Die Kneg van die Here, die lig van die volke.
1 HOOR na My,eilande, en luister, volke wat ver is!DieHerehet My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.
2 En Hy het my mond gemaaksoos ’n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ’n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;
3 en Hy het vir My gesê:Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.
4 Maar Ék het gesê:Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer!Nogtans is my reg by dieHere, en my loon is by my God.
5 En nou sê dieHerewat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word —en Ek word geëer in die oë van dieHere, en my God is my sterkte —
6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel:Ek het U gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.
7 So sê dieHere,die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat ’n afsku is by die volk, ’n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van dieHerewat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.
Die terugkeer uit Babel.
8 SO sê dieHere:In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U engee U as ’n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
9 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.
10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie,en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei enhulle saggies aanbring na die fonteine van water.
11 EnEk sal al my berge tot ’n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.
12 Kyk,hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár komvan die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete.
13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want dieHerehet sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.
Besware van die kant van die volk.
14 MAARSion sê: DieHerehet my verlaat, en dieHerehet my vergeet!
15 Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet,nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
16 Kyk,Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
17 Jou seuns kom gou,maarjou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.
18 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe!So waar as Ek leef, spreek dieHere,sekerlik sal jy hulle almal aansit soos ’n versiersel, hulle ombind soos ’n bruid.
19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land — sekerlik, nou sal jyte nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!
20 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my;maak vir my plek, dat ek kan woon!
21 Dan sal jy in jou hart sê:Wie het vir my hierdiekindersgebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdiekinders— waar was húlle?
22 So sê die HereHere: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies enmy banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;
23 enkonings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders;hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toeen die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek dieHereis,dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.
24 Sal van ’n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van ’n regverdige ontvlug?
25 Waarlik, so sê dieHere: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestrydersal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos.
26 EnEk sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet,en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vleesgewaar word dat Ek, dieHere, jou Heiland is, enjou Verlosserdie Magtige van Jakob.