JOHANNES 11

Die opwekking van Lasarus. 1 EN daar was ’n man siek, Lasarus vanBetánië, die dorp vanMaria en haar suster Martha. 2 Endit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was. 3 Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: […]

JOHANNES 12

Maria salf die voete van Jesus. 1 ENJesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waarLasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het. 2 Hullehet toe vir Hom daar ’n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan […]

JOHANNES 13

Jesus was die voete van sy dissipels. 1 ENvoor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mensein die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. 2 En gedurende die maaltyd […]

JOHANNES 14

1 LAATjulle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek […]

JOHANNES 16

Laaste onderwys aan die dissipels (slot). Van die Trooster en van Jesus se wederkoms. 1 HIERDIE dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie magstruikel nie. 2 Hulle saljulle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ’n uurdat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ’n diens aan God bewys. […]

JOHANNES 17

Die gebed van Jesus vir sy dissipels. 1 DIT het Jesus gespreek, enHy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader,die uur het gekom;verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik — 2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aanalmal wat U Hom gegee het, die […]

JOHANNES 18

Jesus word gevange geneem. 1 NADAT Jesus dit gesê het,het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar ’n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels. 2 En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken,omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het. 3 En Judas het die […]

JOHANNES 19

1 TOE neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel. 2 Endie soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en’n purper kleed om Hom gewerp 3 en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan. 4 Pilatus gaan toeweer buitentoe en […]

JOHANNES 20

Die opstanding. 1 EN opdie eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en siendat die steen van die graf weggeneem was. 2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel virwie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het […]