Die land van Israel word herstel.
1 EN jy, mensekind, profeteer totdie berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van dieHere!
2 So sê die HereHere: Omdatdie vyand ha, ha! oor julle roep; en:Die ewige hoogteshet vir ons ’n besitting geword! —
3 daarom profeteer en sê: So spreek die HereHere: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies ’n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is —
4 daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die HereHere. So spreek die HereHeretot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat ’n buit en’n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is —
5 daarom, so sê die HereHere: Waarlik,in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het — in volle vreugde van die hart, met diepste veragting — sodat die weiveld daarvan ’n buit sou wees.
6 Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die HereHere: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdatjulle die smaad van die nasies gedra het.
7 Daarom, so sê die HereHere, hef Ek my hand op:Waarlik, die nasies wat rondom julle is — hulle sal hul smaad dra.
8 Maar julle, o berge van Israel, sal jultakke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel;want hulle koms is naby.
9 Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.
10 En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; endie stede sal bewoon endie puinhope opgebou word.
11 Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoonsoos in jul voortyd en aanjulleweldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek dieHereis.
12 En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle ’n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie.
13 So spreek die HereHere: Omdat hulle vir julle sê: ’n Menseter is jy en een watsy eie nasie kinderloos maak —
14 daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die HereHere.
15 En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die HereHere.
16 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:
17 Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het,het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesigsoos die besoedeling van diemaandelikseonreinheid.
18 Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweëdie bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.
19 En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge.
20 En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het,het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van dieHere, en hulle moes uit sy land uittrek.
21 Toe het dit My ter harte gegaanom my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.
22 Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die HereHere:Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maarter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.
23 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek dieHereis, spreek die HereHere,as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
24 EnEk sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring.
25 Dan sal Ekskoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
26 En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee;en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee.
27 EnEk sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
28 En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; enjulle sal vir My ’n volk en Ek sal vir julle ’n God wees.
29 En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.
30 En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie.
31 Dansal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; enjulle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels.
32 Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die HereHere; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.
33 So sê die HereHere: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word.
34 En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ’n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan.
35 En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soosdie tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.
36 Dansal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, dieHere, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, dieHere, het dit gespreek en sal dit doen.
37 So sê die HereHere:Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape.
38 Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek dieHereis.