JESAJA 32

Die Messiaanse heilstaat.

1 KYK, ’n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.

2 En elkeen sal wees soos ’n toevlug teen die wind en ’nskuiling teen die stortreën, soos waterstromein ’n dor streek, soosdie skaduwee van ’n swaar rots in ’n land wat versmag.

3 Dan sal niemeerverblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;

4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong vandie hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;

5 die dwaas sal nie meer ’n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.

6 Want ’n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor dieHere, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.

7 En die skelm — sy middele is sleg, hý beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.

8 Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.

Valse en ware gerustheid.

9 STAAN op,geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!

10 ’n Jaar en ’n paar dae — en julle sal sidder, sorgelosedogters!Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.

11 Bewe, gerustevroue!Sidder, sorgelosedogters!Trek julle uit, ontbloot julle en gordrougewadeom julle lendene.

12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;

13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.

14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, ’n vreugde vir die wilde-esels, ’n weiveld vir die troppe vee —

15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan worddie woestyn ’n vrugteboord, endie vrugteboord self word vir ’n bos gereken.

16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.

17 Endie werking van die geregtigheid salvrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

18 En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.

19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.

20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai,wat die voet van os en esel vry laat loop!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × 1 =