Fariseërs na Hom; en,om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit ’n man geoorloof is om van sy vrou te skei?

3 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel?

4 En hulle sê: Moses het toegelaat om ’n skeibrief te skrywe en van haar te skei.

5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,

6 maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,

8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.

9 Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

10 En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.

11 En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;

12 enas ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

Jesus seën die kindertjies.

13 EN hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.

14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, wantaan sulkes behoort die koninkryk van God.

15 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

16 EnHy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Die ryk jongman.

17 EN toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

18 En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een,naamlikGod.

19 Jy ken die gebooie:Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.

20 Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.

21 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort — gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier,neem die kruis op en volg My.

22 Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23 Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!

24 En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit virdie wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!

25 Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

26 En hulle wasuitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?

27 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

28 Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.

29 En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,

30 of hy ontvangnou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.

31 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

Die vraag van die seuns van Sebedéüs.

32 EN hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, enJesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur.

33 Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene;

34 en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.

35 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra.

36 En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?

37 En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter- en een aan u linkerhand.

38 Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?

39 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;

40 maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is.

41 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.

42 Maar Jesus het hulle na Hom geroepen vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen;

43 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

44 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.

45 Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.

Die blinde man van Jérigo.

46 EN hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en ’n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel.

47 En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!

48 En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

49 Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

50 En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.

51 En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabboeni, dat ek mag sien.

52 En Jesus sê vir hom: Gaan,jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

MARKUS 11

Intog van Jesus in Jerusalem.

1 ENtoe hulle naby Jerusalem kom, by Bétfagé enBetánië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit

2 en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle ’neselsvul vind wat vasgemaak is,waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

3 En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.

4 En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.

5 Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?

6 En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.

7 En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.

8 Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad.

9 En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna!Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

10 Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here,die koninkrykvan ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!

11 En Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Betánië.

Die verdroogde vyeboom. Die reiniging van die tempel.

12 EN die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad;

13 en toe Hy op ’n afstand ’n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie.

14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ’n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.

15 En hulle het in Jerusalem gekom; en toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi;

16 en Hy het niemand toegelaat om enige voorwerp deur die tempel te dra nie.

17 En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe:My huis moet ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit ’nrowerspelonk gemaak.

18 En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verslae was oor sy leer.

19 En toe dit laat word, het Hy uitgegaan buitekant die stad.

20 En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulledie vyeboom, verdroog van die wortels af.

21 En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.

22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.

23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.

24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

25 En wanneer jullestaan en bid,vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

Die doop van Johannes.

27 EN hulle het weer in Jerusalem gekom.En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom

28 en sê vir Hom: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U dié gesag gegee om dit te doen?

29 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.

30 Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My.

31 En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

32 Maar as ons sê: Uit mense — dan was hulle vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik ’n profeet was.

33 En hulle antwoord en sê vir Jesus: Ons weet nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

MARKUS 12

Gelykenis van die landbouers.

1 TOEbegin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: ’n Man het ’n wingerd geplant en ’n heining daarom gesit en ’n parskuip gegrawe en ’n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

2 En op die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;

3 maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.

4 En weer het hy ’n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.

5 En weer het hy ’n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander — sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.

6 Hy het toe nog een seun gehad,sy geliefde, en hom die laaste na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.

7 Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s’n wees.

8 En hulle het hom geneem en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgewerp.

9 Wat sal die eienaar van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die landbouers ombring en die wingerd aan ander gee.

10 Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie:Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword?

11 Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë.

12 En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarop het hulle Hom verlaat en weggegaan.

Die vraag oor die belasting.

13 TOE stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op ’n woord te betrap.

14 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?

15 Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waaromversoek julle My? Bring vir My ’n penning, dat Ek dit kan sien.

16 En hulle het dit gebring. En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit? En hulle antwoord Hom: Die keiser s’n.

17 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom. En hulle was verwonderd oor Hom.

Die Sadduseërs en die opstanding.

