Nie na Egipte nie, maar na die Here!
1 WEEhulle wat na Egipte aftrek om hulp enhulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie dieHerenie.
2 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom entrek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
3 Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as dieHeresy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.
4 Want so het dieHerevir my gesê:Soos ’n leeu en ’n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas —só sal dieHerevan die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.
5 Soos voëls wat fladder, so sal dieHerevan die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
6 Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.
7 Want in dié dagsal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.
8 EnAssur sal val deur die swaard, nie van ’n man nie; en die swaard, nie van ’n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
9 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrikdie banier verlaat, spreek dieHere,wat ’n vuur het op Sion en ’n oond in Jerusalem.