PSALMS 31

Klagte, gebed en dank.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2 By U, oHere, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n rots om in te vlug, ’n baievaste huis om my te verlos.

4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5 U sal my laat uitgaan uit dienet wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos,Here, God van trou.

7 Ek haat die watnietige afgode vereer, maar ék vertrou op dieHere.

8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9 en my nieoorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voeteop vrye grond laat staan.

10 Wees my genadig,Here, want ek is benoud;van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, enmy gebeente teer uit.

12 Vanweë al my teëstanders het ek ’n voorwerp van smaad geword, ja,grootliks vir my bure, en ’n voorwerp van skrik vir mybekendes;die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

13 Ekis vergeet uit die hart, soos ’n dooie; ek het geword soos ’n ding wat lê en vergaan.

14 Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

15 Maar ék vertrou op U, oHere! Ek sê: U is my God.

16 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18 Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20 o, Hoe groot is u goedheidwat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; Usteek hulle weg in ’n hut virdie twis van die tonge.

22 Geloofd sy dieHere, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ’n vaste stad.

23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn,weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24 Julle moet dieHereliefhê, al sy gunsgenote! DieHerebewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal watop dieHerewag!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 − eleven =