18 TOE kom daar Sadduseërs na Hom, die wat sê dat daar geen opstanding is nie, en hulle vra Hom en sê:

19 Meester, Moses het ons voorgeskrywe:As iemand se broer sterwe en ’n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.

20 Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en gesterwe sonder om kinders na te laat.

21 En die tweede het haar geneem en gesterwe, en hy het ook geen kinders nagelaat nie; en die derde net so.

22 En al sewe het haar geneem en geen kinders nagelaat nie. Laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

23 In die opstanding dan, wanneer hulle opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

24 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?

25 Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.

26 En wat die dode betref, dat hulle opstaan — het julle nie gelees in die boek van Moses,indie gedeelte oordie doringbos, hoe God vir hom gesê het:Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?

27 God is nie’n Godvan dooies nie, maar ’n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.

Die groot gebod.

28 EN toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en wis dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal?

29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is:Hoor, Israel, die Here, onse God, is ’n enige Here;

30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit:Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.

32 En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is endaar geen ander is as Hy nie;

33 en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself,is meer as al die brandoffers en die slagoffers.

34 Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie.En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

Die Christus, seun van Dawid.

35 EN terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?

36 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê:Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

37 Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.

Waarskuwing teen die skrifgeleerdes.

38 EN Hy het aan hulle in sy onderrig gesê:Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop envan begroetinge op die markte hou

39 en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye —

40 hullewat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ’n swaarder oordeel ontvang.

Die aalmoes van die arm weduwee.

41 EN Jesus het reg voordie skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.

42 En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is ’n oortjie.

43 Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.

44 Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.

MARKUS 13

Die profetiese rede. Die begin van die smarte.

1 EN toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue!

2 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!

3 En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vraPetrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik:

4 Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?

5 En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.

6 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.

7 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.

8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ’n begin van die smarte.

9 Maar wees julle vir julleself op die hoede,want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ’n getuienis.

10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.

11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer,moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.

12 En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.

13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Die profetiese rede (vervolg). Die groot verdrukking.

14 EN wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie — laat hom wat lees, oplet — dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

15 en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie;

16 en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie.

17 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae!

18 En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie.

19 Want daardie dae sal daar ’n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.

20 En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.

21 En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! — moet dit nie glo nie.

22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.

Die profetiese rede (vervolg). Wederkoms van die Seun van die mens.

24 MAAR in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,

25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

28 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

29 So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur.

30 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

31 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

32 Maar van daardie dag en dié uur weetniemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.

Die profetiese rede (slot). Die waaksaamheid.

33 PAS op,waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.

34 Dit issoos ’n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.

35 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;

36 dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.

37 En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!

MARKUS 14

Die owerpriesters hou raad.

1 ENdie pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.

2 Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien ’n oproer onder die volk kom nie.

Die maaltyd in Betánië.

3 EN toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar ’n vrou met ’n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit.

4 En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind?

5 Want dit kon vir meer as driehonderdpennings verkoop endie geldaan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar uitgevaar.

6 Maar Jesus sê: Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het ’n goeie werk aan My gedoen.

7 Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie.

8 Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir diebegrafnis gesalf.

9 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot ’n gedagtenis aan haar.

Die loon van die verraad.

10 EN Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer.

11 En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na ’n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

Die laaste pasga. Die heilige nagmaal.

12 EN op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?

13 En Hy stuurtwee van sy dissipels en sê vir hulle: Gaan na die stad toe; en ’n man wat ’n kruik water dra, sal julle tegemoetkom. Volg hom,

14 en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die eienaar van die huis sê: Die Meester laat weet: Waar is die kamer waar Ek met my dissipels die pasga kan eet?

15 En hy sal julle ’n groot bovertrek wys, in gereedheid gebring. Daar moet julle vir ons klaarmaak.

16 En sy dissipels het gegaan en in die stad gekom en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het; en hulle het die pasga toeberei.

17 Entoe dit aand geword het, kom Hy met die twaalf.

18 En terwyl hulle aan tafel was en eet, sê Jesus: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai, een wat saam met My eet.

