JEREMIA 50

Profesie teen Babel.

1 DIE woord wat dieHeredeur die profeet Jeremia gespreek hetoor Babel, oor die land van die Chaldeërs.

2 Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek ’n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê: Babel is ingeneem,Bel staan beskaamd,Meródag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik.

3 Want ’n volk trek teen hom opuit die Noorde; dit sal sy land ’n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.

4 In dié dae en in dié tyd, spreek dieHere, sal die kinders van Israel kom,hulle met die kinders van Juda saam;onder geween sal hulle voorttrek endieHerehulle God soek.

5 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by dieHereaansluitin ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.

6 ’n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoerna die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.

7 Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê:Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen dieHere,die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, dieHere.

8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!

9 Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek’n menigte van groot nasies uit die Noordland; dié sal hulle teen hom opstel — daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos dié van ’n voorspoedige heldwat nie met leë hande terugkom nie.

10 En Chaldéa sal ’n buit word; almal wat hom beroof, sal versadig word; spreek dieHere.

11 Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos ’n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste —

12 julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte. Kyk, sy is die agterste van die nasies, ’n woestyn, ’n dor land en ’n wildernis.

13 Weens die toorn van dieHeresal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al ’n wildernis wees;elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.

14 Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen dieHeregesondig.

15 Juig oor hom rondom —hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek;want dit is die wraak van dieHere; wreek julle op hom, doen aan homsoos hy gedoen het!

16 Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle vanweë die verdrukkende swaardelkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug!

17 Israel is ’n rondgejaagde skaap watdie leeus weggedrywe het;eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nouten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.

18 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land,soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.

19 EnEk sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in Gílead versadig word.

20 In dié dae en in dié tyd, spreek dieHere,sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegenewat Ek laat oorbly.

21 Teen die land Meratáim, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en tref met die banvloek agter hulle, spreek dieHere, en doen net soos Ek jou beveel het.

22 Daar is oorlogsgeskreeu in die land en ’n groot verbreking.

23 Hoe isdie hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! Hoe het Babel geword ’n voorwerp van verbasing onder die nasies!

24 Ek het vir jou ’n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen dieHerein die stryd begeef het.

25 DieHerehet sy skatkamer oopgemaak endie werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want ’n werk is dit wat die HereHerevan die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.

26 Kom aan teen hom van alle kante, maak oop sy voorraadskure, stapel hom op soos koringmiede, en tref hom met die banvloek! Hy moet geen oorblyfsel hê nie.

27 Slaan dood al sy jong stiere,laat hulle afgaan om geslag te word. Wee hulle, want hulle dag het gekom,die tyd van hulle besoeking.

28 Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel,om in Sion te verkondig die wraak van dieHereonse God, die wraak van sy tempel.

29 Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie!Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het,want hy was vermetel teen dieHere, teen die Heilige van Israel.

30 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine en al sy krygsmanne in dié dag omkom, spreek dieHere.

31 Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die HereHerevan die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.

32 Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; enEk sal ’n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.

33 So sê dieHerevan die leërskare:Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.

34 Maarhulle Verlosser is sterk,Herevan die leërskare is sy Naam;Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.

35 Die swaard oor die Chaldeërs, spreek dieHere, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne!

36 Die swaard oor die grootpraters,dat hulle dwaas kan word! Die swaard oor sy helde, dat hulle verskrik kan word!

37 Die swaard oor sy perde en sy strydwaens en oor die helegemengde bevolking wat daar binne-in is,dat hulle vroue kan word! Die swaard oor sy skatte, dat hulle geplunder kan word!

38 Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is ’n land vangesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.

39 Daarom saldaarboskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly;’n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.

40 Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek dieHere, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.

41 Kyk, daar kom ’n volkuit die Noorde, en ’ngroot nasie en magtige konings word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

42 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos ’n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Babel!

43 Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword; benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar.

44 Kyk, soos ’n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in ’n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag, en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar?En wie is tog ’n herder wat voor my aangesig kan standhou?

45 Daarom, hoordie raadsbesluit van dieHerewat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.

46 Van die tyding: Babel is ingeneem!bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies gehoor.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five − 5 =