PSALMS 135

Lof aan die Here, die alleen-ware God.

1 HALLELUJA! Prys die Naam van dieHere! Prys, o knegte van dieHere,

2 watstaan in die huis van dieHere, in dievoorhowe van die huis van onse God!

3 Loof dieHere, want dieHereis goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!

4 Want dieHerehet Jakob vir Hom uitverkies, Israel as syeiendom.

5 Waarlik, ék weet datdieHeregroot en onse Here bo alle gode is.

6 Alles wat dieHerebehaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.

7 Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit syskatkamers laat uitgaan;

8 wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;

9 wattekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;

10 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11 Sihon, die koning van die Amoriete, enOg, die koning van Basan, enal die koninkryke van Kanaän,

12 en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.

13 oHere, u Naam is tot in ewigheid,u gedenknaam,Here, van geslag tot geslag!

14 Want dieHeresal aan sy volk reg doen enmedelyde hê met sy knegte.

15 Die afgode van die heidene is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

16 Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

17 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.

18 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

19 Huis van Israel, loof dieHere! Huis van Aäron, loof dieHere!

20 Huis van Levi, loof dieHere! Julle wat dieHerevrees, loof dieHere!

21 Geloofd sy dieHereuit Sion, Hywat in Jerusalem woon!Halleluja!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 + seven =