PSALMS 149

Lofgesang en oorlogswaard.

1 HALLELUJA! Sing tot eer van dieHere’n nuwe lied, sy lofin die vergadering van die gunsgenote!

2 Laat Israel homverheug insy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulleKoning!

3 Laat hulle sy Naam loof inkoordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

4 Want dieHerehet ’n welbehae in sy volk; Hyversier die ootmoediges met heil.

5 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubelop hul bedde.

6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ’ntweesnydende swaard in hulle hand;

7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;

8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

9 om ’n vonnis watopgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ’n Eer is dit vir al sy gunsgenote!Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × five =