LUKAS 9

Jesus stuur die twaalf apostels uit.

1 ENHy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.

2 EnHy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak

3 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie.

4 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder.

5 En almal wat julle nie ontvang nie — as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot ’n getuienis teen hulle.

6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.

Herodes, die viervors, en Johannes die Doper.

7 HERODES,die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;

8 en deur ander: Elía het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.

9 En Herodes het gesê: Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.

Eerste vermeerdering van die brode.

10 EN toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het,het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na ’n verlate plek van ’n stad met die naam van Betsáida.

11 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.

12 Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in ’n verlate plek.

13 Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.

14 Want daar was omtrent vyfduisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit.

15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit.

16 Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.

17 En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.

Die belydenis van Petrus.

18 EN toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, enHy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?

19 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.

20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!

21 Toe gee Hy hulle ’n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.

22 En Hy sê:Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.

Om die kruis op te neem.

23 EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën ensy kruiselke dag opneem en My volg.

24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.

25 Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor ofskade aandoen?

26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.

27 Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.

Die verheerliking.

28 EN omtrentagt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklimom te bid.

29 En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.

30 En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.

31 Hulle het in heerlikheid verskyn en van syuitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.

32 En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.

33 En toehulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía —hy het nie geweet wat hy sê nie.

34 Maar toe hy dit sê, kom daar ’n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.

35 En daar kom ’n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!

36 En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen.En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.

Genesing van die maansieke kind.

37 EN op die volgende dagtoe hulle vandie berg afklim, kom ’n groot skare Hom tegemoet.

38 En daar roep ’n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy ismy enigste.

39 En kyk, ’n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat homstuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.

40 En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.

41 Toe antwoord Jesus en sê:oOngelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.

42 En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.

43 En almal was verslae oor die majesteit van God.En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:

44 Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.

45 Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.

Die grootste in die koninkryk van die hemele.

46 EN daar het ’n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.

47 En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy ’n kindjie en laat dié by Hom staan

48 en sê vir hulle:Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het;want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.

„Die wat nie teen ons is nie, is vír ons.”

49 EN Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hyUnie saam met ons volg nie.

50 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vír ons.

Die Samaritane wys Jesus af.

51 EN toe die dae vansy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis,

52 en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek enin ’n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.

53 Enhulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.

54 En toe sy dissipels,Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer,soos Elía ook gedoen het?

55 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;

56 want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na ’n ander dorp vertrek.

Hoe Jesus gevolg moet word.

57 EN terwyl hulle op reis was,sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!

58 Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

59 En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.

60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.

61 En ’n ander een het ook gesê: Here,ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.

LUKAS 10

Die sending van die sewentig dissipels.

1 EN ná hierdie dinge het die Here weersewentigander aangestel,en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

2 Hy sê toe vir hulle:Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

3 Gaan dan;kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

4 Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene dra nie, engroet niemand op die pad nie.

5 En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers:Vrede vir hierdie huis!

6 En as dáár’n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

7 Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.

8 En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word.

9 En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle:Die koninkryk van God het naby julle gekom.

10 Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:

11 Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee onsvir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.

12 En Ek sê vir julle:Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.

13 Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.

14 Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

15 En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.

16 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My;en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.

17 Endie sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.

18 Toe sê Hy vir hulle:Ek het die Satan soos ’n bliksemuit die hemel sien val.

19 Kyk, Ek gee aan julle die magom op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly datjulle name in die hemele opgeskrywe is.

21 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

22 Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.

23 En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê:Salig is die oë wat sien wat julle sien;

24 want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Gelykenis van die barmhartige Samaritaan.

25 EN daar het ’n sekerewetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê:Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

26 En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

27 En hy antwoord en sê:Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; enjou naaste soos jouself.

28 Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

29 Maar hy wou homselfregverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

30 En Jesus antwoord en sê: ’n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

31 En bygeval het ’n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32 En net so het ook ’n Leviet by dié plek gekom en hom gesien enanderkant verbygegaan.

33 Maar ’n sekereSamaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,

34 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ’n herberg geneem en vir hom gesorg.

35 En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy tweepennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

36 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

37 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

Martha en Maria.

38 EN op hulle reis het Hy in ’n sekere dorp gekom, en ’n vrou met die naam vanMartha het Hom in haar huis ontvang.

39 En sy het ’n suster gehad met die naam vanMaria; dié hetaan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

40 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.

