JESAJA 34

Die Godsgerig oor Edom.

1 KOM nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister!Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.

2 Want die toorn van dieHereis oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

3 En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, endie stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.

4 En aldie leërskare van die hemel vergaan,en die hemel word inmekaar gerol soos ’n boek enal sy leërskare val af soos ’n blad van die wingerdstok afval en soosvyeafval van die vyeboom.

5 Wantmy swaard het dronk geword in die hemel; kyk,dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.

6 Die swaard van dieHereis vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; wantdieHerehet ’n slagoffer in Bosra en ’n groot slagting in die land Edom.

7 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.

8 WantdieHerehou ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.

9 Ensy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.

10 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie;vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.

11 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. EnHy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.

12 Sy edeles — daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan.

13 Ensy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ’n lêplek van jakkalse,’n verblyf vir die volstruise wees.

14 En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind ’n rusplek vir hom.

15 Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koesterhaar kleintjiesdaar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.

16 Soek in die boek van dieHereen lees! Nie een van hierdie wesensontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond — dié het dit beveel, en sy Gees — dié het hulle bymekaargebring.

17 En Hý het vir hulle die lot gewerp, en sy hand het dielandaan hulle met die meetsnoer uitgedeel; tot in ewigheid sal hulle dit besit, van geslag tot geslag daarin woon.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eleven + 7 =