PSALMS 139

Die goddelike alwetendheid.

1 VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

# Here,U deurgrond en ken my.

2 U kenmy sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

4 Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U,Here,U ken dit geheel en al.

5 Usluit my in van agter en van voor, en Ulê u hand op my.

6 Omdit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheenvlug van u aangesig?

8 Klim ek op na die hemel, U is daar; enmaak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

9 Neem ekdie vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

11 En as ek sê:Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,

12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

13 Want Ú hetmy niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae datallesbepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

19 oGod, as U tog maardie goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20 Hulle watarglistig teen U spreek,u Naamydellik verhef — u teëstanders!

21 Here,sou ek dié nie haat wat vir U haat, en’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

22 Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!

23 Deurgrond my, o God, en ken my hart;toets my en ken my gedagtes;

24 en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op dieewige weg!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 − seven =