41 Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;

42 maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

LUKAS 11

Die gebed van die Here.

1 EN toe Hy op ’n sekere plekbesig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.

2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê:Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;

4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Gelykenis van die onbeskaamde vriend.

5 EN Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ’n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,

6 want ’n vriend van my het van ’n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie —

7 en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.

8 Ek sê vir julle,al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.

9 En Ek sê vir julle:Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ’n klip gee; of ook ’n vis, en hy sal hom in plaas van ’n vis ’n slang gee;

12 of ook as hy ’n eier vra, hom ’n skerpioen gee?

13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee,hoeveel te meer sal die hemelse Vaderdie Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Godslastering van die Fariseërs.

14 EN Hy het ’n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.

15 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.

16 En ander het Hom versoek envan Hom ’n teken uit die hemel begeer.

17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.

19 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julleseuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.

20 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

21 Wanneer ’n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.

22 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.

23 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.

24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.

25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.

26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.

27 En terwyl Hy dit spreek, het ’n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê:Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.

28 En Hy sê: Ja, maar salig is hullewat die woord van God hoor en dit bewaar.

Die teken van Jona.

29 EN toe die skare saamstroom, begin Hy te sê:Hierdie geslag is boos; dit soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

30 Want soos Jona ’n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.

31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!

32 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel;want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier!

Die lamp van die liggaam.

33 EN niemand steek ’n lamp op en sit dit in ’n verborge plek of onderdie maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.

34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.

35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.

36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.

Jesus bestraf die skrifgeleerdes en die Fariseërs.

37 EN onderwyl Hy besig was om te spreek, het ’n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.

38 En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nievoor die maaltyd eers gewas het nie.

39 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.

40 Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?

41 Maargee wat daarin is, as aalmoes, en dan isalles vir julle rein.

42 Maar wee julle, Fariseërs,want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

43 Wee julle, Fariseërs, want julle houvan die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.

44 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.

45 Toe antwoord een van diewetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook.

46 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes,want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.

47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.

48 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.

49 Daarom hetdie wysheid van God ook gesê:Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak envervolg,

50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,

51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar endie huisvan God.Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.

52 Wee julle, wetgeleerdes,want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.

53 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,

54 om vir Hom ’n strik te stel en te probeerom iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.

LUKAS 12

1 TOE duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê:Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit isgeveinsdheid.

2 En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

3 Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.

Wie gevrees moet word.

4 EN Ek sê vir julle,my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;

5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

6 Wordvyf mossies nie virtwee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie.

7 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

8 En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voordie engele van God.

9 Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God.

10 Enelkeen wat ’n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

11 En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;

12 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

Gelykenis van die ryk dwaas.

13 EN een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.

14 Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ’n regter of deler oor julle aangestel?

15 En Hy sê vir hulle:Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

16 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ’n Ryk man se grond het goed gedra.

17 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?

18 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.

19 En ek sal vir my siel sê:Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.

20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas,in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; enwat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?

21 So gaan dit met homwat vir homself skatte vergader ennie ryk is in God nie.

Die sorge van die lewe.

22 EN Hy het aan sy dissipels gesê:Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie.

23 Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

24 Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

25 En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?

26 As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?

27 Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.

28 As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!

29 Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie;

30 want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.

31 Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

32 Moenie vrees nie,klein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julledie koninkryk te gee.

33 Verkoop julle besittings engee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie,’n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.

34 Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Gelykenis van die waaksame dienskneg.

35 LAAT julle heupe omgord wees enjulle lampe aan die brand.

36 En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.

37 Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heerwakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle,hy sal hom omgord enhulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.

38 En as hy in dietweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind — gelukkig is daardie diensknegte.

39 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40 Julle moet dan ook gereed wees,omdat die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.

41 Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal?

42 En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandigebestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?

43 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.

44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

45 Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,

46 dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom’n deelgenoot maak van die ontroues.

47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;

48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word.En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

Jesus bring vuur en verdeeldheid op die aarde.

49 EK het gekom omvuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!

50 Maar Ek het’n doop om mee gedoop te word, enhoe benoud word Ek totdat dit volbring is!

51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.

52 Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie.

53 Die vader sal verdeeld wees teen die seun endie seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder.

Die tekens van die tye.

