JESAJA 50

1 SO sê dieHere:Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wieEk julle verkoop het? Kyk,weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.

2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie,het Ek geroep en niemand geantwoord nie?Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreigingmaak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ’n woestyn, sodathulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.

3 Ek beklee die hemel met swartheiden bedek dit met ’n roukleed.

Die Kneg van die Here.

4 DIE HereHerehet My’n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wekelke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.

5 Die HereHerehet my oor geopen, enEk was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.

6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan,en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede enbespuwing nie.

7 Maar die HereHerehelp My; daarom komEk nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ’n keisteen,en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

8 Hy is naby wat My reg verskaf.Wie wil met My ’n regsaak begin? — laat ons saam optree! Wie is my teëparty? — laat hom nader kom na My toe!

9 Kyk, die HereHerehelp My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk,hulle sal almal verslyt soos ’n kleed;die mot sal hulle eet.

10 Wie is daar onder julle wat dieHerevrees, wat na die stem van sy Kneg luister,wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? — laat hy vertrou op die Naam van dieHereen steun op sy God!

11 Kyk, julle almal wat ’n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord — wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het!Van my hand het dit julle oorgekom;in smart sal julle neerlê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

17 − six =