19 Toe het hulle begin om bedroef te word en een vir een aan Hom te sê: Is dit miskien Ek? En ’n ander een: Is dit miskien ek?

20 En Hy antwoord en sê vir hulle: Dit is een van die twaalf wat saam met My sy hand in die skottel insteek.

21 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is; maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.

22 En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

23 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink.

24 En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word.

25 Voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal nooit meer van die vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut sal drink in die koninkryk van God.

26 En toe hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.

Petrus gewaarsku.

27 TOE sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My; want daar is geskrywe:Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.

28 Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.

29 En Petrus sê vir Hom:Al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie.

30 Daarop sê Jesus vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die haantwee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën.

31 Maar hy het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê.

Jesus in Getsémané.

32 TOE kom hulle in ’n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid.

33 En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.

34 En Hy sê vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak.

35 En toe Hy ’n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was,dié uur by Hom sou verbygaan.

36 En Hy sê:Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.

37 En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie?

38 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

39 Hy gaan toe weer weg en biddieselfde woorde.

40 En toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar; enhulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.

41 En Hy kom vir die derde keer en sê aan hulle: Slaap maar voort en rus. Dit is genoeg;die uur het gekom. Kyk, die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van die sondaars.

42 Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.

Jesus word gevange geneem.

43 EN dadelik, terwyl Hy nog spreek, verskyn Judas wat een van die twaalf was, en saam met hom ’n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge.

44 En sy verraaier het ’n teken met hulle afgespreek en gesê: Die een wat ek sal soen — dit is Hy; gryp Hom en neem Hom met sekerheid weg.

45 En toe hy kom, gaan hy dadelik na Hom en sê: Rabbi, Rabbi! en soen Hom.

46 Daarop slaan hulle hul hande aan Hom en gryp Hom.

47 En een van die wat daar gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.

48 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle soos teen ’n rower uitgetrek met swaarde en stokke om My gevange te neem?

49 Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word.

50 Toe het almal Hom verlaat en gevlug.

51 En ’n sekere jongman met ’n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en die jongmanne het hom gegryp;

52 maar hy het die linnedoek laat staan en naak van hulle weggevlug.

Jesus voor die Joodse Raad.

53 EN hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester. En al die owerpriesters en die ouderlinge en die skrifgeleerdes het by hom vergader.

54 En Petrus het Hom van ver af gevolg tot binne-in die paleis van die hoëpriester, en het saam met die dienaars gesit enhom by die vuur warm gemaak.

55 En die owerpriesters en die hele Raad het getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en hulle het niks gevind nie;

56 want baie het vals teen Hom getuig en die getuienisse was nie eenders nie.

57 En sommige het opgestaan en vals teen Hom getuig en gesê:

58 Ons het Hom hoor sê:Ek sal hierdie tempelwat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae ’n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie.

59 En selfs so was hulle getuienis nie eenders nie.

60 Toe staan die hoëpriester in hul midde op en vra Jesus en sê: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?

61 Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseëndeGod?

62 En Jesus sê: Ek is.En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die kragvan Godsien sit en kom met die wolke van die hemel.

63 Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig!

64 Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.

65 En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan en vir Hom te sê:Profeteer! En die dienaars het Hom met stokke geslaan.

Jesus deur Petrus verloën.

66 EN terwyl Petrus onder in die binneplaas was, kom daareen van die diensmeisies van die hoëpriester,

67 en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: Jy was ook by die Nasaréner, Jesus.

68 Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie en begryp nie wat jy sê nie. En hy het buite na die voorplein gegaan;en die haan het gekraai.

69 En toe die diensmeisie hom weer sien, begin sy aan die wat daar staan, te sê: Hierdie man behoort by hulle.

70 Maar hy het dit weer ontken. En ’n bietjie later weer sê die wat daar staan vir Petrus: Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook’n Galiléër enjou spraak is net so.

71 Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie.

72 En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. En hy het in trane uitgebars.