Grootheid en heerlikheid van die regering van die Messías.
1 DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing;
2 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van dieHere, die sieraad van onse God.
3 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.
4 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
5 Dansal die oë van die blindes geopen endie ore van die dowes ontsluit word.
6 Dansal die lamme spring soos ’n takbok, endie tong van die stomme sal jubel;want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.
7 En die gloeiende grond sal ’n waterplas word, en die dorsland fonteine van water;in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.
8 En dáár sal ’n grootpad wees en ’n weg wat die heilige weg genoem sal word;geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie.
9 Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;
10 en die losgekooptes van dieHeresal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry,maar kommer en gesug vlug weg.