PREDIKER 12

1 EN dink aan jou Skepperin die dae van jou jonkheid voordatdie ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvanjy sal sê: Ek het daar geen behae in nie —

2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,

3 dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,

4 en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word.

5 Ook sal hy bang wees vir ’n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewigehuis, endie rouklaers sal op die straat rondgaan.

6 Voordat die silwerdraad verwyder word en die goueoliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val

7 endie stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, endie gees na God terugkeerwat dit gegee het.

8 Alles tevergeefs, sêdie Prediker, dit is alles tevergeefs.

Vrees God en hou sy gebooie.

9 EN behalwe dat die Prediker ’n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel.

10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is — woorde van waarheid.

11 Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee.

12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, enbaie studie is vermoeiing van die vlees.

13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is:Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

14 WantGod sal elke werk bring in diegerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 − five =