Dank vir verlossing.
1 ’nPSALMvan Dawid.
# Ek sal U loof met my hele hart;in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.
2 Ek sal my neerbuigna u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.
3 Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.
4 Al die konings van die aarde sal U loof, oHere, as hulle gehoor het die woorde van u mond;
5 en hulle sal sing van die weë van dieHere, want die heerlikheid van dieHereis groot.
6 Want dieHereis verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, endie hoogmoedige ken Hy uit die verte.
7 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.
8 DieHeresaldit vir my voleindig! U goedertierenheid,Here, is tot in ewigheid: laat nie vaardie werke van u hande nie!