Josef bied weerstand teen die vrou van Pótifar.
1 EN Josef is afgebring na Egipte; enPótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van dieIsmaeliete wat hom daarheen afgebring het.
2 EndieHerewas met Josef, sodat hy ’n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.
3 En toe sy heer sien dat dieHeremet hom was, en dat dieHerealles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,
4 het Josefguns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee.
5 En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het dieHeredie huis van die Egiptenaar geseënter wille van Josef; ja, die seën van dieHerewas by alles wat syne was, in die huis en op die veld.
6 En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josefwas skoon van gestalte en mooi van aansien.
7 Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.
8 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; enalles wat syne is, het hy aan my oorgegee.
9 Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen ensondig teen God?
10 En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,
11 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.
12 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
13 Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,
14 roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ’n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;
15 en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
16 En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.
17 En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;
18 en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.
19 Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen — het hy baie kwaad geword;
20 en die heer van Josef het hom laat vang enhom in die gevangenisgesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.
21 MaardieHerewas met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys enhom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
22 En die owerste van die gevangenishet almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen.
23 Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat dieHeremet hom was; en wat hy doen, het dieHerevoorspoedig laat wees.