PSALMS 140

Gebed vir beskerming teen goddelose mense.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 Red my,Here, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;

3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.

4 Hulle maak hul tong skerp soos ’n slang;gif van ’nadder is onder hulle lippe. Sela.

5 Bewaar my,Here, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.

6 Trotsaardshet vir my ’nvangnet gespan entoue; hulle het ’n net uitgespan aan die kant van die pad;strikke het hulle vir my gestel. Sela.

7 Ek het tot dieHeregesê: U is my God; luister tog,Here, na die stem van my smekinge!

8 HereHere, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!

9 Here, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.

10 Wat betref die hoof van die wat my omring —laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.

11 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!

12 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld — laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.

13 Ek weet dat dieHeredie regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.

14 Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × three =