Jeremia word deur die volk saamgevoer na Egipte.
1 EN toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van dieHerehulle God, waarmee dieHerehulle God hom na hulle gestuur het,naamlikal hierdie woorde,
2 het Asárja, die seun vanHosája, enJóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; dieHereonse God het u nie gestuur om te sê:Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.
3 MaarBarug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.
4 So het Jóhanan, die seun van Karéag, enal die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van dieHereom in die land Juda te bly nie.
5 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,
6 die manne en die vroue en die kindersen die dogters van die koning en al die mense watNebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het — ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería —
7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van dieHerenie. En hulle het tot byTagpánhes gekom.
Profesie van die verwoesting van Egipteland deur Nebukadnésar.
8 TOE het die woord van dieHeretot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:
9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;
10 en sê vir hulle: So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laatmy kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.
11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!
12 En Ek sal ’n vuur aansteek in die huise vandie gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand enhulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos ’n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.
13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.