54 EN Hy het ook aan die skare gesê:Wanneer julle ’n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.

55 En wanneer julle die suidewind sien waai, sê julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.

56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?

57 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?

58 Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie.

59 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laasteoortjie betaal het nie.

LUKAS 13

Die moord op die Galiléërs. Die toring van Silóam.

1 EN in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloedPilatus met hulle offers gemeng het.

2 En Jesus antwoord en sê vir hulle:Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?

3 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

4 Of daardie agttien op wie die toring vanSilóam geval en hulle gedood het — dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?

5 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

Gelykenis van die onvrugbare vyeboom.

6 EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, enhy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.

7 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie;kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?

8 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.

9 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.

Genesing van ’n lam vrou.

10 EN Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer.

11 En daar was ’n vrou wat ’ngees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.

12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos.

13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.

14 Maar dieowerste van die sinagoge, wat verontwaardig wasdat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare:Daar is ses dae waarop ’n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie.

15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbatsy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?

16 Maar hierdie vrouwat ’n dogter van Abraham is, wat dieSatan — dink daaraan! — agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?

17 En toe Hy dit sê, het al sy teëstanders beskaamd geword; endie hele skare was bly oor al die heerlike dinge wat deur Hom gebeur het.

Gelykenisse van die mosterdsaad en die suurdeeg.

18 EN Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?

19 Dit is soos ’n mosterdsaad wat ’n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en ’n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.

20 En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk?

21 Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in driemate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

Die nou poort.

22 EN onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan.

23 Toe sê iemand vir Hom: Here,is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:

24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan endie deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop — sal Hy antwoord en vir julle sê:Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.

26 Dan sal julle begin sê:Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.

27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!

28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.

29 En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God.

30 Endaar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.

Jesus word teen Herodes gewaarsku.

31 EN op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring.

32 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dagis Ek klaar.

33 MaarEk moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ’n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.

34 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.

35 Kyk,julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê:Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!

LUKAS 14

Jesus genees ’n man wat water het.

1 EN toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan hetom brood te eet op die sabbat, het hulle Homin die oog gehou.

2 En daar was voor Hom ’n man wat die water gehad het.

3 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê:Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?

4 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.

5 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van jullese esel of os sal in ’n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?

6 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.

Gelykenis van die genooides en die voorste plekke.

7 EN toe Hy merk hoe hulledie voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides ’n gelykenis en sê vir hulle:

8 Wanneer jy deur iemand na ’n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,

9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.

10 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.

11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.

12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ’n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.

13 Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,

14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; wantdit sal jou vergeld word in die opstandingvan die regverdiges.

Gelykenis van die groot maaltyd.

15 EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom:Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.

16 Maar Hy antwoord hom:’n Sekere man het ’n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.

17 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.

18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ’n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk Ek vra u, verskoon my tog.

19 En ’n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.

20 En ’n ander een het gesê: Ek het ’n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.

21 En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.

22 En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.

23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.

24 Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.

Gelykenis oor bedagsaamheid.

25 EN groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:

26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfsook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

28 Want wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —

29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot

30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

31 Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie?

32 Anders stuur hy ’n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

33 So kan dan ook niemand van jullewat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

34 Die sout is goed,maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35 Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

LUKAS 15

Gelykenisse van die afgedwaalde skaap en die verlore penning.

1 EN aldie tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister.

2 En die Fariseërs en die skrifgeleerdeshet baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.

3 Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en sê:

4 Watter man onder julle wat honderd skape het eneen van hulle verloor, laat nie die negen-en-negentig in die woestyn staan engaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?

5 En as hy dit kry,sit hy dit met blydskap op sy skouers.

6 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was.

7 Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

8 Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?

9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het.

10 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voordie engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

Gelykenis van die verlore seun.

11 HY het ook gesê: ’n Man het twee seuns gehad.

12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee mydie deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.

13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ’n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.

14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ’n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.

15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.

16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.

17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!

18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,

19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.

20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel engehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.

21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemelen voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bringdie beste kleed en trek hom dit aan, en gee ’n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.

23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.

24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange.

26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken.

27 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het.

28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom.

29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ’n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.

30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.

31 Toe sê hy vir hom: Kind,jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue.

32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.

LUKAS 16

Gelykenis van die onregverdige bestuurder.

1 EN Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ’n ryk man wat’n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.

2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.

3 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.

4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.

5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?

6 En hy antwoord: Honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig.

7 Daarna sê hy vir ’n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: Honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.

8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; wantdie kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag asdie kinders van die lig.

9 En Ek sê vir julle:Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat,hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?

12 En as julle nie getrou was in ’n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Die gesag van die wet.

14 EN die Fariseërs,wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.

15 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julselfregverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ’n gruwel voor God.

16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, enelkeen dring met geweld daarin.

17 Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.

18 Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

Gelykenis van die ryk man en Lasarus.

19 EN daar was ’n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

20 En daar was ’n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het.

21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.

22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur dieengele weggedra na dieboesem van Abraham.

23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

24 En hy roep en sê:Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; wantek ly smarte in hierdie vlam.

25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jyjou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

26 En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.

27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur —

28 want ek het vyf broers — om hulledringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.

29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle hetMoses en die Profete; laat hulle na dié luister.

30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.

31 Maar hy sê vir hom:As hulle na Moses en die Profete nie luister nie,sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

LUKAS 17

Oor die struikelblokke. Oor die vergifnis van belediginge en die krag van die wet. Die nuttelose dienskneg.

1 EN Hy het vir sy dissipels gesê:Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.

2 Dit is beter vir hom as ’n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.

3 Pas op vir julleself.En as jou broeder teen jou sondig,bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.

4 En as hysewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.

5 Toehet die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.

6 En die Here sê:As julle geloof gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees.

7 En wie is daar van julle wat ’n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?

8 Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

9 Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

Genesing van tien melaatses.

11 ENop sy reis na Jerusalem het Hy deurSamaría enGaliléa gegaan.

12 En toe Hy in ’n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet,wat op ’n afstand bly staan het.

13 En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!

14 En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle:Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

15 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ’n groot stem verheerlik.

16 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ’n Samaritaan.

17 Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?

19 En Hy sê vir hom: Staan op en gaan;jou geloof het jou gered.

Oor die skielike koms van die koninkryk van God.

20 EN toe Hy deur die Fariseërs gevra iswanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.

21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

22 En Hy sê vir sy dissipels:Daar sal dae kom wanneer julle sal begeerom een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.

23 En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.

24 Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook insy dag wees.

25 Maar eersmoet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.

26 Ensoos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:

27 hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.

28 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.

29 Maarop die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.

30 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.

31 In daardie dagmoet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.

32 Dink aan die vrou van Lot!

33 Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.

34 Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

35 Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

36 Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

37 En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle:Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

LUKAS 18

Gelykenis van die onregverdige regter.

1 EN Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop dat ’n mensgedurig moet bid ennie moedeloos word nie,

2 en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.

3 En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.

4 En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,

5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.

6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.

7 Sal God dan nie reg doen aan syuitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ooklankmoedig in hulle geval?

8 Ek sê vir julle dat Hygou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Gelykenis van die Fariseër en die tollenaar.

9 EN Hy het ook met die oog op sommigewat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.

10 Twee mannehet na die tempel opgegaan om te bid, die een ’n Fariseër en die ander ’ntollenaar.

11 En die Fariseër het gaanstaan en by homself so gebid:oGod, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie — rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdietollenaar nie.

12 Ekvas twee keer in die week,ek gee tiendes van alles wat ek verkry.

13 En die tollenaar het ver weg gestaan enwou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar hetop sy bors geslaan en gesê:oGod, wees my, sondaar, genadig!

14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; wantelkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.

Jesus en die kindertjies.

15 EN hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf.

16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

17 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Die ryk jongman.

18 EN ’n sekereowerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

19 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.

20 Jy ken die gebooie:Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.

21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.

22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.

23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

24 En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.

25 Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

26 Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?

27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

28 Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.

29 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,

30 wat nie baiemaal soveelin hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.

Jesus voorspel sy lyde.

31 EN Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles watdeur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.

32 Want Hysal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;

33 en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.

34 Maar hulle het niks hiervanbegryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.

Die blinde man van Jérigo.

35 EN terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar ’n blinde man langs die pad en bedel;

36 en toe hy ’n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.

37 En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby.

38 Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!

39 En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

40 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom

41 en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.

42 En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.

43 En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. Entoe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.